Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 27

Die selfmoord van Judas.

(Hand. 1:16-19.)

1

ENa toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak.

2

En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan bPontius Pilatus, 1die goewerneur.

3

Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, 2berou gekry en die dertig silwerstukke 3teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge

4

en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!

5

En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en cweggeloop en homself 4gaan ophang.

6

En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die 5skatkis te stort nie, omdat dit 6bloedgeld is.

7

En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die dstuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as ’n begraafplaas vir 7vreemdelinge.

8

Daarom is dié stuk grond genoem 8Bloedgrond, tot vandag toe.

9

Toe is vervul wat gespreek is edeur 9Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, 10die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het 11vanweë die kinders van Israel;

10

en hulle het dit gegee vir die 12grond van die pottebakker, soos die Here my beveel het.

Jesus voor Pilatus.

(Mark. 15:1-20; Luk. 23:1-25; Joh. 18:28-19:16.)

11

fEN Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U 13die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: 14U sê dit.

12

En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie.

13

gToe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie 15hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?

14

hEn Hy het hom op 16geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.

15

iEn op die 17fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.

16

kEn in daardie tyd het hulle ’n 18berugte gevangene gehad met die naam van Barábbas.

17

Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Barábbas, of Jesus wat genoem word Christus?

18

Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.

19

En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in ’n droom baie gely om sy ontwil.

20

lMaar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare 19oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jesus ombring.

21

Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Barábbas!

22

Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word!

23

En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!

24

En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder ’n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan 20die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!

25

En die hele volk antwoord en sê: m21Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!

26

Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat 22gésel en oorgelewer om gekruisig te word.

27

nDaarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar.

28

Toe trek hulle 23sy klere uit en werp ’n 24rooi mantel om Hom;

29

en hulle vleg ’n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ’n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!

30

En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.

31

En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom 25sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.

Die kruisiging.

(Mark. 15:21-41; Luk. 23:26-49; Joh. 19:17-37.)

32

oEN toe hulle uitgaan, kry hulle ’n man van Ciréne, met die naam van 26Simon; hom het hulle 27gedwing om sy kruis 28te dra.

33

pEn hulle het gekom op ’n plek wat Gólgota genoem word — dit beteken: 29Plek van die Hoofskedel —

34

en vir Hom 30asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.

35

qEn nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: rHulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad 31die lot gewerp.

36

En hulle het gaan sit en Hom daar bewaak.

37

sEn bokant sy hoof het hulle sy 32beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.

38

tToe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant.

39

vEn die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde 33skud

40

en sê: xU wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!

41

En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:

42

Ander het Hy verlos, 34Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.

43

yHy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos 35as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.

44

En op dieselfde manier het die 36rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.

45

zEn van die 37sesde uur af het daar 38duisternis gekom oor die hele 39aarde tot die negende uur toe;

46

en omtrent die negende uur het Jesus met ’n groot stem ageroep en gesê: 40Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My 41verlaat?

47

En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: 42Hy roep Elía.

48

bToe hardloop daar dadelik een van hulle en neem ’n spons en maak dit vol asyn, en 43sit dit op ’n riet en laat Hom drink.

49

Maar die ander sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom te verlos.

50

cDaarop het Jesus weer met ’n groot stem geroep en 44die gees gegee.

51

dEn kyk, die 45voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;

52

en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.

53

En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die 46heilige stad ingekom en aan baie verskyn.

54

eEn toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.

55

fEn daar was baie vroue wat dit gvan ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galiléa af gevolg en 47Hom hgedien het.

56

Onder hulle was daar Maria Magdaléna en Maria, 48die moeder van Jakobus en Joses, en 49die moeder van die seuns van Sebedéüs.

Die begrafnis van Jesus.

(Mark. 15:42-47; Luk. 23:50-56; Joh. 19:38-42.)

57

iEN toe dit 50aand geword het, het daar ’n ryk man 51van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook ’n dissipel van Jesus was.

58

Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.

59

En Josef het die liggaam geneem en dit met 52skoon linne toegedraai

60

ken dit in sy 53nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy ’n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.

61

En Maria Magdaléna was daar en die 54ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.

62

Die volgende dag — dit is die dag 55ná die voorbereiding — kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam

63

en sê: My heer, ons herinner ons dat dié 56verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: lOor drie dae staan ek op.

