Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 16

1

EN ek het ’n groot stem 1uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God 2op die aarde uit.

2

Toe gaan 3die eerste een weg en 4gooi sy skaal 5op die aarde uit, en kwaai en bose aswere het aan die mense gekom wat b6die merk van die dier gehad het en csy beeld aanbid het.

3

En die tweede engel het sy skaal 7op die see uitgegooi, en dit het dbloed geword soos van ’n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.

4

En die derde engel het sy skaal uitgegooi 8op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.

5

En ek het 9die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U ewat is en wat was, 10U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;

6

want hulle het fdie bloed van heiliges en profete vergiet, en 11U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.

7

En ek het ’n ander een guit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.

8

En 12die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.

9

En die mense is geskroei met ’n groot hitte, en hulle het die Naam van God hgelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer 13om Hom heerlikheid te gee nie.

10

En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi 14op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul 15tonge gekou van pyn;

11

en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer 16van hul werke nie.

12

En die sesde engel het sy skaal uitgegooi 17op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.

13

En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en 18uit die mond van die valse profeet 19drie onreine geeste 20soos paddas sien kom.

14

Want dit is geeste van duiwels wat itekens doen, wat uitgaan na 21die konings van die aarde en 22die hele wêreld, 23om hulle te versamel kvir die oorlog 24van daardie groot dag van die almagtige God.

15

25Kyk, Ek kom lsoos ’n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien mnaak rondloop en 26hulle sy skaamte sien nie.

16

En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word 27Armagéddon.

17

En die sewende engel het 28sy skaal uitgegooi in die lug, en ’n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: n29Dit is verby!

18

En 30daar het ostemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ’n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie — so ’n geweldige groot aardbewing.

19

En p31die groot stad 32is in drie dele verdeel, en 33die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon q34is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee r35die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

20

En 36alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;

21

en 37groot shael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God t38gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

1 Naamlik van die hemel, soos in die voorgaande hoofstuk in vers 5 en hierna in vers 17 uitgedruk word; waardeur die troon van God in die hemel verstaan word, soos daar verklaar is. Want hoewel hierdie skale reeds in die voorgaande hoofstuk aan die sewe engele gegee is, gaan hulle nie voort tot uitvoering van hierdie mag, voordat hulle ’n nuwe opdrag daartoe ontvang nie. Sien Ps. 103:20.

2 In die vervolg blyk dat slegs die eerste engel sy skaal op die aarde uitgegiet het. Maar omdat die plae van die ses ander skale uiteindelik ook oor die mense wat op aarde woon gekom het, hoewel die skale eerstens op ander liggame en elemente uitgestort is, so word daar ook tereg gesê dat dit op die aarde, of aardse mense, uitgegiet is, vir wie God alle elemente tot vyande maak.

a Ex. 9:9-11.

b Openb. 13:16, 17.

c Openb. 13:14.

3 Dat deur hierdie engele die instrumente van God verstaan word, waardeur die Antichris met sy hele heerskappy, in verskillende tye en trappe, geteister of gestraf is, blyk duidelik genoeg uit die hele oogmerk van hierdie hoofstuk, en uitdruklik uit hierdie vers, asook uit verse 6 en 10. Maar of hulle die hemelse geeste self was, of ander wat onder hul beheer daartoe deur God in die wêreld opgewek is, sal die beste blyk uit die verklaring van elke skaal.

4 Al hierdie volgende plae kom baie goed ooreen met die plae wat God deur Moses en Aäron oor koning Farao en sy volk, toe Hy die Israeliete uit Egipte wou verlos, laat kom het; soos uit die vergelyking met Exodus 7-10 te sien is; behalwe die plaag ingesluit in die vierde skaal in vers 8, wat die meeste ooreenkom met die plaag waardeur God Agab en die wat aan hom behoort het, wat die profete ook doodgemaak en God se volk vervolg het, onder Elía gestraf het; waarvan te sien is in 1 Konings 17; 18. Of hierdie plae nou letterlik of in ’n geestelike sin verstaan moet word, daaroor is nie eenstemmigheid nie. Dit is des te meer onseker, omdat ’n deel van die skale nog nie uitgestort is nie, maar nog in die toekoms sal gebeur; soos blyk uit Openb. 15:1, dat hierdie plae uitdruklik die sewe laaste plae genoem word, en dat in hierdie hoofstuk diegene wat die merk van die dier dra deur dieselfde plae gestraf word, en dat die troon van die dier en die groot Babilon uiteindelik daardeur uitgeroei sal word. Van hierdie uitroeiing sal in die volgende twee hoofstukke ’n nadere beskrywing volg, wat nog grotendeels vervul moet word. Die uitkoms hiervan sal dan ’n paar dinge nog verder openbaar. Intussen sal dit wat nou die waarskynlikste is, kortliks by elke skaal aangeteken word.

