Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 28

Die opstanding.

(Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12; Joh. 20:1-18.)

1

ENa 1laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die 2eerste dag 3van die week, kom 4Maria Magdaléna en die ander Maria 5om na die graf te gaan kyk.

2

En daar kom ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel 6neergedaal en gekom en die steen van die opening 7weggerol en daarop gaan sit.

3

En sy 8gedaante was soos weerlig en sy bkleding wit soos sneeu.

4

En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.

5

Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, cwant ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.

6

Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan 9soos Hy dgesê het. Kom kyk na die plek waar die 10Here gelê het;

7

en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. eDaar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.

8

fEn hulle het haastig weggegaan van die graf met 11vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.

9

En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom gJesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en 12gryp sy voete en aanbid Hom.

10

En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my 13broeders dat hulle na 14Galiléa moet gaan; en hdaar sal hulle My sien.

Die verhaal wat onder die Jode versprei is.

11

EN terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles 15wat gebeur het.

12

En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate 16baie geld gegee

13

en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.

14

En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom 17tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.

15

Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En 18hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.

Die verskyning van Jesus in Galiléa.

16

EN die 19elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg iwaar Jesus hulle 20bestel het.

17

En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het 21getwyfel.

18

En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: kAan My is gegee alle 22mag in die hemel en op aarde.

19

lGaan dan heen, 23maak dissipels van al die nasies, en doop hulle 24in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

20

mEn kyk, Ek is 25met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. 26Amen.

a Mark. 16:1. Luk. 24:1. Joh. 20:1. 1 Gr. laat van sabbatte, dit is, toe die sabbatdag verby was, soos in Mark. 16:1 verklaar word. Want die woord sabbatte in die meervoud kan ook die sabbatdag of sewende dag beteken, Matt. 12:1. Hand. 13:14.

2 Gr. een, dit is, eerste, soos verklaar word in Mark. 16:9.

3 Gr. van sabbatte. Die woord dui ook soms op die hele week, Mark. 16:9. Joh. 20:1. 1 Kor. 16:2.

4 By die twee was daar nog enkele ander, wat genoem word in Mark. 16:1. Luk. 24:10.

5 Hulle het speserye by hulle gehad, Luk. 24:1, om die liggaam van Christus te salf, Mark. 16:1.

  6 Naamlik in die gedaante van ’n jongman, Mark. 16:5.

7 Naamlik om die graf oop te maak. Nie omdat Christus dit nie self deur sy goddelike krag sou kon doen nie, maar om die egtheid van sy menslike natuur aan te dui, ook ná sy opstanding, soos ook in Joh. 11:39, 41 te sien is.

b Dan. 7:9. Hand. 1:10. 8 Dit is, aangesig.
c Mark. 16:6. Luk. 24:4.  
d Matt. 16:21; 17:23; 20:19. Mark. 8:31; 9:31; 10:34. Luk. 9:22; 18:33; 24:6. 9 Sien Matt. 26:32.

10 Dit is, die dooie liggaam van die Here, wat ook selfs ná die dood met sy goddelike natuur verenig gebly het, soos ook die siel in die hemel [met sy goddelike natuur verenig gebly het].

e Matt. 26:32. Mark. 16:7.  
f Mark. 16:8. Joh. 20:18. 11 Die vrees was vanweë menslike swakheid, omdat hulle die heerlikheid van die engel gesien het; en die blydskap vanweë die blye boodskap van Christus se opstanding.
g Mark. 16:9. Joh. 20:14. 12 Dit is, val aan sy voete neer en omhels hulle, tot ’n teken van liefde en eerbied; soos te sien is in 2 Kon. 4:27. Luk. 7:38.
h Hand. 1:3; 13:31. 1 Kor. 15:5. 13 So noem Hy sy dissipels tot hul troos, om te toon dat, hoewel hulle Hom verlaat het, sy liefde vir hulle ewenwel nie opgehou of verminder het nie. Sien Joh. 20:17.

14 Christus wou Hom veral daar openbaar, omdat Hy die meeste dissipels daar gehad het, en omdat dit daar vir hulle die veiligste was.

15 Naamlik aangaande die opstanding van Christus.
  16 Gr. voldoende geld, of: voldoende silwerstukke, dit is, silwer munte.
  17 Of: dit wysmaak, hom oorreed, dit is, deur middel van redes laat glo.
  18 Naamlik dat die dissipels Christus se liggaam gedurende die nag weggeneem het.
i Matt. 26:32. Mark. 14:28. 19 Want die twaalfde, naamlik Judas, het van hulle af weggegaan.

20 Of: beveel of verordineer het, naamlik om daar na Hom te kom.

  21 Sien meer hieroor in Luk. 24:38, 41.
k Ps. 8:7. Matt. 11:27. Luk. 10:22. Joh. 3:35; 17:2. 1 Kor. 15:27. Ef. 1:22. Hebr. 2:8. 22 Dit is, alle outoriteit en vermoë, naamlik om as Hoof van sy gemeente haar oor die hele wêreld te vergader, te regeer en te beskerm.
l Mark. 16:15. Joh. 15:16. 23 So word hierdie woord ook gebruik in Hand. 14:21. Of: onderrig alle nasies. Sien ook Mark. 16:15 se kanttekening.

24 Dit is, sodat hulle só op God se bevel geheilig mag word tot kinders en bondgenote van die ware God, van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, en daarom tot sy diens en gehoorsaamheid verplig word. Sien 1 Kor. 1:15.

m Joh. 14:18. 25 Naamlik met julle, my dissipels, en met al jul navolgers in my gemeente; en dit wat my Godheid, majesteit, genade en Gees betref. Sien Matt. 26:11 en die kanttekening.

26 Sien wat die woord beteken in Matt. 6:13, 1 Kor. 14:16 en 2 Kor. 1:20 se kanttekeninge. Dit word hier aan die einde van hierdie Evangelie, asook aan die einde van amper al die boeke van die Nuwe Testament, bygevoeg om die vastheid en sekerheid van dit wat daarin vervat is, aan te dui. Sien Joh. 21:24.

Einde van die heilige evangelie volgens (die beskrywing van) MATTHÉÜS.