64

Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste 57dwaling sal erger wees as die eerste.

65

Daarop sê Pilatus vir hulle: Julle sal ’n 58wag kry; gaan verseker dit soos julle dit verstaan.

66

59En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te 60verseël in teenwoordigheid van die wag.

a Ps. 2:2. Mark. 15:1. Luk. 22:66; 23:2. Joh. 18:28.
b Hand. 3:13. 1 Naamlik van die Romeinse keiser Tibérius, oor die Joodse land, Luk. 3:1, want die Jode kon nie meer iemand met die dood straf sonder voorgaande toestemming van die Romeinse goewerneurs nie, soos hulle self betuig in Joh. 18:31.
  2 Dit was geen opregte berou, soos Petrus gehad het nie, omdat dit nie met verbetering van sy lewe gepaardgegaan het, of met geloof en vertroue in die vergewing van sy sondes nie. Paulus noem so ’n berou wat Judas gehad het: ’n droefheid van die wêreld wat die dood werk, 2 Kor. 7:10.

3 Gr. teruggekeer, dit is, teruggegee.

c 2 Sam. 17:23. Hand. 1:18. 4 Sien meer hieroor in Hand. 1:18.
5 In die Griekse teks word die Siriese woord korbanan behou; dit beteken ’n gawe of offer, wat hulle die skat- of geldkis genoem het. Daarin was die geld, wat vir die diens van God gegee of geheilig was, bewaar. Sien 2 Kon. 12:9. Dit word in Mark. 12:41. Luk. 21:1 gazofulakion genoem.

6 Dit is, waarvoor Christus deur hulle gekoop is om Hom dood te maak. Dit wil voorkom of hierdie huigelaars verwys na Deut. 23:18.

d Hand. 1:19. 7 Dit is, mense wat uit vreemde lande kom en vreemd is met die Joodse godsdiens. Dit wil voorkom of die Jode, selfs ook ná hul dood, geen gemeenskap met hulle wou hê nie.
  8 Sien oor hierdie stuk grond Hand. 1:19 en die kanttekening.
e Sag. 11:12. 9 Hierdie woorde kan nie in die boek Jeremia gevind word nie, maar wel in Sagaría, hfst. 11:13. Daarom meen sommige kerkvaders dat Matthéüs self hier geen naam van die profeet genoem het nie, soos hy soms ook elders doen. Omdat hierdie naam nie in die Siriese vertaling, wat baie oud is, en in sommige ander vertalings, gevind word nie, meen hulle ook dat die naam Jeremia deur een van die oorskrywers deur onwetendheid, vanweë die ooreenkoms van die letters ιoῦ en ζoῦ soos dit in kort geskryf word, uit die kantlyn in die teks ingevoeg sou wees.

10 Ander vertaal dit: die prys van die gewaardeerde, wat enkele van die kinders van Israel gewaardeer het. In Sag. 11:13 word Christus self sprekende in sy persoon ingevoer, maar Matthéüs, wat meer op die betekenis van die woorde as op die presiese woorde van die profeet let, spreek van Christus in die derde persoon, om aan te dui dat dié profesie hier in Hom vervul is.

11 Of: van, deur.

12 Hierdie woorde staan nie letterlik by die profeet nie, maar die inhoud daarvan wel. Sien Sag. 11:13 en die kanttekening.
f Mark. 15:2. Luk. 23:3. Joh. 18:33. 13 Naamlik wat die Jode as hul Messías en Verlosser verwag.

