Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 22

1

EN hy het my getoon a1’n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom 2uit die troon van God en van die Lam.

2

In die middel van sy 3straat en 4weerskante van die rivier was b5die boom van die lewe wat 6twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en 7die blare van die boom is tot genesing van 8die nasies.

3

En daar sal 9geen enkele vervloeking meer wees nie, en 10die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en 11sy diensknegte 12sal Hom dien.

4

En hulle sal 13sy aangesig sien, en c14sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.

5

dEn 15nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en 16hulle sal as konings regeer tot 17in alle ewigheid.

Laaste waarskuwings en beloftes.

6

18EN hy het vir my gesê: e19Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, 20die God van die heilige profete, het 21sy engel gestuur fom sy diensknegte te toon wat 22gou moet gebeur.

7

Kyk, 23Ek kom gou. gSalig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek 24bewaar.

8

En dit is 25ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek 26neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.

9

Toe sê hy vir my: hMoenie! want ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.

10

En hy het vir my gesê: i27Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want kdie tyd is naby.

11

28Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige 29nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

12

En kyk, 30Ek kom gou, en my loon is by My, lom elkeen te vergeld 31soos sy werk sal wees.

13

mEk is 32die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, ndie eerste en die laaste.

14

Salig is die wat sy gebooie doen, sodat 33hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte 34in die stad.

15

oMaar 35buite is 36die honde en die 37towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen 38wat leuens liefhet en doen.

16

pEk, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan 39julle voor die gemeentes te betuig. qEk is 40die wortel en die geslag van Dawid, r41die blink môrester.

17

En 42die Gees en 43die bruid sê: Kom! En laat hom 44wat hoor, sê: Kom! s45En laat hom wat dors het, kom; en laat hom 46wat wil, die water van die lewe 47neem, 48verniet.

18

49Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

19

tEn as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God 50sy deel wegneem uit vdie boek van die lewe en 51uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

20

52Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, 53ja kom, Here Jesus!

21

54Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! 55Amen.

EINDE

a Eség. 47:1. Sag. 14:8. 1 Dit wat hier van hierdie rivier en die boom van die lewe beskryf word, is gebruik as beeld van die paradys, Gén. 2:10, en van die nuwe Jerusalem, Eség. 47:1, ens. Deur hierdie rivier van die water van die lewe word die ewigdurende geluksaligheid verstaan, wat deur die werking van die Heilige Gees en die uitverkorenes se aanskouing van God se aangesig in die toekomstige lewe, altyd oorvloedig, vars en suiwer sal wees en bly. Sien hieroor ook Joh. 4:14; 7:38. Openb. 2:7.

2 Dit is, uit die heerlike aanskouing van die aangesig van God en van Jesus Christus. Sien Ps. 16:11. 1 Kor. 13:12. 1 Thess. 4:17. 1 Joh. 3:2.

b Openb. 2:7. 3 Of: plein, mark, soos in Openb. 21:21.

4 Nie dat daar baie bome gesien is nie, omdat Christus alleen hierdie boom van die lewe is, maar omdat sy wortels van onder, en sy takke van bo af, hulle langs die hele rivier uitstrek, soos in Openb. 2:7 te sien is; sien ook die nadere verklaring in die kanttekening daar.

5 Gr. die hout.

6 Dit is, die lewendmakende krag van Christus se verdienste en Gees, wat die hele jaar deur, dit is, tot in ewigheid vars en kragtig is, om hierdie geestelike lewe en hierdie salige verkwikking vir die twaalf stamme van die Israel van God vir altyd te onderhou sonder enige verswakking of verslapping.

7 Dit is ook geneem uit Eség. 47:12; nie dat daar in hierdie ewige lewe enige gebreke meer sal wees nie, maar dat die genesing van al die gebreke, wat deur Christus se verdienste en Gees hiér plaasgevind het, dáár tot in ewigheid deur hierdie krag behou en ongedeerd bewaar sal word, nie net vir die Israeliete nie, maar ook vir alle ander gelowige nasies.

