Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 113

Die HERE verhef die geringes.

1

HALLELUJA! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE!

2

aLaat die Naam van die HERE 1geprys word, van nou af tot in ewigheid!

3

bVan 2die opgang van die son 2tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!

4

Die HERE is hoog bo al die nasies; 3bo die hemele is sy heerlikheid.

5

Wie is soos die HERE onse God, 4wat hoog woon,

6

5wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?

7

cWat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige 6van die ashoop af verhef;

8

om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.

9

7Wat die onvrugbare van die huis laat woon — 8’n blye moeder van kinders. Halleluja!

a Dan. 2:20. 1 Hebr. geseën.
b Mal. 1:11. 2 Dit is, deur die hele wêreld.
3 Dit is, dit strek verder as die hemel en die aarde.
4 Hebr. wat Hom verhef om te woon.
5 Hebr. wat Hom verneder om te sien. Asof hy sê: Hoewel Hy so groot is en so hoog sit, nogtans verwerdig Hy Hom wel om sy oog op al sy skepsele te rig, en hulle te regeer deur sy voorsienigheid.
c 1 Sam. 2:8. Ps. 107:41. 6 Of: uit die mishoop, dit is, van ’n lae en nederige staat, soos in 1 Kon. 16:2. Van die ashoop af verhef beteken hier dieselfde as in 1 Sam. 2:8. Klaagl. 4:5. Sien ook Ps. 22:30 se kanttekening.
7 Of: Wat die onvrugbare laat woon met ’n huisgesin. Dit is, wat ’n huisgesin vir die onvrugbare vrou gee, terwyl sy tevore geen gesin gehad het nie.

8 Naamlik wat haar verbly omdat Hy aan haar kinders skenk. Sien Ps. 68:7.