Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 37

Geluk van die goddelose is maar skyn.

1

N PSALM van Dawid.

1Alef. aWees nie toornig op die 2kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;

2

want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos 3groen grasspruitjies sal hulle 4verdroog.

3

Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; 5bewoon die aarde en 6beoefen getrouheid,

4

en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

5

Gimel. b7Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit 8uitvoer;

6

en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die 9lig en jou reg soos die middag.

7

Dalet. 10Swyg voor die HERE en 11verwag Hom; wees nie toornig op hom 12wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne 13uitvoer nie.

8

He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om 14kwaad te stig.

9

Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde 15besit.

10

Wau. En nog ’n 16klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy 17plek, maar 18hy sal daar nie wees nie.

11

Die 19ootmoediges daarenteen sal die caarde besit en hulle verlustig oor 20groot vrede.

12

Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en 21kners met sy tande teen hom.

13

Die Here 22lag oor hom, want Hy sien dat 23sy dag kom.

14

Get. Die goddelose het die swaard 24getrek en hulle boog 25gespan om die 26ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van 27weg.

15

Hulle 28swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.

16

Tet. ’n Klein bietjie is vir die regverdige 29beter as die 30rykdom van baie goddelose;

17

want die 31arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.

18

Jod. Die HERE 32ken die 33dae van die 34opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid 35bly.

19

Hulle sal nie beskaamd staan in die 36slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.

20

Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die 37prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.

21

Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige 38ontferm hom en gee;

22

want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.

23

Mem. Deur die HERE word die 39gange van 40’n man 41bevestig, en Hy het ’n welbehae in sy weg.

24

As hy 42val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.

25

Noen. Ek was 43jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy 44nageslag brood soek nie.

26

Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 45’n seën.

27

Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig 46woon;

28

want die HERE het die reg lief en sal sy 47gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die 48nageslag van die goddelose word uitgeroei.

29

49Die regverdiges sal die 50aarde besit en vir ewig daarop woon.

30

Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek 51wat reg is.

31

dDie wet van sy God is in sy 52hart; sy gange 53sal nie wankel nie.

32

Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.

33

Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy 54gerig word nie.

34

Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle 55neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.

35

Resj. Ek het die 56goddelose gesien, ’n 57geweldenaar, terwyl hy hom 58uitbrei soos ’n groen 59inlandse boom.

36

Toe 60gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.

37

Sjin. Let op die vrome en kyk na die 61opregte, want daar is ’n 62toekoms vir die man van vrede.

38

Maar die oortreders word tesame verdelg; die 63toekoms van die goddelose word afgesny.

39

Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.

40

En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

a Spr. 23:17; 24:1. 1 Sien Psalm 25 se inleiding oor die Hebreeuse alfabetgebruik.

2 Wat op aarde voorspoedig en gelukkig is, soos in die volgende verklaar word; waaruit blyk dat die heerlike beloftes, wat in hierdie psalm en elders aan die vromes beloof word, nie die tydelike voorspoed van die bose en die kruis of teëspoed van die vromes uitsluit nie; aangesien hierdie psalm, asook ander, in die besonder daartoe dien om die ergernis, wat die vromes daaruit sou kon skep, te voorkom. Sien Ps. 34:13 se kanttekening. Maar in dit alles bly God se seën oor die vromes en die vloek op die goddeloses, sodat die vromes ewig salig, en die goddeloses daarenteen ewig verlore sal wees. Vlg. Job 9:23 se kanttekening. Ps. 73:2, ens.

3 Hebr. die groenigheid van die jong gras.

4 Of: verwelk, soos afvallende blare; soos in Ps. 1:3.

5 Dit is, so sal jy die aarde in die algemeen, en die land Kanaän (wat ’n voorbeeld van die hemel was) in die besonder bewoon, en getrouheid beoefen, ens. So ook in vers 27 en elders. Sulke beloftes, wat gebiedenderwys uitgespreek is, is baie kragtig, asof die opregtes in die onmiddellike genieting en besit van dit wat beloof is, gebring word. Vgl. Spr. 3:3 se kanttekening.

6 Hebr. voed jou met getrouheid, dit is, die HERE sal jou getrou voed, volgens sy beloftes, soos in die volgende verklaar word. Of: dit is, onderhou jou met die oordenking van God se getroue beloftes, wat nie faal nie. Sommige vertaal die Hebreeuse woord emuna met sekerheid, bestendigheid, dit is, ’n bestendige en vaste staat wat God die vromes toesê, selfs tydens hul beproewinge, terwyl die goddeloses se vreugde, soos gras van die veld, spoedig verdwyn. Vgl. Spr. 2:7 se kanttekening.

b Ps. 22:9; 55:23. Spr. 16:3. Matt. 6:25. Luk. 12:22. 1 Petr. 5:7. 7 Of: Wentel jou weg, dit is, dra al jou voornemens en dade, sorge, bekommernis, aan die HERE op, vertrou op Hom. Sien Ps. 22:9 se kanttekening, en vgl. Matt. 6:25, ens. Luk. 12:22, ens.

