Statevertaling – Bybelstigting
Die owerstes van die Jode hou saam raad.
(Mark. 14:1, 2; Luk. 22:1, 2; Joh. 11:47 vv.)
EN toe Jesus al 1hierdie woorde geëindig het, sê Hy vir sy dissipels:
aJulle weet dat oor twee dae die 2pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.
bToe kom 3die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar 4in die paleis van die hoëpriester wat 5Kájafas genoem word,
en hou saam raad om Jesus 6met lis gevange te neem en om die lewe te bring.
Maar hulle het gesê: 7Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien oproer onder die volk kom nie.
Die maaltyd in Betánië.
(Mark. 14:3-9; Luk. 7:36-50; Joh. 12:1-8.)
EN toe Jesus in Betánië was in die huis van Simon, 8die melaatse,
ckom ’n vrou na Hom met ’n albaste fles met 9baie kosbare salf, en sy gooi dit op sy hoof uit terwyl Hy aan tafel was.
En toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting?
Want hierdie salf kon 10duur verkoop en die geld aan die armes gegee geword het.
Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het 11’n goeie werk aan My gedoen.
dWant die armes het julle altyd by julle, maar My het julle 12nie altyd nie.
Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen 13met die oog op my begrafnis.
Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot ’n gedagtenis aan haar.
Die loon van die verraad.
(Mark. 14:10, 11; Luk. 22:3-6.)
eTOE gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskáriot, na die owerpriesters
en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u 14oorlewer? En hulle het vir hom fdertig 15silwerstukke 16afgeweeg.
En van toe af het hy ’n 17goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.
Die laaste pasga. Die heilige nagmaal.
(Mark. 14:12-25; Luk. 22:7-23; 1 Kor. 11:23-29.)
gEN op die 18eerste dag hvan die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?
En Hy antwoord: Gaan na die stad na ’n 19sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels.
Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het 20die pasga berei.
iEn 21toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel.
En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, keen van julle sal My verraai.
Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sê: Is dit miskien ek, Here?
Toe antwoord Hy en sê: l22Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.
Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar 23wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.
En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: 24Jy het dit gesê.
mEn 25terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy 26gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, 27dit is 28my liggaam.
Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy 29dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.
Want dit is 30my bloed, ndie bloed van die nuwe testament, wat vir baie 31uitgestort word tot vergifnis van sondes.
Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op 32daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.
oEn nadat hulle 33die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.
Petrus gewaarsku.
(Mark. 14:27-31; Luk. 22:31-34; Joh. 13:36-38.)
TOE sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem 34aan My, want daar is geskrywe: pEk sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.
qMaar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.
Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: rAl sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.
Jesus sê vir hom: sVoorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag, 35voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën.
Petrus sê vir Hom: Al moes ek ook saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! So het ook al die dissipels gesê.
Jesus in Getsémané.
(Mark. 14:32-42; Luk. 22:39-46; Joh. 18:1.)
tTOE kom Jesus met hulle in 36’n plek met die naam van Getsémané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid.
En Hy neem Petrus en die 37twee seuns van Sebedéüs saam en begin 38bedroef en benoud word.
vToe sê Hy vir hulle: My siel is 39diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.
En Hy het ’n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: xMy Vader, as dit moontlik is, laat 40hierdie ybeker by My 41verbygaan; znogtans nie 42soos Ek wil nie, maar soos U wil.
En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?
Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. aDie 43gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.
Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was 44swaar.
En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.
Daarop kom Hy by sy dissipels en sê vir hulle: 45Slaap maar voort en rus. Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars.
Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.
Jesus word gevange geneem.
(Mark. 14:43-50; Luk. 22:47-53; Joh. 18:2-11.)
bEN terwyl Hy nog spreek, daar kom Judas, een van die twaalf, en saam met hom 46’n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en ouderlinge van die volk.
En sy verraaier het vir hulle ’n teken gegee en gesê: Die een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom!
En dadelik gaan hy na Jesus en sê: Gegroet, Rabbi! en hy het Hom cgesoen.
Maar Jesus sê vir hom: 47Vriend, waarvoor is jy hier? Toe kom hulle nader en slaan die hande aan Jesus en gryp Hom.
