Statevertaling – Bybelstigting
Die HERE my lig en my heil!
’N PSALM van Dawid.
aDie HERE is my 1lig en my heil: bvir wie sou ek vrees? Die HERE is die 2toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
As kwaaddoeners 3teen my 4nader kom om my 5vlees te eet — my teëstanders en my vyande, ja, myne — struikel hulle self en val.
Al word ’n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ’n oorlog teen my op, nogtans 6vertrou ek.
7Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek 8soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die 9lieflikheid van die HERE te aanskou en te 10ondersoek in sy 11tempel.
Want Hy steek my weg in sy 12hut in die dag van 13onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy 14tent; Hy verhef my op ’n 15rots.
En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met 16trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE.
Hoor, o HERE, ek 17roep luid; en wees my genadig en 18antwoord my.
19Van U sê my hart: 20Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!
Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U 21was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!
Want my 22vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my 23aanneem.
HERE, cleer my u weg en lei my 24op ’n gelyk pad, vanweë my vyande.
Gee my nie oor aan die 25begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies 26het teen my opgestaan, en hy wat geweld 27uitblaas.
28o, As ek nie geglo het dat ek die 29goedheid van die HERE sal 30sien in die 31land van die lewendes nie …
dWag op die Here! Wees sterk en 32laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!
| a Jes. 10:17; 60:19, 20. Miga 7:8. Luk. 1:79. Joh. 1:4; 8:12. Openb. 21:23.
b Ps. 118:6. |
1 Dit is, die bewerker van my voorspoed, van my troos, van my vreugde en van my behoud. Sien oor die betekenis van die woord lig Job 18:5, 6 se kanttekeninge, soos andersins allerlei teëspoed deur duisternis aangedui word. Sien Gén. 15:12 se kanttekening.
2 Wat my deur sy goddelike krag of sterkte in die lewe hou en bewaar, vgl. Deut. 30:20. Ps. 21:5. |
| 3 Hierdie byvoegsel teen my dien daartoe om die uiterste vyandigheid van sy vyande uit te druk; soos die teenoorgestelde benadruk word, waar Dawid in 2 Sam. 22:2 sê, God is vir my, my bevryder.
4 Om my te bestry. 5 Soos wrede wilde diere te verskeur en te verslind. Vgl. Deut. 31:17 se kanttekening. |
| 6 Op dit wat hy in vers 1 gesê het. |
| 7 Of: Een begeerte het ek begeer. Vgl. Rig. 8:24. 1 Sam. 2:20; en in die besonder 1 Kon. 2:20. Dit wil voorkom of Dawid hierdie psalm gedig het gedurende sy ballingskap, toe hy baie swaar tye beleef het, maar die druk en kwellinge was nie so erg soos die feit dat hy nie die suiwer godsdiens en goddelike waartekens van die saligmakende genade saam met God se volk kon gebruik nie; en dit is ook waarom hy dit vernaamlik en voortdurend in sy gebede in hierdie tyd aan God voorgehou het.
8 Dit is, om sonder ophou daarvoor te bid en daarna te streef. 9 Die lieflike godsdiens, waardeur die Messías met al sy weldade afgebeeld en God daagliks geloof en geprys word. 10 Die HERE se heilige genadewerke en wil uit sy Woord. Vgl. 1 Petr. 1:10-12. 11 Of: paleis; hieronder word die tabernakel of tent van samekoms verstaan. Die tempel, wat wel hier genoem word, is eers later van tyd deur Salomo gebou, hoewel Dawid die voorneme gehad het om dit te bou, voordat hy God se wil deur Natan verstaan het. |
| 12 Soos ’n herder sy skaap, so sal die HERE my veilig wegsteek.
13 Dit is, in tye van teëspoed en onrus. 14 Soos ’n mens iemand in ’n tyd van nood skuilplek in sy tent gee; vgl. Ps. 31:21. 15 Waar ek veilig is en bewaar word. Sien 2 Sam. 22:3 se kanttekening. |
| 16 Naamlik die brandoffers en dankoffers, waartydens op die twee silwer trompette geblaas word, volgens Núm. 10:10. |
| 17 Anders: ek roep met my stem, ens.
