Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 5

Die boek met sewe seëls verseël. Die Lam alleen waardig om dit oop te maak.

1

EN ek het 1in die regterhand van Hom wat op die troon sit, a’n boek gesien, 2van binne en van buite beskrywe en 3met sewe seëls goed verseël.

2

En ek het 4’n sterk engel gesien wat met ’n groot stem uitroep: 5Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?

3

En niemand bin die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of 6daarin kyk nie.

4

En 7ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.

5

Toe sê 8een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, c9die Leeu wat uit die stam van Juda is, d10die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

6

En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ’n 11Lam 12asof Hy geslag is, met 13sewe horings en esewe oë, wat die f14sewe Geeste van God is 15wat uitgestuur is oor die hele aarde.

7

16Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;

8

en toe Hy die boek 17neem, 18val die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met g19siters en goue skale vol reukwerk, 20wat hdie gebede van die heiliges is.

9

Toe sing hulle i’n 21nuwe lied en sê: kU is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God 22met u bloed lgekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,

10

men het ons 23konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde 24heers.

11

Toe sien ek, en ek hoor ’n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en nhulle getal was 25tienduisende van tienduisende en duisende van duisende;

12

en met ’n groot stem het hulle gesê: oDie Lam wat geslag is, is waardig 26om te ontvang die krag en 27rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en 28lof.

13

En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en 29onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot 30in alle ewigheid!

14

En die vier lewende wesens het gesê: 31Amen! En die vier-en-twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.

a Eség. 2:10. 1 Die Griekse woordjie epi word ook vertaal met aan die regterhand; maar uit die sewende vers blyk dat hierdie vertaling beter is.

2 Of: van binne en van agter. Hieruit blyk dat hierdie ’n boekrol was wat aan albei kante beskrywe was, soos vroeër dikwels gedoen is. Sien ’n voorbeeld in Ps. 40:8. Sag. 5:1.

3 Sommige verstaan dit as die boek van die Ou en van die Nuwe Testament; omdat hier egter gespreek word van ’n openbaring van toekomende dinge, wat God aan Jesus Christus gegee het om daarna aan Johannes bekend te maak, soos dit in hierdie hoofstuk beskryf word, so word dit beter verstaan as die boek van die regering van God oor sy gemeente, en sy oordele oor hul vyande, soos ook die oopmaak van hierdie sewe seëls die een ná die ander, met die daaropvolgende openbaringe, dit duidelik te kenne gee.

4 Naamlik om deur ’n luide geroep deur elkeen oor die hele wêreld gehoor te word. Hierdie titel word aan al die engele van God gegee, Ps. 103:20.

5 Dit is, met aansien en mag daartoe geregtig en bekwaam.

b vers 13. Filip. 2:10. 6 Naamlik om dit wat daarin opgesluit is aan Johannes, en deur hom aan die hele gemeente tot hul troos en waarskuwing bekend te maak, volgens die belofte wat voorheen gemaak is in Openb. 1:1.
7 Naamlik omdat hy gevrees het dat die belofte wat voorheen aan hom gemaak is, hierdeur nie spoedig vervulling sou hê nie; waarna hy nogtans baie verlang het.
c Gén. 49:9, 10.

d Jes. 11:10. Rom. 15:12. Openb. 22:16.

8 Naamlik wat naaste aan hom was.

9 So word Christus genoem in die seëning van Juda in die testament van Jakob, Gén. 49:9, en dit vanweë sy koninklike en oorwinnende krag oor die duiwel, wêreld, sonde en dood.

10 Soos ook in Openb. 22:16; Christus word so genoem omdat Hy uit die geslag van Dawid soos ’n wortel wat uitspruit, voortgekom het, en ook onder hierdie naam beloof word, Jes. 53:2.

e Sag. 3:9; 4:10.

f Openb. 4:5.

11 So word Christus hier afgebeeld omdat die paaslam, asook die ander lammers wat daagliks vir die sonde geoffer is, Ex. 29:38, skaduwees van Christus was, soos Hy ook so genoem word in Jes. 53:7. Sien ook Joh. 1:29.

12 Of: geslag was. Die woordjie asof verstaan sommige as die letterlike van die saak, soos dit in Joh. 1:14 (waar die woord soos in hierdie betekenis gebruik word) en elders verstaan word. Ander verstaan dit slegs as ’n beeld, naamlik omdat Christus nou verheerlik op sy Vader se troon, die littekens van sy wonde en ander smarte wat Hy tevore vir ons gedra het, in hierdie gesig nog dra, soos Hy dit in Luk. 24:40 en Joh. 20:27 ook gedra het.

13 Hierdeur word die Heilige Gees aangedui, wat Christus sonder mate ontvang het, Joh. 3:34, deur wie Hy ook sy mag en sy voorsienigheid in die regering van sy gemeente uitvoer.

14 Dit is, die volheid van die Heilige Gees. Sien oor die rede vir hierdie manier van spreek Openb. 1:4 en die kanttekening.

