Statevertaling – Bybelstigting

Romeine 11

Die toekoms van Israel.

1

EK1 vra dan: aHet God miskien 2sy volk 3verstoot? Nee, stellig nie! bWant ek is ook 4’n Israeliet 5uit die nageslag van Abraham, van die stam van 6Benjamin.

2

God het 7sy volk wat Hy vantevore 8geken het, nie 9verstoot nie. Of 10weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte 11oor Elía sê nie? — hoe hy by God 12optree 13teen Israel en sê:

3

cHere, hulle het u profete gedood en 14u altare het hulle 15afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle 16soek my lewe!

4

Maar wat sê 17die Godspraak aan hom? dEk het vir Myself 18seweduisend 19manne 20laat oorbly wat 21die knie voor 22Baäl nie gebuig het nie.

5

eNet so is daar dan ook 23in die teenwoordige tyd 24’n oorblyfsel, ooreenkomstig 25die verkiesing van die genade.

6

fEn as dit 26deur genade is, 27dan is dit nie meer 28uit die werke nie; 29anders is die genade 30geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit 31nie meer genade nie; anders is die werk 32geen werk meer nie.

7

33Wat dan? g34Wat 35Israel 36soek, dit het hy nie verkry nie; maar 37die uitverkorenes het dit verkry en 38die ander is 39verhard.

8

Soos geskrywe is: hGod het hulle gegee ’n 40gees 41van diepe slaap, i42oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, 43tot vandag toe.

9

En 44Dawid sê: kLaat hulle 45tafel vir hulle wees 46’n vangnet en ’n strik en ’n struikelblok en 47’n vergelding.

10

Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en 48buig hulle rug vir altyd krom.

11

49Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te 50val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle 51val het 52die saligheid tot die heidene gekom 53om hulle 54jaloers te maak.

12

En as 55hulle val 56die rykdom 57van die wêreld is en 58hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal 59hulle volheid dit nie wees nie!

13

60Want aan julle heidene sê ek: l61Vir sover as ek ’n apostel 62van die heidene is, 63verheerlik ek 64my bediening —

14

as ek tog maar net 65my eie volk 66jaloers kan maak en 67sommige 68uit hulle kan 69red!

15

Want as 70hulle 71verwerping 72die versoening 73van die wêreld is, wat sal 74hulle aanneming anders wees as 75lewe uit die dode?

16

En as 76die eerstelinge 77heilig is, dan 78die deeg ook; en as 79die wortel heilig is, dan 80die takke ook.

17

En as 81sommige van die takke 82afgebreek is, en 83jy wat 84’n wilde olyfboom was, 85onder hulle 86ingeënt is en deel gekry het 87aan die wortel en die vettigheid m88van die olyfboom,

18

moet dan nie teen 89die takke roem nie; en as jy roem — 90dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.

19

91Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.

20

92Goed! 93Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar 94jy staan deur die geloof. 95Moenie hoogmoedig wees nie, maar 96vrees.

21

Want as God 97die natuurlike takke nie 98gespaar het nie, sal Hy miskien 99jou ook nie spaar nie.

22

100Let dan op die 101goedertierenheid en die 102gestrengheid van God: gestrengheid 103oor die wat geval het, maar goedertierenheid 104oor jou 105as jy in die goedertierenheid bly; anders sal 106jy ook 107afgekap word.

23

nMaar ook 108hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, 109ingeënt word; want God is magtig om hulle 110weer in te ent.

24

Want as 111jy 112afgekap is van die olyfboom 113wat van nature wild was, en 114teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan 115hulle dan wat dit van nature is, op 116hul eie olyfboom ingeënt word?

25

Want ek wil nie hê, broeders, dat julle 117hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie 118eiewys mag wees nie: dat 119die verharding 120ten dele oor 121Israel gekom het ototdat 122die volheid van die heidene 123ingegaan het;

26

en 124so sal die 125hele Israel 126gered word, psoos geskrywe is: 127Die Verlosser sal uit Sion kom en sal 128die goddelooshede 129van Jakob afwend;

27

en dit is van my kant die verbond met 130hulle as Ek hulle sondes wegneem.

