Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 2

Die wyse manne uit die Ooste.

1

EN toe Jesus te Betlehem in 1Judéa agebore is, in die dae van koning 2Herodes, het daar 3wyse manne uit die 4Ooste in Jerusalem aangekom

2

en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom 5hulde te bewys.

3

En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom;

4

en hy het al die 6owerpriesters en die 7skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.

5

En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe:

6

bEn jy, Betlehem, land van Juda, is 8volstrek nie die geringste onder die 9vorste van Juda nie, want uit jou sal ’n leidsman voortkom wat vir 10my volk Israel ’n herder sal wees.

7

Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra;

8

en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.

9

En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, 11gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was.

10

En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug.

11

En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, 12gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: 13goud en wierook en mirre.

12

En omdat hulle in ’n droom ’n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met ’n ander pad na hul land teruggegaan.

Die vlug na Egipte. Die kindermoord.

13

EN toe hulle teruggegaan het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak.

14

Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek.

15

En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die cprofeet: 14Uit Egipte het Ek my Seun geroep.

16

Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne 15mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat 16ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.

17

Toe is vervul wat 17deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het:

18

d’n Stem is 18in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; 19Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.

Die terugkeer uit Egipte.

19

EN ná die dood van Herodes het daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef in Egipte verskyn

20

en gesê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land van Israel; want hulle is dood wat die 20lewe van die Kindjie gesoek het.

21

En hy het opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en in die land van Israel gekom.

22

Maar toe hy hoor dat Archeláüs oor Judéa koning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het ’n goddelike waarskuwing in ’n droom ontvang en na die streke van Galiléa teruggekeer.

23

En hy het gaan woon in ’n stad met die naam van Násaret, sodat vervul sou word wat deur die eprofete gespreek is, 21dat Hy Nasaréner genoem sou word.

a Luk. 2:4. 1 Dit word hier bygevoeg, omdat daar nog ’n ander Betlehem was, geleë in die stam van Sébulon of Benede-Galiléa. Sien Jos. 19:15.

2 Hierdie was Herodes die Grote, die Askeloniet genoem, ’n Idumeër, die eerste vreemde koning.

3 Gr. magoi. By die Perse en Meders is die geleerdes in allerlei wetenskappe, en vernaamlik die sterrekykers, so genoem. Hulle was wel by hulle in groot aansien, maar dat hulle konings sou wees, is nie geloofwaardig nie, soos hul benaminge en al die omstandighede uitwys.

4 Hier word gesê dat hulle uit die Ooste gekom het, omdat hierdie lande ooswaarts van Judéa geleë was.

5 Of: te aanbid, so ook in verse 8, 11. Sien Mark. 15:19 se kanttekening.
  6 Hierdie was die hoofde van die priesterafdelings, uit die geslag van Eleásar en Ítamar, en was vier-en-twintig in getal, 1 Kron. 24:4. 2 Kron. 36:14, van wie die hoëpriester die owerste was.

7 Anders: wetgeleerdes, soos blyk uit die vergelyking van Matt. 22:35 met Mark. 12:28. Hulle amp was om die Skrifte van Moses en die profete aan die volk uit te lê. Sien Esra 7:6. Matt. 13:52. Hierdie wetgeleerdes het saam met die owerpriesters die hoogste kerklike vergadering van die Jode gevorm.

b Miga 5:1. Joh. 7:42. 8 Die woorde volstrek nie staan nie in Miga 5:1 nie, maar word vanuit die betekenis daar bygevoeg. Want hoewel Betlehem in grootte een van die kleinste stede was, was dit nogtans nie die minste in waarde en agting nie, omdat Dawid daaruit voortgekom het, Joh. 7:42, en Christus daaruit sou voortkom. Daarom lees sommige in die grondteks by Miga: is jy die minste? Sien meer hieroor in Miga 5:1 se kanttekening.

9 Dit is, owerstes oor duisend, Miga 5:1 se kanttekening.

10 Dit is, die gemeente van die gelowiges, wat Hy deur sy Woord en Gees sal regeer, as ’n hemelse koning. Sien Rom. 9:6. Gal. 6:16.

  11 Hieruit blyk dat dit nie ’n gewone ster van die hemel was nie, maar ’n besonder geskape lig, soos die vuurkolom was, wat die kinders van Israel deur die woestyn gelei het.
12 Anders: gesien.

13 Dit was die kosbaarste dinge wat in hulle land te vinde was.

c Hos. 11:1. 14 Hoewel Hos. 11:1 en die kanttekeninge, in die eerste plek na die verlossing van die volk Israel uit Egipte verwys, moes dit nogtans ook in Christus, as die Hoof van hierdie volk, vervul word.
  15 Gr. bespot, naamlik volgens sy mening. Want eintlik het die wyse manne hom nie mislei of bespot nie.

16 Hierdie verskriklike kindermoord word ook deur Macrobius, ’n heidense skrywer, beskryf in sy boek Saturnalia.

  17 Sommige manuskripte van die Griekse Nuwe Testament het hier ook die woorde: van die Here.
d Jer. 31:15. 18 Sien die verklaring hiervan in Jer. 31:15 se kanttekeninge.

19 Aangesien Ragel in daardie omgewing begrawe was, Gén. 35:19, word hier deur haar die moeders van Betlehem en die omgewing verstaan.

  20 Gr. siel. Sien Ex. 4:19. Dit is, wat sy lewe wou neem. Andersins word hierdie spreekwyse ook positief gebruik, Spr. 29:10 se kanttekening.
e Jes. 11:1; 60:21. Sag. 6:12. 21 Dit verwys óf na die plek in Rig. 13:5, 7, waar na Simson as ’n voorbeeld van Christus verwys word: hy sal ’n nasireër van God wees, dit is, iemand wat hom deur ’n gelofte afgesonder het vir God; óf, wat die waarskynlikste is, na Jes. 11:1; 60:21, waar Christus Netser, dit is, ’n loot of spruit genoem word, die woord waarvan die stad Násaret sy naam het. Dit was God se wil dat Christus, na aanleiding van sy woonplek, Nasaréner genoem sou word, as die Spruit wat uit sy plek vir sy Vader groei, Jes. 53:2. Jer. 23:5; 33:15. Sag. 6:12.