Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 7

Bergpredikasie (einde). Die oordeel uit die hoogte. Die heilige vir die honde gegee. Die aanhoudende gebed. Die nou en die wye poort. Valse profete. Hoor en doen.

1

MOENIEa 1oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

2

bWant met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

3

cEn waarom sien jy die 2splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

4

Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!

5

dGeveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

6

eMoenie wat 3heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

7

4Bid, fen vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

8

gWant elkeen wat 5bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

9

Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ’n klip sal gee;

10

en as hy ’n vis vra, aan hom ’n slang sal gee?

11

As julle hwat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

12

iAlles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is 6die wet en die profete.

13

kGaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.

14

lWant die poort is nou en die pad 7is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

15

mMaar pas op vir die valse profete wat in 8skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige 9wolwe is.

16

Aan hulle 10vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

17

nSo dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 11’n slegte boom dra slegte vrugte.

18

’n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.

19

Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

20

So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

21

oNie elkeen 12wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy 13wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

22

pBaie sal 14in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie 15in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie 16kragte gedoen nie?

23

qEn dan sal Ek aan hulle 17sê: Ek het julle nooit 18geken nie. rGaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

24

sElkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

25

En die 19reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was 20op die rots.

26

tEn elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ’n dwase man wat sy huis op die 21sand gebou het.

27

En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

28

En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare 22verslae oor sy leer;

29

vwant Hy het hulle geleer soos een wat 23gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

a Luk. 6:37. Rom. 2:1. 1 Kor. 4:3, 5. 1 Naamlik ligvaardig of verkeerdelik, uit haat, nydigheid of ongegronde agterdog nie. ’n Opregte oordeel oor sake waarvan ’n mens ware kennis het, as dit tot ’n goeie resultaat lei, sowel in die gereg as daarbuite, is egter nie net geoorloof nie, maar ook gebied. Sien 2 Kron. 19:6. Joh. 7:24. 1 Kor. 5:12.
b Mark. 4:24. Luk. 6:38.  
c Luk. 6:41, 42. 2 Dit is, klein of geringe gebreke, soos deur die balk groot en growwe gebreke verstaan word.
d Spr. 18:17.  
e Spr. 9:8; 23:9. 3 Iets is heilig as dit van die algemene gebruik afgesonder is, en daardeur word hier die verkondiging van die evangelie, of die vermaninge en vertroostinge uit die Woord van God, asook die bediening van die heilige sakramente verstaan, wat vanweë hul waardigheid hier ook pêrels genoem word, wat nie aan mense wat hardnekkige en moedswillige spotters is, wat vergelyk word met honde en varke, voorgehou moet word nie, Spr. 9:8. 1 Kor. 10:21. Filip. 3:2.
f Matt. 21:22. Mark. 11:24. Luk. 11:9. Joh. 14:13; 16:24. Jak. 1:5, 6. 1 Joh. 3:22; 5:14. 4 Deur die gebruik van die woorde bid, soek en klop vermaan Christus ons met erns om gedurig aan te hou in gebed. Sien ook Rom. 12:12. 1 Thess. 5:17.
g Spr. 8:17. Jer. 29:12. 5 Naamlik in die geloof en volgens God se wil, Jak. 1:6. 1 Joh. 5:14.
h Gén. 6:5; 8:21.  
i Luk. 6:31. 6 Dit is, die samevatting van alles wat die wet en die profete (as die verklaarders van die wet) leer aangaande die tweede tafel van die tien gebooie, van die liefde tot die naaste, Matt. 22:39.
k Luk. 13:24.  
l Hand. 14:22. 7 Dit is, nie net ten opsigte van die nougesette gehoorsaamheid wat God van ons eis nie, maar ook omdat dit vol verdrukking en swarigheid is. Sien Hand. 14:22.
m Deut. 13:3. Jer. 23:16. Matt. 24:4. Rom. 16:17. Ef. 5:6. Kol. 2:8. 1 Joh. 4:1. 8 Dit is, met ’n mooi uiterlike skyn.

9 Dit is, verleiers en sielemoordenaars, Joh. 10:1, 8. Hand. 20:29.

  10 Deur hierdie vrugte word nie soseer die lewenswandel verstaan nie, wat vir ’n tyd bedrieglik kan wees, maar wel die leer wat aan die Woord van God getoets moet word, 1 Joh. 4:1.
n Matt. 3:10; 12:33. Mark. 11:13. Luk. 3:8. 11 Gr. ’n verrotte boom.
o Matt. 25:11. Luk. 6:46; 13:25. Hand. 19:13. Rom. 2:13. Jak. 1:22. 12 Dit is, wat baie en ydellik roem van Christus en sy leer.

13 Dit is, wat waarlik in Christus glo, Joh. 6:40, en sy lewe volgens God se gebooie inrig, 1 Thess. 4:3.

p Jer. 14:14; 27:15. Luk. 13:26. 14 Naamlik op die dag van die laaste oordeel, Matt. 24:36.

15 Dit is, deur u bevel en krag, as u dienaars, en tot verbreiding van u eer.

16 Dit is, wonderwerke, 1 Kor. 12:10, omdat dit deur die krag van God plaasvind.

q Ps. 6:9. Matt. 25:12. Luk. 13:25, 27.

r Matt. 25:41. Luk. 13:25, 27.

17 Gr. bely.

18 Naamlik as Myne nie. Sien Joh. 10:14. 2 Tim. 2:19.

s Jer. 17:8. Luk. 6:47. Rom. 2:13. Jak. 1:25.  
  19 Deur reën, waterstrome en winde word allerhande vervolginge, verleidinge en versoekinge verstaan, waardeur mense tot afvalligheid gebring kan word.

20 Hierdie rots beteken Christus, 1 Petr. 2:6.

t Eség. 13:11. Rom. 2:13. Jak. 1:23. 21 Deur die sand word alles verstaan wat die mense buite Christus as ’n fondament vir hul saligheid stel, Hand. 4:12.
  22 Of: verbyster, verbaas met verwondering en beroering in hul gemoed.
v Mark. 1:22; 6:2. Luk. 4:32. 23 Dit is, met goddelike outoriteit, en met ’n besondere oortuigingsvermoë en vrymoedigheid. Sien Luk. 4:22. Joh. 7:45, 46.