Statevertaling – Bybelstigting
Die Jode het die geregtigheid van God verwerp.
BROEDERS, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is 1tot hulle redding.
Want ek getuig van hulle dat hulle a’n 2ywer vir God het, maar 3sonder kennis.
Want omdat hulle 4die geregtigheid van God nie ken nie en 5hulle eie geregtigheid probeer 6oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God 7nie onderwerp nie.
bWant Christus is 8die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
9Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: cDie mens 10wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, 11sê dit: d12Moenie 13in jou hart sê nie: 14Wie sal in die hemel opvaar, 15naamlik om Christus af te bring;
of: Wie sal 16in die afgrond neerdaal, 17naamlik om Christus uit die dode op te bring?
Maar 18wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. 19Dit is die woord van die geloof wat 20ons verkondig:
As jy met jou mond 21die Here Jesus 22bely en met jou hart glo dat God Hom 23uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
want met die hart 24glo ons tot geregtigheid en met die mond 25bely ons tot redding.
Want die Skrif sê: Elkeen wat 26ein Hom glo, 27sal nie beskaam word nie.
fWant daar is 28geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; 29dieselfde Here tog is Here van almal en is 30ryk oor almal 31wat Hom aanroep.
gWant: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
32Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle 33nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat 34preek?
En 35hoe kan hulle preek as hulle nie 36gestuur word nie? Soos geskrywe is: hHoe 37lieflik is die voete van die wat die evangelie van 38vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
Maar hulle was nie 39almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: iHere, wie het ons 40prediking geglo?
Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is 41deur die woord van God.
Maar ek sê: Het 42hulle miskien nie gehoor nie? 43Ja, seker! 44Oor die hele aarde het khulle stem uitgegaan en 45tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.
Maar ek vra: 46Het Israel 47dit miskien nie verstaan nie? 48Ten eerste sê Moses: lEk sal julle 49jaloers maak op dié wat 50geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen 51’n onverstandige volk.
En Jesaja 52durf selfs sê: mEk het My 53laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die 54wat na My nie gevra het nie.
Maar van Israel sê Hy: nDie hele dag het Ek 55my hande uitgebrei na ’n ongehoorsame en 56teësprekende volk.
| 1 Dit is, sodat hulle bekeer en sodoende salig mag word; daarmee word diegene verstaan wat uit onwetendheid gedwaal het, soos uit die volgende vers blyk; nie diegene wat teen die Heilige Gees gesondig het nie, van wie Christus spreek in Matt. 12:31. |
| a Hand. 22:3. Rom. 9:31. Gal. 4:17. | 2 Gr. ywer van God, dit is, ’n vurige begeerte het om die wet van God, en die godsdiens deur Moses ingestel, voor te staan, en diegene teë te staan wat dit skynbaar wou verander.
3 Gr. nie volgens kennis nie, dit is, nie met regte kennis waarvoor die wet en die godsdiens in die Ou Testament ingestel was nie, soos die volgende vers ook meebring. |
| 4 Dit is, wat God in die evangelie geopenbaar het, en wat God ons deur Christus skenk, 2 Kor. 5:21. Filip. 3:9.
5 Naamlik deur hulle eie werke, of deur die gehoorsaamheid van die wet; waarin hulle nogtans ver te kort kom, soos van alle mense bewys is in hfst. 3, en van Abraham en Dawid in hfst. 4. 6 Gr. daarstel. Hier word die vermetelheid van die menslike gemoed aangedui, wat sy eie geregtigheid voor God staande wil hou, soos die Fariseërs, Luk. 18:11, 12. 7 Dit is, wil hulle hul daaraan nie onderwerp nie; en daarom kan hulle tot die geregtigheid wat voor God bestaan, nie kom nie; soos in Rom. 8:7. |
| b Matt. 5:17. Hand. 13:38. 2 Kor. 3:13. Gal. 3:24. | 8 Dit is, die doel waarvoor die wet deur Moses gegee is, is sodat die mense, terwyl hulle daardeur tot kennis van hul sondes gebring is, hul toevlug tot Christus en sy geregtigheid sou neem, aangesien Hy die wet vir ons volkome volbring het. Sien Gal. 3:19, ens. |
| c Lev. 18:5. Eség. 20:11. Gal. 3:12. | 9 In hierdie sewe verse wat volg stel die apostel ’n duidelike onderskeid tussen die geregtigheid van die wet en die geregtigheid van die geloof; en bewys sowel die een as die ander met die woorde van Moses self.
10 Naamlik volmaak en sonder om iets na te laat, Deut. 27:26. Gal. 3:10. Jak. 2:10. |
| d Deut. 30:12. | 11 Dit is, lui soos volg; of: hieroor word aldus gespreek, Deut. 30:11, 12.
