Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 19

Val van Babilon. Vreugde en oorwinningslied in die hemel.

1

EN 1ná hierdie dinge het ek iets soos ’n groot stem van 2’n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: 3Halleluja, 4die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!

2

Want asy oordele is 5waaragtig en regverdig; want Hy het 6die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy bhet die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.

3

En vir 7die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! cEn haar rook gaan op tot 8in alle ewigheid.

4

En 9die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja!

5

En ’n stem het 10uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, 11al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!

6

En ek het iets gehoor soos die stem van 12’n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, 13het ddie koningskap aanvaar.

7

Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, ewant 14die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou 15het haar gereed gemaak.

8

En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne 16is 17die regverdige dade van die heiliges.

9

Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die 18wat genooi is na die 19bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: f20Dit is die waaragtige woorde van God.

10

gEn ek het voor sy voete neergeval 21om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: hMoenie! Ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. 22Aanbid God. Want die getuienis van Jesus 23is die gees van die profesie.

Oorwinning van Christus oor die dier en die valse profeet.

11

24TOE het ek 25die hemel geopend gesien; en daar was i26’n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem 27Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en 28voer oorlog in geregtigheid.

12

En sy oë was k29soos ’n vuurvlam, en op sy hoof was 30baie krone; en Hy het 31’n Naam wat geskrywe is, wat niemand 32ken nie, behalwe Hy self.

13

En Hy was bekleed met ’n kleed lwat 33in bloed gedoop was, en sy Naam is: m34Die Woord van God.

14

En 35die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed 36met wit en rein nfyn linne.

15

oEn 37uit sy mond gaan daar ’n skerp swaard om 38die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ’n p39ysterstaf regeer, qen 40Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.

16

En Hy dra op 41sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: r42Die Koning van die konings en die Here van die here.

17

En ek het een engel sien 43staan in die son; en hy het met ’n groot stem uitgeroep en 44vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: sKom hierheen en versamel julle tot 45die maaltyd van die grote God,

18

dat julle kan eet die vlees 46van konings en die vlees 47van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.

19

En ek het 48die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.

20

En die dier 49is gevange geneem, en saam met hom 50die valse profeet twat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier vontvang en sy beeld xaanbid het. yLewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat z51met swawel brand.

21

En die ander is gedood met die swaard 52wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.

1 Dit is, nadat die Roomse Babilon nou uiteindelik, deur ’n besondere oordeel van God, verbrand en uitgeroei was, soos in die voorgaande hoofstuk beskryf is.

2 Naamlik van diegene wat saam met Christus in die hemel triomfeer, en sy troon omring, Openb. 7:9; soos hulle tot hierdie loflied in Openb. 18:20, deur die engel aangespoor word.

3 Dit is, loof God. ’n Hebreeuse spreekwyse, wat in baie psalms voorkom; wat ook in die Griekse en ander kerke behou is, omdat dit baie algemeen en bekend was, soos ook die woorde amen, hosanna, abba, ens.

4 Hierdie eienskappe word nie hier aan God toegewens nie, omdat Hy dit altyd besit het; maar dit word in Hom erken en geprys, omdat Hy dit met die daad nou aan almal geopenbaar het. Sien dergelike in Openb. 5:12; 7:12, en elders.

a Openb. 15:3; 16:7.

b Deut. 32:43. Openb. 18:20.

5 Dit is, volgens sy waarheid en regverdigheid uitgevoer; soos Hy voorheen belowe het aan die wat aan Hom behoort, en gedreig het aan die vyande van sy gemeente. Sien Ps. 9:9.

6 Sien Openb. 17:1.

c Jes. 34:10. Openb. 14:11; 18:18. 7 Naamlik om aan te toon met hoe ’n groot erns hulle dit gedoen het.

8 Gr. in die ewighede van ewighede.

9 Naamlik wat saam met die vier lewende wesens rondom die troon van God was. Sien breedvoeriger daarvan in Openb. 4:4, 6; 5:8.
10 Naamlik van die hemel, waarvan meermale voorheen gespreek is. Hierdie stem is bedoel om alle diensknegte van God in die hemel en op aarde aan te spoor tot ’n nuwe loflied oor die weldade wat God sy gemeente in die wederkoms van Christus om te oordeel gaan bewys, soos uit die verklaring sal blyk.

