Statevertaling – Bybelstigting
Opskrif en seëngroet.
PAULUS,1 ’n dienskneg van Jesus Christus, 2’n geroepe apostel, a3afgesonder 4tot die evangelie van God —
wat Hy tevore bbeloof het deur sy profete in die heilige 5Skrifte,
aangaande sy Seun wat 6gebore is 7na die vlees cuit die 8geslag van Dawid
en 9na die Gees van 10heiligheid 11met krag 12verklaar is as ddie Seun van God 13deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,
deur wie ons 14genade en die apostelskap ontvang het 15om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene 16ter wille van sy Naam,
17onder wie julle ook is, 18geroepenes van Jesus Christus —
aan al die geliefdes 19van God, egeroepe heiliges wat in Rome is: 20Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
Die geloof van die Romeine. Paulus se vurige verlange om hulle te sien.
IN die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof 21verkondig word in die hele wêreld.
Want fGod, gwat ek 22in my gees dien 23in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink
en haltyd in my gebede smeek 24of ek tog nou eindelik ’n goeie geleentheid sal vind 25deur die wil van God om na julle te kom;
iwant ek verlang om julle te sien, kom julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;
dit is, dat ek 26saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.
Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat ldat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie — en ek is tot nog toe 27verhinder — sodat ek ook onder julle 28een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene.
Teenoor 29Grieke msowel as nie-Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense 30is ek ’n skuldenaar.
Vandaar die 31verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.
Die regverdigmaking deur die geloof.
nWANT 32ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, owant dit is 33’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, 34eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
pWant 35die geregtigheid van God word daarin geopenbaar 36uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: qMaar die 37regverdige sal uit die geloof lewe.
Afgodery en verdorwenheid van die heidene.
WANT 38die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die 39goddeloosheid en 40ongeregtigheid van die mense wat 41in ongeregtigheid die 42waarheid 43onderdruk,
romdat 44wat van God geken kan word, in 45hulle openbaar is, want God 46het dit aan hulle geopenbaar.
sWant sy 47onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy 48werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik 49sy ewige krag en 50goddelikheid, sodat hulle 51geen verontskuldiging het nie;
omdat hulle, alhoewel hulle 52God geken het, Hom nie 53as God verheerlik of gedank het nie; tmaar hulle het 54dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.
Terwyl hulle voorgee dat 55hulle wys is, het hulle dwaas geword
ven die heerlikheid 56van die onverganklike God 57verander in die gelykvormigheid van die beeld van ’n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
58Daarom het God hulle ook 59in die begeerlikhede van hulle harte 60oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame 61onder mekaar te onteer —
hulle wat 62die waarheid van God 63verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het 64bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
Daarom het God hulle oorgegee xaan 65skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself 66die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God 67in erkentenis 68te hou nie, het God hulle oorgegee 69aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
hulle is vervul met allerhande 70ongeregtigheid, hoerery, 71boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, 72kwaadaardigheid;
nuusdraers, 73kwaadsprekers, 74haters van God, 75geweldenaars, trotsaards, 76grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
onverstandig, ontrou, 77sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
mense wat — 78al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, ymaar ook hulle 79goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
| a Hand. 9:15; 13:2. Gal. 1:15. | 1 Sien in Hand. 13:9 se kanttekening waarom Paulus, wat tevore Saulus genoem is, die naam Paulus in al sy briewe behou het.
2 Of: geroep tot ’n apostel; dié titel gee hy homself hier om van meet af aan te wys dat die vermaninge wat hy in hierdie brief aan die Romeine rig, ooreenkomstig die eis van sy roeping geskied. Sien Hand. 9:15. 2 Kor. 5:19, 20. 3 Naamlik van die moederskoot af in God se voorneme, Gal. 1:15, en daarna in die daad deur die bevel van die Heilige Gees om die evangelie onder die heidene te verkondig, Hand. 13:2. 4 Naamlik om dit te verkondig. |
| b Gén. 3:15; 22:18; 26:4; 49:10. Deut. 18:15. 2 Sam. 7:12. Ps. 132:11. Jes. 4:2; 7:14; 9:5; 40:10. Jer. 23:5; 33:14. Eség. 34:23; 37:24. Dan. 9:24. Miga 7:20. | 5 Naamlik van die Ou Testament. |
| c Matt. 1:1. Luk. 1:32. Hand. 2:30; 13:23. 2 Tim. 2:8. | 6 Gr. geword, soos in Gal. 4:4.
