Statevertaling – Bybelstigting
Die profetiese rede. Die begin van die smarte.
(Mark. 13; Luk. 21:5-36.)
EN aJesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom 1die geboue van die tempel te 2wys.
En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, bdaar sal hier sekerlik nie een 3klip op die ander gelaat word, wat nie 4afgebreek sal word nie.
cEn toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: dVertel ons, wanneer sal 5hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?
En Jesus antwoord en sê vir hulle: ePas op dat niemand julle mislei nie.
fWant baie sal 6onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is 7nog nie die einde nie.
gWant 8die een nasie sal teen die ander opstaan en 9die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
Maar al hierdie dinge is ’n begin van die 10smarte.
hDan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
En dan sal baie tot 11struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
iEn baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
En komdat die 12ongeregtigheid vermeerder word, sal die 13liefde van die meeste verkoel.
lMaar wie volhard tot die einde toe, hy sal 14gered word.
En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele 15wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal 16die einde kom.
Die profetiese rede (vervolg). Die groot verdrukking.
mWANNEER julle dan die 17gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet nDaniël, sien staan in die 18heiligdom — laat hy wat lees, oplet —
dan moet die wat in Judéa is, 19na die berge vlug;
wie op die 20dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
en wie op die land is, moet nie 21omdraai om sy klere weg te neem nie.
Maar 22wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
En bid dat julle vlug nie 23in die winter of oop die sabbat mag plaasvind nie.
pWant dan sal daar groot verdrukking wees 24soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
En as 25daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van 26die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
27As iemand dán vir julle sê: Kyk, qhier is die Christus! of: 28Daar! — moet dit nie glo nie.
rWant daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot 29tekens en wonders doen om, 30as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
sAs hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn — moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer — moet dit nie glo nie.
Want soos die weerlig 31uit die ooste uitslaan en tot in die 32weste skyn, 33so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
tWant 34oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
Die profetiese rede (vervolg). Die koms van die Seun van die mens.
EN vdadelik ná 35die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en 36die kragte van die hemele sal 37geskud word.
xEn dan sal 38die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde y39rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
En Hy sal sy engele uitstuur met z40harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes 41versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
aEn leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al 42sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat 43dit naby is, voor die deur.
Voorwaar Ek sê vir julle, 44hierdie geslag sal sekerlik nie 45verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
bDie hemel en die aarde sal 46verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Die profetiese rede (vervolg). Vermaning om waaksaam te wees.
cMAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.
dEn net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle 47geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, etot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,
en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
fDan sal daar twee op die land wees; die een word 48aangeneem en die 49ander word 50verlaat.
Twee vroue sal by die meul 51maal; die een word 48aangeneem en die ander word verlaat.
gWaak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.
hMaar weet dit: as die 52huisheer geweet het 53in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis 54ingebreek word nie.
Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.
Die profetiese rede (vervolg). Gelykenis van die twee diensknegte.
(Luk. 12:42-48.)
iWIE is dan die getroue en verstandige 55dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?
Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op 56hierdie manier besig sal vind.
Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom 57oor al sy besittings aanstel.
Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom —
en hy sy medediensknegte begin 58slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,
dan sal die heer van dié dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur dat hy dit nie weet nie;
en sal hom 59pynig en hom ’n deelgenoot van die 60geveinsdes maak. kDaar sal geween wees en gekners van die tande.
| a Mark. 13:1. Luk. 21:5. | 1 Sien oor die grootheid, sterkte en heerlikheid van hierdie geboue, die geskiedskrywer Josephus, Oudhede.
2 Omdat Christus in die voorgaande hoofstuk, vers 38, die verwoesting van die stad en tempel aangekondig het, wil dit voorkom of die dissipels daarom hierdie geboue vir Hom gewys het, om te kenne te gee, dat hulle gedink het dat dit óf onmoontlik óf jammer sou wees, dat so ’n pragtige gebou verwoes sou word. |
| b 1 Kon. 9:7, 8. Miga 3:12. Luk. 19:44. | 3 Gr. klip op klip gelaat word nie.