28

131Wat die 132evangelie betref, is hulle wel 133vyande 134ter wille van julle; maar wat die 135uitverkiesing betref, 136bemindes 137ter wille van die vaders.

29

Want die genadegawes en die roeping van God is 138onberoulik.

30

Want soos 139julle ook 140vroeër aan God 141ongehoorsaam was, maar nou 142barmhartigheid ontvang het 143deur hulle ongehoorsaamheid,

31

144so het hulle ook 145nou ongehoorsaam geword 146deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook 147barmhartigheid kan ontvang.

32

qWant God het hulle 148almal in die ongehoorsaamheid 149ingesluit om vir 150almal barmhartig te kan wees.

Lofsang.

33

151o, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis 152van God! Hoe rondeurgrondelik is 153sy oordele en onnaspeurlik 154sy weë!

34

sWant wie het die 155gedagte van die Here geken, of wie was sy 156raadsman gewees?

35

tOf wie het 157eers iets aan Hom gegee, dat dit hom 158vergeld moet word?

36

vWant 159uit Hom en 160deur Hom en 161tot Hom is 162alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. 163Amen.

a Jer. 31:37.

b 2 Kor. 11:22. Filip. 3:5.

1 Dit is, dit wat ek tevore gesê het oor die verwerping van die Jode, daarmee wil ek nie sê dat God al die Jode verstoot het nie; soos iemand daaruit sou kon aflei.

2 Dit is, die Jode, wat Hy in die besonder tot sy volk verkies het.

3 Gr. weggestoot, naamlik van die waardigheid waarin hulle gestel was, sodat hulle die beloofde seëning in Christus nie meer deelagtig sou wees nie.

4 Dit is, ’n Jood van afkoms, en nogtans deur God nie verstoot nie.

5 Naamlik na die vlees; en ook na die genade van die verbond wat God met Abraham en sy nageslag gesluit het, Gén. 17:1.

6 Naamlik die seun van Jakob, uit Ragel, een van die aansienlikste stamme van Israel, uit wie ook koning Saul gebore is, 1 Sam. 9:1, en koningin Ester, Est. 2:5.

7 Naamlik wat waarlik sy volk was, nie net na die vlees nie, maar ook na die belofte.

8 Dit is, as sy eie erken en verkies het, Matt. 7:23. Joh. 10:14. Rom. 8:29. 2 Tim. 2:19. 1 Petr. 1:2, 20.

9 Sien vers 1.

10 Dit is, ek meen dat julle wel weet.

11 Gr. in Elía, dit is, in die geskiedenis van Elía, wat beskryf word in 1 Konings 17 en verder.

12 Gr. benader, ontmoet, naamlik met woorde.

13 Dit kan gevoeg word óf by die woord optree, óf by die woord , naamlik terwyl hy kla oor die afval van die Israeliete.

c 1 Kon. 19:10. 14 Dit is, wat vroeër tot u diens en eer opgerig was.

15 Gr. ondergrawe, dit is, met ondergrawing omvergewerp, 1 Kon. 19:10, 14.

16 Dit is, hulle wil my lewe neem, Matt. 2:20.

d 1 Kon. 19:18. 17 Of: die goddelike openbaring. Sien Matt. 2:12, 22. Luk. 2:26.

18 Dit is, enkele duisende. ’n Hebreeuse spreekwyse. Gén. 33:3. Ps. 12:7.

19 Die Griekse woord sluit vroue nie uit nie.

20 Dit is, of gesorg dat hulle oorgebly het, terwyl Ek hulle deur my genade bewaar het dat hulle nie in afgodery geval het nie.

