Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 63

Dawid se verlange na God.

1

’N PSALM van Dawid, toe hy in die awoestyn van 1Juda was.

2

o God, U is my God, U 2soek ek3; my siel dors na 4U, my vlees 5smag na U, in ’n 6dor en 7uitgedroogde land, sonder water.

3

Só het ek U in die 8heiligdom aanskou, 9om u sterkte en u heerlikheid te sien.

4

Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe 10moet U prys.

5

Só sal ek U 11prys my 12lewe lank, in u Naam my 13hande ophef.

6

Soos met vet en vettigheid sal my siel 14versadig word, en my mond sal roem met 15jubelende lippe

7

as ek aan U dink op my bed, in die 16nagwake oor U peins.

8

Want U was’n 17hulp vir my, en in die 18skaduwee van u vleuels sal ek jubel.

9

My siel is aan U 19verkleef; u regterhand ondersteun my.

10

Maar húlle wat soek om my 20lewe te verderwe, hulle sal kom in 21die onderste plekke van die aarde.

11

22Hy sal 23oorgelewer word in die 24mag van die swaard; die deel van die 25jakkalse sal hulle word.

12

Maar die 26koning sal bly wees in God; elkeen wat by 27Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die 28leuensprekers sal gestop word.

a 1 Sam. 22:5; 23:14, 15. 1 Toe hy vir Saul gevlug het. Sien 1 Sam. 22:5; 23:14, 15.
2 Om U aan te roep.

3 Die Hebreeuse werkwoord soek is verwant aan die selfstandige naamwoord dagbreek. Dit is, ek soek U baie vroeg, met ywer en besondere begeerte. Sien Job 7:21. Spr. 1:28 en Hos. 5:15 se kanttekeninge. Luk. 21:38.

4 Dit word in die volgende vers verklaar.

5 Anders: is verdroog, naamlik van dors. Sommige meen dat die Hebreeuse woord (wat slegs hier voorkom) beteken om baie honger te wees vir kos, soos in die voorgaande oor dors gespreek is.

6 Soos woestyne oor die algemeen droog en waterloos is, Ex. 17:1. Núm. 20:1, 2. Ps. 107:33, 35. Jer. 2:6.

7 Dit is, dorstig; soos die land genoem word vanweë ’n gebrek aan water, waarna die dors volg. Sommige verstaan dit so dat Dawid van homself spreek, dat hy, soos ’n vermoeide mens gewoonlik is (sien Spr. 25:25), dorstig is en sonder water. Hy pas sy liggaamlike gebrek op die geestelike toe, soos volg. Vgl. Ps. 143:6.

8 Dit is, u ware godsdiens, waarin U hierdie eienskappe van U openbaar, en waarin die Messías afgebeeld word.

9 Ander vertaal dit soos volg: Om u sterkte en u heerlikheid te sien, soos ek U in die heiligdom aanskou het. Die woorde is dan effens anders geplaas.

10 As dit so met my mag gebeur. Of: sal U prys; soos verder in die volgende verse.
11 Hebr. seën.Verstaan hier, wanneer U aan my die genade betoon het dat ek weer ongehinderd in u huis mag verskyn, soos voorheen.

12 Dit is, solank ek leef, soos in Ps. 104:33; 146:2.

13 Hebr. handpalms. Sien Ps. 28:2 se kanttekening.

14 Hy stel dit teenoor die geestelike dors en honger na die openbare godsdiens en byeenkomste van die heiliges, waaroor verse 2, 3 handel. Sien Ps. 36:9 se kanttekening.

15 Hebr. lippe van vrolike gesange of van jubelinge.

16 Oor die vier dele van die nag, wat deur die Jode nagwake genoem is, sien Ex. 14:24. 1 Sam. 11:11. Klaagl. 2:19. Matt. 14:25; 24:43. Mark. 6:48, en vgl. verder Ps. 1:2 se kanttekening.
17 Anders: volkome hulp. Oor so ’n byvoeging van hierdie woord volkome, sien Ps. 44:27 se kanttekening en vgl. Ps. 3:3 se kanttekening.

18 Dit is, u beskutting. Sien Rut 2:12 se kanttekening.

19 My siel wil U volg, en wil nie van U skei nie.
20 Dit is, wat my lewe soek (sien Ex. 4:19 en 2 Sam. 4:8 se kanttekeninge) om dit van my af te neem, met só ’n geraas en onstuimigheid dat die hele land daarvan spreek. Sien Ps. 35:8 se kanttekening.

21 Dit is, hulle sal ter aarde neergeslaan word, sterf en in die aarde en die hel verderf.

22 Hebr. Hulle sal hom uitstort; dit is, mense sal elkeen van hulle uitstort of oorlewer, ens.

23 Die Hebreeuse woord kan ook vertaal word met vloei, wegvloei, uitstort. Dit is, dat hulle bloed, lewe en lewenskragte, soos water wat uitgestort word, wegvloei en verdwyn. Vgl. 2 Sam. 14:14.

24 Hebr. die hande. Sien Job 5:20 se kanttekening.

25 Wat hul verworpe, dooie liggame sal opeet. Hierdie diere was volop in daardie lande. Sien Rig. 15:4 se kanttekening. Vgl. verder Openb. 19:21.

26 Naamlik ek, Dawid, wanneer God my, ooreenkomstig sy belofte, tot die koninkryk sal verhef, wat hulle wil verhinder, Ps. 62:5.

27 Naamlik by God. Dit is, die mens wat Hom reg eer en dien, sal hom met vreugde gelukkig ag in God en sy genadewerk, wat Hy aan my en sy volk sal bewys. So ook in Ps. 64:11.

28 Hulle wat nou so vermetel en onbeskaamd oor my en ander vromes lieg, deur leuens te bedink en te versprei net soos hulle wil.