Statevertaling – Bybelstigting
Intog van Jesus in Jerusalem.
(Mark. 11:1-10; Luk. 19:29-38; Joh. 12:12-15.)
EN atoe hulle naby Jerusalem gekom en 1Bétfagé aan die 2Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:
Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ’n eselin vind wat vasgemaak is, en ’n vul by haar. Maak haar los en 3bring hulle vir My.
En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik 4sal hy hulle stuur.
En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:
bSê vir 5die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ’n 6esel, ja, ’n jong esel, die 7vul van ’n pakdier.
En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;
hulle het die esel en die vul gebring cen hulle klere daarop gelê, en Hy het 8daarop dgaan sit.
En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad 9oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi.
En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: 10Hosanna vir die Seun van Dawid! eGeseënd 11is Hy wat kom in die 12Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!
En toe Hy in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man?
En die skare sê: Dit is Jesus, die profeet, van Násaret in Galiléa.
Reiniging van die tempel.
(Mark. 11:15-18; Luk. 19:45-48; Joh. 2:13-17.)
fEN Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, 13uitgejaag en die tafels van die 14geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.
En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: gMy huis moet ’n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit ’n 15rowerspelonk gemaak.
En daar het blindes en kreupeles na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak.
hEn toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die 16wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig
en sê vir Hom: 17Hoor U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: iUit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof 18berei nie?
En Hy het hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na 19Betánië en daar 20vernag.
Die verdroogde vyeboom.
(Mark. 11:12-14; 19-24.)
kEN vroeg in die môre toe Hy teruggaan na die stad, het Hy honger gehad;
en Hy sien ’n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sê vir hom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer ’n vrug kom nie! En onmiddellik het die vyeboom verdroog.
En toe die dissipels dit sien, was hulle verwonderd en sê: Hoe het die vyeboom so onmiddellik verdroog?
Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, las julle 21geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: 22Hef jou op en werp jou in die see — sal dit gebeur.
mEn alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.
Die doop van Johannes.
(Mark. 11:27-33; Luk. 20:1-8.)
nEN toe Hy in die tempel gegaan het, kom die owerpriesters en die ouderlinge van die volk na Hom terwyl Hy besig was om te leer, en hulle sê: o23Deur watter 24gesag doen U 25hierdie dinge, en wie het U hierdie gesag gegee?
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een 26ding vra, en as julle dit vir My sê, sal Ek julle ook vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.
Die 27doop van Johannes, waar was dit vandaan, 28uit die hemel of uit mense? En hulle het 29by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
En as ons sê: Uit mense — dan moet ons oppas vir die menigte, pwant almal hou Johannes vir ’n profeet.
Toe antwoord hulle Jesus en sê: Ons weet nie. Hy sê toe ook vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.
Gelykenis van die twee seuns.
MAAR wat dink julle? ’n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die 30eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd.
En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan.
Toe het hy na die 31tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: qJa, heer. En hy het nie gegaan nie.
Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die 32tollenaars en die hoere 33gaan julle voor in die koninkryk van God.
rWant Johannes het na julle gekom in die 34weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.
Gelykenis van die landbouers.
(Mark. 12:1-12; Luk. 20:9-18.)
LUISTER na ’n ander gelykenis: sDaar was ’n sekere 35huisheer wat ’n wingerd geplant het; en hy het ’n heining daarom gesit en ’n 36parskuip daarin gegrawe en ’n 37wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers 38verhuur en op reis gegaan.
En toe die vrugtetyd nader kom, 39stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.
Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en 40een geslaan en ’n ander een doodgemaak en ’n ander een tgestenig.
Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak.
Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: vDit is die erfgenaam; xkom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.
En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.
Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?
Hulle antwoord Hom: Die slegte mense — hy sal hulle ’n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: y41Die steen wat die bouers 42verwerp het, dit het ’n 43hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
Daarom sê Ek vir julle: zDie koninkryk van God sal van julle weggeneem aen aan ’n volk gegee word wat die 44vrugte daarvan sal dra.
bEn hy wat op hierdie steen 45val, sal verpletter word; maar elkeen cop wie hy 46val, dié sal hy 47vermorsel.
dEn toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.
