Statevertaling – Bybelstigting
Gebed om redding.
’N GEBED van Dawid.
HERE, hoor ’n 1regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed 2met onbedrieglike lippe.
3Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë 4regverdig sien.
U het my hart 5getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U 6vind niks nie; wat ek ook 7dink, my mond oortree nie.
Aangaande die handelinge van die mens, ék het 8deur die woord van u lippe die paaie van die 9geweldenaar 10vermy.
My gange het 11vasgehou aan u 12spore, my voetstappe het nie gewankel nie.
Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!
Maak u gunsbewyse 13wonderbaar, o verlosser van die wat by u 14regterhand skuil vir teëstanders!
Bewaar my soos ’n 15oogappel; verberg my in die 16skaduwee van u vleuels
17teen die goddelose wat my geweld aandoen, my 18doodsvyande wat my omring.
Hulle het hul 19gevoel 20afgesluit; met hul mond spreek hulle 21hoogmoedig.
Nou het hulle ons in ons gang 22omsingel; hulle rig hul 23oë daarop om ons op die grond uit te strek.
24Hy is soos ’n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos ’n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê.
25Staan op, HERE, 26gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my 27van die goddelose met u swaard;
met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se 28deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u 29verborge skat; 30wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul 31oorskot aan hulle 32kinders laat agterbly.
33Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met 34u beeld as ek wakker word.
| 1 Neem my regverdige saak aan, of: hoor my, wat ’n regverdige saak het.
2 Hebr. met geen lippe van bedrog nie. |
| 3 Asof hy sê: Spreek tog ’n vonnis uit oor my saak in die openbaar, en voer dit uit, omdat my onskuld volkome aan U bekend is, soos volg. Vgl. Ps. 37:6.
4 Hebr. wettige sake of suiwerhede, dit is, billikhede, regte of billike sake, soos elders. Vgl. Spr. 1:3 se kanttekening. |
| 5 ’n Beeld geneem van die werk van goudsmede. Sien Ps. 7:10 se kanttekening; 66:10. Sag. 13:9.
6 Geen skuim nie; dit is, geen onreg of bedrog, wat ek in my saak of in my lyding sou bedoel nie, soos hierna volg. 7 Dit is, ek sê niks anders met my mond as wat my hart dink nie. Anders: ek het voorgeneem, dat my mond nie sal oortree nie. |
| 8 Dit is, volgens die bevel van u woord. Ander voeg hierdie woorde by die voorgaande soos volg: Aangaande die handeling van die mense volgens die woord van u lippe, ens., dit is, wat die mens verskuldig is om te doen volgens u woord.
9 Dit is, straatboef, moordenaar, uit vergelyking van Jer. 7:11 en Matt. 21:13. Ook: rower, inbreker, naamlik van huise, stede, lande, wette, ens. Sien Eség. 7:22; 18:10. Hos. 4:2. 10 Of: ek het gelet op die paaie van die geweldenaar, naamlik om sulke paaie te vermy, hoewel my vyande my valslik van die teendeel beskuldig. |
| 11 Anders: Hou, o Here, my gange vas, ens.
12 Dit is, rig my wandel volgens u gebooie. |
| 13 Dawid wil sê, dat hy in sulke gevaar en nood was, dat hy nie sonder die wonderlike hulp van die Here bewaar kon word nie.
14 Waarmee U u volk beskerm en verlos. Anders: U, wat met u regterhand diegene wat op U vertrou, verlos van die wat teen hulle opstaan. |
| 15 Hebr. die dogter van die oog. Vgl. Deut. 32:10 en die kanttekening.
16 Vgl. Rut 2:12 se kanttekening. |
| 17 Of: vanweë die goddelose.
18 Hebr. vyande in of met die siel, dit is, wat my dodelik haat in die binneste van hul hart. Anders: teen die siel, dit is, diegene wat my lewe wil neem. |
| 19 Hebr. vet, dit is, asof die hart bedek is met ’n laag vet, sodat dit gevoelloos geword het.
20 Dit is, bedek. Vgl. Job 15:27 se kanttekening. Ps. 73:7. 21 Hebr. in hoogmoedigheid. |
| 22 Sien 1 Sam. 23:8; 24:3; 25:26; 26:2, 3.
23 Loer op my en die wat by my is, soos die leeu op sy prooi. Sien die volgende vers en Ps. 10:10 se kanttekening. |
| 24 Hebr. Sy gelykenis is soos, ens. Verstaan van elkeen van hulle, of hul owerste. |
| 25 Sien Ps. 3:8 se kanttekening.
26 Dit is, vel U hom neer voordat hy my oorval. 27 Anders: van die goddelose wat u swaard is, dit is, deur wie se swaard U my bekwaam maak en beproef. En so ook in die volgende vers: wat u hand is. |
| 28 Sien die teendeel in Ps. 16:5, ens., en hier in die volgende vers.
29 Dit is, allerlei oorvloed en lekkernye van spys en drank, wat God se verborge skat of goed genoem word. Dit word verborge genoem omdat God se sorg gaan oor alles wat bo, op en onder die aarde is. Deur sy regering word dit uit die grond van die aarde voortgebring. 30 Kan ook vertaal word met: wie ’n oorvloed van kinders het. 31 Of: hul oorvloed, hul heerlikheid, dit is, hulle laat vir hul kinders ’n oorvloed van weelde agter. 32 Sien Ps. 8:3 se kanttekening. |
| 33 Vgl. Ps. 4:7, 8; 16:11, met die kanttekeninge. So ook in 1 Kor. 13:12. 2 Kor. 5:7. 1 Joh. 3:2.
34 Of: u gelykenis. Anders: ek sal versadig word, as ek wakker word met u beeld of u gelykenis. Sien 1 Kor. 15:49. 1 Joh. 3:2. |