Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 15

Sewe engele en sewe skale, of die laaste plae.

1

EN1 ek het ’n ander teken in die hemel gesien, 2groot en wonderlik: 3sewe engele met a4die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.

2

En ek het gesien iets bsoos ’n 5see van glas, gemeng met vuur. En 6die oorwinnaars oor die dier en 7oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien 8staan, met 9siters van God.

3

En hulle het 10die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en 11die lied van die Lam, en gesê: c12Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; dregverdig en waaragtig is 13u weë, o Koning van die heiliges!

4

eWie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want 14al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat 15u regverdige dade openbaar geword het.

5

En 16ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, 17fdie tempel van die tent van die getuienis in die hemel 18is geopen.

6

En die sewe engele met 19die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed 20met rein, blink linne, en om die bors g21omgord met goue gordels.

7

En 22een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele 23sewe goue skale gegee, 24vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.

8

En 25die tempel het hvol 26rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en 27niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

a Openb. 11:14. 1 Soos in die twee voorgaande hoofstukke breedvoerig oor die opkoms, verleiding en tirannie van die Antichris gehandel is, so kom die Heilige Gees nou in enkele hoofstukke wat volg, en beskryf, tot troos van die gelowiges, die strawwe en plae wat die Antichris en sy ganse ryk sal oorkom, totdat hy uiteindelik heeltemal uitgeroei sal wees; waarvan die gesig wat in hierdie hoofstuk saamgevat is, net ’n voorbereiding is.

2 Dit is, wat groot en wonderlike dinge beteken.

3 Of hierdie sewe engele dieselfde sewe engele was wat meermale tevore genoem is, is onseker. Maar dit is seker dat hulle die instrumente was, waardeur God sy oordele oor die antichristendom gedeeltelik uitgevoer het, en gedeeltelik nog sal uitvoer, soos in die volgende hoofstuk nader verklaar sal word.

4 Dit is, die mag oor die sewe laaste plae, naamlik wat God in hierdie wêreld oor die volgelinge van die Antichris sal laat kom. Want ná die laaste oordeel sal die toorn van God oor hulle en al die goddeloses in alle ewigheid bly, soos voorheen in Openb. 14:10, 11 getuig is, en hierna in Openb. 19:3; 20:10 ook getuig word. Sien ook Matt. 25:46. Joh. 3:36.

b Openb. 4:6. 5 Soos hierdie volgende geskiedenis in sy geheel wys op die verlossing van die kinders van Israel uit Egipte, asook op die straf van Farao en van die Egiptenaars in die Rooi See, en uiteindelik op die loflied wat Moses saam met die kinders van Israel, toe hulle op die oewer van die Rooi See gestaan het, oor hul verlossing en oor die straf van die Egiptenaars, gesing het, so moet hierdie see van glas, gemeng met vuur, ook vergelyk word met die Rooi See, waarin die Egiptenaars vergaan en waardeur die Israeliete verlos is. Die see is dan die velerlei volke wat onder die bygelowige regering van die Antichris staan, soos die engel self hierna in Openb. 17:1, 15 verklaar, wat soos ’n see gedurig in hul bygelowigheid woel en versmoor, en probeer om die ware gelowiges daarin saam met hulle te oorweldig; wat met vuur gemeng is, vanweë hul wreedheid en blinde ywer in die vervolging van hulle, en in die oë van die Here deursigtig is soos glas, voor wie al hul dade naak en openbaar is, wat sy gelowiges ewenwel dwarsdeur al hierdie gewoel en gevaar oorbring na die oewer van die saligheid, soos Moses, onder die skaduwee van die Engel van God, vir die volk van Israel gedoen het. Sien ook voorheen in Openb. 4:6.

6 Dit is, die ware gelowiges, wat die dier geestelik oorwin het, soos hulle na die liggaam versoek, vervolg en menigmaal ook gedood was, so het hulle altyd in die geloof bly volhard.

7 Sien hieroor en oor dit wat volg Openb. 13:14, ens.

8 Dit is, noudat hulle die gevare ontkom en in veiligheid gekom het, soos die Israeliete, toe hulle deur die Rooi See by die ander oewer gekom het, van alle sorg vry was, Ex. 15:1, ens.

9 Dit is, mooi en voortreflik, soos hierdie spreekwyse gebruiklik is by die Hebreërs, sien Gén. 23:6. Ps. 36:7, en dus bekwaam om God se lof daarop te speel en te sing.

c Ps. 111:2; 139:14.

d Ps. 145:17.

10 Dit is, waardeur Moses God vir die verlossing van sy volk gedank het, wat in Ex. 15:1, ens., beskryf word.

11 Dit is, wat ter ere van Jesus Christus, die Lam van God, deur die gelowiges gesing word, vanweë die geestelike verlossing wat deur Hom verwerf is, waarvan ’n voorbeeld beskryf word in Openb. 5:9, 10; 12:10, 11.

