Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 25

Die profetiese rede (vervolg). Gelykenis van die vyf verstandige en die vyf onverstandige maagde.

1

DAN1 sal die koninkryk van die hemele wees 2soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.

2

En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.

3

En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.

4

Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.

5

En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle 3almal vaak geword en aan die slaap geraak

6

En middernag was daar ’n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

7

Toe staan al daardie maagde op en 4maak hulle lampe gereed.

8

En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.

9

Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.

10

En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.

11

Later kom toe die ander maagde ook en sê: 5Meneer, meneer, maak vir ons oop!

12

Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, 6ek aken julle nie.

13

bWaak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

Die profetiese rede (vervolg). Gelykenis van die talente.

(Vgl. Luk. 19:11-27.)

14

cWANT dit is 7soos ’n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.

15

En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy 8vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.

16

En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente 9gewin.

17

Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.

18

Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.

19

En 10ná ’n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.

20

En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente 11daarby verdien.

21

En sy heer sê vir hom: 12Mooi so, goeie en getroue dienskneg, door weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. 13Gaan in in die vreugde van jou heer.

22

En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.

23

Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

24

En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ’n 14harde man is wat 15maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;

25

omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.

26

Maar sy heer antwoord en sê vir hom: 16Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.

27

Daarom moes jy my geld by die wisselaars 17gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met 18rente ontvang het.

28

Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;

29

ewant aan 19elkeen 20wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom 21wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

30

En werp die nuttelose dienskneg uit in die 22buitenste duisternis; fdaar sal geween wees en gekners van die tande.

Die profetiese rede (slot). Die ewige lewe en die ewige straf.

31

gEN wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy 23op sy heerlike htroon sit;

32

en voor Hom sal al die nasies 24versamel word, ien Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;

33

en Hy sal die skape aan sy 25regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.

34

Dan sal 26die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle 27geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk kwat 28vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

35

lWant Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; mEk was ’n vreemdeling, en julle het My 29herberg gegee;

36

Ek was nnaak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My 30besoek; o31in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.

37

Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?

38

En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?

39

En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?

40

En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, pvir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, 32het julle dit aan My gedoen.

41

Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: qGaan weg van My, 33julle vervloektes, in die rewige vuur wat berei is vir die 34duiwel en 35sy engele.

42

Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.

43

Ek was ’n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.

44

Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ’n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?

45

Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, svir sover julle dit nie gedoen het aan een van 36hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

46

tEn hulle sal weggaan in die ewige 37straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

1 Naamlik as die Here Christus sal kom om te oordeel, waaroor aan die einde van die voorgaande hoofstuk gespreek is.

2 Hierdie gelykenis verwys na gebruike tydens die bruilofte van daardie tyd, wat in die nag gehou is, waarop die bruidegom en sy gevolg deur enkele maagde ingebring, en met brandende lampe of fakkels na die bruid gelei is. Sien ook Luk. 12:35 oor soortgelyke gebruik. Deur die koms van die bruidegom word Christus se koms om te oordeel bedoel, vers 13. Deur die maagde, almal wat die naam Christen dra. Deur die verstandiges, alle opregte, ware gelowiges. Deur die wat dwaas is, alle mondchristene en geveinsdes. Deur die lampe, die belydenis van die Christelike geloof. Deur die olie en die lig, die ware geloof wat kragtig werksaam is deur die liefde. Deur die middernagtelike uur, die onverwagse tyd van Christus se koms. En deur die bruilof, die vreugde van die ewige lewe.

  3 Naamlik sowel die verstandiges as die wat dwaas is. Want ook die ware gelowiges sluimer soms in, maar hul geloof en liefde word daarna weer wakker.
4 Of: versier.
5 Omdat dit dan te laat sal wees, word daarmee slegs te kenne gegee dat ons betyds voorsorg moet tref, Joh. 9:4.
a Matt. 7:23. Luk. 13:25. 6 Naamlik as Myne nie. Sien Matt. 7:23.
b Matt. 24:42. Mark. 13:33, 35.  
c Luk. 19:12. 7 Deur hierdie gelykenis word ons vermaan om die gawes wat God aan ons gee, elkeen ooreenkomstig die mate daarvan, te gebruik en te bestee tot die meerdere stigting van ander; met belofte van genadige beloning hier en hiernamaals vir diegene wat dit doen, en met dreiging van swaar strawwe vir diegene wat dit nalaat. Sien Joh. 15:2. 1 Kor. 12:5-7.
  8 Dit is, begrip of bekwaamheid, naamlik om handel te dryf en wins te maak. Hieruit kan nie afgelei word dat ’n mens uit homself die krag of bekwaamheid het om die gawes van God reg te gebruik nie. Want in die Skrif word deurlopend getuig dat al ons bekwaamheid uit God is. Sien Joh. 15:5. 1 Kor. 15:10. 2 Kor. 3:5.
  9 Gr. gemaak.
  10 Gr. ná baie tyd.
  11 Of: daarmee saam, daardeur.
d Matt. 24:45. Luk. 12:42. 12 Of: Dit is goed. Of: Dit gaan goed. Of: Jy het goed gedoen.