14 Sien Matt. 26:25 en die kanttekening.

g Matt. 26:62. 15 Al hierdie dinge word in Luk. 23:2 genoem.
h Jes. 53:7. Hand. 8:32. 16 Enersyds omdat die beskuldigings openbare leuens was, andersyds omdat Hy vir ons onskuldig veroordeel wou word. So is vervul wat tevore oor Hom gesê is, Jes. 53:7.
i Mark. 15:6. Luk. 23:17. Joh. 18:39. 17 Naamlik die pasga, Joh. 18:39.
k Mark. 15:7. Luk. 23:19. Joh. 18:40. 18 Dit is, ’n alombekende, wie se persoon en slegte dade baie bekend was. Want hy was vir moord en opstand gevang, Mark. 15:7. Luk. 23:19. Joh. 18:40 en die kanttekeninge.
l Mark. 15:11. Luk. 23:18. Joh. 18:40. Hand. 3:14. 19 Of: met oorreding daartoe beweeg.
  20 Dit is, die dood. Waaraan hy nogtans nie heeltemal onskuldig was nie, omdat hy nie ’n onskuldige tot welgevalle van ander aan die dood mog prysgee nie, soos die goewerneur Festus self getuig in Hand. 25:16.
m Hand. 5:28. 21 Dit is, indien hierdie bloed onskuldig vergiet word, laat die straf of wraak van God daaroor op ons en ons nakomelinge kom. Dit het ook spoedig daarna deur middel van die Romeine gebeur, en gebeur nog steeds, Matt. 24:21 en die kanttekening. Sien vir ’n dergelike manier van spreek Lev. 20:9. 2 Sam. 1:16.
  22 Die Romeine het wel die gewoonte gehad om diegene wat ter dood veroordeel was, eers openlik te laat gésel; maar dit blyk uit Joh. 19:1 se kanttekening, dat Pilatus dit gedoen het omdat hy gehoop het dat hy met daardie mindere straf die Jode tevrede sou stel en hul tot medelye sou beweeg, om Hom daardeur los te laat.
n Mark. 15:16. Joh. 19:2.  
23 Naamlik sy bo-kleed.

24 Gr. kokkinos. Dit is, skarlaken, wat slegs deur konings en belangrike persone gedra is. Dit was ’n bepaalde soort kosbare purperkleur, soos die ander evangeliste dit noem (Gr. porfura), sien ook Dan. 5:7. So spot hulle met Christus se koninklike amp. Die doringkroon, die rietstok in plaas van ’n septer, en die bespotting wat volg, het ook daartoe gedien.

  25 Naamlik sy bo-kleed, wat hulle uitgetrek het.
o Mark. 15:21. Luk. 23:26. 26 Sien meer oor hierdie Simon in Mark. 15:21.

27 Sien oor hierdie woord Matt. 5:41 en die kanttekening.

28 Gr. op te neem, naamlik om dit agter Christus aan te dra, Luk. 23:26. Dit was gebruiklik dat diegene wat gekruisig sou word, self hul kruis na die plek van straf moes dra. Maar omdat Christus deur die voorgaande mishandelinge liggaamlik baie verswak was, het hulle hierdie man gegee om Hom te help.

p Ps. 69:22. Mark. 15:22. Luk. 23:33. Joh. 19:17. 29 Of: plek van die kopbeen. Dit wil voorkom of die plek so genoem is, omdat die vonnisse gewoonlik daar voltrek is, en daar daarom baie kopbene van misdadigers gevind is. Of, soos sommige meen, omdat hierdie berg die uiterlike voorkoms van ’n hoofskedel gehad het.
  30 Mark. 15:23 stel wyn met mirre gemeng. Hulle het gewoonlik hierdie drank gegee vir diegene wat ter dood veroordeel is, om hul smart te vergeet en die pyn te versag. Die soldate het asyn en gal daarby gevoeg om hul moedswil ook hierin aan Hom te betoon.
q Mark. 15:24. Joh. 19:23.

r Ps. 22:19.

31 Omdat sy onderkleed sonder naat was, sien Joh. 19:23.
s Mark. 15:26. Luk. 23:38. Joh. 19:19. 32 Of: aanklag, naamlik waarvan Hy beskuldig en waaroor Hy veroordeel is.
t Jes. 53:12.  
v Ps. 22:8; 69:21. Mark. 15:29. Luk. 23:35. 33 As ’n teken van veragting, en dat hulle Hom dit heelhartig toegewens het. Sien Ps. 22:8. Klaagl. 2:15.
x Matt. 26:61. Joh. 2:19.  
  34 Of: kan Hy Homself nie verlos nie?
y Ps. 22:9. 35 Gr. as Hy Hom wil.
36 Volgens Luk. 23:39 het net een van die rowers dit gedoen, maar dit word so in die algemeen gesê, om aan te dui dat Christus deur alle soorte mense bespot is, selfs ook deur die rowers. Tensy ’n mens sê (soos sommige kerkvaders meen) dat hulle eers albei gelaster het, en dat die een daarna tot bekering gekom het.
z Mark. 15:33. Luk. 23:44. 37 Dit is, van omtrent die middag tot omtrent drie uur ná die middag, volgens ons tydrekening. Sien Matt. 20:3, Joh. 11:9 en die kanttekeninge. Sien verder Mark. 15:25, Joh. 19:14 en die kanttekeninge.

