Statevertaling – Bybelstigting
God die enigste ware helper.
HALLELUJA!1 Loof die HERE, o my siel!
Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.
aVertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.
2Sy 3gees gaan uit, 4hy keer terug 5na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy 6planne 7gedaan.
Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,
wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid;
wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak 8die gevangenes los.
bDie HERE 9open die oë van die blindes; die HERE crig die wat geboë is, op; die HERE het 10die regverdiges lief.
Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die 11weg van die goddelose 12maak Hy krom.
dDie HERE is vir ewig Koning; jou God, 13o Sion, is van geslag tot geslag! 14Halleluja!
| 1 Sien Ps. 104:35 en 106:1 se kanttekeninge. |
| a Ps. 118:8, 9. |
| 2 Naamlik van die mensekind, of van die prins.
3 Dit is, sy siel. Dit is ’n beskrywing van die dood. Sien Gén. 35:18 se kanttekening. 4 Naamlik die mens, betreffende die liggaam. 5 Dit is, tot die aarde waarvan hy geneem of gemaak is, Gén. 2:7; 3:19. Ps. 104:29. Pred. 12:7. 6 Dit is, voornemens. 7 En daarom ook die vertroue wat die mens in hom gestel het. |
| 8 Of: die gebondenes. |
| b Matt. 9:30. Joh. 9:7-32.
c Ps. 145:14; 147:3. Luk. 13:13. |
9 Hebr. open die blindes, dit is, die oë van die blindes.
10 Dit is, die vrome, godsalige, opregte, godvresende mense. |
| 11 Dit is, die besluite.
12 Dit is, maak Hy tot niet. |
| d Ex. 15:18. Ps. 145:13. | 13 Dit is, julle, Israelitiese volk, wat die ware God op die berg Sion eer en dien volgens sy instelling.
14 Met hierdie woord begin en eindig hierdie psalm. |