21 Naamlik om godsdienstige of enige ander eer te bewys, Ex. 20:5. Filip. 2:10.

22 Hierdie woord beteken iemand wat oor ander mag en gesag het, soos die man oor die vrou en ’n heer oor sy kneg; en met hierdie naam is ’n afgod van die Babiloniërs, Moabiete en Samaritane, genoem, Núm. 22:41. 1 Kon. 16:31, 32. 2 Kon. 10:26. Jer. 11:13. Hos. 2:12, 16.

e Rom. 9:27. 23 Naamlik van die verkondiging van die evangelie.

24 Dit is, God het nog enkele Jode laat oorbly wat die evangelie nie verwerp nie, maar dit aanneem, en wat kragtig geroep is; hulle mag slegs as ’n oorblyfsel of oorskot gereken word ten opsigte van die groot menigte van diegene wat dit verwerp en ongelowig bly.

25 Dit is, die genadige verkiesing, naamlik van die wat slegs uit genade van ewigheid af tot saligheid verkies is, en tydens hul lewe kragtig geroep word, Rom. 8:30.

f Deut. 9:4. 26 Naamlik dat hierdie mense tot die saligheid uitverkies en kragtig geroep is.

27 Of: dan is dit beslis nie.

28 Dit is, nie uit die verdienste of waardigheid van hul werke nie.

29 Naamlik as dit slegs uit die werke was, of uit die genade en werke tesame.

30 Naamlik omdat genade alle skuld, verdienste of waardigheid uitsluit, en nie daarmee saam kan bestaan nie; want genade is glad geen genade as dit nie geheel en al genade is nie, Rom. 4:4.

31 Naamlik maar ’n verdiende loon. Dit is, dan het hul verkiesing en roeping nie uit genade plaasgevind nie.

32 Dit is, geen werk van verdienste nie.

g Rom. 9:31. 33 Naamlik sal ons sê? Soos in Rom. 6:1; 7:7; 8:31. Dit is ’n teëwerping van iemand wat meen dat dit ongerymd is dat die Jode die geregtigheid nie sou verkry nie, aangesien hulle so ernstig daarna streef.

34 Naamlik dit sal ons sê.

35 Dit is, die Israeliete, dit is, die meeste van hulle, wat slegs na die vlees Israeliete is, Rom. 9:31. 2 Kor. 11:22.

36 Dit is, wat hy deur sy werke probeer verkry, naamlik die geregtigheid voor God en die ewige lewe.

37 Gr. die verkiesing het dit verkry, dit is, al die uitverkorenes onder die Israeliete, ten opsigte van en omdat hulle uit genade uitverkies is.

38 Naamlik wat nie uitverkies en kragtig geroep is nie.

39 Gr. vereelt. Sien Mark. 3:5 se kanttekening.

h Jes. 29:10.

i Jes. 6:9. Eség. 12:2. Matt. 13:14. Mark. 4:12. Luk. 8:10. Joh. 12:40. Hand. 28:26.

40 Dit is, gemoed.

41 Of: prikkelende gees, soos die Griekse woord ook beteken. Maar die woorde in die teks kom beter ooreen met die Hebreeuse woord in Jes. 29:10.

42 Dit is, wat onbekwaam is om te sien.

43 Hierdie woorde moet gevoeg word by die woord verhard, vers 7. Sien ook 2 Kor. 3:15.

k Ps. 69:23. 44 Naamlik as ’n voorbeeld van Christus, en terwyl hy van Christus profeteer.

45 Dit is, al hul vermaak.

46 Dit is, tot hul verderf; soos ’n strik waarmee wilde diere gevang word en ’n struikelblok in hierdie beeld dieselfde beteken.

47 Dit is, waarmee hulle vergeld sal word, wat die ewige verderf is.

48 Hebr. laat hulle heupe wankel, dit is, dat hulle gewete mag bewe en benoud wees; of neem hul krag van hulle af weg.
49 Of: Hulle dan, sê ek, het hulle, ens.

