Statevertaling – Bybelstigting
Die suurdeeg van die Fariseërs.
(Mark. 8:11-21.)
ENa die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te 1versoek en het Hom gevra om hulle ’n teken 2uit die hemel te laat sien.
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: bIn die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is 3rooi.
En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die 4voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie 5die tekens van die tye onderskei nie?
c’n Slegte en owerspelige geslag soek na ’n teken, en 6geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van dJona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en 7weggegaan.
En toe sy dissipels na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brode saam te neem.
eDaarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.
En hulle het 8onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie.
Maar Jesus het dit 9opgemerk en vir hulle gesê: Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie?
fBegryp julle nog nie, en onthou julle nie die vyf brode van die vyfduisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie?
gOf die sewe brode van die vierduisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie?
Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie?
Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die 10leer van die Fariseërs en Sadduseërs.
Die belydenis van Petrus.
(Mark. 8:27-33; Luk. 9:18-22; Joh. 6:66-69.)
hEN toe Jesus in die streke van 11Cesaréa-Filíppi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?
En hulle antwoord: iSommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete.
Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?
kEn Simon Petrus 12antwoord en sê: U is 13die Christus, die Seun van die lewende God.
Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon 14Bar-Jona, want 15vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, lmaar my Vader wat in die hemele is.
mEn Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op nhierdie 16rots sal Ek my gemeente bou, en odie 17poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
pEn Ek sal jou die 18sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en 19wat jy ook op die aarde mag bind, 20sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
Daarop het Hy sy dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat Hy Jesus die Christus is nie.
qVan toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem 21moes gaan en veel van die 22ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: 23Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!
Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, 24Satan! rJy is 25vir My ’n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
Die opneem van die kruis.
(Mark. 8:34; 9:1; Luk. 9:23-27.)
TOE sê Jesus vir sy dissipels: sAs iemand 26agter My aan wil kom, moet hy homself 27verloën en sy kruis opneem en My volg.
tWant elkeen wat sy 28lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
vWant wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of xwat sal ’n mens gee as 29losprys vir sy siel?
yWant die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die zheerlikheid van sy Vader te kom, en adan sal Hy elkeen vergeld 30volgens sy dade.
bVoorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat 31hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens 32in sy koninkryk sien kom het nie.
| a Matt. 12:38. Mark. 8:11. Luk. 11:29; 12:54. Joh. 6:30. | 1 Hulle wou toets of Hy so iets sou kon doen, om Hom beskaamd te maak.
2 Dit is, wat uit, aan, of van die hemel sou geskied, soos die son en maan op Josua se gebed stilgestaan het, Jos. 10:12, of soos die vuur uit die hemel gekom het op die gebed van Elía, 2 Kon. 1:9, 10, en soos die son in die tyd van Jesaja teruggegaan het, Jes. 38:8. |
| b Luk. 12:54. | 3 Gr. vuurrooi, dit is, mooi of duidelik rooi. |
| 4 Gr. aangesig. Dit is, gestalte of gedaante.
5 Naamlik wat volgens die voorsegging van die profete die koms en die teenwoordigheid van die Messías aandui. Sien Matt. 11:4, 5. Luk. 12:56 se kanttekening. |
| c Matt. 12:39. Luk. 11:29.
d Jona 1:17. |
6 Naamlik om hulle kragtiger te oortuig.
7 Naamlik oor die see. Sien Mark. 8:13, 14. |
| e Mark. 8:15. Luk. 12:1. |
| 8 Of: by hulleself. |
| 9 Of: geweet. |
| f Matt. 14:17. Mark. 6:38. Luk. 9:13. Joh. 6:9. |
| g Matt. 15:34. |
| 10 Wat hier met suurdeeg vergelyk word, omdat die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs die suiwerheid van die ware leer met die valse en deur mense ingestelde leer vermeng het, en die mens deur ’n ydele waan van eiegeregtigheid en met geveinsdheid hoogmoedig gemaak het. |
| h Mark. 8:27. Luk. 9:18. | 11 Dit was ’n stad aan die voet van die berg Líbanon, naby die oorsprong van die Jordaan. Dit is so genoem omdat dit gebou was ter ere van keiser Tibérius; en word ook Filíppi genoem, omdat dit deur die viervors Filippus gebou is, Josephus, Oudhede, en onderskei word van ’n ander Cesaréa wat deur sy vader Herodes ter ere van keiser Augustus aan die Middellandse See gebou is, Josephus, Oudhede. Hand. 10:1 en die kanttekening. |
| i Matt. 14:2. |
| k Joh. 6:69. | 12 Naamlik namens almal, omdat Christus hulle almal gevra het. Daarom is die antwoord van Christus ook vir almal bestem, wat Hom as sodanig bely, hoewel dit tot Petrus gerig was.
