Statevertaling – Bybelstigting
Die verlamde man in Kapérnaüm.
(Mark. 2:3-12; Luk. 5:18-26.)
EN nadat Hy in die skuit geklim het, het Hy oorgevaar en in 1sy eie stad gekom.
aEn hulle het ’n verlamde man wat op ’n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus 2hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, 3hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.
En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: bHierdie man praat 4godslasterlik.
En toe Jesus 5merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?
Want wat is 6makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en loop?
Maar dat julle kan weet dat die 7Seun van die mens 8mag het om op aarde sondes te vergewe — toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
En hy het opgestaan en 9huis toe gegaan.
En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so ’n mag aan die mense gegee het.
Roeping van Matthéüs.
(Mark. 2:14-17; Luk. 5:27-32.)
cEN toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam van 10Matthéüs by 11die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.
En terwyl Hy in die huis 12aan tafel was, het daar baie tollenaars en 13sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan.
En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars?
Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat 14gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat 15ongesteld is.
Maar gaan leer wat dit beteken: dEk wil barmhartigheid hê en 16nie offerande nie; ewant Ek het nie gekom om 17regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Die wat vas, en die wat nie vas nie.
(Mark. 2:18-22; Luk. 5:33-38.)
fDAARNA kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie?
En Jesus sê vir hulle: Kan gdie 18bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.
19En niemand sit ’n 20nuwe stuk lap op ’n ou kleed nie; want die 21aangelapte stuk 22skeur van die kleed af en daar kom ’n erger skeur.
h’n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders 23bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ’n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.
Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het. Die dogtertjie van Jaïrus.
(Mark. 5:22-43 en ooreenk. pl.)
TERWYL Hy vir hulle dit sê, ikom daar ’n sekere 24owerste en 25val voor Hom neer en sê: My dogter het nou net gesterwe, maar kom en lê u hand op haar, en sy sal 26lewe.
En Jesus het opgestaan en hom gevolg, en ook sy dissipels.
kEn daar het ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, 27van agter gekom en die soom van sy kleed aangeraak.
Want sy het by haarself gesê: As ek maar net 28sy kleed kan aanraak, sal ek 29gesond word.
En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: lHou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af.
mEn toe Jesus in die huis van die owerste kom en 30die fluitspelers sien, en die skare wat te kere gaan,
sê Hy vir hulle: Gaan weg, want die dogtertjie is 31nie dood nie, maar sy nslaap. En hulle het Hom uitgelag.
En nadat die skare uitgedryf was, het Hy ingegaan en haar hand gegryp; en die dogtertjie 32het opgestaan.
En die gerug hiervan het deur daardie hele land versprei.
Twee blindes en ’n stomme gesond gemaak.
EN toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sê: Wees ons barmhartig, 33Seun van Dawid!
En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.
Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.
En hulle oë het 34oopgegaan. oEn Jesus het hulle 35skerp aangespreek en gesê: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie.
pMaar hulle het heengegaan en Hom in daardie hele land bekend gemaak.
qEn terwyl hulle weggaan, bring die mense ’n 36stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe.
En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie!
Maar die Fariseërs het gesê: rDeur die 37owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.
Die oes en die arbeiders.
sEN Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en 38elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
tEn toe Hy die skare sien, het Hy 39innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle 40moeg en 41uitgeput was, vsoos skape wat geen herder het nie.
Toe sê Hy vir sy dissipels: xDie oes is wel 42groot, maar die arbeiders min.
yBid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag 43uitstuur.
| 1 Naamlik Kapérnaüm, waar Hy gaan woon het. Sien Matt. 4:13. Mark. 2:1. |
| a Mark. 2:3. Luk. 5:18. Hand. 9:33. | 2 Naamlik van die verlamde, asook van diegene wat hom gebring het.
3 Of: vertrou. |
| b Ps. 32:5. Jes. 43:25. | 4 Naamlik teenoor God, aangesien Jesus aan Homself toeskryf wat God alleen toekom. Die Griekse woord beteken eintlik om iemand se goeie naam te kwets, te skend of skade aan te doen. Sien Jes. 43:25; 44:22. |
| 5 Dit is, die oordenkings van hul gemoed bespeur. Gr. sien. |
| 6 Want albei is ewe moeilik en die eie werke van God. |
| 7 So noem Christus Homself, omdat Hy as die Seun van God, ook waaragtig mens uit die mense is en onder hierdie titel beloof was, Dan. 7:13, asook omdat Hy in ’n nederige staat onder die mense was, Eség. 1:26 se kanttekening. Filip. 2:7, 8.
