Statevertaling – Bybelstigting
Die oorlewering van die ou mense.
(Mark. 7:1-23.)
TOEa kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem na Jesus en sê:
Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die 1ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie.
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God 2ter wille van 3julle oorlewering?
bWant God het bevel gegee en gesê: 4Eer jou vader en moeder; en: cHy wat vader of moeder vloek, moet 5sekerlik sterwe.
Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is ’n 6offergawe — dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie.
dSo het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.
Geveinsdes, 7tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het:
eHierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
Maar tevergeefs vereer hulle My deur 8leringe te leer wat fgebooie van mense is.
gEn Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!
hNie wat in die mond ingaan, maak die mens 9onrein nie; maar wat uit die mond 10uitgaan, dit maak die mens onrein.
Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?
Maar Hy antwoord en sê: iElke 11plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.
Laat hulle staan; khulle is blinde leiers van blindes. En as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.
lEn Petrus antwoord en sê vir Hom: Verklaar vir ons hierdie 12gelykenis.
Maar Jesus sê: Is julle dan ook nog 13sonder verstand?
Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie?
Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.
mWant uit die hart kom daar slegte 14gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met 15ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.
Die Kananése vrou.
(Mark. 7:24-30.)
nEN Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek.
En ’n 16Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.
Maar Hy het haar nie ’n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan.
Maar Hy antwoord en sê: oEk is net gestuur 17na die verlore skape van die huis van Israel.
Daarop kom sy en 18val voor Hom neer en sê: Here, help my!
Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie 19mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die 20hondjies te gooi nie.
En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.
Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.
Tweede vermeerdering van die brode.
(Mark. 8:1-10.)
pTOE gaan Jesus daarvandaan weg en kom by die see van Galiléa; en Hy het op die berg geklim en daar gaan sit.
qEn ondertussen kom daar groot menigtes na Hom met kreupeles, blindes, stommes, 21gebreklikes en baie ander by hulle, en hulle het dié by die voete van Jesus neergesit, en Hy het hulle gesond gemaak,
sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Israel verheerlik.
rToe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie.
En sy dissipels sê vir Hom: Waar sal ons in die woestyn soveel brode vandaan kry om so ’n groot skare te versadig?
Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en ’n paar vissies.
En Hy het bevel gegee aan die skare om op die grond te gaan sit.
Toe neem Hy die sewe brode en die visse, en nadat Hy 22sgedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare.
En hulle het almal geëet en versadig geword; en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.
En die wat geëet het, was vierduisend manne buiten die vroue en kinders.
En nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy in die skuit gegaan en in die gebied van 23Mágdala gekom.
| a Mark. 7:1. |
| 1 Of: ouderlinge, naamlik van die Farisese leraars, soos in Matt. 5:21 en die kanttekening. |
| 2 Of: deur, so ook in vers 6.
3 Dit is, wat julle aangeneem het en volg. |
| b Ex. 20:12. Deut. 5:16. Ef. 6:2.
c Ex. 21:17. Lev. 20:9. Spr. 20:20. |
4 Eer beteken nie net uiterlike eerbied nie, maar ook allerlei hulp en bystand, 1 Tim. 5:3, 17.
5 Dit is, hy sal sonder verskoning met die dood gestraf word, Ex. 21:17. Lev. 20:9. |
| 6 Sien oor die offergawe Matt. 5:24. Hebr. korban; sien Mark. 7:11 en die kanttekening. Dit beteken dat hulle geleer het dat ’n mens onder die dekmantel van offers die verskuldigde hulp aan ouers mag onttrek. |
| d Mark. 7:13. 1 Tim. 4:3. 2 Tim. 3:2. |
| 7 Dit is, op julle is waarlik van toepassing, wat Jesaja vroeër gesê het aan die Jode van sy tyd. |
| e Jes. 29:13. Eség. 33:31. Mark. 7:6. |
| f Mark. 7:6, 7. Kol. 2:18, 20, 22. | 8 Naamlik om dit te onderhou, as deel van die godsdiens, Deut. 4:2; 12:32. |
| g Mark. 7:14. |
| h Hand. 10:15. Rom. 14:17, 20. Tit. 1:15. | 9 Gr. maak algemeen, dit is, ontheilig. Sien Hand. 10:14. Christus spreek hier volgens die mening van die Fariseërs oor dié onreinheid wat ontstaan deur die neem van voedsel met ongewaste hande.
10 Naamlik wat voortkom uit ’n onrein hart, soos Christus hierna verklaar in verse 18, 19. |
| i Joh. 15:2. | 11 Of: planting, dit is, alle leer of godsdiens. |
| k Jes. 42:19. Luk. 6:39. |
| l Mark. 7:17. | 12 Die woord gelykenis word soms, soos hier, gebruik vir allerhande leringe wat op enigsins duistere wyse voorgestel word. |
| 13 Of: onwetend. |
| m Gén. 6:5; 8:21. Spr. 6:14. Jer. 17:9. | 14 Of: gesprekke. |
| 15 Christus bestraf hier nie die burgerlike fatsoen in die was van hande voor ete nie, maar die bygeloof van die Fariseërs, wat heiligheid en godsdienstigheid daarin gestel het. |
| n Mark. 7:24. |
| 16 Sien oor haar Mark. 7:26 se kanttekeninge, waar sy ’n Griekse vrou uit Siro-Fenícië genoem word. Hier word sy ’n Kananése vrou genoem, omdat die inwoners van Tirus en Sidon uit die Kanaäniete voortgekom het. Want Sidon, van wie die stad Sidon sy oorsprong en naam gehad het, was die eersgebore seun van Kanaän, die seun van Gam, Gén. 10:15. |
| o Matt. 10:6. Hand. 13:46. | 17 Naamlik vir hierdie tyd; omdat die roeping van die heidene nog nie gekom het nie. |
| 18 Of: aanbid Hom. |
| 19 Of: gepas, goed, reg.
20 Die heidene word met hondjies vergelyk, omdat hulle toe nog vreemdelinge was van God se verbond. |
| p Mark. 7:31. |
| q Jes. 29:18; 35:5. Matt. 11:5. Luk. 7:22. | 21 Dit is, vermink of met verswakte ledemate. |
| r Mark. 8:1. |
| s 1 Sam. 9:13. | 22 Naamlik oor hierdie seën, wat Hy reeds as verkry beskou het. Want Hy het geweet dat Hy van die Vader mag daartoe ontvang het en dat die Vader Hom altyd verhoor het. Sien Joh. 11:41, 42. |
| 23 In Mark. 8:10 Dalmanúta genoem, wat skynbaar die naam is van die land waarin Mágdala geleë was. |