8 Of: doen, uitrig.

9 Dat dit so helder is, soos wanneer die son in die middel van die dag skyn. Vgl. Job 5:14 se kanttekening.
10 Dit is, murmureer nie teen die HERE nie, maar aanvaar dit met geduld. Sien oor sulke stilswye, of stilte van geduld en hoop Ps. 39:10; 62:2, 6; 65:2. Jes. 30:15. Klaagl. 3:26-28. Sef. 1:7.

11 Anders: dra smart om sy ontwil.

12 Dit is, wie se voornemens en dade goed afloop, alhoewel dit nie reg is nie.

13 Hebr. doen.

14 Dit is, dat jy jou sou vergryp deur te twyfel aan God se voorsienigheid en trou, of deur afvallig te wees, dat jy sou begeer om die goddeloses se voorbeeld te volg, omdat dit lyk asof alles by hulle voor die wind gaan. Sien Ps. 125:3.
15 Hebr. beërwe, as erfdeel in besit neem.
16 Hy sal die vromes vir ’n kort tyd kwel. Sien Ps. 30:6 se kanttekening.

17 Waar hy gestaan het, soos ’n mooi boom wat blom, verse 35, 36.

18 Of: sy, naamlik sy plek, dit is, sy woning, hy self met al sy staat en heerlikheid. Sien Job 7:10 met die kanttekening.

c Matt. 5:5. 19 Sien Ps. 10:17 se kanttekening.

20 Hebr. grootheid of veelheid van vrede, dit is, groot welvaart, veelvoudige welstand, vernaamlik in die geestelike. Vgl. Jes. 48:18, en sien Gén. 37:14 se kanttekening.

21 Soos in Ps. 35:16.
22 Sien Ps. 2:4 se kanttekening.

23 Die dag van die Here se wraak, of die dag van die goddelose se verderf en ondergang, wat hom deur God se regverdige oordeel opgelê is. Sien Job 18:20. Jer. 17:18; 18:17. Eség. 7:10, 12; 27:27; 30:2, 3, 9; 32:10. Hos. 1:11. Anders word met iemand se dag ook eenvoudig ’n mens se sterfdag bedoel, asook die mens se tyd, soos in Job 15:32. Pred. 7:17.

24 Hebr. geopen; omdat die skede deur die uittrek van die swaard geopen word.

25 Hebr. getrap. Sien Ps. 7:13 se kanttekening.

26 Hierdie titels van die vromes verklaar die beloftes wat God hier aan hulle beloof. Sien vers 1 se kanttekening, en vgl. verse 16, 19, 21, 25, 26.

27 Dit is, van lewe en wandel. So ook in vers 23.

28 Dit is, hulle aanslae sal tot hul eie verderf lei.
29 As dit regverdig besit en godvrugtig gebruik word.

30 Hebr. eintlik: veelheid, menigte, naamlik van goedere, dit is, rykdom, soos in Pred. 5:9.

31 Dit is, hul mag, middele en geweld. Sien Job 22:8 se kanttekening.
32 Vgl. Ps. 1:6 se kanttekening.

33 Dit is, die staat van hul lewens, hoe hulle hul tyd deurbring, in verdrukking, vroomheid en geduld. Vgl. Ps. 31:16 se kanttekening.

34 Sien Gén. 6:9 se kanttekening. So ook vers 37.

35 Hebr. wees; so ook in Jer. 17:8; 27:22; 32:5. Dan. 1:21, ens.

36 Of: ten tyde van die kwaad, dit is, as allerlei ongeval en ellendes plaasvind, as gevolg van hongersnood.
37 Of: die kosbaarste lammers. Hebr. die kosbare of die kosbare van die lammers. Dit is, die vetste lammers, wat ’n mens ag as die beste en kosbaarste, en wat volgens God se wet in die offerandes met vuur verteer moes word, dit wil voorkom of die profeet in hierdie gelykenis daarop wys. Sien Lev. 3:10, 11, 14-16. Anders: die kosbare van die velde of weiding; omdat die Hebreeuse woord ook op ander plekke so verstaan word.
38 Of: handel welwillend, gunstig, vrygewig.
39 Of: treë, voetstappe.

