Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 10

Die boek uit die hemel word deur Johannes geëet.

1

EN ek het 1’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, 2bekleed met ’n wolk, en 3’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos adie son, en sy voete soos bpilare van vuur;

2

en in sy hand het hy ’n 4geopende boekie gehad, en hy het 5sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land;

3

en hy het met 6’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, 7het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

4

En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ’n stem uit die hemel vir my hoor sê: c8Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, 9en skryf dit nie op nie.

5

dEn die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, 10het sy hand na die hemel opgehef,

6

en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, edat daar 11geen tyd meer sal wees nie;

7

maar 12in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, 13dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.

8

En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, 14neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.

9

En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: fNeem en 15eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.

10

Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en 16in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.

11

En hy het vir my gesê: 17Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.

a Matt. 17:2.

b Openb. 1:15.

1 Sommige meen dat dit die engel Gabriël was, omdat sy naam God is my sterkte beteken; die meeste ander verklaarders verstaan egter deur hierdie engel die Here Christus self, wat hier in ’n gesig verskyn asof Hy uit die hemel neerdaal, tot troos van sy gemeente, nie in sy eie menslike natuur nie, wat die hemel moet behou tot die wederoprigting van alle dinge, Hand. 3:21, maar ten opsigte van sy werking, wat in hierdie gesig gepas uitgedruk word, soos in Openb. 1:13, 15 gedeeltelik verklaar is; en soos Hy van sy gedurige teenwoordigheid in sy gemeente spreek, Matt. 18:20; 28:20. Want tevore het Hy in die gedaante van ’n lam en van ’n priester van die hemel aan die apostel verskyn, omdat Hy as Middelaar en Voorbidder by die Vader, in die voorgaande gesigte, beskou is. Maar van nou af word Hy soms as ’n sterk Engel of Boodskapper van sy Vader in sy heerlikheid geopenbaar; soms as Koning van die konings en Oorwinnaar oor alles; soms as die Bruidegom van sy gemeente, omdat Hy in die vervolg as ’n Uitvoerder van God se besluite oor sy gemeente of oor die vyande daarvan, voorgestel word.

2 Naamlik tot ’n teken van sy majesteit, soos Hy in die wolkkolom voor die leërskare van die Israeliete uitgetrek het, Ex. 13:21, ens., en in die tempel verskyn het, 2 Kron. 5:13; 7:1, en op die laaste dag ook met die wolke sal kom as Regter oor almal, soos voorheen getuig is in Openb. 1:7.

3 Sien oor hierdie en ander eienskappe wat hierna volg, Openb. 1:15, 16; 4:3 en die kanttekeninge.

4 Sommige verstaan hierdeur dieselfde boek van die voorsienigheid van God wat tevore met seëls verseël was, wat nou oop is in die hand van Christus, omdat niemand in die hemel of op die aarde dit kon oopmaak nie, behalwe die Lam wat geslag is, soos getuig is in Openb. 5:3. Hier word dit ’n boekie genoem, omdat ’n groot deel daarvan tevore geopenbaar was, en dat daar nou nog net ’n deel oor was om te openbaar. Ander verstaan dit as die boek van die evangelie, wat in die tyd toe die Antichris op sy hoogste was, soos ’n geslote boek vir die gemeente was, maar vanaf die tyd toe die Turke die Christendom aangeval het, soos in die voorgaande hoofstuk aangeteken is, is dit weer deur sommige besondere manne van God meer en meer aan die gemeente geopenbaar en was dit duideliker voorgehou.

5 Naamlik tot ’n teken dat Hy van nou af en voortaan openlik gebruik en besit geneem het van aarde en see, van die vasteland en die eilande, om sy waarheid en leer op beide weer voort te plant.

6 Naamlik wat niemand sou kon verhinder om gehoor te word nie.

7 Naamlik om enkele verborgenhede of voorsegginge van toekomende dinge bekend te maak. Want hierdie donderslae het nie net ’n geluid gemaak nie, maar het met ’n sprekende stem gepaardgegaan, soos uit die volgende vers blyk. Sien dergelike in Openb. 1:10, 11.

c Dan. 8:26; 12:4. 8 Dergelike verbod is te lees in Dan. 8:26; 12:4, waardeur die gewigtigheid van die dinge wat die donderslae uitgespreek het, te kenne gegee word, wat veel meer deur die uitkoms, as deur die voorsegginge daarvan in die gemeente, bekend moes word.