En 48een van die wat saam met Jesus was, het meteens sy hand uitgesteek en sy swaard getrek; en hy het die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor 49afgekap.
Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; dwant almal wat die swaard 50neem, sal 51deur die swaard vergaan.
Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf 52legioene van engele beskikbaar sal stel nie?
Hoe sou die eSkrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur?
In daardie uur het Jesus vir die skare gesê: Het julle soos teen ’n rower uitgekom met swaarde en stokke om My gevange te neem? Dag vir dag het Ek by julle gesit en leer in die tempel, en julle het My nie gegryp nie.
Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word. fToe het al die dissipels Hom verlaat en gevlug.
Jesus voor die Joodse Raad.
(Mark. 14:53-65; Luk. 22:63-71; Joh. 18:12-27.)
gEN die wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei 53na Kájafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouderlinge vergader het.
En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die 54paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien.
hEn die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en 55niks gevind nie.
En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie.
Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: 56Hierdie man het gesê: iEk kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou.
kDaarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?
lMaar Jesus het 57stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?
Jesus antwoord hom: 58U het dit gesê. mMaar Ek sê vir u almal: Van nou af 59sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.
Toe 60verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!
Wat dink julle? En hulle antwoord en sê: nHy is die dood skuldig.
oToe het hulle in sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan,
pen ander het Hom 61met stokke geslaan en gesê: qProfeteer vir ons, Christus! Wie is dit wat U geslaan het?
Jesus deur Petrus verloën.
(Mark. 14:66-72; Luk. 22:54-62; Joh. 18:15-18, 25-27.)
rEN Petrus het 62buitekant gesit in die binneplaas van die paleis, en ’n sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook by Jesus, 63die Galiléër!
Maar hy het dit voor almal ontken en gesê: Ek weet nie wat jy sê nie.
En terwyl hy uitgaan na 64die poort toe, sien ’n ander diensmeisie hom en sê aan die wat daar was: Hierdie een was ook by Jesus, die Nasaréner.
En met ’n eed ontken hy dit weer: Ek ken die man nie.
Maar ’n bietjie later kom die wat daar staan, en sê vir Petrus: Waarlik, jy is ook een van hulle, want ook jou spraak 65maak jou bekend.
Toe begin hy 66homself te verwens en te sweer: Ek ken die man nie.
En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus 67onthou wat Hy vir hom gesê het: sVoor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
| 1 Naamlik alles wat in die voorgaande hoofstukke beskryf is. Christus het sy profetiese amp tot dusver volbring, en begin nou om sy priesteramp verder uit te oefen. |
| a Mark. 14:1. Luk. 22:1. Joh. 13:1. | 2 ’n Hebreeuse woord, wat ’n verbygang of oorskryding beteken. So is die eerste van die drie groot jaarlikse feeste van die Jode genoem. Dit is op die veertiende dag van die eerste maand gehou, wat ongeveer met ons Maart ooreengekom het. Die fees is ingestel ter gedagtenis aan die verlossing van die kinders van Israel uit Egipte; en in die besonder aan die feit dat die verderfengel, wat die eersgeborenes van die Egiptenaars gedood het, by die huise van die Israeliete verbygegaan het. Sien hieroor Exodus 12. Op hierdie tydstip wou Christus ook geslag word, omdat die slagting van die paaslam ’n voorbeeld daarvan was. Sien 1 Kor. 5:7, 8. |
| b Ps. 2:2. Joh. 11:47. Hand. 4:27. | 3 In daardie tyd het die Groot Raad van die Jode uit hulle almal bestaan, waarvan die hoëpriester die hoof en die owerste was. Deur hulle is die heel moeilikste sake behandel.