11 Naamlik nie net gelowiges in die hemel en op aarde nie, maar ook engele, wat erken dat hulle medediensknegte van die gelowiges is, vers 10. Openb. 22:9.

d Openb. 11:17. 12 Gr. baie.

13 Dit is, nou kom die tyd, nadat Hy al sy vyande onder ons voete gebring het, en die ryk van die Antichris, van die Satan en van die wêreld vernietig het, dat Hy alleen sal heers, en dit voor die hele wêreld sal toon, 1 Kor. 15:24. Want hoewel Hy altyd as Koning geheers het, was sy ryk onder baie, deur die tirannie van hierdie ander en deur sy verdraagsaamheid in dit alles, volgens die oordeel van die wêreld, baie verduister.

e Matt. 22:2. Luk. 14:16. 14 Dit is, die nadere vereniging en volle verheerliking van die gemeente van Christus in die hemel met haar Bruidegom Christus is naby. Hierdie beeld word ook deurgaans elders gebruik. Sien Mark. 2:19, 20. Joh. 3:29. 2 Kor. 11:2. Ef. 5:23, ens.

15 Naamlik vir hierdie nadere vereniging en volle verheerliking; welke gereedmaking nie voortkom uit haar natuurlike kragte nie, maar uit genade wat aan haar deur haar Bruidegom geskenk is, soos die volgende vers uitwys. Sien ook Eség. 16:3, ens. 2 Kor. 3:5. Ef. 5:26. Filip. 1:29.

16 Dit is, beteken, soos voorheen in Openb. 1:20; 17:15, 18.

17 Of: regverdighede, naamlik nie waardeur ons in onsself nie, maar waardeur ons voor God regverdig is, wat die regverdigheid van Christus is, wat ons deur die geloof toegereken word. 2 Kor. 5:21. En dit is soos ’n suiwer wit kleed, waardeur ons naaktheid voor God se aangesig bedek word; sien Rom. 13:14. 1 Kor. 1:30. Gal. 3:27. Openb. 7:13; waaruit die heiligmaking van die Gees sy oorsprong het, wat hiernamaals in ons ook vervolmaak sal word.

f Openb. 21:5. 18 Naamlik met ’n roeping volgens God se voorneme; want die het Hy geregverdig en verheerlik, Rom. 8:30. Andersins is daar ander ook geroep tot hierdie bruilof, met die uitwendige roeping, wat daarna buite gewerp sal word. Sien Matt. 22:11, ens.

19 Of: aandmaal van die bruilof. So genoem, omdat die bruilofte in dié tyd gewoonlik in die aand gehou was, Matt. 25:1, en omdat dit hier sal begin aan die einde van die wêreld, of op die laaste dag.

20 Naamlik waardeur ons hierdie saligheid belowe word, wat ons daarom met ’n vaste geloof moet aanneem, en waarvan ons die volbringing op die regte tyd moet verwag.

g Openb. 22:8.

h Hand. 10:26; 14:14. Openb. 22:9.

21 Naamlik omdat hy daartoe uit menslike swakheid beweeg was, sowel deur die heerlikheid van die engel, as deur die aangename aankondiging wat hy gemaak het van die koms van die bruilof van die Lam; soos dergelike deur Cornelius gedoen is teenoor Petrus, Hand. 10:25. En hoewel Johannes nie hierdie engel as God self beskou het nie, het die engel nogtans, omdat hierdie eer die maat oorskry het en skynbaar iets goddeliks gehad het, geweier om dit aan te neem, sowel hier as hierna in Openb. 22:9, soos ook die verering van die engele deur Paulus in die algemeen verbied word, Kol. 2:18.

22 Naamlik aan wie hierdie eer van ware aanbidding alleen toekom, Matt. 4:10.

23 Dit is, dieselfde saak as die gees van profesie, en met dieselfde waardigheid. Waaruit hy bewys dat hulle albei diensknegte van Jesus Christus is, omdat hy die gees van die profesie ontvang het om dit aan Johannes bekend te maak, Openb. 1:1, en Johannes eweneens om dit voor die gemeente in die naam van Christus te getuig.

