Statevertaling – Bybelstigting
Triomf van die reg.
GOD 1van wraak, o HERE, God van wraak, a2verskyn in ligglans!
3Verhef U, o 4regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose 5jubel?
Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd — al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk 6u erfdeel.
Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
en sê: bDie HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
cLet op, 7o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?
dSou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
Sou 8Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie — 9Hy wat die mens kennis leer?
eDie HERE ken die gedagtes van die mense — dat hulle nietigheid is.
Welgeluksalig is die man, o HERE, 10wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
om hom rus te gee van die dae van teëspoed, 11totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
Want fdie HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
want 12die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart 13sal dit volg.
Wie sal vir my 14optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
As die HERE vir my nie ’n hulp was nie, dan het 15my siel 16gou 17in die stilte gewoon.
As 18ek dink: My voet wankel — dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!
19As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
Het die 20regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin 21teen die insettinge in?
22Hulle bestorm die lewe van die regverdige en 23veroordeel onskuldige bloed.
Maar die HERE is ’n rotsvesting vir my, en my God die 24rots van my toevlug.
En 25Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle 26in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.
| a Deut. 33:2. Ps. 50:2; 80:2. | 1 Dit is, wat swaar wraak of straf oor die ongeregtigheid bring en wie alle wraak toekom, Deut. 32:35.
2 Naamlik tot ons troos en tot verskrikking van ons vyande. Sien Ps. 80:2. |
| 3 Naamlik tot regverdige wraak. Sien Ps. 7:7.
4 Dit is, die regter van die mense, wat op die aarde woon, soos in Gén. 18:25. Ps. 82:8. |
| 5 Naamlik vanweë die onderdrukking en die kruis van die vromes. |
| 6 Dit is, u volk, vir wie U so lief soos die mens vir sy erfgoed is. |
| b Ps. 10:11, 13; 59:8. |
| c Ps. 92:7. | 7 Dit is, wat sonder verstand is soos diere. Sien Ps. 49:11 se kanttekening; 92:7. |
| d Ex. 4:11. |
| 8 Dit is, sou Hy wat vir seker gehele volke en landskappe besoek met sy géselinge, nie elkeen wat swaar teen Hom sondig, straf nie?
9 Asof hy sê: Sou Hy nie weet wat onder die mense gebeur en wat die goddeloses doen nie? |
| e 1 Kor. 3:20. |
| 10 Naamlik om hom tot verstand en tot kennis van U en van homself te bring. |
| 11 Dit is, totdat die goddelose tot sy verderf kom. |
| f 1 Sam. 12:22. Rom. 11:1, 2. |
| 12 Die betekenis van die woorde is: Dit lyk asof die oordeel van God teen sy geregtigheid ingaan, omdat God die vromes kasty, maar die goddeloses in goeie rus en vrede laat. Maar die oordeel van God sal eindelik terugkeer tot geregtigheid, en die vromes sal verlos en salig gemaak word, maar die goddeloses sal gestraf en verdoem word. Vgl. Jes. 28:17.
13 Naamlik reg of oordeel, waarvan hy pas gespreek het, naamlik nadat hulle God se geregtigheid oor die goddeloses gesien het. Anders: sal Hom of hierdie Een, naamlik die HERE, navolg. Hebr. agter die Een of Hom wees. |
| 14 Naamlik om my te help. Asof hy wil sê: Niemand onder die mense nie, maar dit sal God die HERE wees. Sien Est. 8:11. Die psalmis kla dat hy in die nood deur sy vriende verlaat is. |
| 15 Dit is, ek, sover dit my liggaam aangaan.
16 Of: amper, binnekort. 17 Dit is, ek was amper dood en in die graf, waar die mens sprakeloos lê en die HERE nie kan prys nie. Soos in Job 3:17, 18. Ps. 88:13; 107:18; 115:17. |
| 18 Naamlik, niks anders dink as dat ek ten ene male terneergedruk en as ’t ware vertrap is nie. |
| 19 Of: In die veelheid van my gedagtes in my binneste. Sien Job 20:14 se kanttekening. |
| 20 Dit is, die skadelike en goddelose regters. Verstaan hierby: geensins.
21 Dit is, deur ’n besluit. Dit is, teen die gebooie, wat God ingestel het. Anders: vir ’n wet? Dit is, in die plek van goeie wette. |
| 22 Naamlik die goddelose en onregverdige regters.
23 Sien Job 10:2 se kanttekening. |
| 24 Naamlik waar ek veilig kon wees en buite alle gevaar. Sien Ps. 91:9, 14. |
| 25 Dit is, Hy sal hulle vergeld soos hulle verdien.
26 Of: vanweë hul boosheid. |