Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 33

Loflied op die almag en genade van God.

1

o REGVERDIGES, jubel in die HERE! ’n aLoflied 1betaam die opregtes.

2

Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.

3

bSing tot sy eer ’n 2nuwe lied; 3speel goed met trompetgeklank.

4

Want die woord van die HERE is 4reg, en al sy werk is 5met trou.

5

Hy het c6geregtigheid en reg lief; ddie 7aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.

6

eDeur die 8Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die 9Gees van sy mond hulle hele 10leër.

7

Hy 11versamel die waters van die see soos ’n hoop; Hy bêre die 12wêreldvloede weg in skatkamers.

8

Laat die hele 13aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;

9

want Hý het gespreek, 14en dit was; Hý het gebied, en dit staan.

10

fDie HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.

11

gDie raad van die HERE bestaan vir ewig, die 15gedagtes van sy hart 16van geslag tot geslag.

12

hWelgeluksalig is die nasie 17wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.

13

Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.

14

Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,

15

Hy wat die hart van hulle almal 18formeer, wat let op al hul werke.

16

’n Koning word nie verlos deur ’n 19groot leër, ’n held nie gered deur groot krag nie.

17

Die perd 20help niks vir die 21oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.

18

Kyk, die i22oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;

19

om hulle 23siel te red van die 24dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.

20

Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;

21

want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.

22

Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!

a Ps. 147:1. 1 Of: staan die opregte wel aan, pas hom.
b Ps. 40:4; 96:1; 98:1; 144:9. Jes. 42:10. Openb. 5:9; 14:3. 2 Wat nooit verouder nie, maar steeds vernuwe word, en helder in gedagtenis bly, vanweë die nuwe en verkwikkende weldade wat God telkens aan sy volk bewys. Vgl. Job 29:20 se kanttekening. 1 Joh. 2:7, 8.

3 Hebr. speel of slaan goed, dit is, speel mooi, vernuftig, kunstig. Vgl. Deut. 5:28 se kanttekening. Jes. 23:16. Jer. 1:12 se kanttekening.

4 Sien Ps. 19:9 se kanttekening.

5 Hebr. in getrouheid, of waarheid, sekerheid, dit is, soos sy woord reg, goed en waaragtig is, so is ook alles wat Hy doen bestendig en vas.

c Ps. 45:8. Hebr. 1:9.

d Ps. 119:64.

6 Beskerm die onskuldiges en straf die skuldiges.

7 Vgl. Matt. 5:45. 1 Tim. 4:10.

e Gén. 1:6, 7. 8 Verstaan die ewige selfstandige Woord van die Vader. Sien Gén. 1:3 se kanttekening.

9 Hierdeur word die Heilige Gees verstaan, wat van die Vader en die Seun uitgaan en gestuur word om die skepping van alle dinge tot stand te bring. Vgl. Gén. 1:2. Job 26:13; 33:4.

10 Sien Gén. 2:1 se kanttekening.

11 Dit is, nadat dit saam vergader is, hou Hy dit bymekaar soos op ’n hoop, sodat dit nie die mense sal hinder om die aarde te bewoon nie. Sien Gén. 1:9. Job 38:8, ens. Spr. 8:29.

12 Dit is, Hy lê diep, baie diep waters in verborge grotte van die aarde, soos mense skatte in verborge plekke wegbêre. Vgl. Job 38:16. Spr. 8:28.

13 Dit is, bewoners van die ganse aarde, soos verder in die vers verklaar word.
14 Dit is, as Hy spreek, of: so dikwels wanneer Hy spreek, gebeur dit.
f Jes. 19:3.
g Spr. 19:21; 21:30. Jes. 46:10. 15 Menslik van God gesproke, wat die raad en wil van God beteken, soos in die voorgaande vermeld.

16 Hebr. tot of in geslag en geslag.

h Ps. 65:5; 144:15. 17 Sien Gén. 17:7 se kanttekening.
18 Van die een sowel as van die ander, van elkeen in die besonder. Vgl. Núm. 16:22. Sag. 12:1. Hebr. 12:9. Anders: Hy alleen formeer hulle hart. Sien Esra 4:3 se kanttekening oor die betekenis van die Hebreeuse woordjie.
19 Hebr. deur die grootheid of grootte van ’n leër; soos in die volgende: deur die grootheid of veelheid van krag.
20 Hebr. is leuen of valsheid, dit is, bedrieg sy meester, wat meen om die oorwinning daardeur te behaal, of te ontkom, maar hy misluk. Deur die perd (as ’n besondere hulp in die oorlog) moet ’n mens alle ander middele verstaan, wat nie help sonder God se seën nie.

21 Of: redding. Sien 2 Sam. 8:6 se kanttekening oor die Hebreeuse woord.

i Job 36:7. Ps. 34:16. 1 Petr. 3:12. 22 Vgl. 1 Kon. 8:29 en Ps. 32:8 se kanttekeninge.
23 Dit is, lewe.

24 Dit is, dodelike gevare.