12 Die woorde van hierdie loflied is vir die grootste gedeelte bymekaargevoeg uit sommige tekste van die Ou Testament, soos Ps. 25:10; 86:8, 10. Jer. 10:7.

13 Dit is, u raadslae en werkswyse, hoewel die mense dit nie altyd verstaan nie. Sien Rom. 11:33.

e Jer. 10:7. 14 Dit is, die uitverkorenes uit al die nasies. Sien Openb. 5:9, 10.

15 Of: oordele; naamlik teen die Antichris en sy volgelinge. Oor die uitvoering van hierdie regverdige dade sal in die twee volgende hoofstukke breedvoeriger gespreek word.

f Openb. 11:19. 16 Naamlik ná die loflied van die gelowiges oor God se toekomende oordele. Die nadere voorbereiding tot uitvoering van God se oordele word in die volgende verse verklaar.

17 Sommige meen dat die tempel hier so genoem word omdat dit volgens die voorbeeld van die tent van die getuienis gemaak was. Hier kan die Griekse woord naos, dit is, tempel, egter meer gepas verstaan word as die binneste deel van die tent van die getuienis, dit is, die Allerheiligste, soos hierdie woord ook soms gebruik word, Ps. 28:2, wat ooreenkom met die binneste deel van die hemel, waar God sy troon het, en waar rondom die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens saam met die heilige engele staan; soos voorheen, en in die besonder in die vierde hfst. verklaar is. Dit is soos die regbank van God in sy hemelse vergadering, waar die oordele van God uitgespreek, en die engele beveel word om dit uit te voer, soos die vervolg meebring.

18 Naamlik om die oordeel, of die vonnis van God oor die Antichris met sy volgelinge, te openbaar en uit te voer. ’n Beeld geneem van koninklike trone en regbanke, wat geopen word wanneer die vonnisse uitgespreek sal word.

g Openb. 1:13. 19 Dit is, die mag en die bevel oor die uitvoering van die sewe plae, soos voorheen in vers 1.

20 Naamlik om die suiwerheid en regverdigheid, nie net van hul persone nie, maar ook van God se oordele, waarvan hulle die uitvoerders was, aan te dui.

21 Naamlik om hulle vaardigheid, standvastigheid en wakkerheid in die uitvoering van God se oordele uit te druk; volgens die gewoonte van die volke in die ooste, wat hulle met breë gordels omgord het, wanneer hulle iets swaars sou aanpak of uitvoer. Sien Luk. 12:35 se kanttekening. Ef. 6:14.

22 Naamlik wat voorheen die allernaaste aan die troon van God geplaas is, saam met die vier-en-twintig ouderlinge, en wat die hele gemeente van Christus verteenwoordig het, op wie se begeerte en tot wie se wraak hierdie strawwe oor die antichristendom uitgestort word. Sien Openb. 4:6.

23 Hierdie skale was soorte drinkbakke, nie baie diep nie, en het gewoonlik soveel gehou as wat iemand op een slag kon uitdrink.

24 Dit is, van die wyn uit die drinkbeker van die toorn van God, sien daaroor Openb. 14:10.

h Ex. 40:34. 1 Kon. 8:10. Jes. 6:4. 25 Hier word verwys na dit wat in die tabernakel gebeur het, Ex. 40:34, wat tydens sy inwyding oorskadu is met ’n wolk van God se heerlikheid, sodat Moses nie daar kon ingaan nie; soos ook gebeur het tydens die inwyding van die tempel van Salomo, 1 Kon. 8:10. Ander meen dat hier verwys word na Jes. 6:4, waar deur die rook die regverdige oordele van God oor die volk aangedui word.

26 Dit is, wat voortgekom het uit die troon van die heerlikheid van God, wat omring was met weerlig, donderslae, stemme en vuurfakkels, alles tekens van God se heerlikheid, soos dit beskryf word in Openb. 4:5.

27 Naamlik om hierdie oordele van God nader te aanskou of te ondersoek, omdat dit ondeurgrondelik is, Rom. 11:33, en wat eers, nadat dit volbring is, ten volle verstaan kan word. Ander verstaan dit so dat hierdie sluiting van die tabernakel deur die rook van God se heerlikheid, ná die uitspreek van God se oordeel oor die Antichris en sy volgelinge, ’n verdere gevolg van God se oordeel oor hulle beteken; naamlik dat hulle deur geen van hierdie strawwe verbeter of tot nadenke gebring sou word nie, om hierdie oordele tot hul saligheid te aanskou, soos dit hulle betaam het; maar dat hulle daarin meer en meer verblind en verhard sou word, en nie daarop sou let, voordat dit te laat sou wees nie, wanneer die laaste skaal oor hulle uitgegiet sou wees, en hulle in die ewige verderf gewerp sou word, soos Paulus hiervan spreek in 2 Thess. 2:11, 12. Sien ook Openb. 16:9, 11.