4 Gr. losgemaak. |
| c Mark. 13:1, 3. Luk. 21:7.
d Hand. 1:6. |
5 Naamlik wat U hier en aan die einde van die voorgaande hoofstuk gesê het, sowel oor die verwoesting van die stad en die tempel in Jerusalem, asook oor u laaste koms om te oordeel. |
| e Jer. 29:8. Ef. 5:6. Kol. 2:18. 2 Thess. 2:3. 1 Joh. 4:1. |
| f Jer. 14:14; 23:25. Joh. 5:43. | 6 Of: in, op my Naam, dit is, hulle gee hul uit vir die beloofde Messías, soos omstreeks daardie tyd en daarna verskeie valse christusse opgestaan het. Sien Hand. 5:36, 37. Josephus, Oudhede en Joodse Oorlog. |
| 7 Naamlik van al die ellendes en verskriklike strawwe wat oor die Jode sou kom. |
| g Jes. 19:2. | 8 Gr. nasie teen nasie.
9 Gr. koninkryk teen koninkryk. |
| 10 Gr. barensweë, soos van vroue wat in barensnood is. Sien oor al hierdie oorloë en ellendes Josephus, Oudhede en Joodse Oorlog. |
| h Matt. 10:17. Luk. 21:11, 12. Joh. 15:20; 16:2. Openb. 2:10. |
| 11 Dit is, deur vrees vir vervolging van My afwyk. |
| i 2 Petr. 2:1. |
| k 2 Tim. 3:1, ens. | 12 Gr. oortreding van die wet.
13 Naamlik sowel vir die waarheid van die evangelie, as vir die naaste. |
| l Matt. 10:22. Mark. 13:13. Luk. 21:19. Openb. 2:7, 10; 3:10. | 14 Of: salig. |
| 15 Gr. bewoonde wêreld. Sien die vervulling hiervan in Rom. 10:18. Kol. 1:6.
16 Naamlik van die stad Jerusalem en van die Joodse regering. |
| m Mark. 13:14. Luk. 21:20.
n Dan. 9:27. |
17 Dit is, die gruwelike verwoestende leër van die Romeine, soos verklaar word in Luk. 21:20.
18 Gr. heilige plek. Dit is, soos sommige verstaan, die heilige Joodse land, rondom Jerusalem. |
| 19 Naamlik om hulle daar weg te steek vir die straf. |
| 20 Die Jode was dikwels op die dakke van die huise, omdat die dakke plat was. Sien Matt. 10:27. |
| 21 Dit is, om nie tyd te verloor om te vlug nie. |
| 22 Naamlik omdat hulle nie by magte sal wees om haastig te vlug nie, aangesien hulle deur hul ongebore of klein kindertjies belemmer word. |
| o Hand. 1:12. | 23 Omdat vlug in die winter ongeleë is en die Jode op die sabbat nie ver mog reis, sien Hand. 1:12 se kanttekening, en ook nie voorsiening daarvoor mog tref nie. |
| p Dan. 12:1. | 24 Want soos Josephus in Joodse Oorlog getuig, het daar in Jerusalem alleen eenmiljoen-eenhonderdduisend mense deur die swaard, honger en pes omgekom, benewens die sewe-en-negentigduisend wat as slawe verkoop is. Soortgelyke verwoesting kom in geen ander geskiedskrywing voor nie. |
| 25 Dit is, indien God die plae van daardie tye, wat die Jode nog swaarder verdien het, nie laat ophou het nie, sou daar niemand van die Joodse volk oorgebly het nie.
26 Naamlik wat God onder die Joodse volk gehad het en altyd wou behou. |
| q Mark. 13:21. Luk. 21:8. | 27 Naamlik ná die verwoesting van Jerusalem tot die voleinding van die wêreld, waarvan Hy in vers 29 begin spreek.
28 Gr. Hier. |
| r Deut. 13:1. 2 Thess. 2:11. | 29 Soos van die Antichris getuig word, 2 Thess. 2:9, Openb. 13:11, ens. en die kanttekeninge.
30 Dit is egter nie moontlik nie, nie ten opsigte van die wil of die krag van die uitverkorenes in hulself nie, maar ten opsigte van die onveranderlikheid van God se besluit oor hulle en sy kragtige bewaring teen die verleiding, volgens sy beloftes, wat Hom nie kan berou nie. Sien Joh. 10:28. Rom. 8:29, 30. 1 Petr. 1:5. |
| s Luk. 17:23. |
| 31 Gr. uit die opgang, naamlik van die son.
