Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 8

Die genesing van ’n melaatse.

(Mark. 1:40-45; Luk. 5:12-14.)

1

EN toe Hy van die 1berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg;

2

aen daar het ’n 2melaatse man gekom en 3voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.

3

Daarop steek Jesus die hand uit en 4raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.

4

En Jesus sê vir hom: Pas op dat jy dit aan 5niemand vertel nie, maar bgaan 6vertoon jou aan die priester en offer die gawe wat cMoses 7voorgeskrywe het, tot 8’n getuienis vir hulle.

Die hoofman van Kapérnaüm.

(Luk. 7:1-10.)

5

dEN nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ’n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom

6

en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne.

7

Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.

8

En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar espreek net ’n woord, en my kneg sal gesond word.

9

Want ek is ook ’n man 9onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ’n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

10

Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek 10so ’n groot geloof nie gevind nie.

11

fMaar Ek sê vir julle dat baie sal kom 11van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.

12

gMaar die 12kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die 13buitenste duisternis. hDaar sal geween wees en gekners van die tande.

13

Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur.

Die skoonmoeder van Petrus.

(Mark. 1:29-34; Luk. 4:38-41.)

14

iEN toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy sy 14skoonmoeder siek 15lê aan die koors.

15

En Hy het haar hand aangeraak, en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en 16hulle bedien.

16

En toe dit 17aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste 18met ’n woord uitgedrywe; en 19almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak,

17

sodat vervul sou word wat gespreek is deur 20Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: kHy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.

Hoe Jesus gevolg moet word.

(Luk. 9:57 vv.)

18

EN toe Jesus groot menigtes rondom Hom sien, het Hy bevel gegee om te vertrek 21na die oorkant.

19

lEn ’n sekere skrifgeleerde het gekom en vir Hom gesê: 22Meester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan.

20

En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die 23hemel 24neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.

21

En ’n ander een van sy dissipels het vir Hom gesê: Here, laat my toe om eers te gaan en my vader te begrawe.

22

Maar Jesus sê vir hom: Volg My, en mlaat 25die dooies hul eie dooies begrawe.

Jesus maak die storm stil.

(Mark. 4:35-41; Luk. 8:22-25.)

23

nEN toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg.

24

En daar het ’n groot 26storm op die see 27gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap.

25

Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!

26

En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? oToe staan Hy op en 28bestraf die winde en die see, en daar het ’n groot 29stilte gekom.

27

En die 30manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir ’n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?

Die besetene van Gádara.

(Mark. 5:1-20; Luk. 8:26-39.)

28

pEN toe Hy aan die oorkant kom, in die land 31van die Gergeséners, het twee duiwelbesetenes Hom ontmoet, wat uit die 32grafte uitgekom het en baie kwaai was, sodat niemand met daardie pad kon verbygaan nie.

29

En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God? Het U hier gekom om ons 33voor die tyd te pynig?

30

En ver van hulle af het ’n groot trop 34varke gewei.

31

En die duiwels het Hom gesmeek en gesê: As U ons uitdryf, laat ons toe om in die trop varke te vaar.

32

En Hy sê vir hulle: Gaan! Toe gaan hulle uit en vaar in die trop varke in; en daar storm die hele trop varke van die krans af die see in en kom in die water om.

33

En die wagters het gevlug; en toe hulle in die stad kom, het hulle alles vertel, ook wat met die besetenes gebeur het.

34

En kyk, die hele stad het uitgekom, Jesus tegemoet; en toe hulle Hom sien, qsmeek hulle dat Hy uit hulle gebied moet weggaan.

1 Naamlik, die berg waarop Hy geklim het om te preek, Matt. 5:1.
a Mark. 1:40. Luk. 5:12. 2 Melaatsheid was in daardie warm lande ’n baie wrede en vuil siekte of skurfheid, wat ontstaan het weens besmette bloed in ’n persoon, en dit was ’n plaag wat nie net mense nie, maar ook klere en huise besmet het. Sien Levítikus 13; 14.

3 Of: Hom aanbid.

  4 Naamlik om hom te genees. Anders was diegene wat die melaatse aangeraak het, volgens die wet onrein, Lev. 13:46.
b Luk. 5:14.

c Lev. 13:2; 14:2.