4 Of: in die saal of hof. 5 Sien oor hierdie Kájafas ook Joh. 11:49, en Josephus, Oudhede. |
| 6 Omdat hulle uit vrees vir die volk nie die moed gehad het om dit in die openbaar te doen nie. |
| 7 Dit is, laat ons nie tot die fees wag nie, maar laat ons dit vóór die fees afhandel, soos dit ook gebeur het. |
| 8 Nie dat hy toe melaats was nie, want melaatses mog nie in die stede of dorpe woon nie, en ’n mens mog nie saam met hulle eet of verkeer nie, Núm. 5:2. Simon was óf voorheen melaats, óf hy is so genoem vanweë sy voorouers [wat waarskynlik melaats was]. |
| c Mark. 14:3. Luk. 7:37. Joh. 11:2; 12:3. | 9 Gr. met ’n swaar prys, wat genoem word in Mark. 14:5. |
| 10 Gr. vir baie. |
| 11 Dit is, dit wat sy aan My gedoen het, is goed gedoen. |
| d Deut. 15:11. Mark. 14:7. Joh. 12:8. | 12 Naamlik na my liggaamlike teenwoordigheid; want na sy Godheid en genade sal Hy altyd by ons bly, Matt. 28:20 en die kanttekening. |
| 13 Nie dat hierdie vrou dit so in gedagte gehad het nie, maar omdat God se voorsienigheid dit so beskik het dat sy liggaam juis vóór sy dood so gesalf sou word; soos die dooie liggame van die persone van aansien op so ’n manier vir die begrafnis voorberei is, Gén. 50:2. Sien ook Mark. 14:8. Die Griekse woord dui daar ook op. |
| e Mark. 14:10. Luk. 22:4. |
| f Sag. 11:12. | 14 Naamlik in die geheim, sonder moeite en sonder dat die volk daarvan weet.
15 Hierdie woord, wanneer dit so sonder toevoeging gebruik word, beteken gewoonlik ’n sikkel, wat óf van die heiligdom was, óf ’n algemene sikkel, wat die helfte van die waarde van die sikkel van die heiligdom gehad het. Dit was die prys waarmee ’n slaaf, wat deur iemand se bees doodgemaak is, vergoed moes word, Ex. 21:32. Dit wil voorkom of hulle Christus nie hoër waardeer het as wat ’n slaaf gewoonlik gewaardeer is nie, soos God hieroor kla in Sagaría, hfst. 11:12, 13. Daarna word verwys in Matt. 27:9. 16 Hierdie woord word soms so gebruik, omdat hulle vroeër geld afgeweeg het, Gén. 23:16. 1 Kon. 20:39. Of: belowe. |
| 17 Of: geskikte tyd. |
| g Mark. 14:12. Luk. 22:7.
h Ex. 12:17. |
18 Dit is, die dag waarop hulle in die aand moes begin om die ongesuurde brode te eet en die paaslam te slag. |
| 19 So spreek mense as hulle ’n persoon met bepaalde kenmerke aandui, wie se naam nie genoem word nie, Rut 4:1 se kanttekening. Die kenmerke van hierdie man word genoem in Mark. 14:13. Luk. 22:10. |
| 20 Dit is, die paaslam; ’n figuurlike manier van spreek, baie gebruiklik in die Heilige Skrif wanneer van sakramente gespreek word. |
| i Mark. 14:17. Luk. 22:14. Joh. 13:21. | 21 Christus het die pasga op die regte tyd geëet, op die aand van die veertiende dag, soos God dit beveel het, Ex. 12:6, 18. Lev. 23:5. Maar die Jode het die pasga toe eers op die aand van die volgende dag geëet, soos uit die hele geskiedenis blyk, en in die besonder uit Joh. 18:28. Dit het gebeur op grond van ’n ou gebruik, waardeur hulle, as die veertiende dag op die dag voor die sabbat geval het, dit een dag later geskuif het na die sabbat, sodat hulle nie genoodsaak sou wees om twee dae aaneen van hul werk te rus nie. So is Christus, die ware Pasga, op die regte dag deur God bepaal, vir ons sondes geoffer. |
| k Hand. 1:17. |
| l Ps. 41:10. Luk. 22:21. Joh. 13:18. | 22 Dit is, een wat elke dag saam met My eet, wat my huis- en tafelgenoot is. Sien Ps. 41:10. Mark. 14:20. Joh. 13:18. Nie dat Christus juis toe sy hand saam met hom in die skottel ingesteek het nie; want dan sou die dissipels vir seker kon weet wie hy was. |
| 23 Die voorsienigheid van God verontskuldig dus nie die mense wat kwaad doen nie. |
| 24 Dit is ’n manier van spreek wanneer ’n mens iets nie direk sê nie, maar dit nogtans nie ontken nie. Sien verse 64, 65, vergeleke met Mark. 14:62. |
| m Mark. 14:22. Luk. 22:19. 1 Kor. 11:23. | 25 Dit is, toe hulle ná die eet van die paaslam nog aan tafel gesit het.