13 Dit is, die Messías, of Gesalfde. Sien Joh. 1:42 en die kanttekening. |
| l Matt. 11:25. | 14 Dit is, seun van Jona. Want die woord bar beteken in die Aramese taal seun.
15 Dit is, nie jou eie, of enige natuurlike verstand, of enige mens nie. Sien Gal. 1:16. |
| m Ps. 118:22. Joh. 1:43.
n Jes. 28:16. 1 Kor. 3:11. o Jes. 33:20. |
16 Gr. petra. Dit is, steen of steenrots, naamlik op hierdie belydenis van jou, wat jy van My doen. Of: op My, wat jy bely het. Want slegs Christus is die Fondament van sy gemeente, 1 Kor. 3:11, hoewel Petrus en die ander apostels ook, ten opsigte van hul leer, fondamente van die gemeente genoem kan word, soos te sien is in Openb. 21:14, 19 en die kanttekeninge.
17 Dit is, die listigheid, of die geweld van die duiwel en sy instrumente, sal dit nie oorweldig nie. Want die raadhuise en vestingwerke van die stede was vroeër in die poorte, Gén. 22:17. Of: poorte van die hel. |
| p Matt. 18:18. Joh. 20:22. | 18 Dit is, ’n geestelike mag om van Godsweë en in Christus se Naam vergewing van sondes aan gelowiges en boetvaardiges te verkondig, en dat hulle deel het aan die ryk van God, en dit deur die heilige sakramente aan hulle te verseël. Aan die ander kant om aan die ongelowiges en onboetvaardiges te verkondig, dat hulle geen deel het aan die vergewing van sondes en die ryk van God nie, en daarom hulle van die gebruik van die sakramente te weerhou en uit die gemeenskap van die gelowiges uit te sluit. Hierdie mag word ook aan die gemeente, Matt. 18:18, en aan al die apostels, Joh. 20:21, gegee. Sien 2 Kor. 10:8.
19 Naamlik volgens Christus se bevel en voorskrif. 20 Dit is, God sal as vas en gebonde beskou, dit wat volgens sy bevel deur sy dienaars so gedoen word. |
| q Matt. 17:22; 20:18. Mark. 8:31; 9:31; 10:33. Luk. 9:22; 18:31; 24:7. | 21 Naamlik omdat dit deur God besluit, Hand. 2:23, deur die profete vooruit aangekondig, Luk. 24:26, 27, en tot versoening van die sondes nodig was, Hebr. 9:23.
22 Dit is, die oudstes van die volk. |
| 23 Of: Here, wees U genadig. Of: mag God U genadig wees, Here, in die betekenis van: Nee, stellig nie! |
| r 2 Sam. 19:22. | 24 Dit is, teëparty. Hierdie naam word wel vernaamlik aan die duiwel gegee, sien Matt. 4:10, maar hier ook aan Petrus, omdat hy Christus uit verkeerde liefde in die uitvoering van sy amp probeer verhinder. Sien 2 Sam. 19:22.
25 Gr. my struikelblok. |
| s Matt. 10:38. Mark. 8:34. Luk. 9:23; 14:27. | 26 Dit is, My as ’n dissipel wil volg.
27 Om jouself te verloën beteken om van jou eie verstand, wil en geneigdhede afstand te doen en dit aan God se Woord en wil te onderwerp. |
| t Matt. 10:39. Mark. 8:35. Luk. 9:24; 17:33. Joh. 12:25. | 28 Gr. siel. Sien Matt. 10:39 se kanttekening. |
| v Luk. 9:25.
x Ps. 49:9. Mark. 8:37. |
29 Gr. verwisseling, teenprestasie of ruiling, waarteen of waarmee iemand losgekoop word. |
| y Matt. 24:30; 25:31; 26:64.
z Matt. 25:31. a Job 34:11. Ps. 62:13. Rom. 2:6. |
30 Dit is, volgens wat hy gedoen het, goed of kwaad. Sien die verklaring hiervan in Matt. 25:36 en die kanttekening. |
| b Mark. 9:1. Luk. 9:27. | 31 Dit is, wat hier teenwoordig is.
32 Dit kan verstaan word, óf van sy opstanding en hemelvaart, óf van die sending van die Heilige Gees en die verspreiding van die evangelie onder die heidene, óf ook van sy verheerliking op die berg, waarvan gespreek word in die begin van die volgende hoofstuk. |