9 Sommige manuskripte het: en jy sal dit daarna opskryf; en daarom meen sommige dat dit wat hier verseël word, hierna eers in hfst. 14 beskryf sou word; veral omdat in Openb. 1:1 getuig word dat hierdie openbaring aan Christus Jesus gegee is om dit aan sy diensknegte bekend te maak, nie om dit te verswyg nie. Sien ook Openb. 22:10.

d Dan. 12:7. 10 Naamlik volgens die gebruiklike optrede tydens eedswering. Sien Gén. 14:22. Dan. 12:7. Ja, God self spreek ook so in Ex. 6:7.
e Openb. 11:15. 11 Naamlik ná die basuin van die sewende engel, soos die volgende vers verklaar; wat sommige verstaan as die tyd wat deur die loop van die hemel in dae, maande en jare gemeet word; welke tyd met die einde van die wêreld sal eindig. Ander verstaan dit as die tyd van bekering, wat die mense ná hierdie tyd nie meer gegun sal word nie; dit word daarom hier met so ’n eed deur die Engel bevestig, sodat die mense nou met erns daarop sou let. Nog ander verstaan dit ook gepas as die tyd van die vervolging en verdrukking van God se gemeente deur die Antichris en die wêreld; en dat die Engel om die rede dit so beëdig, om die gemeente daarvan te verseker en daardeur te troos, soos Christus ook doen in Luk. 21:28.
12 Dit sal, volgens die mening van baie, die stem van die aartsengel op die laaste dag wees, waarna die opstanding van die dode en die laaste oordeel sal volg, met die volle verlossing en verheerliking van die gemeente van Christus, 1 Kor. 15:52. 1 Thess. 4:16.

13 Baie verstaan dit, soos tevore verklaar is, as alles wat die gemeente van Christus sou oorkom in hierdie wêreld, en as alles wat deur die profete vooruit aangekondig is, wat met hierdie basuin sal eindig. Ander meen, soos ook deur die profete vooruit aangekondig is dat die huis van Jakob tot die Here bekeer sal word, dat die hele gemeente van Christus, bestaande uit Jode en heidene, nog oor al hul vyande, selfs in hierdie wêreld, sal triomfeer, en verstaan hierdie woorde só dat dit nog aan die begin van hierdie basuin sal gebeur, en dat Christus eers daarna sal verskyn, om die oordeel uit te spreek oor alle vlees. Hierdie mening kom egter nie ooreen met dit wat deurlopend in die Skrif gesê word van die toestand van die gemeente van Christus op hierdie aarde nie, omdat die gemeente van Christus nêrens enige vaste rus in hierdie wêreld beloof word nie, maar ’n gedurige stryd teen haar vyande, selfs ook wanneer die Jode tot Christus bekeer sal word, welke bekering sommige onder die sesde basuin stel. Hiervan sal egter in Openbaring 20 breedvoeriger gespreek word.

14 Naamlik waarvan in die tweede vers gespreek is; sien ook die kanttekening daar.
f Eség. 3:1. 15 Hierdie woorde is geneem uit Eség. 3:1, waar dieselfde met die profeet gebeur. Daardeur word bedoel dat hy hierdie boek deeglik moes oorsien, oordink, verstaan en herkou.
16 Hierdeur word te kenne gegee dat die kennis van die verborgenhede van God wel aangenaam en welbehaaglik is, maar dat die werkinge wat daarop volg, vir die kinders van God dikwels swaar en bitter is, soos die verloëning van onsself, en die verdrukkinge en vervolginge wat hul daaruit oorkom. Ook die strawwe self waarmee die vervolgers gedreig word, is dikwels bitter en hartseer om aan te hoor vir die kinders van God, soos Eségiël in hfst. 3:15 in sy gemoed bedroef is, as hy kla oor die hardnekkigheid van die Jode teen sy prediking, en Paulus oor die hardnekkigheid van die Jode van sy tyd, Rom. 9:2.
17 Dit word deur sommige as Johannes verstaan, wat weer uit sy ballingskap vrygelaat sou word om die evangelie oral vrylik te kan verkondig. Aangesien hier egter van profeteer gespreek word onder die sesde basuin, verstaan ander dit meer gepas as ’n voorsegging wat deur die persoon van Johannes tot die leraars van alle geslagte geskied, wat in die tyd van die sesde basuin weer te voorskyn sou kom, en die evangelie uit die verdrukking en duisternis van die antichristendom gaandeweg duidelik aan die lig sal bring, soos in die volgende hoofstuk nader verklaar sal word, waarvan hierdie hoofstuk ’n voorbereiding is.