32 Gr. ondergang. 33 Naamlik met groot spoed en ’n helder glans. |
| t Job 39:33. Luk. 17:37. | 34 Sien Job 39:33 se kanttekening oor hierdie spreekwoord, gebruiklik by die Hebreërs. Sommige se verklaring hiervan is dat, waar Christus met sy lyding en sterwe opreg verkondig word, daar sal die gelowiges byeenkom, soos hulle ook in die laaste oordeel tot Christus vergader sal word, om altyd by Hom te bly, Joh. 17:24. 1 Thess. 4:16, 17. Ander verstaan hiermee dat hierdie spreekwoord na die verwoesting van die Joodse volk verwys. Dan sou die volk die aas wees en die Romeine die aasvoëls; soos die Chaldeërs die arende was in Háb. 1:8. |
| v Jes. 13:10. Eség. 32:7. Joël 2:31; 3:15. Mark. 13:24. Luk. 21:25. | 35 Naamlik wat die tiranne en die Antichris die kerk van God sal aandoen.
36 Dit is, die kragtige of sterk hemele. 37 Naamlik soos die see op en af gedryf word. |
| x Dan. 7:10. Matt. 16:27; 25:31; 26:64. Mark. 13:26; 14:62. Luk. 21:27. Hand. 1:11. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7.
y Openb. 1:7. |
38 Dit is, die tekens van sy heerlikheid, waarmee Hy in die wolke sal verskyn. Sien Mark. 13:26. Luk. 21:27.
39 Of: weeklaag. Gr. van benoudheid op die bors slaan. |
| z 1 Kor. 15:52. 1 Thess. 4:16. | 40 Gr. stem. Anders: ’n trompet en ’n groot geluid.
41 Dit is, uit al vier windstreke of gewestes van die wêreld bymekaarbring, wat die engele aan hul verheerlikte liggame en op ’n ander manier sal herken. |
| a Mark. 13:28. Luk. 21:29. | 42 Of: sappig, wanneer die sap of groeisel daarin kom. |
| 43 Of: Hy, naamlik Christus met sy koms. |
| 44 Naamlik van die Joodse volk; of: hierdie eeu.
45 Of: vergaan. |
| b Ps. 102:27. Jes. 51:6. Mark. 13:31. Hebr. 1:11. | 46 Of: vergaan. Hoe dit sal gebeur, word in 2 Petr. 3:10 verklaar. |
| c Mark. 13:32. Hand. 1:7. |
| d Gén. 6:2. Luk. 17:26. 1 Petr. 3:20. 2 Petr. 2:5. |
| e Gén. 7:7. | 47 Dit is, sorgeloos en vleeslik gelewe het, sonder om God te vrees, Jud. vers 12. |
| f Luk. 17:34. 1 Thess. 4:17. | 48 Naamlik deur God as een van sy uitverkorenes.
49 Gr. die een. 50 Naamlik met die verworpenes in die ewige verdoemenis. |
| 51 Maal en bak is in daardie lande meestal gedoen deur die vroue of slavinne, wat handmeule daarvoor gebruik het. |
| g Matt. 25:13. Mark. 13:33. Luk. 12:40; 21:36. |
| h Luk. 12:39. 1 Thess. 5:2. 2 Petr. 3:10. Openb. 3:3; 16:15. | 52 Of: huisvader.
53 Dit is, in watter deel van die nag, wat in vier nagwake verdeel is. Sien Matt. 14:25 se kanttekening. 54 Gr. deurgegrawe. |
| i Matt. 25:21. Luk. 12:42. | 55 Met hierdie dienskneg word vernaamlik die apostels en dienaars van die evangelie vergelyk, wat die geestelike voedsel vir siele uitdeel. |
| 56 Naamlik soos hy hom beveel het. |
| 57 Of: oor alles wat hy het. |
| 58 Dit is, oorlas aandoen. |
| k Matt. 8:12; 13:42; 22:13; 25:30. Luk. 13:28. | 59 Anders: in twee kap. Sommige meen dat hier verwys word na sodanige swaar strawwe waarvan ’n mens lees in 1 Sam. 15:33. Dan. 3:29. Maar uit die konteks wil dit voorkom of dit verwys na die feit dat hy van sy huisgesin afgeskei word, om daarna gestraf te word. Die Griekse woord kan ook as afskei verstaan word.
60 Dit is, wat hulle wel voor die oë van hul meesters skynbaar van hul taak kwyt, maar in hul meesters se afwesigheid die teendeel doen. |