7 Dit is, na sy menslike natuur, Joh. 1:14. 1 Tim. 3:16. 8 Dit is, nakomelinge. |
| d Jes. 9:5; 44:6; 54:5. Joh. 2:19. Rom. 9:5. 1 Joh. 5:20. | 9 Dit is, na sy goddelike natuur, wat ook ’n ewige Gees genoem word, Hebr. 9:14. Sien ook 1 Tim. 3:16. 1 Petr. 3:18.
10 Dit is, wat in Homself heilig is. Of: van heiligmaking, dit is, wat ons deur sy verdienste en krag heilig maak, Hebr. 2:11. 11 Gr. in krag. 12 Of: bewys. Gr. bepaal. 13 Dit is, omdat Hy Homself uit die dode opgewek het, Joh. 2:19, 21; 10:18. |
| 14 Dit is, die genade van die apostelskap; of: die genade tot bekering en bowendien tot die apostelskap.
15 Dit is, om die heidene te bring tot gehoorsaamheid aan Christus en tot die geloof, Hand. 26:16. 16 Dit is, sodat Christus se Naam by hulle bekend en deur hulle verheerlik sou word. Of: in, uit sy Naam, 2 Kor. 5:20. |
| 17 Gr. in.
18 Dit is, wat nie net uiterlik deur die Woord nie, maar ook innerlik deur die krag van die Gees van Christus tot die gemeenskap met Christus geroep is en gekom het. Daarom noem hy hulle ook in die volgende vers geroepe heiliges en geliefdes van God. Sien Rom. 8:28. 1 Kor. 1:2. Want hoewel daar ook in hierdie gemeente, soos in ander, huigelaars kon wees, noem hy hulle, volgens die eis van die liefde, nogtans altyd heiliges en geliefdes in die begin van sy briewe. |
| e 1 Kor. 1:2. Ef. 1:1. | 19 Of: deur God, 1 Joh. 4:10, 19.
20 Onder hierdie twee woorde word, volgens die spreekwyse van die Hebreërs, alle geestelike en liggaamlike welstand verstaan; en word deur die woord genade die oorsprong of fontein van alle weldade van God aan ons verstaan, en deur die woord vrede die vrugte en die ondervinding daarvan. Sien Ps. 63:4. Joh. 16:33. Rom. 5:1. Filip. 4:7. |
| 21 Dit is, aan die gemeentes van die hele wêreld rugbaar en bekend gemaak word. Dit is ’n figuurlike manier van spreek, wat hier nogtans gegrond is, omdat daar mense uit alle gewestes van die wêreld in Rome gekom het, wat dit elkeen in sy eie land kon vertel. |
| f Rom. 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Thess. 2:5.
g 2 Tim. 1:3. |
22 Of: met my gees, dit is, van ganser harte.
23 Dit is, in die verkondiging van die evangelie; soos in vers 1. |
| h Rom. 15:23, 32. | 24 Of: indien my nog die geleentheid vir ’n voorspoedige reis gegee sal word deur die wil van God, dat ek na julle toe mag kom.
25 Gr. in die wil van God. Hy voeg dit daarby, omdat hy in die verspreiding van die evangelie die orde gevolg het wat God hom deur sy Gees voorgeskryf het, Hand. 16:6-10. |
| i 1 Thess. 3:10.
k Rom. 15:29. |
| 26 Of: saam vermaan; want die Griekse woord beteken albei, en albei kan op Paulus toegepas word, soos selfs ook die engele deur die gemeente van God meerdere kennis en ervaring kry van die menigerlei wysheid van God, Ef. 3:10. 1 Petr. 1:12. |
| l 1 Thess. 2:18. | 27 Naamlik óf deur swarighede wat voorgeval het, óf deur God se bevel, soos in Hand. 16:7.
28 Of: om vrug te verkry. Naamlik van my diens en roeping tot ’n apostel van Christus onder die heidene, om hulle tot Christus te bekeer, of ten minste in hulle geloof meer en meer te bevestig. |
| m 1 Kor. 9:16. | 29 Onder hierdie eerste twee benamings word alle soorte heidene verstaan, Hand. 28:2, en onder wyse en onverstandige mense allerlei mense in die besonder onder die Grieke of nie-Grieke. Dit wil voorkom of Paulus daarmee die guns van die Romeine wil wen, omdat hulle hulleself as die slimste en skranderste van alle mense beskou het.
30 Dit is, is ek verplig om uit krag van my roeping, die evangelie te verkondig. |
| 31 Of: wat my aangaan, ek is gereed. |
| n Ps. 40:10. 2 Tim. 1:8.
o 1 Kor. 1:18; 15:2. |
32 Of: ek skroom nie, dit is, ek probeer nie om my te onthef van, of te onttrek aan die verkondiging van die evangelie nie, soos ’n mens doen in sake waaroor jy jou skaam.