5 Die ryk van die Antichris word deurlopend in hierdie openbaring as ’n wêreld beskou, waarin aarde, see, riviere, lug, son, sterre, ens. is; en dit vanweë die gestalte daarvan en die mag wat die Antichris hom oor die hemel, aarde, see, ens. toe-eien. Die eerste deel dan van hierdie antichristelike wêreld is die aarde, waardeur hier, soos elders in hierdie boek, gepas die aardse mense in die algemeen verstaan word, wat aardse en afgodiese godsdienste toegedaan is en dit hardnekkig voorstaan. Volgens die mening van baie verklaarders word gesê dat hierdie eerste skaal oor hierdie mense uitgestort is toe die antichristelike ryk begin het om skade te ly, toe deur die vernuwing van die verkondiging van die ewige evangelie op verskeie plekke in Europa, deur Waldus, Wycliffe, Johannes Hus, Hiëronimus van Praag, en hul gelykes, die mense van hierdie antichristelike wêreld en die aanbidders van die dier, in plaas daarvan dat hulle hul bekeer het, deur God se regverdige oordeel in ’n verkeerde sin oorgegee is, en met haat en afguns as ’t ware deur ’n bose sweer in hul gemoed aangesteek en gekwel is, sodat hulle nie vir hulleself, óf vir ander, enige rus kon gee nie, totdat hulle hierdie evangelie weer, sover dit vir hulle moontlik was, gedemp of verduister het. Hoewel sommige ook daarby voeg, dat in ongeveer die jaar 1500, sommige verborge siektes en swere, tot ’n besondere straf oor hierdie afgodiese mense en vervolgers van God se volk, in die lande die allernaaste geleë aan die Antichris, begin het om te heers, wat daarvandaan verder in ander dele van Europa versprei het, in die besonder teen diegene wat in hul gedwonge ongetroude staat baie onreinhede bedryf het, wat selfs vir die wêreld skandelik is om te noem. Met ’n soortgelyke plaag het God ook die Filistyne geteister, toe hulle die verbondsark by hulle gehou het, 1 Sam. 5:6, ens.

6 Sien hieroor en oor dit wat volg Openb. 13:14 se kanttekening.

d Ex. 7:20. 7 Deur hierdie see word die velerlei volke en koninkryke wat die ryk van die Antichris soos ’n see omring het, gepas verstaan, soos die engel hierna self verklaar, Openb. 17:15. Ten opsigte van die aanbidders van die dier word hier gesê dat dit in bloed verander het, toe hele provinsies, koninkryke en volke, wat daarrondom geleë was, ná die tyd van Luther van die Antichris afvallig geword het; sodat die visse, of inwoners van hierdie aardse ryk van hom, nie meer ongehinderd daarin kon lewe of hul bygelowigheid kon bedryf nie. Waartydens ook baie van hul bloed gestort is, en daagliks nog gestort word, tot ’n regverdige weerwraak van die veelvuldige bloed wat onder sy heerskappy deur die aanbidders van hierdie beeld van die dier ook gestort is [vgl. godsdiensoorloë tydens die sestiende eeu]; soos God se regverdigheid daaroor hierna in vers 6 geprys word. Ander verstaan hierdeur die bevele en besluite van hul laaste konsilies, en in die besonder van Trente, wat ’n paar jaar geduur het, en waarheen die geestelike en wêreldlike dienaars van die dier uit alle dele van Europa saamgekom het; daarom word gesê dat dit in bloed verander het, omdat die valse en afgodiese leer daarin bevestig is, wat die mense noodwendig tot die dood lei as hulle dit aanneem, aangesien geen afgodedienaar salig kan word nie, 1 Kor. 6:10, en dié wat geregverdig wil wees deur die werke van die wet, van Christus se genade verval het, Gal. 5:4.
8 Hierdeur verstaan sommige die verdraaiing en vervalsing van God se Woord, wat in die Heilige Skrif met helder waterfonteine en riviere vergelyk word. So sou hierdeur ’n krag van dwaling en geestelike blindheid oor hulle deur God se regverdige oordeel aangedui word. Omdat dit egter lank tevore reeds begin het en hier van die laaste plae gespreek word, waardeur die ryk van die Antichris skade gely het en uiteindelik ten gronde sal gaan, so word dit deur ander wel gepas verstaan as hul geestelike inkwisisies, howe, verenigings, konvente, byeenkomste, skole en dergelike, wat die Antichris in al die lande van sy ryk opgerig en soos riviere verdeel het om sy troon en ryk daarmee te bevestig, wat ook in bloed verander is, toe dit in genoemde gereformeerde koninkryke en lande uitgeroei en verbied is, sodat niemand daarin kon bly of sy bygelowigheid verder kon bedryf nie. Hierdie dinge, soos dit in sommige plekke reeds gebeur het, sal ook in die toekoms meer en meer gebeur, wanneer die ander konings hul mag van die dier sal onttrek, soos in Openb. 17:16 vooruit aangekondig word.
e Openb. 1:4, 8; 4:8; 11:17. 9 Dit is, wat die skale oor die riviere en waterfonteine uitgegiet het, soos in Openb. 14:18 die engel van die vuur genoem word, wat die mag oor die vuur ontvang het, om die goddeloses te straf.