15 Gr. uitgestuur in die hele land of die aarde. Hierdie woorde is geneem uit Sag. 3:9, waar sewe oë gegraveer word op die steen waarop God sy tempel onder Josua bou, wat in Sag. 4:10 verklaar word as die oë van God, wat die aarde deurloop, dit is, sy voorsienigheid en Gees, waardeur Hy die wêreld en in die besonder sy gemeente regeer.

16 Naamlik as Middelaar tussen God en die mense.
g Openb. 14:2.

h Ps. 141:2.

17 Naamlik om die seëls daarvan oop te maak, en om dit wat daarin vervat was te openbaar, soos in Openb. 6:1 en vervolgens tot aan die einde van hierdie openbaring.

18 Soos hulle in Openb. 4:10 voor Hom wat op die troon sit, gedoen het; waarmee hulle bewys dat hulle die Lam ook erken as die enige en waaragtige God, een in wese en heerlikheid met die Vader, soos die engele en alle ander skepsele ook aan die Lam dieselfde eer gee wat hulle aan God die Vader gee.

19 Naamlik soos die priesters en Leviete gewoonlik in die tempel gebruik het. Oor die siters as musiekinstrumente, waarmee hulle hul harte verhef en God geloof het, is oral in die psalms van Dawid te lees. Sien oor die skale of houers van reukwerk 2 Kron. 4:22. Sag. 14:20. Deur hierdie reukwerk is die gebede wat tot God opgegaan en vir Hom in Christus aangenaam was, aangedui, soos te sien is in Ps. 141:2.

20 Dit is, wat die gebede van die heiliges aandui; hier word verwys na die gebruik in die Ou Testament. Want soos die priesters daagliks en die hoëpriester een maal per jaar die reukwerk, tesame met die bloed van die offers, Lev. 16:13. Hebr. 9:4, ens., voor God geoffer het, om te kenne te gee dat hulle as voorgangers van die gemeente, en saam met die gemeente van die Ou Testament, hul gebede en danksegginge tot God gebring het; só word ook hier aangedui dat die voorgangers van die gemeente, sowel van die Ou as van die Nuwe Testament, in die triomferende kerk in die hemel ook gesamentlik hul gebede en danksegginge in Christus voor God se troon bring. Soos met hierdie vier lewende wesens en vier-en-twintig ouderlinge ook alle ander heiliges in die hemel verstaan word, volgens die inhoud van die loflied wat in die volgende vers uitgedruk en nader verklaar word in Openb. 6:10; 7:9, 10, 15; 8:3.

i Openb. 14:3.

k Openb. 4:11.

l Hand. 20:28. Ef. 1:7. Kol. 1:14. Hebr. 9:12; 10:10. 1 Petr. 1:19. 1 Joh. 1:7.

21 Dit is, van ’n nuwe vorm en met nuwe inhoud, soos in Ps. 33:3. Jes. 42:10.

22 Gr. in u bloed, dit is, deur of met.

m Ex. 19:6. 1 Petr. 2:5, 9. Openb. 1:6. 23 Sien Openb. 1:6.

24 Sommige verstaan dit as die heerskappy van die heiliges op die aarde ten tyde van die duisend jaar waarvan in Openbaring 20 gespreek sal word. Sien daar die weerlegging van hierdie mening. Ander verstaan dit as ’n heerskappy wat die heiliges in die hemel nou reeds oor die mense wat op die aarde is, voer. Dit is egter in stryd met ander tekste in die Skrif, 2 Kon. 22:20. Sien Job 14:21. Jes. 63:16. En hier word uitdruklik gespreek, nie van ’n teenswoordige nie, maar van ’n toekomende heerskappy, wat naamlik eers sal wees wanneer hulle saam met Christus in sy laaste koms sal sit op trone, en die wêreld, asook die engele self sal oordeel, Matt. 19:28. Luk. 22:30. 1 Kor. 6:3 en die kanttekening, en wanneer die nuwe hemel en die nuwe aarde sal wees, waarin die geregtigheid sal woon, 2 Petr. 3:13. Sien ook Matt. 5:5.

n Dan. 7:10. Hebr. 12:22. 25 Dit is geneem uit Dan. 7:10, waardeur die heerlikheid en mag van God en Christus afgebeeld word, wat ontelbare dienaars rondom Hom het.
o Openb. 4:11. 26 Nie dat Hy dit nog nie gehad het nie; want Hy was verhewe bo elke naam wat genoem word in hemel en op aarde, Filip. 2:9, maar dit moet verstaan word as die erkenning van al hierdie eienskappe deur alle wesens, soos hierna uitgedruk word.

27 Want in Hom is al die skatte van die wysheid en kennis verborge, Kol. 2:3.

28 Of: seëning, soos ook in die volgende vers.

29 Dit word gesê, soos hierna op die see, van alle lewende en lewelose skepsele, omdat hulle almal rede en oorsaak gee dat ’n mens Christus lof en eer toebring, soos in Ps. 148:1, ens. Ander verstaan deur diegene wat onder die aarde is, diegene wat op die bestemde tyd uit die grafte sal opstaan.

30 Gr. in die ewighede van ewighede.

31 Sien hieroor Openb. 1:7.