33 Dit is, ’n kragtige middel van God daartoe verordineer, soos in 1 Kor. 1:18. 34 Want die evangelie moes eers aan die Jode en daarna aan die heidene verkondig word, Hand. 13:46. |
| p Rom. 3:21. Filip. 3:9.
q Háb. 2:4. Joh. 3:36. Gal. 3:11. Hebr. 10:38. |
35 Dit is, die geregtigheid waardeur ons voor die gerig van God kan bestaan, wat alleen die geregtigheid van Christus is, wat deur God aan ons geskenk en ons deur die geloof toegereken word.
36 Dit is, tot daaglikse toename en versterking in die geloof. Sien dergelike in 2 Kor. 3:18. 37 Of: die regverdige uit die geloof sal lewe; wat met die Hebreeuse teks in Háb. 2:4, en met Paulus se oogmerk hier ook goed ooreenkom. |
| 38 Dit is, die strawwe wat God uit die hemel stuur, soos in verse 24, 26, 28 verder beskryf word, wat slegs oor die onregverdiges gestuur word.
39 Daardeur word alle sondes verstaan wat in stryd is met die eerste tafel van die wet, wat in enkele van die volgende verse beskryf word. 40 Hierdeur word alle sondes verstaan wat in stryd is met die tweede tafel van die wet, wat vanaf vers 29 beskryf word. 41 Dit is, teen alle reg en billikheid in, wat vereis dat ’n mens aan God gee wat Hom toekom. 42 Dit is, die kennis van God en sy eer, wat Hy selfs deur die natuur aan die mense geopenbaar het, soos uit die volgende verse blyk. 43 Gr. onderhou. Dit is, deur hul eie gemoedere geweld aan te doen, omdat hulle van beter weet as wat hulle doen. |
| r Hand. 14:17. | 44 Naamlik soveel ’n mens van God kan weet uit die natuur, sonder God se Woord.
45 Dit is, in die binneste van hul gemoed; of: onder hulle, dit is, onder hulle wyses en geleerdes, wat hieroor baie duidelike en wyse spreuke en redevoeringe in hul geskrifte nagelaat het, hoewel hulle self daarteen gehandel het. 46 Naamlik deels deur die wet van die natuur, in hulle gewetens, Joh. 1:9, en deels deur die aanskouing van God se skepping, waardeur sy eienskappe asof aangeraak kan word, Ps. 19:2; 148:4-6. Hand. 14:15; 17:24, ens. |
| s Ps. 19:2. | 47 Dit is, goddelike eienskappe.
48 Gr. maaksels, of: gemaakte dinge. 49 Hiermee word die eienskap van God verstaan, waardeur alle dinge geskape is en hulle begin het, wat daarom, soos ook sy wese, ewig moet wees, omdat dit vóór alle dinge is en ’n oorsaak is van alles. 50 Hierdeur verstaan hy die ander eienskappe van God se majesteit, waarvan die voetstappe en beeltenisse in God se werke duidelik is, soos sy goedheid, wysheid, geregtigheid, ens. 51 Gr. onverontskuldigbaar, of: sodat hulle nie te verontskuldig is nie; naamlik voor God se regverdige oordeel, asof hulle nie geweet het wat hulle verskuldig was om te doen nie. |
| t Deut. 28:28. | 52 Naamlik op so ’n wyse soos tevore verklaar is.
53 Dit is, soos dit sy goddelike majesteit toebehoort het, selfs ooreenkomstig die kennis wat hulle van Hom gehad het. 54 Of: onverstandig, ydel. Dit is, hulle het deur hulle oorleggings tot ydele bedenkinge oor God en sy diens verval, en het dit nie na die kennis wat hulle van God gehad het, gerig nie, maar na die geneigdheid van hul verdorwe gedagtes, in die uitvinding van ydele godsdienste, en in die versinning van baie fabelagtige en ydele gode, waardeur die kennis van God meer en meer onder hulle verduister is. |
| 55 Hy sê dit oor hul geleerdes of filosowe, wat ’n skyn van wysheid wou hê, en soms skynbaar wel beter gedink en gespreek het, maar nogtans die verkeerdheid en ydelheid van ander met die daad in dwaasheid nagevolg het, 2 Kon. 17:29. |
| v 2 Kon. 17:29. | 56 Dit is, wat nie net in wese nie, maar ook in eienskappe onveranderlik is.