10 Ander lees: en wat sal wees sonder U, die Heilige.

f Matt. 23:34. 11 Dit is, U het hulle in hul eie bloed ook laat vergaan. Waaruit blyk dat deur hierdie twee skale so ’n regverdige weerwraak en vergieting van hul bloed verstaan moet word.
g Openb. 15:3.
12 Deur die uitstorting van hierdie skaal op die son, en verskroeiing van die mense daardeur, verstaan sommige baie erge hitte, droogtes en onvrugbaarheid, asook hongersnode en sterftes, wat gewoonlik daarop volg, soos ten tyde van Elía onder die Israeliete gebeur het, wat in die toekoms nog op ’n besondere manier oor die lande en ryke wat die dier toegedaan is gestuur sal word. Omdat sulke strawwe egter selde in een land die oorhand neem, sonder dat die ander ook daarin deel, en hierdie plae eintlik die aanbidders van die dier bedreig, verstaan ander dit as die lig van die heilige evangelie, waarop hierdie skaal uitgegiet word, om dit meerdere krag te gee tot oortuiging en ontbranding van die harte van die mense, waardeur daar nog meer tot bekering gebring sal word, ook selfs die Jode wat Christus in groot getalle sal aanneem, Rom. 11:25, 26, en die ander hardnekkige aanbidders van die beeld van die dier tot meerder spyt en lastering aangespoor sal word, omdat hulle sal sien dat hul ryk daardeur uiteindelik tot ondergang gebring sal word. Waaroor hulle selfs die Naam van God sal laster, as hulle die Heilige Skrif van duisterheid, onvolmaaktheid en onsekerheid sal beskuldig, en dit ’n fondament van alle ketterye durf noem.
h verse 11, 21. 13 Naamlik in die erkenning van sy regverdigheid, en die aanneming van sy barmhartigheid en genade, wat hulle aangebied word.
14 Baie verklaarders verstaan hierdeur die stad Rome, waar die troon van die Antichris eintlik is, waaruit hy sy geestelike heerskappy oor ander lande voer. Hierdie troon sal deur sulke instrumente vernietig word soos God daartoe sal verwek, wat die Antichris self saam met sy handlangers en volgelinge sal verdryf, waardeur sy ryk baie sal afneem, en sy glans in die wêreld sal verduister, totdat hy uiteindelik deur die Gees van die mond van Christus heeltemal vernietig sal word.

15 Naamlik uit spyt en verdriet dat sulke dinge hulle oorgekom het, aangesien hulle hul ’n ryk sonder einde in die vooruitsig gestel het.