8 Naamlik wat salig geword het, soos in Openb. 21:24, 26 gespreek is.

9 Dit is, niks wat die vervloeking waardig is nie, soos in Openb. 21:27 niks onrein of wat verontreinig. En dit wil voorkom of dit ook geneem is uit Sag. 14:11, waar hierdie dinge ook vooruit aangekondig word van die tye van die Nuwe Testament; wat ewenwel nie ten volle sou gebeur nie, totdat Christus sy dorsvloer gesuiwer en al die kaf in die vuur gegooi het, Matt. 3:12; 13:40, ens.

10 Dit is, die heerlikheid van God en van Jesus Christus, as ware God en mens, sal dit vervul. Sien Openb. 21:22, 23.

11 Naamlik sowel engele as salige mense. Sien Openb. 7:15.

12 Dit is, rondom sy troon bereid staan om Hom te loof en te prys, en sy bevele te gehoorsaam.

c Openb. 3:12. 13 Dit is, sy majesteit en heerlikheid, om dit deelagtig te wees; soos van die engele gesê word, Matt. 18:10, en van al die geluksaliges in die hemel, Matt. 5:8. 1 Joh. 3:2.

14 Naamlik omdat hulle Hom toebehoort en sy eiendom is, en openlik daaroor belydenis doen; soos ook die hoëpriester in die Ou Testament op sy voorhoof ’n goue plaat gedra het, waarop geskrywe was: Die heiligheid van die Here. Sien ook die verklaring in Openb. 3:12 en 14:1 se kanttekeninge.

d Jes. 60:19. Sag. 14:7. Openb. 21:23. 15 Sien Openb. 21:23, 25.

16 Want hoewel alle gelowiges hiér ook konings en priesters is, Openb. 1:6, sal hulle nogtans eers volkome as konings heers, wanneer al hul vyande en die dood self onder hul voete gebring is, en God alles in almal sal wees in hulle. Sien Rom. 16:20. 1 Kor. 15:28.

17 Gr. in die ewighede van ewighede.

e Openb. 19:9; 21:5.

f Openb. 1:1.

18 Hier begin die slot of laaste deel van hierdie openbaring.

19 Naamlik van hierdie hele openbaring, soos in verse 18, 19 verklaar word; waardeur die goddelikheid daarvan betuig word. Sien ook Openb. 19:9.

20 Dit is, wat aan die profete die profesieë geopenbaar het, en wat hulle na sy volk gestuur het, 2 Petr. 1:20, ens. Deur die God van die heilige profete word hier ook die persoon van Christus verstaan; soos uit die volgende blyk, dat Hy sy engel gestuur het om die dinge te toon wat gou moet gebeur, wat uitdruklik aan Christus toegeskryf word, vers 16. Openb. 1:1.

21 Dit is, my, wat sy engel is.

22 Sien hieroor Openb. 1:1 se kanttekening.

g Openb. 1:3. 23 Naamlik om elkeen te vergeld na sy werke, soos in vers 12 uitgedruk word. Hierdie woorde is Christus se woorde, dit bevestig wat in die voorgaande vers gesê is. Sien ook 1 Thess. 5:2.

24 Dit is, goed daarop let, en hom weerhou van dit wat daarin verbied word, naamlik om gemeenskap te hê met die draak, die dier en sy volgelinge; en te doen wat daarin beveel en geprys word. Sien ook Openb. 1:3.

25 So bevestig Johannes dit ook in die einde van sy Evangelie, Joh. 19:35; 21:24. Dit is ook, onder andere, ’n gepaste bewys dat die evangelis Johannes die outeur is van hierdie profesie.

26 Sien hieroor Openb. 19:10 se kanttekening.

h Hand. 10:26; 14:14. Openb. 19:10.
i Dan. 8:26; 12:4.

k Openb. 1:3.