57 Of: verwissel vir die gelykvormigheid, dit is, vir ’n beeld wat na die gelykvormigheid van ’n sterflike mens gemaak is, ja, ook van voëls, ens. Sien Lev. 27:10. Ps. 106:20. Jer. 2:11. Want dat al hierdie soorte afgodery onder die heidene gebruiklik was, is openbaar uit hul geskrifte. Sien ook Deut. 4:15, ens. Hand. 17:29, ens. |
| 58 Naamlik oor hierdie afgodery en ontering wat hulle God daarmee aangedoen het. Sien Ps. 106:20. Jes. 40:17, 18.
59 In vers 26 word dieselfde gesê, naamlik aan skandelike hartstogte; nie dat God sulke onterende begeerlikhede of hartstogte werk nie, want dit kom nie van God nie, Jak. 1:13. 1 Joh. 2:16. Sien breedvoeriger hieroor die 60ste kanttekening. 60 Dit is, God het hulle slegte begeertes nie ingetoom nie, maar hulle hul gang laat gaan, Ps. 81:13. Hand. 14:16. Hy het hulle deur sy regverdige oordeel al meer en meer van sy gawes, wat hulle verag en misbruik het, ontneem, Matt. 25:28. Hy het hulle verlaat en aan die Satan oorgegee, wat hulle tot alle boosheid versoek en verlei, 1 Sam. 16:15. Matt. 6:13. 61 Gr. in hulleself. |
| 62 Dit is, die kennis wat hulle van God gehad het. Sien vers 18.
63 Dit is, verwissel vir leuenagtige versinsels van ydele gode en godsdienste. 64 Dit is, meer as die Skepper self, wat hulle benewens hulle afgode wel soms, maar tog min gedien het, Hand. 17:23. Of ook die Skepper verontagsaam het, vir wie die meeste van hulle nie geken of gedien het nie, Gal. 4:8. |
| x Lev. 18:22, 23. | 65 Gr. hartstogte van oneer, dit is, onterende of skandelike hartstogte. Want soos ons in 1 Thess. 4:4, 5 vermaan word om ons vroue in eer te verkry, dit is, om ons liggame te onthou van onkuisheid; net so onteer diegene wat hulle tot onkuisheid begewe hulself en hul liggame, 1 Kor. 6:18, in die besonder diegene wat hier sulke afskuwelike sondes gepleeg het, hetsy hulle dit self gedoen het, of dit ondergaan het. |
| 66 Dit is, die regverdige straf vir hul afgodediens of die regmatige loon. Want die afgodediens, wat geestelike hoerery is, word gewoonlik deur God gestraf met liggaamlike strawwe, soos ’n mens die twee sondes van afgodediens en hoerery gewoonlik saam sien heers. Sien Núm. 25:1, 2. Openb. 17:1, 2, ens. |
| 67 Naamlik wat hulle uit die wet van die natuur en uit die aanskouing van die geskape dinge ontvang het, vers 20.
68 Gr. te hê. 69 Gr. tot ’n gesindheid sonder regte oordeel, denkwyse, of: ’n verwerplike gesindheid, dit is, wat nie goed van kwaad, en eerlik van oneerlik, beproef óf onderskei nie. |
| 70 Hier word begin om die sondes te beskryf wat onder die heidene geheers het teen die tweede tafel van die wet. Die ongeregtigheid is die fontein daarvan, waaruit die ander soos spruite vloei.
71 Of: slegtheid. 72 Dit is, ’n verkeerde gesindheid, waardeur ’n mens alles op die slegste manier uitlê. |
| 73 Of: lasteraars.
74 Of: deur God gehaat. Maar omdat hier gespreek word van die heersende sondes van die heidene, is dit beter om dit in hierdie sin te verstaan; soos in Rom. 8:7 die wysheid van die vlees vyandskap teen God genoem word. Want diegene wat dít liefhet wat God haat, en dít haat wat God gebied, word met reg haters van God genoem, Ex. 20:5. 75 Dit is, wat ander kwaad aandoen of te kort doen met woorde of werke. 76 Of: pronkers, mense wat spog. |
| 77 Die Griekse woord beteken die geneentheid of liefde wat daar tussen ouers en kinders is. Hierdie sonde het ook geheers onder die heidene, wat hulle kinders aan die afgode geoffer het, as vondelinge agtergelaat, of doodgemaak het, sonder om hulle wette te oortree. |
| y Hos. 7:3. | 78 Dit is, al is daar deur God ’n onderskeid tussen goed en kwaad in hul natuur ingeplant, en ’n besef van die straf wat God oor die kwaad wil uitoefen, Rom. 2:14, 15.
79 Of: welgevalle hê. Dit is die hoogste graad van boosheid, om die kwaad nie net self te doen nie, maar om ook genot daaruit te put as ander dit doen. |