16 Dit is, bygelowigheid, afgodery en lasteringe.
17 Hierdeur verstaan sommige die werklike Eufraatrivier, waar die Turke, Perse en dergelike nasies in die ooste aan beide kante hul grondgebied het, soos in Openb. 9:14 se kanttekening aangeteken is; wat hulle nog met mekaar sou verenig en die troon van die Antichris sou inneem. Ander verstaan deur hierdie Eufraatrivier ’n beeld van al die inkomste wat die Antichris uit die hele Christendom trek, waardeur sy troon verryk word, en hy hom en sy troon teen alle ander geweld beskerm, wat deur die Christenprinse eenmaal in geheel gestuit en opgedroog sal word, soos reeds begin is, wat hom magteloos sal maak om hom staande te hou. Hier word gesê dat hierdie prinse van die opgang van die son kom, omdat hulle deur Christus, wat die opgaande Lig is uit die hoogte (vgl. Luk. 1:78), daartoe opgewek sal word; soos die ou Babel tevore deur die Eufraatrivier beskerm en verryk was, deur Kores opgedroog is, en die weg geopen het tot oorrompeling en inneming van dié stad en uitroeiing van haar ryk; soos in Jer. 51:31, ens. vooruit aangekondig, en in Dan. 5:30 vervul is.
18 Oor die draak en oor die twee diere is tevore gespreek, waarby die beeld van die dier ook tevore gevoeg is. Die valse profeet word hier in die plek van die tweede dier gestel, waaruit blyk dat hierdie valse profeet ook die beeld van die dier is, dit is, die Antichris, met sy hele ryk, vir soveel hy die valse leer deur homself en ander, sy dienaars, voorstaan, en al sy geestelike prelate, vergaderinge, howe, konvente, konsilies en persone daarvoor gebruik, om die valse leer te versprei, soos in die volgende hoofstuk sal blyk. Deur hulle word dus gesamentlik hierdie onreine geeste gestuur, omdat hulle al hul listigheid en aansien saamvoeg, en saamspan om die kerk van God en sy waarheid uit te roei; en asof uit een mond hier spreek en deur een gees gedryf word.

19 Hierdeur word die velerlei gesante, pouslike ambassadeurs en ander geestelike dienaars van die Antichris verstaan, wat die wêreld deur uitgestuur word, om vol van bedrieglikheid en skynheiligheid, prinse, konings en volke aan die antichristelike ryk te onderwerp, wat die apostel in 2 Thess. 2:11 die krag van die dwaling noem, wat ook oor wonders roem, wat die apostel in 2 Thess. 2:9 wonders van die leuen noem, soos in die hele wêreld bekend is.

20 Naamlik wat in die stilstaande water lewe en altyd dieselfde geluid maak.

i 2 Thess. 2:9. Openb. 13:13; 19:20.

k Openb. 17:14; 19:19; 20:8.

21 Naamlik wat die antichristelike ryk nog toegedaan is, soos die woorde aarde en wêreld hier deurlopend verstaan word.

22 Dit is, wat hulle nog deur die hele wêreld probeer onderwerp, soos in alle lande van die wêreld, selfs die barbaarse lande in die ooste en weste, daagliks geskied.

23 Hoewel dit ook daagliks geskied dat hierdie onreine geeste deur hul daaglikse geroep alle konings en volke teen die ware Christene, wat hulle eenstemmig verdoemde ketters noem, probeer opstook, so word hier nogtans eintlik deur hierdie skaal verwys na die uiterste geweld wat die Antichris nog sal gebruik voor sy laaste ondergang; waarvan in die volgende skaal gespreek word, wanneer hy deur die hele wêreld, nie net die volke wat die naam van Christelik dra nie, maar ook baie barbaarse en vreemde nasies, byeen sal probeer bring, om die gemeente van Christus uit te roei, en die Antichris se troon weer op te rig.

24 Naamlik waarop God op buitengewone wyse sy oordele teen hierdie hele mag sal voltrek, waarvan in Openb. 19:19; 20:8 nader gehandel sal word.

l Matt. 24:43. Luk. 12:39. 1 Thess. 5:2. 2 Petr. 3:10. Openb. 3:3.

m Openb. 3:18.

25 Dit word hierby gevoeg om elkeen te waarsku dat hy op sy hoede sal wees, omdat alles op daardie dag ’n einde sal neem, en daarna geen tyd meer vir bekering sal wees nie; soos hierna sal volg. Sien Matt. 24:43. Luk. 12:39. Openb. 3:3.