27 Dit is, moet dit nie opsluit nie, hou dit nie verborge nie, maar openbaar dit aan almal; anders as wat in Openb. 10:4 beveel word, soos ook in Dan. 8:26; 12:4. Die rede is, omdat dit wat dáár geopenbaar was, nog vir ’n tyd verborge kon bly, sonder nadeel van God se kerk, totdat die vervulling daarvan dit sou verklaar. Maar nie hiér nie, omdat die vervulling van sommige dinge dadelik sou begin, soos dit wat in Openbaring 2 en 3 geleer is; en omdat die gemeente van Christus dadelik gewaarsku moes word oor al hierdie swarighede wat haar sou oorkom, sodat sy haar betyds daarteen kon voorberei, en dat die lede van die gemeente hulle sou weerhou van die gemeenskap met die Antichris, wanneer hulle bewus sou word van sy opkoms, waarvan die verborgenheid toe reeds begin het om te werk, 2 Thess. 2:7 en die kanttekening.
28 Hiermee word ’n teenwerping voorkom, wat op die voorgaande vers gemaak kon word, naamlik dat sommige hierdie openbaring, indien dit aan almal bekendgemaak word, sou misbruik tot sorgeloosheid van die vlees, of tot verbittering teenoor die kerk van Christus; waarop hierdie antwoord volg, soos in Eség. 2:3. Dan. 12:10, deur welke spreekwyse geen toelating van kwaaddoen bedoel word nie, maar oor sulkes word ’n swaarder oordeel van God bedreig, soos Christus ook aan Judas gesê het in Joh. 13:27: Wat jy doen, doen dit haastig. Sien ook 2 Kor. 2:15.

29 Dit is, sy regverdigheid meer en meer uit die vrugte bewys, soos in Jak. 2:18, 24 verklaar word. Want die woorde regverdiger word, word hier gestel teenoor onreg doen, soos die woorde heiliger word teenoor die woorde vuiler word.

l Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6; 14:12. 1 Kor. 3:8. 2 Kor. 5:10. Gal. 6:5. Openb. 2:23. 30 Van hier af verder begin Christus self om tot die apostel te spreek, tot in die middel van vers 20, soos al die omstandighede en vers 16 duidelik meebring; en Hy bevestig só met sy eie woorde alles wat voorheen deur die engel verkondig was.

31 Naamlik hetsy goed of kwaad, soos tevore meermale beloof en gedreig is. Sien 2 Kor. 5:10. Waardeur nie enige verdienste te kenne gegee word nie, maar ’n genadige beloning van die goeie werke, en ’n regverdige straf en vergelding van die kwade werke. Sien Rom. 6:23. Ef. 2:8, ens.

m Openb. 1:8; 21:6.

n Jes. 41:4; 44:6; 48:12. Openb. 1:8; 21:6.

32 So spreek Christus van Homself, as die enige en ewige God met die Vader en die Heilige Gees, om sy standvastigheid en almag in die uitvoering van sy beloftes en dreigemente te kenne te gee. Sien meer hieroor in Openb. 1:8; 21:6.
33 Dit is, lot, deel, om te mag geniet van die vrugte van die boom van die lewe; sien daaroor vers 2.

34 Naamlik van die nuwe en hemelse Jerusalem, wat voorheen beskryf is.

o 1 Kor. 6:10. Ef. 5:5. Kol. 3:6. 35 Naamlik buite die hemelse Jerusalem, in die poel van vuur, waarin hulle deur God se regverdige oordeel vir ewig gewerp is. Sien Openb. 19:15; 21:8.

36 Dit is, die rasende vyande en toesnouers van Christus en van die evangelie, soos Christus hulle noem in Matt. 7:6, of die wat die waarheid eens bely het, maar na hulle uitbraaksel omgedraai het, soos Petrus ook sulkes honde noem, 2 Petr. 2:22.

37 Of: gifmengers; want die Griekse woord beteken beide.

38 Naamlik hetsy teen die derde of teen die negende gebod; waarby al die meinedige, ontroue, dubbelhartige mense en bedrieërs van hul naaste verstaan word.

p Openb. 1:1.

q Jes. 11:10. Rom. 15:12. Openb. 5:5.

r 2 Petr. 1:19.

39 Naamlik die engele of herders en opsieners van die sewe gemeentes, en deur julle aan jul gemeentes, en voorts aan alle ander herders en gemeentes in die wêreld. Sien Openb. 1:11; 2:1, ens.