i Openb. 6:2. 24 Hier begin die laaste deel van hierdie hoofstuk, waarin aan Johannes die koms van Christus getoon word in ’n nuwe gesig, om sy gemeente ten ene male te verlos, en die Antichris met al sy volgelinge en alle ander vyande van die gemeente ten ene male tot niet te maak, soos uit die oogpunt van hierdie hele beskrywing blyk. Sommige meen egter dat hier ’n ander koms van Christus beskryf word deur sy Gees en krag, wat sy laaste koms nog sou voorafgaan, waarin die Jode sou bekeer word, en die res van die gemeente hier in hierdie wêreld met die Jode verenig, oor al haar vyande sou triomfeer, en ’n vreedsame ryk geniet. Hierdie mening kan egter nie bestaan met dit wat hier gesê word in vers 20 nie, dat in hierdie koms die dier en die valse profeet lewendig in die poel van vuur gewerp is, wat eers in die laaste koms van Christus sal plaasvind, soos ook die apostel uitdruklik getuig in 2 Thess. 2:8. En ook omdat in hierdie koms van Christus, waarvan in hierdie hoofstuk gespreek word, gesê word dat die bruilof van die Lam met sy bruid sal plaasvind, wat die vereniging is van die gemeente van Christus op die laaste dag met Christus, haar Bruidegom, Matt. 25:1, 13. Daarbenewens word die toestand van Christus se kerk voor sy laaste koms deurlopend in die Skrif beskryf as heeltemal anders op die aarde te wees as wat hierdie mense meen; soos breedvoeriger aangeteken word in Openb. 20:1.

25 Naamlik om vir Christus, as die hoogste Regter en Owerste, die weg te open, om met sy hele hemelse leërskare neer te daal tot verlossing van sy gemeente, en tot straf van al sy en haar vyande. Sien Matt. 24:30; 25:31. 1 Thess. 4:16. 2 Thess. 1:7. Jud. vers 14, ens.

26 Naamlik tot ’n teken van sy heerlikheid en oorwinning; soos in Openb. 6:2 getoon is, maar tot ’n ander doel. Sien die kanttekening daar.

27 Naamlik in die nakoming en uitvoering van sy beloftes en dreigemente.

28 Naamlik nie net tot beskerming van die wat aan Hom behoort nie, maar ook tot regverdige straf van sy vyande, Rom. 2:5, 6.

k Openb. 1:14. 29 Naamlik, soos in Openb. 1:14, waardeur Hy alles deursien, en niks vir Hom verborge is nie.

30 Naamlik in mekaar gevleg, tot ’n teken van sy menigvuldige heerskappy, ook bo die draak en die dier met sewe koppe en tien gekroonde horings. Want Hy is Koning van die konings en Here van die here, vers 16.

31 Naamlik die eie Seun van die oneindige Vader, wie se eienskap van ewige geboorte niemand ten volle verstaan nie, behalwe Hy self, Joh. 1:18. Want hoewel dit ook aan ons geopenbaar is, en sy Naam ook in vers 13 verklaar word, kan nogtans geen skepsel dit ten volle begryp nie, omdat hierdie geboorte onuitspreeklik en ewig is.

32 Of: weet.

l Jes. 63:1.

m Joh. 1:1. 1 Joh. 1:1.

33 Naamlik sowel ten opsigte van sy lyding vir ons, as ten opsigte van die bloed van sy vyande, waarmee sy kleed in hierdie slagting gedoop was. Sien hierna vers 15. Jes. 63:1, ens.

34 Sien hieroor Joh. 1:1 se kanttekening.

n Matt. 28:3. Openb. 4:4; 7:9. 35 Dit is, die heilige engele, met welke leërmagte Hy omring sal wees wanneer Hy kom, en die heilige siele, wat saam met Hom sal neerdaal, om weer met hulle liggame verenig te word, en dan ook hierdie triomf van Christus deelagtig te wees. Sien 2 Kor. 5:8-10.

36 Naamlik om hulle suiwerheid en heerlikheid te kenne te gee, wanneer hulle sal kom om te triomfeer saam met Christus, hulle Hoof, wie se kleed alleen vanweë hierdie slagting in bloed gedoop is, en wie alleen met ’n swaard en ’n ysterstaf gewapen is, omdat die eer van hierdie oorwinning Hom alleen toekom. Sien vers 21. Jes. 63:1, ens.

o vers 21. Openb. 2:16.

p Ps. 2:9. Openb. 2:27.

q Jes. 63:3. Openb. 14:19, 20.