50 Naamlik in ongeloof, deur die verwerping van die evangelie sonder hoop op bekering. Of: verval, verlore gaan, soos in Openb. 18:2.

51 Dit is, die verwerping van die evangelie deur die grootste deel onder hulle.

52 Dit is, hierdie val was ’n geleentheid dat die evangelie aan die heidene verkondig is, en dat hulle daardeur tot die saligheid geroep en gebring is.

53 Naamlik die Jode wat die evangelie nie aanneem nie.

54 Dit is, deur die voorbeeld van die gelowige heidene opgewek mag word om, terwyl hulle dit navolg, die evangelie ook met die heidene aan te neem en hulle tot Christus te bekeer, en daardeur die saligheid ook te verkry. Want jaloersheid is ook ’n beweging van die gemoed, waardeur iemand, terwyl hy ’n ander sien wat goed het wat hy nie het nie, met ’n ywer en lus aangevuur word, om ook na dieselfde goed te streef en dit te verkry.

55 Dit is, die Jode se ongelowigheid en hulle verwerping van die evangelie. Sien vers 11.

56 Dit is, tot ’n ryk en oorvloedige kennis van Christus en van die evangelie geleentheid gegee het.

57 Dit is, van die heidene wat oor die hele wêreld verstrooi is, soos hierna verklaar word.

58 Dit is, dat so min onder hulle die evangelie aangeneem het, was die geleentheid dat die evangelie so ryklik aan die heidene bedien is.

59 Dit is, wanneer die Jode in groot getalle en menigtes die evangelie sal aanneem, sal dit naamlik die rykdom van die heidene wees.

l Hand. 9:15; 13:2; 22:21. Gal. 1:16; 2:8. Ef. 3:8. 1 Tim. 2:7. 2 Tim. 1:11. 60 Hy spreek nou dié deel van die gemeente van Rome aan wat uit die heidene geroep was.

61 Of: Omdat; en daarom behoort my bediening en vermaning by die heidene des te meer van krag te wees.

62 Naamlik vernaamlik; andersins was hy ook aangestel om ook aan die Jode die evangelie te verkondig, soos hy ook gedoen het, en hier nog doen.

63 Dit is, versier dit deur dit in alle ywer en getrouheid te bedien, om baie heidene tot Christus te bekeer; wat ’n eer en sieraad is vir my bediening, Filip. 4:1. 1 Thess. 2:19.

64 Naamlik van die apostelskap.

65 Gr. vlees. Dit is, my bloedverwante, die Jode. Sien Gén. 29:14. Jes. 58:7. Rom. 9:3.

66 Sien vers 11 se kanttekening.

67 Naamlik enkele; omdat hy geweet het dat die tyd nog nie gekom het, dat hulle in groot menigtes tot bekering sou kom nie.

68 Naamlik uit die Jode, wat my eie volk is.

69 Naamlik, terwyl ek hulle deur my diens tot die geloof in Christus bring, deur wie alleen die saligheid verkry word. Sien 1 Kor. 3:5. 1 Tim. 4:16.

70 Dit is, van die grootste deel van hulle.

71 Of: wegwerping, verstoting; naamlik vanweë die veragting en verwerping van die evangelie.

72 Dit is, die geleentheid was dat die evangelie, wat die bediening is van die versoening, 2 Kor. 5:18, aan die heidene verkondig is, Hand. 13:46, 47.

73 Dit is, van die heidene, wat by verre die grootste deel van die wêreld bewoon en oor die hele wêreld verstrooi is.

74 Naamlik tot die gemeente van Christus, wanneer die Jode hulle in groot menigtes tot Christus sal bekeer.

75 Dit is ’n algemene spreekwoord, waarmee ’n baie groot verandering ten goede te kenne gegee word, asof iemand wat dood was opnuut lewend geword het. Dit gebeur deur die verkondiging van die evangelie, waardeur diegene wat dood was, Ef. 2:1, lewend gemaak word, Joh. 6:68. Filip. 2:16.