40 Wat deur die HERE geseën is, soos in die voorgaande vers, of: van die regverdiges, uit vers 21.

41 Of: gestuur, gerig, dit is, Hy regeer en seën die mens se voorneme; en as hy soms mag val, bewaar Hy hom tog, dat hy nie heeltemal verval nie; maar tel hom weer op, soos volg.

42 Vgl. Spr. 24:16.
43 Of: ’n jongeling. Sien Jer. 1:6 se kanttekening.

44 Dit is, sy kinders en nakomelinge, so ook in verse 26, 28. Tensy dit na God se goeddunke is, om na sy vrye en vaderlike welbehae, sy kinders met armoede en hongersnood tot sy eer en hul beswil te beproef en te toets, waarin Hy hul nogtans nie verlaat nie, maar veral bystaan en versterk, sodat hulle vergenoeg en as ’t ware versadig is. Sien verse 1, 14 se kanttekeninge, asook vers 19, en vgl. Luk. 16:20, 21. 2 Kor. 11:27. Filip. 4:11. Hebr. 11:37.

45 Of: in seëning, dit is, word deur God geseën, wat die seën van Abraham erf. Vgl. Gén. 12:2 se kanttekening. So ook 1 Petr. 3:9.
46 Sien vers 3 se kanttekening.
47 Sien Ps. 4:4 se kanttekening.

48 Sien Job 18:19. Ps. 21:11; 109:13.

49 Hierdie vers begin nie met die letter ajin nie, soos dit volgens die volgorde van die Hebreeuse alfabet sou wees.

50 Hoewel hulle vreemdelinge op aarde is, nogtans sal hulle in die land van belofte (wat ’n pand van die hemel is), en waar hulle ook al op aarde is, te midde van die ongerustheid van die goddeloses en die onsekerheid van die lewe, onder die vaderlike beskerming en toesig van God, deur die geloof, vertroue, en salige hoop, as ware besitters en erfgename van alle seëninge van Abraham in die eniggebore Seun van God, die Messías, ’n bestendige, sekere en geruste toestand hê, Rom. 8:17. Gal. 3:14.

51 Sien Job 34:4 se kanttekening.
d Ps. 40:9. Jes. 51:7. 52 Vgl. Deut. 6:6. Jer. 31:33. Hebr. 8:10.

53 Hebr. sal nie waggel of gly nie; dit is, nie een van sy weë sal gly of wankel nie, dit is, hy sal van ongeluk en verderf of van afval van God se wet bewaar word. Vgl. die volgende en voorgaande.

54 As hy voor die gereg gestel word, sal hy ’n gunstige en genadige God hê.
55 Met vreugde in die HERE, of: as die goddeloses uitgeroei word, sal jy dit aanskou.
56 Soos Saul, Doëg, Absalom, Agitófel, ens.

57 Of: verskriklike, tiran.

58 Of: hom ontdoen. Hebr. eintlik: hom ontbloot; omdat die stam, wat tevore (wanneer die takkies klein en naby aan mekaar rondom die bodeel van die stam was) asof bedek was, daarna, soos die takke groter word en hulle uitsprei, sigbaar word.

59 Of: self gegroei, wat nie van elders gebring en oorgeplant is nie, maar uit sy eie natuurlike grond opgekom het, daarop staande gebly het, en oor die algemeen langer lewe en beter groei as ’n plant wat verplant is. Die Hebreeuse woord beteken ook ’n inboorling, gestel teenoor ’n vreemdeling, Ex. 12:19. Lev. 16:29. Sommige verstaan hier ’n lourierboom, ander ’n sederboom, maar die eie betekenis van die woord is in die teks gevolg.

60 Anders, hy het vinnig verdwyn, soos ’n verbygaande wolk, wat in ’n kort tyd verdwyn.
61 Hebr. regte, suiwere, ens. Sien Ps. 7:11 se kanttekening.

62 Hebr. einde, uiterste, laaste. Vgl. Deut. 32:20 en Spr. 14:12 se kanttekeninge. Dit is, hy sal ten laaste voorspoedig wees, dit sal uiteindelik met hom goed gaan; dit sal jy gewaar, sou jy daarop ag gee. Anders: want daar is loon vir die vreedsame man. Sommige verstaan dit as die nakomelinge, so ook in die volgende. Vgl. Ps. 109:13 en Jer. 31:17 se kanttekeninge.

63 Dit is, die goddeloses word ten einde laaste uitgeroei, soos ’n boom met wortel en tak.