Statevertaling – Bybelstigting
Dank vir verlossing.
’N PSALM van Dawid.
Ek sal U loof met my hele hart; 1in die teenwoordigheid 2van die gode 3sal ek psalmsing tot u eer.
Ek sal my neerbuig 4na u heilige paleis en u Naam loof, 5om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het 6vanweë u ganse Naam 7u toesegging groot gemaak.
Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my 8moedig gemaak 9met krag in my siel.
Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, 10as hulle gehoor het die woorde van u mond;
en hulle sal sing 11van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot.
Want die HERE is verhewe; anogtans 12sien Hy die nederige aan, en 13die hoogmoedige 14ken Hy uit die verte.
As ek te midde van benoudheid wandel, 15behou U my in die lewe; U steek u hand uit 16teen die toorn van my vyande, en 17u regterhand verlos my.
Die 18HERE 19sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie 20vaar die werke van u hande nie!
| 1 Hebr. teenoor, of: voor.
2 Dit is, konings, prinse, vorste, soos in vers 4. Sien Ps. 82:1, 6; 119:46. Ander verstaan hier dat die gode die engele van God is, wat hulle ook in die byeenkomste van die gelowiges laat vind, 1 Kor. 11:10. 3 Naamlik sonder skroom of vrees. |
| 4 Ek wend my aangesig na die ark toe, terwyl ek in die tent of tabernakel staan. Sien 1 Kron. 16:1. Ps. 99:5. Anders: na u heilige tempel.
5 Dit is, vanweë. Anders: oor, vir. 6 Dit is, geheel en al om u Naam ontwil. Anders: bo u ganse Naam, dit is, bo al die eienskappe waarmee U genoem word. 7 Hebr. u woord. Dit is, u belofte aangaande Christus. Dit is die grootste en vernaamste werk waardeur U u goedheid laat blyk het. Ander verstaan dit as die belofte wat God aan Dawid gemaak en volbring het aangaande die koninkryk. |
| 8 Of: versterk.
9 Dit is, met krag, wat ek, o HERE, van U ontvang het, Ef. 3:16, 20. |
| 10 Dit is ’n profesie van die bekering van alle volke tot Christus, deur die verkondiging van die heilige evangelie, wanneer die Messías verskyn het. Sien Ps. 102:16, 23 en die kanttekeninge. Maar indien ’n mens hierdie woorde verstaan as die belofte wat God aan Dawid gemaak het aangaande die koninkryk, verstaan dan deur die konings Hiram, die koning van Tirus, 2 Sam. 5:11, en Toï, die koning van Hamat, 2 Sam. 8:9, 10, en ander naburige konings. |
| 11 Dit is, van die wonderbare regering en werke van die HERE. Anders: in die weë van die HERE, naamlik met vrolikheid wandel. |
| a Ps. 113:6, 7. | 12 Dit is, Hy dra sorg vir die nederige. Neem ’n voorbeeld van Dawid self, wat God van ’n skaapherder tot die koninklike waardigheid verhef het. Anders: dit wat nederig is.
13 Anders: dit wat hoogmoedig of verhewe is. 14 Naamlik so, dat Hy hom wil verneder en straf. |
| 15 Of: maak U my lewend. Sien Ps. 119:25. Anders: As ek sal wandel, ens., sal U my in die lewe behou, en so ook in die volgende.
16 Naamlik om dit te tem en in toom te hou, soos in Ps. 3:8. Anders: teen die neus of die aangesig, naamlik om hulle in die aangesig te slaan. Die Hebreeuse woord aph beteken sowel die neus as toorn. 17 Of: U verlos my met u regterhand. |
| 18 Of: Mag die HERE dit vir my voleindig.
19 Naamlik wat Hy in my begin het teenoor my vyande. Of: sy genade teenoor my, soos in Ps. 57:3. 20 Of: vertraag, verslap. Hy bid dat God die goeie werk wat Hy in hom begin het, nie sal nalaat nie, maar sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus, Filip. 1:6. |