76 Dit is, Abraham en die aartsvaders, van wie die Jode afkomstig was. Die apostel gebruik hier ’n beeld van die eerste brode, wat volgens die wet geoffer is tot heiliging van die ander vrugte, Lev. 23:14, 17. Núm. 15:20.

77 Dit is, tot die verbond behoort, 1 Kor. 7:14.

78 Dit is, die nakomelinge, wat van hulle afkomstig is, aangesien God die verbond nie net met hulle gesluit het nie, maar ook met hul nageslag, Gén. 17:7.

79 Dit is ’n ander beeld, geneem van die bome, om dieselfde te verklaar; daardeur word ook die aartsvaders verstaan, uit wie die Jode gespruit het.

80 Dit is, die Jode, wat soos takke uit hierdie wortel gespruit het.

m Jer. 11:16. 81 Dit is, sommige ongelowige Jode. Van hier af vermaan die apostel die geroepe heidene, dat hulle nie moet roem teen die verstote Jode nie, maar moet toesien dat hulle deur hul voorbeeld gewaarsku mag word, om daarteen te waak dat hulle nie ook met die verstote Jode in ongeloof verval nie, sodat hulle nie ook dieselfde oorkom nie.

82 Naamlik van die wortel en die stam, dit is, verstoot is van die verbond.

83 Naamlik geroepe heiden. Die apostel spreek hier tot al die geroepe heidene, nie hierdie een of daardie een in die besonder nie.

84 Dit is, ’n tak of ent van ’n wilde olyfboom geneem, dit is, uit die heidene, wat ’n ongelowige volk was.

85 Dit is, in die plek van die afgebreekte takke, wat die ongelowige Jode is. Gr. in hulle.

86 Dit is, in die gemeente van God ingelyf.

87 Dit is, aan die sap, wat uit die wortel voortkom en in die takke versprei; wat hier ook vettigheid genoem word. Daardeur word verstaan die voordele en beloftes, wat deur God aan die Jode gegee is.

88 Dit is, van die Israelitiese gemeente.

89 Dit is, die Jode, wat vanweë hul ongeloof nou afgebreek is, naamlik asof jy van nature hierdie genade waardiger was.

90 Naamlik so sal jy hiermee geantwoord word, dat jy geen rede het om teen hulle te roem nie, omdat jy ’n ent is, wat nie die wortel dra nie, maar deur die wortel gedra word.

91 Dit is, jy sal dit dan bedink en sê waarom jy teen hulle sou mag roem.
92 Dit is, dit is so; dit antwoord die apostel.

93 Dit is, maar dit moet jy weet en bedink, dat hulle deur hul ongelowigheid afgebreek is, waartoe jy ook van nature geneig is, en ook sou kan verval, as jy hulle voorbeeld sou navolg.

94 Dit is, jy is ingeënt en het tot nou toe staande gebly.

95 Naamlik óf vanweë enige waardigheid van jou kant, waarom jy sou ingeënt wees, óf vanweë jou kragte in jouself om staande te bly.

96 Naamlik dat jy nie saam met hulle in ongeloof val en daardeur ook afgekap word nie. Hierdie vrees is ’n heilige sorgvuldigheid om in die geloof te volhard, wat wel gepaard kan gaan met die versekering van die saligheid, Filip. 2:12.

97 Gr. wat na die natuur is, dit is, die Jode, wat natuurlikerwys van die heilige vaders afkomstig is. God het sy verbond met hulle en hul nageslag opgerig, Gén. 17:7, en hulle is in die Joodse gemeente (volk) gebore.

98 Naamlik maar uit sy gemeente en verbond verstoot het.

99 Naamlik wat, terwyl jy uit ’n wilde olyfboom geneem is, as ’n vreemde tak ingeënt is, dat Hy jou ook nie vir dieselfde rede verstoot nie.

