Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 22

Gelykenis van die bruilof.

(Luk. 14:16-24.)

1

EN Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:

2

aDie koninkryk van die hemele 1is soos 2’n koning wat 3’n bruilof vir sy seun berei het

3

en sy 4diensknegte uitgestuur het om die 5genooides na die bruilof 6te roep, en hulle wou nie kom nie.

4

Weer het hy 7ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is 8gereed. Kom na die bruilof.

5

Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ’n ander na sy handelsaak.

6

En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.

7

Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy 9manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.

8

Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit 10nie werd nie.

9

Gaan dan op die 11kruispaaie en nooi 12almal wat julle mag vind, na die bruilof.

10

En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

11

En toe die koning ingaan om na die gaste te 13kyk, sien hy daar iemand wat nie ’n 14bruilofskleed aan het nie.

12

En hy sê vir hom: 15Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan? En hy kon 16geen woord sê nie.

13

Toe sê die koning vir 17sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die 18buitenste duisternis. bDaar sal geween wees en gekners van die tande.

14

19Want cbaie is geroep, maar min uitverkies.

Die vraag oor die belasting.

(Mark. 12:13-17; Luk. 20:20-26.)

15

dTOE gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom 20in sy woord te verstrik.

16

En hulle stuur hul dissipels saam met die 21Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die 22persoon van mense aan nie —

17

sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?

18

Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:

19

Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die 23belastingmunt. En hulle het vir Hom ’n penning gebring.

20

En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?

21

Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop sê Hy vir hulle: eBetaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

22

En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.

Die Sadduseërs en die opstanding.

(Mark. 12:18-27; Luk. 20:27-40.)

23

fDIESELFDE dag kom daar na Hom 24Sadduseërs, hulle wat sê dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom

24

en sê: Meester, gMoses het gesê: As iemand sonder 25kinders sterwe, moet sy broer sy vrou 26trou en 27kinders vir sy broer verwek.

25

Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.

26

So ook die tweede en die derde tot die 28sewende toe.

27

En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

28

In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees — want hulle almal het haar gehad?

29

Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

30

Want in die opstanding trou hulle nie en 29word ook nie in die huwelik uitgegee nie, hmaar is 30soos engele van God in die hemel.

31

En wat die opstanding van die dode betref — het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:

32

iEk is 31die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes.

33

En toe die skare dit hoor, kwas hulle verslae oor sy leer.

Die groot gebod.

(Mark. 12:28-34; Luk. 10:25-27.)

34

lEN toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.

35

mEn een van hulle, ’n wetgeleerde, het ’n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:

36

Meester, wat is die 32groot gebod in die wet?

37

En Jesus antwoord hom: nJy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele 33verstand.

38

Dit is die eerste en groot gebod.

39

En die tweede wat hiermee gelykstaan: oJy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40

Aan hierdie twee gebooie hang 34die hele wet en die profete.

Die Christus, seun van Dawid.

(Mark. 12:35-37; Luk. 20:41-44.)

41

pEN toe die Fariseërs saamgekom het, vra Jesus hulle

42

en sê: Wat dink julle van 35die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s’n.

43

Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom 36in die Gees Here noem as hy sê:

44

qDie Here het tot my Here gespreek: Sit aan my 37regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?

45

38As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?

46

En niemand kon Hom ’n woord antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

a Luk. 14:16. Openb. 19:7. 1 Deur hierdie gelykenis word die groot ondankbaarheid van die Jode onder die oog gebring. God het die Jode deur die verkondiging van die evangelie geroep tot die gemeenskap met sy Seun en die saligheid, maar hulle het dit verag. Daarom sou hulle swaar gestraf en verwerp word; en daarna sou die heidene in hul plek geroep word.

2 Gr. ’n mens wat ’n koning was, dit is, God die Vader.

3 Dit is, die genadige en geestelike gemeenskap met Christus en die ewige saligheid.

  4 Naamlik die profete en troue priesters.

5 Naamlik die Jode.

6 Dit is, te haal.

  7 Naamlik die apostels, evangeliste en ander leraars van die heilige evangelie.

8 Aangesien Christus nou in die vlees gekom het om die werk van die saligheid daadwerklik te volbring.

  9 Dit was die Romeine, wat God gebruik het om hulle op hierdie manier te straf, hoewel dit nie hul bedoeling was nie, soos in Jes. 10:7.
  10 Sien Hand. 13:46 en die kanttekening.
  11 Dit is, gaan na alle dele en lande van die wêreld, Rom. 10:18.

12 Dit is, van allerhande soorte, sonder onderskeid.

  13 Naamlik as die laaste oordeel gehou sal word. Sien vers 13.

14 Hierdie bruilofskleed is Christus met sy geregtigheid, aangeneem deur ’n ware geloof, wat deur die werke van liefde kragtig is en betoon word, Rom. 13:14. Gal. 3:26, 27. Openb. 19:8.