En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom evir ’n profeet gehou het.
| a Mark. 11:1. Luk. 19:29. | 1 In Mark. 11:1 en Luk. 19:29 word Betánië hier bygevoeg. Albei was dorpe of plekke naby mekaar teenaan die Olyfberg geleë, vyftien stadia [omtrent drie kilometer] van Jerusalem af; soos te sien is in Joh. 11:18.
2 Gr. berg van die olywe, wat oos van Jerusalem geleë was, ’n sabbatsreis ver, Hand. 1:12 se kanttekening. |
| 3 Anders: lei hulle. |
| 4 Anders: sal Hy hulle terugstuur; sodat dit die woorde van Christus sou wees, wat Hy vir die eienaar van hierdie eselin laat weet het. |
| b Jes. 62:11. Sag. 9:9. Joh. 12:15. | 5 Dit is, die inwoners van die stad Jerusalem, wat so genoem word omdat ’n gedeelte van Jerusalem op die berg Sion gebou was, 2 Kon. 19:21 en die kanttekening. Hierdeur word ook die kerk van God verstaan, waarvan Jerusalem en Sion voorbeelde was.
6 Christus het eintlik op die vul gesit, soos blyk uit Mark. 11:7. Luk. 19:35, maar die eselin word hier bygevoeg om te wys dat dit ’n vul was wat nog sy moeder gevolg het, sodat nog niemand daarop gesit het nie, soos die ander evangeliste getuig. 7 Gr. seun. |
| c 2 Kon. 9:13.
d Joh. 12:14. |
8 Naamlik op die klere. Of: en Hom daarop gesit. |
| 9 Naamlik as ’n teken van blydskap en eer, waarmee hulle gewoonlik aan belangrike mense en konings eer bewys het. Sien 2 Kon. 9:13. 1 Makkabeërs 13:51. |
| e Ps. 118:25, 26. | 10 Die woord hosanna is ’n Hebreeuse woord, uit twee Hebreeuse woorde bymekaar gevoeg. Dit beteken soveel as: behoed tog, of: gee tog geluk en voorspoed. Sien Ps. 118:25 en die kanttekening.
11 Of: mag Hy wees. 12 Dit is, deur die Here gestuur om volgens God se beloftes sy werk uit te voer, Luk. 1:32, 33. |
| f Deut. 14:26. Mark. 11:15. Luk. 19:45. Joh. 2:14. | 13 Gr. uitgewerp.
14 Hierdie geldwisselaars en verkopers is sonder God se bevel deur die owerpriesters in die tempel toegelaat, wel met die skyn om die godsdiens te bevorder, maar in feite uit gierigheid, sodat die volk altyd die regte geld en diere vir die offerandes kon hê, waaruit hulle hul voordeel gekry het. |
| g 1 Kon. 8:29. Jes. 56:7. Jer. 7:11. Luk. 19:46. | 15 Want soos die rowers hul spelonke in die rotse gehad het, waarheen hulle hul buit gebring en verdeel het, so het ook die priesters in die tempel gedoen. Of: spelonk van moordenaars. Hierdie woorde is geneem uit Jer. 7:11. |
| h Mark. 11:27. | 16 Gr. wonderlike, naamlik dade. |
| i Ps. 8:3. | 17 Dit sê hulle op bestraffende wyse, omdat Hy die kinders nie stilgemaak het nie.
18 Of: volmaak. |
| 19 Sien oor Betánië vers 1 se kanttekening.
20 Of: het daar loseer, en het daar vir Hom herberg gevind. |
| k Mark. 11:12, 20. |
| l Matt. 17:20. Luk. 17:6. | 21 Sien Matt. 17:20 oor hierdie geloof.