8 Naamlik omdat Hy in een persoon ook waarlik God is, Hand. 20:28 se kanttekening. |
| 9 Naamlik nadat hy sy bed opgeneem het; soos in Mark. 2:12. Luk. 5:25 te sien is. |
| c Mark. 2:14. Luk. 5:27. | 10 Hy was ook Levi genoem, sien Mark. 2:14. Luk. 5:27, en dit is hy wat hierdie Evangelie geskryf het.
11 Naamlik om die tolgeld te ontvang. Want hy was ’n tollenaar, Matt. 10:3. |
| 12 Sien oor die manier van aansit Joh. 13:23 se kanttekening.
13 Dit is, metgeselle van die tollenaars, wat deur die Jode as groot sondaars beskou is, of in openbare sondes geleef het. |
| 14 Gr. sterk.
15 Gr. wat sleg of kwalik gesteld is. |
| d Hos. 6:6. Miga 6:8. Matt. 12:7.
e Mark. 2:17. Luk. 5:32; 19:10. 1 Tim. 1:15. |
16 Verstaan hier: Ek wil nie offerande hê nie, dit is, Ek het meer welgevalle in die werke van barmhartigheid, waaronder ook die ywer om iemand te bekeer vernaamlik verstaan word, eerder as in offerande.
17 Omdat daar nie regverdiges is nie, hoewel die Fariseërs hulle voorgedoen het as regverdiges, Luk. 18:9. |
| f Mark. 2:18. Luk. 5:33. |
| g 2 Kor. 11:2. | 18 Gr. die seuns, dit is, kinders van die bruilofskamer, wat ’n mens vriende noem. Sien Rig. 14:11. Hulle word vriende van die bruidegom genoem, Joh. 3:29. |
| 19 Christus wil met hierdie en die volgende gelykenis te kenne gee, dat sy dissipels nog teer en swak was.
20 Of: ongebruikte, onvoorbereide, onbewerkte; soos in Luk. 5:36. 21 Gr. opvulling. 22 Of: skeur ’n stuk af. |
| h Mark. 2:22. | 23 Of: skeur. |
| i Mark. 5:22. Luk. 8:41. | 24 Naamlik van die sinagoge, met die naam Jaïrus. Sien Mark. 5:22. Luk. 8:41.
25 Gr. aanbid Hom. 26 Dit is, weer lewend word. |
| k Lev. 15:25. Mark. 5:25. Luk. 8:43. | 27 Omdat sy nie haar siekte durf bekendmaak nie. |
| 28 Sy het hierdie krag van gesondmaking nie aan die kleed toegeskryf nie, maar aan Jesus Christus self, wat daar teenwoordig was, soos blyk uit die volgende vers en uit Mark. 5:30. Luk. 8:46. Sien dergelike in Matt. 14:36.
29 Gr. verlos, of behou. |
| l Mark. 5:34. Luk. 8:48. |
| m Mark. 5:38. Luk. 8:51. | 30 Wat met treurige gefluit die mense tot ween en weeklag oor die gestorwene probeer aanspoor. ’n Gebruik wat die Jode aan die heidene ontleen het. |
| n Joh. 11:11. | 31 Naamlik om dood te bly, omdat Christus Hom voorgeneem het om haar op te wek. In ander opsigte word die dood vir die gelowige geen dood genoem nie, maar ’n slaap met betrekking tot die algemene opstanding uit die dode, Joh. 11:11. |
| 32 Gr. is opgewek, naamlik uit die dood. |
| 33 Die Messías was as ’n Seun van Dawid bekend, omdat Hy uit die geslag van Dawid sou voortkom, volgens die belofte aan Dawid. Sien Matt. 1:1. |
| o Matt. 12:16. Luk. 5:14. | 34 Gr. is geopen.
35 Gr. gedreig met ’n ernstige beweging van die gemoed. |
| p Mark. 7:36. |
| q Matt. 12:22. Luk. 11:14. | 36 Waarvan die duiwel, waarmee hy besete was, die spraak weggeneem het. |
| r Matt. 12:24. Mark. 3:22. Luk. 11:15. | 37 Hy word in Matt. 10:25; 12:27 Beëlsebul genoem. Want ook onder die onrein geeste is daar een wat oor die ander heerskappy voer. Sien Matt. 25:41. |
| s Mark. 6:6. Luk. 13:22. | 38 Dit is, allerlei. Sien Matt. 4:23. |
| t Mark. 6:34.
v Jer. 23:1. Eség. 34:2. |
39 Gr. in sy ingewande beroer.
40 Gr. los of ontbind. 41 Of: verstrooi. |
| x Luk. 10:2. Joh. 4:35. | 42 Gr. baie. |
| y 2 Thess. 3:1. | 43 Gr. uitwerp, dit is, nadat Hy hulle deur die krag van sy Gees gewillig en bekwaam gemaak het. |