100 Dit is, let dan wel in hierdie saak op albei hierdie eienskappe van God, wat hulle daarin vertoon.

101 Of: goedaardigheid, dit is, genade, barmhartigheid.

102 Gr. afsnyding, of: afgesnedenheid, presiesheid, soos diegene wat streng is, hul woorde kort afsny; dit is, streng regverdigheid.

103 Dit is, oor die Jode, wat in ongeloof geval het en daarom regverdiglik deur God verstoot is, naamlik om deur hul voorbeeld vermaan en gewaarsku te word, dat jy daarteen waak om nie ook tot ongeloof te verval, en ook so saam met hulle regverdiglik verstoot te word nie.

104 Naamlik wat uit die heidene genadiglik geroep is, sonder enige waardigheid of verdienste van jou kant af; om daardeur vermaan te word dat jy teen die Jode nie behoort te roem nie.

105 Dit is, in die stand van genade en van geloof, waarin jy deur die genade en goedertierenheid van God gestel is. Sien dergelike spreekwyse in vers 31.

106 Die apostel spreek hier ook van die hele liggaam van die geroepe heidene, soos in vers 17.

107 Naamlik as onnutte takke, Joh. 15:2, 6. Dit is, verstoot word.

n 2 Kor. 3:16. 108 Naamlik die Jode, of die Joodse volk.

109 Dit is, na die gemeente van God teruggebring word.

110 Dit is, hulle verharde hart te verander, hulle met die geloof te begiftig, en daardeur as ’t ware weer in te ent.

111 Naamlik geroepe heiden.

112 Naamlik nie om weggewerp te word nie, maar om ingeënt te word.

113 Dit is, uit die heidene, wat van nature vreemd was van die verbonde van die beloftes, Ef. 2:12.

114 Naamlik van jou afkoms, omdat jy ’n wilde olyfboom was, en deur ’n besondere genade van God in die regte of mak olyfboom ingeënt is.

115 Naamlik Jode, wat van die vaders, met wie God sy verbond gesluit het, afkomstig is.

116 Naamlik waarvan hulle afgekap was.

o Luk. 21:24. 117 Dit is, hierdie saak, wat tot nou toe aan min mense bekend was.

118 Dit is, verwaand of hoogmoedig in julle oë, Spr. 3:7. Rom. 12:16.

119 Dit is, die ongehoorsaamheid, soos in verse 30, 32. Sien vers 7.

120 Dit is, nie van alle Jode nie, maar van sommige, hoewel baie. Want daar het nog altyd ’n klein oorblyfsel behoue gebly, en daarna sal hulle hul in groot menigtes bekeer.

121 Dit is, die Israelitiese volk, die Jode.

122 Dit is, die volle getal; of die menigte van die heidene, en as ’t ware die liggaam daarvan. Sien dergelike in vers 12.

123 Naamlik deur belydenis van die Christelike geloof in die gemeente van God.

p Ps. 14:7. Jes. 27:9; 59:20. Jer. 31:31-34. 2 Kor. 3:16. Hebr. 8:8; 10:16. 124 Dit is, dan, naamlik wanneer die volheid van die heidene ingegaan het.

125 Dit is, nie net enkeles nie, maar ’n baie groot menigte, en as ’t ware die hele Joodse nasie.

126 Naamlik deur die verkondiging van die evangelie kragtig geroep, en deur die geloof geregverdig.

127 Gr. Hy wat uittrek, naamlik iemand uit enige swarigheid. Hebr. Goël. Waardeur die Messías verstaan word, wat as ’n naaste bloedverwant van die Jode hulle uit die verderf sal trek en verlos.