26 Sien ook Luk. 22:19. 1 Kor. 11:24. In ander Griekse teksuitgawes en manuskripte staan daar geseën. Dit beteken dat seën en dank of danksegging een en dieselfde is. Die brood, asook daarna die wyn, word daarby van die algemene gebruik afgesonder, en deur danksegging tot God geheilig, of tot ’n heilige gebruik bestem; soos in Gén. 2:3 die sewende dag deur God geseën en geheilig word. 27 Naamlik die brood, soos die saak self uitwys en Paulus in 1 Kor. 10:16 verklaar. 28 Dit is, ’n teken van my liggaam. Hierdie manier van spreek is gebruiklik in die sakramente; soos ’n lam in vers 19 ’n pasga genoem word, die brood die gemeenskap met die liggaam van Christus, 1 Kor. 10:16, en die beker die nuwe testament, 1 Kor. 11:25, omdat dit tekens en seëls is van ons geestelike gemeenskap met Christus, en van die nuwe testament, wat met sy bloed bevestig is. |
| 29 Naamlik die beker. |
| n Ex. 24:8. | 30 Dit is, ’n teken van my bloed, soos tevore in vers 26 die brood sy liggaam genoem word.
31 Dit is, spoedig hierna uitgestort sal word. Sien hieroor Hebr. 9:14, 15, ens., waar die apostel oor hierdie bloed van die nuwe testament ’n breedvoerige verklaring gee, met ’n teenstelling ten opsigte van die bloed van die ou testament. |
| 32 Sommige verstaan hierdeur die tydperk van veertig dae ná sy opstanding, toe Hy saam met sy dissipels geëet en gedrink het, Hand. 10:41. Ander verstaan die ewige vreugde in die ewige lewe, wat deurgaans met ’n maaltyd vergelyk word, Matt. 8:11. Luk. 22:29, 30. Openb. 19:9. |
| o Mark. 14:26. Luk. 22:39. Joh. 18:1. | 33 Volgens die gebruik van die Jode, wat toe gewoond was om enkele psalms te sing, soos sommige meen, van Psalm 113 tot Psalm 119. |
| p Sag. 13:7. Joh. 16:32. | 34 Gr. in My. |
| q Mark. 14:28; 16:7. |
| r Luk. 22:33. |
| s Joh. 13:38. | 35 Dit is, voor die oggend aanbreek, as die hane gewoonlik begin kraai, Mark. 13:35. |
| t Mark. 14:32. Luk. 22:39. Joh. 18:1. | 36 Of: gehug, naamlik van huise en tuine. Joh. 18:1 sê dat dit ’n tuin was, waarheen Christus gewoonlik gegaan het om te bid. |
| 37 Naamlik Jakobus en Johannes, Mark. 10:35.
38 Met hierdie woorde word ’n uitermate groot droefheid en benoudheid te kenne gegee, wat Hom bloed laat sweet het, Luk. 22:44. Dit het nie soseer ontstaan uit vrees vir die aanstaande wrede dood nie; wat talle martelare ook onbeskroomd aanvaar het; maar wel uit die voorkennis van die las van God se toorn en die helse kwellinge, wat Hy aan die kruis vir ons gely het, Jes. 53:4-6. Gal. 3:13. |
| v Joh. 12:27. | 39 Of: aan alle kante, dit is, as ’t ware met droefheid omsingel. |
| x Luk. 22:41.