  15 Gr. Metgesel.

16 Naamlik soos een wat gemuilband is.

b Matt. 8:12; 13:42; 24:51; 25:30. Luk. 13:28. 17 Naamlik wat die tafel bedien het; waardeur die engele verstaan word. Sien Matt. 13:41, 42.

18 Sien hieroor Matt. 8:12 en die kanttekening.

c Matt. 20:16. 19 Hierdie besluit dui nie net op hierdie een persoon, wat soos ’n voorbeeld van alle huigelaars voorgehou word nie, maar ook op die menigte wat tevore genooi was, maar die uitnodiging verag het.
d Mark. 12:13. Luk. 20:20. 20 Of: met hulle woord. Sien Mark. 12:13 en die kanttekening.
21 Sommige kerkvaders meen dat hierdie Herodiane ’n spesifieke sekte was, wat ’n mengsel van die Joodse en heidense godsdienste, ingevoer deur Herodes die Grote, goedgekeur en nagevolg het. Dit kom ooreen met Mark. 8:15. Ander meen dat hulle ook beamptes of dienaars van Herodes Antipas was, wat hierdie belasting vir die keiser ingesamel het. Hulle het die hande geslaan aan diegene wat sou weier, of wat sou ontken dat dit geoorloof is, om die belasting te betaal. Dit kan uit die woorde van Luk. 20:20 afgelei word.

22 Gr. aangesig, dit is, die uiterlike gestalte of voorkoms van mense, soos mag, rykdom, afkoms of iets soortgelyk.

23 Dit was ’n geldstuk van die Romeine, ’n denarius of penning genoem, soos in die laaste woorde van hierdie vers uitgedruk word. Die beeld en die naam van die Romeinse keiser was daarop uitgebeeld. Hierdie, en geen ander munt nie, moes as belasting betaal word, sodat daardeur sou blyk dat hulle onder die heerskappy van die Romeinse Ryk gestaan het; soos hulle ook gewoonlik die tempelbelasting betaal het met ’n halwe sikkel van die heiligdom, waarop aan die een kant die sikkel van Israel, en op die ander kant die heilige Jerusalem gestaan het. Sien oor die denarius Matt. 18:28 en die kanttekening.
e Matt. 17:25. Rom. 13:7.  
f Mark. 12:18. Luk. 20:27. Hand. 23:8. 24 Sien meer oor die sekte van die Sadduseërs in Hand. 23:8.
g Deut. 25:5. 25 Dit is, seuns; omdat sy broer vir hom ’n nageslag moes verwek, wat sy naam sou dra en sy erfgenaam sou wees, Deut. 25:5, 6.

26 Gr. vanweë die swaerskap met sy broer se vrou trou.

27 Gr. saad; so ook in die volgende vers.

  28 Gr. sewe.
h 1 Joh. 3:2. 29 Naamlik die vroue.

30 Nie ten opsigte van die wese van engele nie, maar wel met betrekking tot die huwelik en die natuurlike eienskappe van hierdie verganklike lewe. Sien 1 Kor. 15:44 en die kanttekening. Filip. 3:21.

i Ex. 3:6. 31 Om die God van iemand te wees, beteken om vir daardie persoon die ewige saligheid na liggaam en siel te wil gee. Sien Ps. 33:12; 144:15. Waaruit volg, dat hierdie aartsvaders na die siel by God geleef het (wat hierdie Sadduseërs ook ontken het, Hand. 23:8) en ook liggaamlik sou opstaan en vir ewig lewe; omdat Hy ’n God, nie net van ’n deel van hulle nie, maar van hulle hele persoon genoem word.
k Matt. 7:28.  
l Mark. 12:28.
m Luk. 10:25.  
  32 Dit is, grootste.
n Deut. 6:5; 10:12; 30:6. Luk. 10:27. 33 Of: gedagte, dit is, oordenking van die verstand.
o Lev. 19:18. Mark. 12:31. Rom. 13:9. Gal. 5:14. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. Jak. 2:8.  
  34 Dit is, hierin is, soos in ’n samevatting, alle gebooie van die wet, asook die profete se verklarings daarvan, vervat. Sien Rom. 13:10. 1 Tim. 1:5.
p Mark. 12:35. Luk. 20:41.
  35 Dit is, van die beloofde Messías of Gesalfde.
  36 Dit is, gedryf deur die Heilige Gees. Sien 2 Petr. 1:21.
q Ps. 110:1. Hand. 2:34. 1 Kor. 15:25. Hebr. 1:13; 10:13. 37 Sien oor die regterhand Matt. 20:21 en die kanttekening.
  38 Sien hieroor die verklaring in Luk. 20:44 se kanttekening.