22 Gr. Word opgehef en in die see gewerp. |
| m Matt. 7:7. Mark. 11:24. Luk. 11:9. Joh. 14:13; 16:24. Jak. 1:5. 1 Joh. 3:22. |
| n Mark. 11:27. Luk. 20:1.
o Ex. 2:14. Hand. 4:7; 7:27. |
23 Gr. In.
24 Of: mag, outoriteit. 25 Naamlik wat tevore beskryf is. |
| 26 Gr. woord. |
| 27 Dit is, die leer van Johannes, deur sy doop bevestig. Met hierdie vraag beantwoord Christus die vraag van die owerpriesters, omdat Johannes, wie se leer uit die hemel was, getuienis van Hom gegee het, naamlik dat Hy die ware Messías was; soos ook God die Vader self van Hom getuig het, toe Christus deur Johannes gedoop is.
28 Dit is, van God, Luk. 15:18. 29 Of: onder mekaar. |
| p Matt. 14:5. Mark. 6:20. |
| 30 Deur die eerste kind word die openbare sondaars verstaan wat hulle bekeer en aan die evangelie gehoorsaam is. |
| q Eség. 33:31. | 31 Deur die tweede kind word diegene verstaan wat bely dat hulle God dien, maar dit nogtans nie in waarheid doen nie. |
| 32 Naamlik wat tot bekering gekom het.
33 Dit is, hulle bekeer hul en neem die evangelie aan, terwyl julle onbekeerd is en bly, en sodoende die evangelie verwerp. Hulle sal gevolglik ook in die hemel ingaan, en julle sal uitgesluit word. Sien Matt. 25:12. |
| r Matt. 3:1. | 34 Dit is, deur die regte weg van die saligheid te leer en self daarop te wandel. |
| s Ps. 80:9. Jes. 5:1. Jer. 2:21; 12:10. Mark. 12:1. Luk. 20:9. | 35 Gr. mens wat heer van die huis is.
36 Naamlik waarin die wyn onder die pers inloop en opgevang word. 37 Naamlik om van daar af oor die hele wingerd te kyk en dit te bewaak. 38 Gr. uitgegee. |
| 39 In hierdie gelykenis word God met ’n huisvader vergelyk, die Joodse gemeente met ’n wingerd, die priesters en skrifgeleerdes met die landbouers, die profete en getroue leraars met die diensknegte, Christus met die seun van die huisvader, en die geloof en die gehoorsaamheid met die vrugte. Aangesien hulle geen vrugte voortgebring het nie, word hulle met ondergang deur die Romeine gedreig en die roeping van die heidene in hul plek aangekondig. Sien dergelike gelykenisse in Ps. 80:9. Jes. 5:1. Jer. 12:10. |
| t 2 Kron. 24:21. | 40 Sien hieroor Hebr. 11:36, 37. |
| v Ps. 2:8. Hebr. 1:2.
x Gén. 37:18. Ps. 2:1. Matt. 26:3; 27:1. Joh. 11:53. |
| y Ps. 118:22. Jes. 8:14; 28:16. Mark. 12:10. Luk. 20:17. Hand. 4:11. Rom. 9:33. 1 Petr. 2:6. | 41 Hierdie steen is Christus, 1 Petr. 2:4, wat die bouers, dit is die skrifgeleerdes en owerpriesters, verwerp het.
42 Gr. afgekeur. 43 Gr. eerste van ’n hoek. Dit is, die buitenste hoeksteen, waarop twee mure vasstaan en aan mekaar verbind word, naamlik die gemeente, bymekaargebring uit Jode en heidene. Sien Ef. 2:13, 20. 1 Petr. 2:7, 8. |
| z Ex. 32:10. Matt. 8:12.
a Jes. 55:5. |
44 Naamlik van die koninkryk van die hemele, dit is, wat pas by die koninkryk. |
| b Jes. 8:15. Sag. 12:3. Luk. 20:18.
c Dan. 2:34. |
45 Naamlik deur veragting of ongeloof, 1 Petr. 2:8.
46 Naamlik deur die las of swaarte van Christus se oordeel of van sy straf. 47 Gr. wan, dit is, só klein verbrysel, dat ’n mens dit sou kon wan of sif, Ps. 2:9. |
| d Luk. 20:19. |
| e Luk. 7:16. Joh. 7:40. |