Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 43

Hoop op God!

1

DOEN aan my reg, o God, en 1verdedig my regsaak teen ’n onbarmhartige volk; red my van die 2man van bedrog en onreg!

2

Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan a3in rougewaad deur die vyand se verdrukking?

3

Stuur u 4lig en u 5waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u 6heilige berg en na u 7woninge,

4

dat ek kan ingaan na die 8altaar van God, na die God 9van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!

5

b10Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die 11verlossing van my aangesig en my God!

1 Of: twis. Sien Ps. 35:1 se kanttekening.

2 Wat met lis en onreg of verkeerdheid my vervolg en poog om my te oorrompel; sodanig was Saul en sy raadgewers, en Absalom met Agitófel, ens. Vgl. Ps. 5:7 se kanttekening.

a Ps. 35:14; 38:7; 42:10. 3 Sien Ps. 35:14 se kanttekening.
4 Naamlik die lig van u aangesig (soos dikwels, en Ps. 44:4), of u guns en liefde, waardeur die duisternis van my droefheid en ellende verdryf word. Sien Ps. 27:1 se kanttekening.

5 Die waarheid van u beloftes, wat U aan my gemaak het.

6 Omdat dit gewoonlik van die berg Sion (sien Ps. 2:6) gesê word, verstaan sommige dat hierdie psalm nie in Saul se tyd gedig is nie (want die tabernakel was toe nog nie in Jerusalem nie), maar in die daaropvolgende tyd, soos ten tyde van die opstand van Absalom, ens.

7 Of: tabernakels; omdat hierdie woord in die meervoud staan, meen sommige dat dit wys op die verskeie plekke waar die tabernakeldiens gehou is, in Saul en Dawid se tyd. Die plek van Moses se tabernakel was te Nob, en daarna te Gíbeon, 1 Sam. 21:1. 1 Kon. 3:4. 1 Kron. 16:39. Die plek van die ark was te Kirjat-Jeárim, totdat Dawid dit daarvandaan gehaal en na Sion gebring het, 1 Sam. 7:1, 2. 2 Sam. 6:3, 4. Ander verstaan dat dit eenvoudig wys op die verskeie wonings van God se huis, naamlik die Allerheiligste, Heilige en voorhof, ens. Vgl. Ps. 46:5; 84:2.

8 Die brandofferaltaar.

9 Dit is, wat my rede gee vir besondere groot vreugde, inwendig in my hart en uitwendig in gebare van blydskap.

b Ps. 42:6, 12. 10 Uit die ooreenstemming van die woorde, wat in hierdie en die voorgaande psalm gevind word, lei sommige af dat hierdie psalms beide op dieselfde tyd of ten minste in dieselfde omstandighede van Dawid se lewe gedig is, soos toe hy moes vlug, eers vir Saul, en daarna vir Absalom.

11 Soos in Ps. 42:12. Sien die kanttekening aldaar.