18 Dit is, bewys die verhoring met daadwerklike hulp. |
| 19 Of: aangaande U sê my hart, ens. Asof hy sê: Ek hoor U in my hart tot ons spreek, of: My hart hou hierdie woorde van U aan my voor: Soek my aangesig; en nou, HERE, soek ek dit, ek doen wat U ons gebied, so verberg tog nie u aangesig nie, soos ook in die volgende vers.
20 Sien Ps. 24:6 en die kanttekening. |
| 21 Naamlik altyd, tevore. Vgl. Ps. 10:14. |
| 22 Hy wil sê, dat hy eensaam en soos ’n weeskind (soos hy dikwels op ander plekke spreek) ontbloot is van die hulp van diegene wat die naaste aan hom en die meeste daartoe verplig was, maar hom nie kon, wou of durf help het nie. Vgl. Ps. 69:9. Anders: Alhoewel my vader en my moeder my verlaat het, so sal die HERE my tog aanneem. Van sy ouers en broers lees ’n mens in 1 Sam. 22:1, 3, dat hulle na hom gekom het in die spelonk van Adúllam. Dat hulle hom verlaat het, word nêrens in die Skrif vermeld nie. Tensy ’n mens dit so verstaan dat hulle hom geen hulp kon bied nie, maar dat hy eerder vir hulle moes sorg, dat hulle in ’n veilige plek gebring kon word, soos in 1 Samuel 22 beskryf word; of dat hulle toe moontlik al oorlede was.
23 Hebr. versamel. Sien Ps. 26:9 se kanttekening. |
| c Ps. 25:4; 86:11; 119. | 24 Hebr. op ’n regte of gelyke pad; vgl. Ps. 26:12. Sodat hulle wat op my loer, om iets in my wandel te vind waaroor hul my sou kon laster, my nie betrap nie, of om my êrens weerloos te vind en my dan met behendigheid in te haal en te oorval nie. |
| 25 Hebr. siel, ’n woord wat soms gebruik word vir wil, begeerte, lus, voorneme. Sien Gén. 23:8 se kanttekening. So ook in Ps. 41:3; 78:18. Pred. 6:7, 9. Jer. 15:1. Eség. 16:27.
26 Waarvan Doëg een was, 1 Sam. 22:9, 10. Sien ook Ps. 35:11. 27 Verstaan hier elkeen van hulle, of een wat die vernaamste is. Uitblaas, dit is, wat van geweld blaas. Vgl. hierdie manier van spreek met Ps. 10:5. Hand. 9:1. |
| 28 Hierdie is ’n onvoltooide en afgebroke rede van die profeet, wat voortvloei uit die oordenking van al die verskriklike gevare en swarighede wat hom oorgekom het, so erg dat hy dikwels sou beswyk het, indien sy geloof op God se beloftes hom nie ondersteun het nie, ja, so versterk het nie, dat hy ander ook kon leer om die goeie uitkoms met onvermoeide geduld en vertroue te verwag, soos hy in dit wat volg, hier en in Ps. 31:24, doen.
29 Dit is, verlossing, asook die beloofde koninkryk, met God se seën. 30 Dit is, met vreugde geniet; soos in Ps. 4:7. 31 Dit is, dat hy dit hier op aarde nog sal beleef en geniet. So word met die land van die lewendes elders ook die teenwoordige lewe op aarde bedoel. Sien Job 28:13 se kanttekening. Ps. 52:7; 116:9. Jer. 11:19. |
| d Jes. 25:9; 33:2. Háb. 2:3. | 32 Anders: Hy sal jou hart versterk. Omdat jy veels te swak is hiervoor en dikwels self so voel, hou daarom goeie moed, die HERE sal jou van krag voorsien, sodat jy Hom met geduld en bestendigheid sal verwag. |