Statevertaling – Bybelstigting
’n Oes van vreugde uit die tranesaad.
’N 1BEDEVAARTSLIED.
Toe die HERE 2die lot van Sion 3verander het, 4was ons soos die wat droom.
aToe is ons mond gevul met gelag en ons tong 5met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge 6aan 7hierdie mense gedoen.
Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
o HERE, 8verander ons lot 9soos waterstrome 10in die Suidland.
11Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
Hy 12loop aldeur en ween en dra 13die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.
| 1 Sien Ps. 120:1 se kanttekening.
2 Hebr. die gevangenskap, dit is, die gevangenes van Sion, die volk van Israel. 3 Naamlik uit die Babiloniese gevangenskap, ens. 4 Vestaan hiermee: Toe ons Jode teruggekeer het uit die Babiloniese gevangenskap, het ons wel geweet en gevoel dat dit waar was, nogtans het ons getwyfel of dit inderdaad die waarheid of ’n droom was. Sien Jes. 29:7, 8. Hand. 12:9. |
| a Job 8:21. | 5 Of: met vrolike gesang. So ook in vers 5.
6 Of: met. So ook in vers 3. 7 Naamlik Jode. |
| 8 Hebr. bring ons uit gevangenskap terug. Verstaan hiermee: voltooi die werk van verlossing wat begin is, deur ook ons broers wat nog in Babel is, terug te bring.
9 Dit is, dit sal so aangenaam en lieflik wees, soos wanneer die warm en dor Suidland natgemaak en bevogtig word. 10 Dit is, in die hoë, droë land. Sien Rig. 1:15 en die kanttekening. |
| 11 Dit is die woorde van die Jode wat kort tevore uit die Babiloniese gevangenskap gekom het. Asof hulle sê: Ons wat tydens die Babiloniese gevangenskap met trane gesaai het, sal hierna met vreugde maai, verheug vanweë ons verlossing uit Babel. |
| 12 Hierdie manier van spreek beteken ’n gedurige en doelgerigte loop. Verstaan hiermee: Dit gaan met ons soos met die arm mense van die land. Hulle het ’n klein bietjie duurgekoopte saad wat hulle eintlik nodig het vir lewensonderhoud. Hulle saai dit teen hul behoefte in oor die akker; maar as die oestyd kom, is hulle baie bly, omdat hulle God se ryke seën sien.
13 Hebr. die trek of uitskep van die saad. Dit is, die saad wat hy sal saai, skep hy eers uit die saadsak. Anders: die kosbare saad, dit is, wat ten duurste deur hulle aangekoop moet word. |