Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 135

Lof aan die HERE, die alleen-ware God.

1

HALLELUJA!1 Prys die Naam van die HERE! Prys, o knegte van die HERE,

2

wat 2staan 3in die huis van die HERE, 4in die voorhowe van die huis van onse God!

3

Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want 5dié is lieflik!

4

Want die HERE het 6Jakob vir Hom uitverkies, 7Israel aas sy eiendom.

5

Waarlik, ék weet dat die HERE groot en onse Here 8bo alle 9gode is.

6

Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.

7

Hy bwat die dampe laat opgaan 10van die einde van die aarde af, 11bliksemstrale 12by die reën maak, die wind 13uit sy skatkamers laat uitgaan;

8

cwat die eersgeborenes 14van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;

9

dwat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;

10

wat 15baie enasies verslaan het en magtige konings gedood het:

11

Sihon, die koning van die Amoriete, en 16Og, die koning van Basan, en 17al die koninkryke van Kanaän,

12

en fhulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.

13

o HERE, u Naam is tot in ewigheid, 18gu gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag!

14

hWant 19die HERE sal aan sy volk 20reg doen en 21medelyde hê met sy knegte.

15

iDie 22afgode van die heidene 23is silwer en goud, ’n werk van mensehande.

16

Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

17

ore het hulle, maar hoor nie; 24ook is daar geen asem in hulle mond nie.

18

Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

19

25Huis van Israel, loof die HERE! 26Huis van Aäron, loof die HERE!

20

Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE!

21

Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!

1 Sien Ps. 104:35 en 106:1 se kanttekeninge.
2 Dit is, dien. Sien Deut. 1:38 en Ps. 134:1 se kanttekeninge.

3 Dit is, in die tabernakel, of in die tempel. Hy spreek die priesters en Leviete of ook die volk aan.

4 Hy spreek aldus, omdat daar twee voorhowe was, die een vir die priesters en die Leviete, die ander vir die volk, 2 Kron. 4:9.

5 Anders: dit is lieflik, naamlik dat mense psalmsing tot sy eer, Ps. 147:1.
a Ex. 19:5. Deut. 7:6. Tit. 2:14. 1 Petr. 2:9. 6 Naamlik Jakob en sy nageslag. Sien Ex. 19:5.

7 Dit is, Israel en sy nageslag.

8 Of: meer as.

9 Dit is, afgode, wat die heidene vir hulle uitdink.

b Jer. 10:13; 51:16. 10 Dit is, van die see af, wat aan die einde van die aarde is.

11 Dit is, Hy maak dat dit tegelyk blits en reën, nieteenstaande dat water en vuur van teenoorgestelde aard is.

12 Of: met, of naas, of tot die reën.

13 Waarin Hy die winde, as sy skatte, toegesluit hou, soos in Job 38:22.

c Ex. 12:12, 29. Ps. 78:51. 14 Of: van die Egiptenaars.
d Exodus 7-10.
e Josua 12. 15 Of: groot.
16 ’n Reus, wat ’n ysterledekant gehad het, nege el (’n standaard el is 45 cm) lank en vier el breed, Núm. 21:33, 35. Deut. 3:11.

17 In totaal een-en-dertig, soos gelees kan word in Jos. 12:9-24.

f Ps. 78:55.
g Ps. 102:13. 18 Anders: u gedagtenis. Dit is, die bewys en blyk van die weldade wat U aan u volk skenk, duur vir altyd.
h Deut. 32:36. 19 Asof hy sê: Alhoewel God die HERE sy volk, vanweë hul sondes, soms swaar tugtig sodat dit voorkom of sy goedertierenheid nie altyd met hulle bly nie, nogtans, nadat Hy hulle ’n tyd lank gekasty het, sal dit Hom berou en sal Hy hulle uit die hande van hul vyande verlos.

20 Of: regspreek, oordeel. Sien Gén. 15:14 se kanttekening.

21 Of: berou. Dit is, Hy sal sy toornige gemoed verander in ’n vriendelike gemoed. Dit is ’n menslike manier van spreek. Sien Gén. 6:6, waar die Hebreeuse woord met berou vertaal is.

i Ps. 115:4, ens. 22 Hebr. Die smarte. Sien 1 Sam. 31:9 se kanttekening.

23 Dit is, hulle is gemaak van silwer en goud. Hierdie vers en sommige van die wat hierna volg, staan ook in Psalm 115. Sien die kanttekeninge daar.

24 Anders: ook is daar geen wese van asem in hulle mond nie.
25 Of: Julle van die huis van Israel.

26 Of: Julle van die huis van Aäron, ens.