5 Sien Matt. 12:16, ens. vir die rede hiervoor.

6 Naamlik om deur hom beskou of ondersoek te word, om te bepaal of hy werklik gereinig was. Sien Lev. 14:2. Hieruit kan die Roomse bieg nie bewys word nie, aangesien Christus hom nie stuur om gereinig te word nie, maar om te laat verklaar dat hy gereinig is.

7 Of: beveel, of: gebied, ingestel het. Sien Lev. 14:4, ens.

8 Of: oortuiging, naamlik dat hulle verkeerd gehandel het deur Christus te verwerp, van wie se wonders hulle self getuienis gegee het.

d Luk. 7:1.
e Ps. 107:20.  
  9 Dit is, indien ek, wat onder die gesag van ander staan, so ’n gesag het oor diegene wat onder my staan wat ook mense soos ek is, hoeveel te meer moet alle dinge onder u bevel staan, wat Here oor alles is.
  10 Naamlik soos by hierdie heidense hoofman.
f Luk. 13:29. 11 Gr. van die opgang en die ondergang, naamlik van die son, dit is, uit alle gewestes van die wêreld; waarmee die roeping, bekering en saligheid van die heidene vooruit aangekondig word, Joh. 11:52.
g Matt. 21:43.

h Matt. 13:42; 22:13; 24:51. Luk. 13:28.

12 Dit is, die Jode met wie God wel ’n uiterlike verbond gesluit het, maar wat dit hulleself onwaardig gemaak het deur hul ongeloof. Sien Hand. 13:46.

13 Dit is, wat buite die koninkryk van die hemele is, naamlik in die hel.

i Mark. 1:29. Luk. 4:38. 14 Waaruit blyk dat die apostel Petrus getroud was, en nie sy vrou verlaat het nadat hy apostel geword het nie. Sien ook 1 Kor. 9:5.

15 Gr. gewerp.

  16 Anders: Hom.
  17 Of: laat.

18 Dit is, slegs deur sy bevel.

19 Naamlik wat na Hom gekom het of gebring was. Sien Matt. 4:24.

k Jes. 53:4. 1 Petr. 2:24. 20 In Jes. 53:4 word vernaamlik ons geestelike krankhede en siektes verstaan, dit is, ons sondes, wat Christus van ons op Hom geneem het, om daarvoor te voldoen en ons daarvan te verlos. Hy het dit ook duidelik gemaak met die genesing van liggaamlike siektes.
21 Naamlik van die see van Galiléa, na die land van die Gergeséners, teenoor Kapérnaüm. Sien verse 5, 28.
l Luk. 9:57. 22 Of: Leraar.
23 Dit is, van die lug, soos in Matt. 6:26.

24 Of: rusplekke, waar hulle as ’t ware onder ’n tent rus, wat die Griekse woord eintlik beteken.

m 1 Tim. 5:6. 25 Wie in hul sondes lewe, word geestelik dood genoem, 1 Tim. 5:6. Openb. 3:1.
n Mark. 4:35. Luk. 8:22.
26 Of: beweging, beroering.

27 Gr. geword.

o Job 26:12. Ps. 107:29. Jes. 51:10. 28 Hy beveel hulle om stil te wees. Sien Mark. 4:39.

29 Of: kalmte.

  30 Gr. mense.
p Mark. 5:1. Luk. 8:26. 31 Mark. 5:1. Luk. 8:26 sê: van die Gadaréners. Want die stede Gádara en Gergesa het by mekaar teen die see van Galiléa teenoor Kapérnaüm gelê.

32 Die grafte daar was dikwels in spelonke, gate of kelders, buite die stede, soos te sien is in Matt. 27:60.

  33 Naamlik deur God bestem tot hul pyniging; wat in die laaste oordeel sal wees. Sien 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6.
  34 Hierdie plekke was deur baie Grieke of heidene bewoon, vir wie se gebruik die varke hier gewei het. Want die Jode was verbied om varkvleis te eet. Sien Levítikus 11.
q Hand. 16:39.