38 Dit was geen gewone sonsverduistering nie, omdat die pasga gedurende volmaan gehou is, wanneer die maan regoor die son aan die anderkant van die hemelruim staan en daarom nie die lig van die son kon verhinder nie; maar ’n bonatuurlike werk van God, wat as wonder plaasgevind het, soos die duisternis in Egipte, Ex. 10:22.

39 Sommige verstaan hierdeur slegs die Joodse land, ander die hele aarde.

a Ps. 22:2. Hebr. 5:7. 40 Hierdie woorde is ’n aanhaling uit Ps. 22:2.

41 Naamlik onder die las van u verskriklike toorn oor die sondes van die mense, sonder om My die gevoel van u guns en hulp te laat geniet, Gal. 3:13. Dit is egter geen woorde van wanhoop nie, omdat Hy nietemin volkome op Hom vertrou het, soos blyk uit die woorde my God. Sien ook hieroor Hebr. 5:7 en die kanttekeninge.

  42 Dit sê hulle spottenderwys vir Hom, omdat die woorde Eli en Elía byna dieselfde is.
b Ps. 69:22. Joh. 19:29. 43 Gr. sit dit om ’n riet. Dit het hy gedoen omdat Christus gesê het: Ek het dors, soos Joh. 19:28 getuig.
c Luk. 23:46. 44 Gr. die gees laat gaan, vgl. Joh. 10:18.
d 2 Kron. 3:14. Mark. 15:38. Luk. 23:45. 45 Dit was ’n tapyt of geborduurde kleed, wat voor die Allerheiligste gehang het, en dit van die Heilige of voorste deel van die tempel geskei het. Wat dit beteken het, word verklaar in Hebr. 10:20 en die kanttekeninge.
  46 Naamlik Jerusalem. Sien Matt. 4:5 en die kanttekening.
e Mark. 15:39. Luk. 23:47.  
f Mark. 15:40. Luk. 23:49.

g Ps. 38:12.

h Luk. 8:2.

47 Gr. Hom dienende, naamlik in sy lewe met hul besittings, Luk. 8:3.
  48 Sien oor haar Matt. 13:55.

49 Sien ook oor haar Matt. 20:20 en die kanttekening.

i Mark. 15:42. Luk. 23:50. Joh. 19:38. 50 Dit is, laat in die dag, voordat die son ondergegaan het. Want die sabbat het met die sonsondergang begin.

51 Naamlik van geboorte. Dit was ’n stad in die Joodse land, Luk. 23:51.

  52 Wat hy vir daardie doel nuut gekoop het, Mark. 15:46.
k Mark. 15:46. Luk. 23:53. 53 Waarin nog niemand tevore gelê is nie, Luk. 23:53. Dit het deur God se beskikking so gebeur, sodat hulle nie sou kon sê of dink dat iemand anders opgestaan het nie.
  54 Naamlik in vers 56 genoem en beskryf.
55 Dit is, op hul pasga self, wat toe ook die sabbatdag was.
l Matt. 16:21; 17:23; 20:19. Mark. 8:31; 10:34. Luk. 9:22; 18:33; 24:6. 56 Só belaster hierdie goddelose mense Christus nog ná sy dood.
  57 Of: misleiding.
58 Dit was die soldate wat aangestel was om die tempel buite op te pas en te bewaak. Hulle waghuis was in die burg Antonia. Sien Josephus, Oudhede.
59 Of: En hulle het gegaan en die graf verseker met die wag, nadat hulle die steen verseël het.

60 Sodat niemand dit sou durf waag om die graf sonder hul wete oop te maak nie, soos in Dan. 6:18. Dit het mede deur God se beskikking gebeur, om die opstanding van Christus des te sekerder en heerliker te maak.