26 Dit is, die skandelikheid van sy sondes, naamlik omdat hulle nie deur die kleed van die geregtigheid van Christus, en deur ’n ware geloof wat met berou gepaardgaan, bedek word nie. Sien Gal. 3:27. Openb. 3:18.

27 Hierdie woord word verskillend verklaar. Sommige vertaal dit: die leër van die vervloeking of van die verwoesting, of: die bedrog van uitroeiing, omdat hierdie leërs deur die Antichris uit alle nasies met bedrog byeengebring sal word, maar tot hul eie uitroeiing en verwoesting. Ander meen egter dat dit ’n eienaam is van ’n sekere plek, waarvan in die Skrif van die Ou Testament melding gemaak word, waar dergelike gebeur het soos hier vooruit aangekondig word, naamlik in 2 Kron. 35:22. Sag. 12:11, waar die laagte van Megíddo genoem word, soos hier die berg van Megíddo, waar koning Josía met die hele Israelitiese leër deur die Egiptenare verslaan is. Die leër van die Antichris sou weer op dieselfde of soortgelyke plek vergader in die hoop om dergelike oorwinning teen die Israel van God te verkry, maar die Here sou deur sy onverwagte koms hierdie hoon teenoor sy gemeente keer, en die vyande self ten volle verslaan en uiteindelik uitroei. Hoewel sommige meen dat hier veel eerder verwys word na die plek in Rig. 5:19, waar Sísera naby die waters van Megíddo met die hele leër van die Kanaäniete op wonderbaarlike wyse deur Debóra en Barak verslaan is, tot verlossing van die kinders van Israel; wat net so goed met hierdie oorwinning ooreenkom.
n Openb. 21:6. 28 Hierdie sewende skaal, wat in die lug uitgegooi word, bring ’n einde aan alles, en gevolglik aan die hele antichristelike ryk, omdat geen dier sonder lug kan lewe nie; en omdat die Satan, wat tot nog toe oor die grootste deel van die wêreld geheers het, in die lug sy troon en woning het, soos Paulus spreek in Ef. 2:2; 6:12, wat ook hiermee vernietig sal word, soos in Openb. 20:10 duideliker getuig word.

29 Naamlik, dit is alles volbring, wat volgens die Woord van God in die wêreld moet gebeur. Of: Dit was daar gewees, naamlik die groot stad en die dier; waarvan in die volgende twee hoofstukke met meer onderskeid gehandel sal word.

o Openb. 4:5; 8:5. 30 Deur hierdie stemme, donderslae, ens., word die tekens verstaan wat die laaste koms van Christus om te oordeel, sal voorafgaan, soos ook dergelike in Matthéüs 24. Markus 13. Lukas 21. 2 Petr. 3:10 beskryf word.
p Openb. 14:8.

q Openb. 18:5.

r Jer. 25:15. Openb. 14:10.

31 Die stad wat die geestelike Sodom en Egipte is en die hele ryk van die Antichris voorstel, soos in Openb. 11:8 verklaar word; wat hierna ook die groot Babilon genoem word. Sien Openb. 14:8; 18:10.

32 Gr. het in drie dele geword, dit is, ten ene male verpletter, soos dinge wat in baie stukkies gebreek word, tot niet gaan.

33 Of: die stede van die heidene. Hierdeur word alle ander stede buiten die Christendom verstaan, soos van die Turke, Perse en ander heidene.

34 Naamlik om haar regverdige vonnis van God te ontvang; want tevore het dit voorgekom of God haar oorgesien en haar moedswil vergeet het.

35 Sien Openb. 14:8, 10.

36 Dit is, die plekke wat beskou was as die standvastigste om daarheen te vlug, het haar ontwyk, of het vergaan, soos in Openb. 6:14.
s Openb. 11:19.

t verse 9, 11.

37 Naamlik tot straf van die goddeloses, soos in Jos. 10:11. Hierdie hael was egter soveel swaarder, omdat dit die ondraaglike las van die toorn van God oor hulle gebring het. Want ’n talent het, volgens die getuienis van sommige, ongeveer vier-en-dertig kilogram geweeg.

38 Naamlik uit angs en wanhoop, soos die goddeloses ook op die laaste dag sal doen. Sien Openb. 6:16.