12 Sommige meen dat hierdie woorde eintlik deur Moses oor die bevele van die geloof gesê is, omdat hy kort tevore oor die besnydenis van die hart en die ware bekering gespreek het, Deut. 30:6, 10, wat eintlik beloftes is van die evangelie, en nie van die wet nie. Ander meen, omdat Paulus nie sê: Moses sê dit nie, maar: die geregtigheid uit die geloof sê dit, dat hierdie drie verse van Paulus op die geloof van toepassing gemaak word, omdat hy ook enkele woorde uitlaat, en enkele woorde daarby voeg; in hierdie betekenis: Indien Moses dit oor die gebooie van die wet gesê het, veel meer mag dieselfde gesê word van die beloftes en die bevele van die evangelie, wat nie net maklik is om te verstaan nie, soos die wet, maar ook makliker is om na te kom, deur die krag van God se Gees, wat deur die evangelie die geloof in ons werk, Gal. 3:2. 13 Naamlik omdat jy twyfel oor waar jy die weg van die saligheid sal soek en vind. 14 Naamlik om daarvandaan vir ons die wil van God oor ons geregtigheid en saligheid te haal. 15 Naamlik na ons toe, Christene, soveel asof ons ontken het dat Christus eens uit die hemel neergedaal het, om aan ons die weg te openbaar en die geregtigheid te verwerf; en dat Hy nog ’n keer daarvoor moes neerdaal. |
| 16 Naamlik om daar te sien hoe ons uit die hel verlos sou kon word, en daardie kennis daarvandaan te haal.
17 Dit is net so goed asof ’n mens wou hê dat Christus, om ons te verlos, die smarte van die dood en van die hel nog ’n keer sou moes ly en weer daaruit opstaan; wat Hy nou een maal gedoen het, en wat genoegsaam aan ons geopenbaar is. |
| 18 Naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is, soos in vers 6, waar hy slegs geantwoord het wat dit nie sê nie, maar nou antwoord hy wat dit wel sê.
19 Dit is, van die evangelie, waardeur ons tot die geloof vermaan en gebring word, Rom. 1:16. 20 Naamlik apostels, as getuies en boodskappers van Christus in sy Naam, 2 Kor. 5:20. |
| 21 Naamlik dat Hy jou Here en Saligmaker is, volgens die voorbeeld van Paulus, Gal. 2:20. 1 Tim. 1:15, 16.
22 Naamlik opreg, ooreenkomstig die geloof in jou hart. Die apostel stel hier die belydenis met die mond voorop, omdat dit daardeur van ander eerste bekend word. 23 Naamlik nadat Hy tot versoening vir jou sondes gesterf het, Rom. 4:25. |
| 24 Naamlik as synde ’n middel waardeur die geregtigheid van Christus aangeneem, ons toegereken en geskenk word, Rom. 3:24, 25; 4:5.
25 Die ware belydenis word hier gestel as ’n weg waardeur ons tot die saligheid, wat vir ons deur Christus se geregtigheid verwerf is, moet kom, Matt. 10:32, en as ’n kenmerk van die ware geloof, wat in die hart verborge is, 1 Joh. 4:15. |
| e Jes. 28:16. Rom. 9:33. | 26 Naamlik in Christus, oor wie in Jes. 28:16 geprofeteer word.
27 Die Hebreeuse woord in Jes. 28:16 kan ook beteken: sal hom nie haas nie, maar word in die Griekse weergawe vertaal: sal nie beskaam word nie, dit is, in sy mening bedrieg word nie; omdat diegene wat hom baie haas, sonder om te weet waarheen hy sy toevlug sal neem, maklik beskaam of bedrieg word. |
| f Hand. 15:9. Rom. 3:22. | 28 Naamlik nou in die tyd van die Nuwe Testament, Ef. 2:13.
29 Naamlik God in Christus, of: dieselfde Here van almal is ryk oor almal, ens. 30 Dit is, oorvloediglik genadig of goedertieren. 31 Naamlik deur die ware geloof, soos volg. En hieruit blyk dat die woord bely, verse 9, 10, ook die ware aanroeping bevat, wat ’n vername deel van ons belydenis voor God en die mense is, Dan. 6:11. |
| g Joël 2:32. Hand. 2:21. |
| 32 In die res van hierdie hoofstuk verklaar die apostel die middel waardeur die ware geloof in Christus verkry word, naamlik deur die verkondiging van die evangelie, verkondig deur diegene wat wettiglik daartoe gestuur is; hoewel dit nie in almal die behoorlike vrug dra nie.
33 Dit is, geen kennis het nie, waartoe hulle deur die aanhoor van God se Woord gebring word; omdat die kennis noodsaaklik tot die geloof vereis word, Joh. 17:3. 34 Naamlik die Woord van God. Die Griekse woord kerussein beteken eintlik om ’n uitroeping of openbare aankondiging te maak, wat deur die stadsbeamptes op las van die owerheid aan die burgers gebring word. Die woord word hier, soos ook deurlopend in die Heilige Skrif, gebruik vir die verkondiging van die evangelie, wat deur die apostels en ander leraars op bevel van Christus aan die mense gedoen word. Sien Matt. 3:1; 4:17, 23. Mark. 1:4, 7; 16:15. 2 Kor. 5:19, 20. |
| h Jes. 52:7. Nah. 1:15. | 35 Naamlik reg en behoorlik, op bevel van Christus en in Christus se Naam, soos tevore. Want daar was andersins ook diegene wat geloop en geprofeteer het voordat hulle gestuur was, Jer. 23:21.
