Statevertaling – Bybelstigting
Die Koningstroon bo die volkesee.
DIE 1HERE is Koning; Hy is 2met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. 3Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
Vas staan u troon 4van ouds af; van ewigheid af is U.
Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het 5hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!
Meer 6as die gebruis van 7groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig 8in die hoogte!
9U getuienisse is baie betroubaar. 10Heiligheid pas by 11u huis, HERE, 12tot in lengte van dae!
| 1 Die betekenis van hierdie woorde is: God is die ware en ewige Koning, wat van ewigheid af regeer het, nou nog regeer en in alle ewigheid sonder einde sal regeer, Ps. 96:10; 97:1; 99:1.
2 Of: met majesteit. Sien Job 40:5 se kanttekening. 3 Hierdie groot gewig van die aarde word slegs deur sy krag in ewewig gehou, sodat dit glad nie na die een of na die ander kant wyk nie. Net so sal die HERE sy kerk oor die ganse wêreld staande hou en beskerm. |
| 4 Naamlik van ewigheid af, en verder (ten opsigte van die daadwerklike uitoefening van sy raad) vandat die wêreld geskape en gevestig is. Vgl. Spr. 8:22, waar op hierdie manier van die ewigheid gespreek word. |
| 5 Hebr. hulle stemme. Deur die bruisende watervloede word dikwels die gewoel en geraas van tiranne en volke teen God en sy kerk verstaan, Ps. 18:5; 65:8. Jes. 17:12, 13. |
| 6 Hebr. as die stemme.
7 Of: baie. 8 Dit is, in die hemel, soos in Ps. 71:19. |
| 9 Dit is, u Woord, wat U aan ons gegee het om daardeur te betuig dat U ons God is.
10 Naamlik waarmee U u kinders heilig en versier. 11 Dit moet nie soseer as die uiterlike gebou van die tempel of tabernakel verstaan word nie, maar die lewende stene, naamlik die gelowiges, wat die ware kerk van God is. 12 Dit is, altyd of ’n lang tyd. Sien Ps. 23:6. |