13 Dit is, gaan saam met jou heer na die plek waar sy vreugde en heerlikheid is. Sien Joh. 17:24. Luk. 22:30.

14 Of: streng man.

15 Dit was ’n spreekwoord waarmee ’n mens beskryf word, wat uit alles baie presies en noukeurig voordeel trek.

  16 Dit is, nie die vrees vir my hardheid nie, maar jou eie slegtheid en luiheid is die oorsaak daarvan.
  17 Gr. gewerp, of neergelê.

18 Gr. tokos, waarmee allerhande vrug of wins deur die gebruik van geld aangedui word. Dit word soms in die goeie, soms in die slegte sin geneem, afhangende van redelike of onredelike wins. Sien verder Luk. 19:23 en die kanttekening.

e Matt. 13:12. Mark. 4:25. Luk. 8:18; 19:26. 19 Gr. al.

20 Dit is, wat sy gawes wat hy het, gebruik en goed aanwend.

21 Dit is, wat sy gawes nie gebruik nie, of ongebruik laat lê asof hy dit nie gehad het nie.

f Matt. 8:12; 13:42; 22:13; 24:51. Luk. 13:28. 22 Sien Matt. 8:12 se kanttekening.
g Matt. 16:27; 26:64. Mark. 14:62. Luk. 21:27. Hand. 1:11. 1 Thess. 4:16. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7.

h Matt. 19:28.

23 Dit is, wat in die wolke opgerig sal word. Sien Matt. 24:30. Openb. 1:7. Gr. op die troon van sy heerlikheid.
i Eség. 34:17, 20. Matt. 13:49. 24 Naamlik deur die diens van die engele. Sien Matt. 13:41.
  25 Of: regterkant; so ook in die volgende.
k Matt. 20:23. Mark. 10:40. 26 Naamlik Christus, wat in vers 31 die Seun van die mens, en hier Koning genoem word, omdat sy heerskappy in sy ryk dan volkome sal wees.

27 Sien oor hierdie seëning Ef. 1:3-5.

28 Naamlik deur God volgens sy ewige verkiesing, Ef. 1:4.

l Jes. 58:7. Eség. 18:7.

m Hebr. 13:2.

29 Gr. saamgelei, of saamgeneem, naamlik om herberg te gee.
n Jes. 58:7. Jak. 2:15, 16.

o 2 Tim. 1:16.

30 Of: opsig oor My geneem, dit is, ag op My geslaan.

31 Onder hierdie beskrewe werke van die liefde word alle ander vrugte van die geloof, wat hier na vore gebring word, verstaan; nie as verdienende oorsake van die saligheid nie, maar as openbare getuienisse en tekens van hul geloof, wat vanweë die verdienste van Christus uit genade beloon sal word, om daarmee die regverdigheid van sy vonnis in hierdie oordeel vir die hele wêreld te bewys. Soos blyk uit vers 34, waar die seën van die Vader as eerste oorsaak van hul saligheid gestel word en die saligheid ’n erfdeel genoem word; en van hierdie saligheid gesê word dat dit vir hulle berei is voor die grondlegging van die wêreld, Ef. 1:4.

p Spr. 19:17. Matt. 10:42. Mark. 9:41. Joh. 13:20. 2 Kor. 9:6. 32 Dit is, Ek sal dit ag asof dit aan My gedoen is, Hand. 9:4.
q Ps. 6:9. Matt. 7:23. Luk. 13:25, 27.

r Jes. 30:33. Openb. 19:20.

33 Dit is, wat vanweë hierdie sondes van julle, volgens God se regverdige oordeel, aan die straf van die ewige vloek onderworpe is.

34 So noem Hy die hoof van die bose geeste.

35 Die bose geeste word hier die duiwel se engele genoem, omdat hy hulle as sy diensbodes gebruik, soos Christus sy goeie engele gebruik, Openb. 12:7.

s Spr. 14:31; 17:5. Sag. 2:8. 36 Naamlik wat hier aan my regterhand staan.
t Dan. 12:2. Joh. 5:29. 37 Sien 1 Joh. 4:18. Of: pyn.