y Matt. 20:22, 23. z Joh. 6:38. |
40 Dit is, hierdie bitter lyding. Sien Matt. 20:22.
41 Of: weggaan. 42 Naamlik volgens die geneigdheid wat in die menslike natuur ingeskape is om sy eie ondergang te ontvlug, wat Ek nogtans aan u wil in alles onderwerp. Daarom was hierdie geneigdheid van Christus sonder sonde. |
| a Gal. 5:17. | 43 Dit is, julle wil is wel goed, maar dit word verhinder deur jul natuurlike swakheid. |
| 44 Naamlik met slaap, as gevolg van waak en droefheid. |
| 45 Hy sê dit as bestraffing, soos ’n mens dikwels iemand iets, waarteen jy hom tevergeefs gewaarsku het, uiteindelik oënskynlik toelaat, wanneer dit te laat is. |
| b Mark. 14:43. Luk. 22:47. Joh. 18:3. | 46 Naamlik ’n hele afdeling soldate saam met die dienaars van die owerpriesters en skrifgeleerdes. Sien Joh. 18:3. |
| c 2 Sam. 20:9. |
| 47 Gr. Metgesel. |
| 48 Naamlik Petrus. Sien Joh. 18:10.
49 Gr. weggeneem. |
| d Gén. 9:6. Openb. 13:10. | 50 Naamlik sonder om ’n wettige oproep of opdrag daarvoor te hê.
51 Naamlik op bevel van die owerheid, vir wie die swaard vir daardie doel gegee is om die moordenaars met die dood te straf, Gén. 9:6. Rom. 13:4. |
| 52 ’n Legioen was by die Romeine ’n regiment soldate, wat soms uit enkele duisende bestaan het, soms vierduisend, soms sesduisend, en soms meer. |
| e Ps. 22:7; 69:2, 10. Luk. 24:25. |
| f Job 19:13. Ps. 88:9. |
| g Mark. 14:53. Luk. 22:54. Joh. 18:12. | 53 Naamlik nadat hulle Hom eers na Annas gebring het, wat Kájafas se skoonvader was, Joh. 18:13. |
| 54 Of: saal; of: hof. |
| h Mark. 14:55. Hand. 6:13. | 55 Naamlik wat as voorwendsel gebruik sou kon word, om Hom daaroor te veroordeel. |
| i Joh. 2:19. | 56 Dit was ’n verdraaiing van Christus se woorde, Joh. 2:19, want Christus het nie gesê: Ek kan die tempel afbreek, ens. nie, maar: Breek julle die tempel af, ens., bedoelende die tempel van sy liggaam. |
| k Mark. 14:60. |
|
| l Jes. 53:7. Matt. 27:12, 14. | 57 Om daarmee te kenne te gee dat hierdie saak so ongegrond was, dat dit nie werd was om beantwoord te word nie. |
| m Ps. 110:1. Dan. 7:13. Matt. 16:27; 24:30. Mark. 14:62. Luk. 22:69. Hand. 1:11. Rom. 14:10. 1 Thess. 4:16. Openb. 1:7. | 58 Sien vers 25.
59 Dit is, u sal dan daadwerklik ondervind dat Ek die Seun van God is, in die besonder as u voor My sal moet verskyn om geoordeel te word. |
| 60 Die Jode het dit gewoonlik gedoen as hulle ’n uiterste vorm van droefheid of mishae wou betoon oor ’n bepaalde saak, soos godslastering, ens. Sien 2 Kon. 19:1. |
| n Lev. 24:16. |
| o Jes. 50:6. |
| p Job 16:10. Joh. 19:3.
q Luk. 22:64. |
61 Anders: op die kakebeen geslaan. |
| r Mark. 14:66. Luk. 22:55. Joh. 18:16, 25. | 62 Naamlik buite die plek waar die Joodse Raad byeengekom het, voor wie Christus gestaan het, soos blyk uit verse 71, 75.
63 So word Hy hier genoem, omdat Hy in Násaret opgegroei het, wat ’n stad in Galiléa was. Sien vers 71. Matt. 2:23. |
| 64 Of: voorportaal. |
| 65 Naamlik dat jy ’n Galiléër is, soos in Mark. 14:70 en Luk. 22:59 staan. |
| 66 Dit is, die vloek of die wraak van God oor homself toe te wens, indien hy Jesus geken het. |
| s vers 34. Mark. 14:30. Luk. 22:61. Joh. 13:38. | 67 Naamlik nadat Christus hom aangekyk het. Sien Luk. 22:61. |