Statevertaling – Bybelstigting
Danklied by die oes.
VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n 1Psalm. ’n Lied.
Mag God ons genadig wees en ons seën; mag aHy 2sy aangesig by ons laat skyn! 3Sela.
Sodat die mense op aarde 4u 5weg kan ken, onder al die 6nasies u heil.
Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.
God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.
| 1 Sien Ps. 4:1 en 48:1 se kanttekeninge. |
| a Núm. 6:25. Ps. 4:7. | 2 Sien Núm. 6:25, 26 se kanttekeninge.
3 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
| 4 Die profeet spreek God, van wie hy in die vorige vers in die derde persoon gespreek het, nou in die tweede persoon aan.
5 Dit is, (soos deur die volgende woord heil verklaar word) hoe wonderbaarlik en genadiglik U u volk bewaar, sowel liggaamlik as geestelik, en in die besonder u heil openbaar in die evangelie, wat ook die weg van die Here en die weg van God genoem word, Hand. 18:25, 26, ens. 6 Of: heidene. |