36 Naamlik deur Hom wie se woord hulle verkondig. Hetsy dat dit buitengewoon deur God en Christus self, hetsy dat dit op die gewone manier gebeur deur die gemeentes en hul opsieners, wat deur God daartoe beveel is. 37 Dit is, aangenaam. Hierdie woorde is geneem uit Jes. 52:7, waar oor die verlossing en verbreiding van God se gemeente deur Christus, en oor die verkondiging van daardie verlossing gehandel word. 38 Naamlik met God deur Christus. Sien Rom. 5:1. Ef. 2:14. |
| i Jes. 53:1. Joh. 12:38. | 39 Naamlik aan wie die evangelie verkondig is.
40 Gr. gehoor; sien daaroor Joh. 12:38 se kanttekening. |
| 41 Naamlik wat verkondig is; of: deur die bevel van God, wat hulle gestuur het om te preek. |
| k Ps. 19:5. | 42 Naamlik Jode en heidene; want hy spreek hierna afsonderlik oor albei.
43 Naamlik hulle het dit almal waarlik gehoor. 44 Hierdie gedeelte, geneem uit Psalm 19, wat eintlik handel oor die kennis van God wat alle mense kan hê deur die aanskouing van die hemel en van die skepsele wat daarin is, meen sommige dat dit ook ’n profesie bevat van dit wat in die tyd van die apostels sou gebeur. Omdat die apostel dit egter nie eintlik byvoeg as iets wat Dawid vooruit aangekondig het nie, soos hy elders wel doen, so kan dit baie goed verstaan word as ’n heilige aanpassing of toepassing van hierdie woorde tot die voorneme van die apostel, soos in vers 6 soortgelyk in Deut. 30:11 gesien is. En daarom verander hy ook ’n woord of twee daarin, wat nie by sy bedoeling gepas het nie. 45 Naamlik deur die apostels en evangeliste onder alle volke van die wêreld, ook onder die heidene, volgens die bevel van Christus, Matt. 28:19. Mark. 16:15, waarvan die vervulling op daardie stadium reeds begin het om plaas te vind, Rom. 1:8; 15:19. Kol. 1:6. |
| l Deut. 32:21. | 46 Hier bewys die apostel met drie verskillende gedeeltes uit die Skrif van die Ou Testament, dat die Jode dit ook gehoor het, sowel as die heidene, maar dat die heidene dit aangeneem en die Jode dit merendeels verwerp het. En so lê hy die grondslag van dit wat hy hom voorgeneem het om in die volgende hoofstuk oor die aanneming van die heidene en die verwerping van die Jode te handel.
47 Dit is, dit miskien nie gehoor nie? Naamlik die woord van die evangelie, of van die geregtigheid van die geloof. 48 Naamlik tot Israel, dit is, tot die Joodse volk. 49 Naamlik omdat julle sal sien dat Ek die heidene, wat nie nou my volk is nie, in die tyd van die Messías meer voordeel sal gee in die aanneem van die evangelie, as julle, Jode, wat nou my volk is. Ek doen dit om julle ondankbaarheid te straf, en julle daardeur tot bekering te roep en op te wek. Want jaloersheid is eintlik ’n ongenoeë wat iemand hieroor het, dat hy sien dat ’n ander meer deel het aan iemand se liefde of weldaad, as hy self, aangesien hy meen dat dit hom meer toekom. Sien Rom. 11:11. 50 Naamlik van God nie, soos die heidene toe was. 51 So noem hy die heidene, omdat hulle die regte kennis van God en sy verordeninge nie gehad het nie, Ps. 147:19, 20. |
| m Jes. 65:1. | 52 Dit is, spreek nog vrymoediger van die bekering van die heidene en van hul roeping, nieteenstaande die ondankbaarheid van die Jode.
53 Naamlik deur die verkondiging van my evangelie en die kragtige werking van my Gees onder die heidene, wat God nie gesoek het nie, maar hul eie weë ingegaan het tot hul verderf. Sien Hand. 14:16; 17:30. 54 Dit is, wat sorgeloos hul onwetendheid en wêreldse luste nagevolg het. Sien Ef. 2:1, ens. Tit. 3:3-5. |
| n Jes. 65:2. | 55 Naamlik om hulle tot My en my geregtigheid te roep en uit te nooi. Sien soortgelyke spreekwyse in Spr. 1:20, ens.
56 Dit is, weerspannig, moedswillig. Sien ’n voorbeeld in Jer. 44:16. Eség. 3:7. |