40 Sien hieroor Openb. 5:5. Christus word hier so genoem ten opsigte van sy menslike natuur, wat van Dawid afkomstig is, Matt. 1:1. Rom. 1:3.

41 Naamlik wat alle ander sterre in lig te bowe gaan. Christus word hier so genoem, omdat Hy die lig van die wêreld is, en deur sy kennis alles tot die saligheid verlig. Sien Joh. 1:9; 8:12. Selfs ook ten opsigte van die hemelse Jerusalem, waar geen son of maan sal wees nie, maar, aangesien die nag van hierdie eeu verby sal wees, Christus saam met die Vader en Heilige Gees die volkome lig sal wees van alle uitverkorenes, soos die môrester in die oggend is. Sien voorheen in Openb. 2:28; 21:23. 2 Petr. 1:19.

s Jes. 55:1. Joh. 7:37. 42 Dit is, wat in die harte van alle gelowiges sulke bewegings en gebede verwek, met onuitspreeklike sugtinge, soos Paulus spreek in Rom. 8:23, 26.

43 Dit is, die hele gemeente van Christus, ook selfs diegene wat na die siel in die hemel triomfeer, sien verlangend uit na hierdie laaste koms, om met siel en liggaam met Christus verenig en verheerlik te word. Sien Luk. 21:28. Openb. 6:10, 11.

44 Naamlik met ’n gelowige hart.

45 Dit is, wat met erns en met ’n gevoel van sy gebrek daarna begerig is.

46 Naamlik deur die genade van die Heilige Gees, wat om te wil en die volbringing van die daad in ons werk, Filip. 2:13 en die kanttekeninge. Dit is, elkeen wat ’n begeerte het daarna.

47 Dit is, word hierdie hemelse genade en vertroosting deelagtig, volgens die belofte wat in Openb. 21:6 voorgestel is.

48 Dit is, uit genade, slegs deur die krag van Christus se verdienste en voorspraak. Sien Jes. 55:1. Rom. 3:24, 25. Ef. 2:8.

49 Dit is die laaste verseëling van die goddelikheid van hierdie boek, saam met ’n dreigement van Christus teen diegene wat iets by hierdie boek sou byvoeg of wegneem. Dit is nie net ’n verseëling van hierdie boek nie, maar dit is ’n slot van die hele Heilige Skrif, aangesien Johannes die laaste van die apostels was en laaste geskryf het; soos in sy Evangelie ook dergelike slot te sien is, Joh. 20:30, 31; 21:24, en voorheen ook Moses in sy laaste boek dergelike verbod gestel het om nie by te voeg of weg te laat nie, naamlik op grond van enige menslike gesag, Deut. 4:2; 12:32.
t Deut. 4:2; 12:32. Spr. 30:6.

v Openb. 13:8; 17:8.

50 Naamlik wat hy sou meen om te besit. Want dat geeneen van dié wat werklik in die boek van die lewe geskryf is, weggeneem word nie, blyk uit Openb. 13:8; 21:27.

51 Naamlik van die hemelse Jerusalem, soos voorheen in vers 14.

52 Naamlik Jesus Christus, soos voorheen uit vers 16 blyk, en uit die woorde self, wat nie die engel nie, maar Christus toekom.

53 Dit is die woorde van Johannes, wat, noudat hy ‘n baie hoë ouderdom bereik het, ook sy verlange betuig na die koms van Christus, en na die verlossing en verheerliking van alle gelowiges.

54 Hierdie slot kom ooreen met die slot van die meeste briewe van die apostels, omdat hierdie profesie in die vorm van ’n brief aan die gemeentes gerig word.

55 Hierdie woord is ook ’n slot, nie net van die gebede nie, maar ook van die briewe van Johannes, en van die ander apostels, om die vastigheid en sekerheid van alles wat tevore geskryf en bespreek is, te kenne te gee; soos die voorgaande vers hier ook sodanige betekenis van hierdie woord amen vereis.

Einde van die Openbaring van JOHANNES,

en ook van die hele NUWE TESTAMENT.