37 Sien oor hierdie swaard die verklaring in vers 21 se kanttekening.

38 Of: volke, dit is, al die vyande van sy gemeente, wat met die Antichris teen Christus en sy ryk sal saamspan. Sien Openb. 2:26, 27, waar hierdie teks uit die tweede psalm ook op die lede van Christus van toepassing gemaak word.

39 Naamlik om hulle te vermorsel, soos erdekruike, omdat hulle hul nie deur die staf van sy Woord laat lei het nie.

40 Dit is, vertrap en verpletter die vyande van God, soos die druiwe in ’n parskuip maklik deur ’n sterk man vertrap en vermorsel word. Sien Openb. 14:20. Jes. 63:3, waar hierdie beeld deur Christus ook gebruik word. Sien ook dergelike in Klaagl. 1:15.

r 1 Tim. 6:15. Openb. 17:14. 41 Dit is, op sy kleed, wat hang op sy heup, dit is, openlik voor die oë van almal, soos die kleed op die heup van ’n man wat op ’n perd sit, die meeste gesien word, en die meeste sigbaar is.

42 Hierdie titel word deur Paulus aan God die Vader gegee, 1 Tim. 6:15, en in Openb. 17:14 ook aan Christus, omdat Hy nie net ’n naam bo alle name van God sy Vader ontvang het nie, maar ook van ewigheid af aan God gelyk, en in die gestalte van God was. Sien Joh. 10:29, 30. Filip. 2:6.

s Jer. 12:9. Eség. 39:17. 43 Naamlik om die hele lug deur gehoor te word; soos die heroute gewoonlik op hoë en oop plekke die bevel van hul opperbevelvoerder verkondig, om deur almal gehoor te kan word.

44 ’n Figuurlike manier van spreek, geneem uit Jer. 12:9. Eség. 39:17, waardeur ’n groot nederlaag oor die vyande van God te kenne gegee word, wie se dooie en verslane liggame tot ’n prooi vir die wilde voëls en wrede diere gelaat word. Maar hulle sal hier ná hierdie groot slagting van God, in die dal van Armagéddon, Openb. 16:16, tot ’n prooi van die duiwels en van die hel oorgegee word, soos in vers 20 verklaar word.

45 Dit is, wat God in sy toorn oor hierdie vyande van Hom vir julle gereed gemaak het.

46 Naamlik wat nog die Antichris sal navolg en voorstaan, en met hom teen Christus sal saamspan, soos in die volgende vers verklaar word. Want sommige van hierdie konings sal hierdie hoer ook haat, haar naak laat staan, haar vlees eet en haar verbrand, Openb. 17:16.

47 Dit is, allerhande soorte krygsmanne, waaruit ’n groot leër gewoonlik bestaan.

48 Dit is, die Antichris self, wat die hoof van hierdie leër was, en wat sy drie onreine geeste tot die konings van die aarde gestuur het, om hulle tot hierdie laaste stryd teen Christus en sy kerk gereed te maak. Sien daaroor Openb. 16:13, 14 en die kanttekeninge.
t Deut. 13:1. Matt. 24:24. Openb. 13:12, 13; 16:14.

v Openb. 13:16.

x Openb. 13:15.

y Dan. 7:11. Openb. 20:10.

z Openb. 14:10.

49 Naamlik deur Christus se mag, en terwyl hy nog lewe, soos in die vervolg staan.

50 Sien daaroor Openb. 16:13. Deur hierdie twee word die geestelike en wêreldlike heerskappy van die Antichris met al sy geestelike en gewapende ondergeskiktes verstaan, wat voor die oog van almal deur Christus met die swaarste strawwe gestraf sal word, terwyl die ander aardse en wêreldse mense wat verlei is ook wel hul straf, egter in ’n mindere mate, sal dra. Dit word deur hierdie twee soorte doding deur die vuurpoel en deur die swaard gepas uitgedruk. Sien dergelike in Matt. 5:22.

51 Dit word daarby gevoeg, omdat die swawel uitnemend skerp en baie deurdringende hitte afgee; waardeur die swaarste pyn van die hel afgebeeld word.

52 Dit is, deur die vonnis wat Hy teen hulle sal vel, waarvan die engele uitvoerders sal wees, Matt. 13:41. Hierdie straf sal ook ewig wees, soos voorheen in Openb. 14:9-11 getuig is, en in Matt. 25:41 van al die vervloektes ook getuig word.