128 Naamlik omdat Hy hulle deur die Gees van die wedergeboorte van die goddelooshede bekeer, en hulle dit vergewe.

129 Dit is, van die Jode, wat Jakob se nakomelinge is.

130 Naamlik die Jode, wat daarom, aangesien hierdie verbond onveranderlik en vas is, nog bekeer sal word tot die geloof, sodat hul sondes daardeur vergewe en weggeneem mag word.
131 Dit is ’n antwoord op ’n teëwerping, dat dit nie baie geloofwaardig was dat die Jode weer aangeneem sou word nie, omdat hulle deur die verwerping van die evangelie deur God gehaat was. Die apostel erken dat hulle wel daarom gehaat was, maar dat hulle ook ewenwel vir ’n ander rede bemin was, naamlik omdat hulle afkomstig is van die vaders, wat God tot sy volk uitverkies het.

132 Dit is, hulle is vyande omdat hulle nou, op hierdie oomblik, die evangelie verwerp en bestry.

133 Dit is, deur God gehaat.

134 Dit is, sodat julle, heidene, in hulle plek geroep en ingeënt sou word. Of: omdat hulle julle vanweë die belydenis van die evangelie haat en vervolg.

135 Dit is, omdat God hierdie nasie uit alle ander tot sy volk uitverkies het, en nog onder hulle sy uitverkorenes het.

136 Naamlik van God, dit is, aangenaam vir God.

137 Dit is, vanweë die verbond wat God met Abraham en sy nakomelinge en die ander aartsvaders, van wie die Jode afkomstig is, gesluit het, Gén. 17:7.

138 Dit is, sodanig, dat God geen berou daaroor kry nie, dit is, onveranderlik is; want by die mense ontstaan verandering van voorneme dááruit, dat dit hulle berou dat hulle so ’n voorneme gemaak het, 1 Sam. 15:29. 2 Kor. 7:10.
139 Naamlik geroepenes uit die heidene.

140 Naamlik voordat Christus gekom het en aan julle verkondig is.

141 Naamlik omdat julle sy Woord nie geglo en sy gebooie nie onderhou het nie.

142 Dit is, alleen uit God se barmhartigheid deur die verkondiging van die evangelie tot die geloof geroep is.

143 Dit is, toe die Jode die evangelie ongehoorsaam was, het God die evangelie tot julle laat kom, vers 11. Ongehoorsaamheid is meer as ongelowigheid, want dit beteken ’n hardnekkigheid deur nie te wil glo nie.

144 Of: so het hulle ook nou ongehoorsaam geword, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang deur die barmhartigheid aan julle.

145 Naamlik nadat Christus gekom het en aan julle verkondig is.

146 Dit is, deur die kragtige roeping en die geloof wat God aan julle, heidene, enkel en alleen uit barmhartigheid en genade gegee het.

147 Naamlik terwyl hulle die barmhartigheid wat aan die heidene betoon is, en hulle geloof, opmerk, deur dieselfde genade opgewek sou word om hul voorbeeld te volg en sodoende ook dieselfde barmhartigheid van God deelagtig te word.

q Gal. 3:22. 148 Naamlik sowel Jode as heidene.

149 Of: as ’t ware saamgebind.

150 Dit is, sodat almal, sowel Jode as heidene, salig gemaak sou word, alleen uit God se barmhartigheid en genade, en nie uit hul verdienste nie. Sodat onder die woord almal nie elke mens in die besonder verstaan word nie, want dit gebeur nie; maar almal wat uit die Jode of die heidene uit barmhartigheid salig word. Sien Joh. 12:32. Gal. 3:22.

r Ps. 36:7. 151 Dit is, baie oorvloedige verborgenheid van geestelike wysheid.

152 Nie wat God in ons werk nie, maar die wat in God self is, waardeur Hy alles wyslik oorlê en bestier.

153 Dit is, sy wyse wat Hy volg in die skikking en bestiering van die mens se verkiesing en verwerping.

154 Dit is, sy redes, waarom Hy dit of dat doen.

s Jes. 40:13. 1 Kor. 2:16. 155 Of: mening, voorneme, raad.

156 Naamlik wat Hom raad sou gegee het, hoe en aan wie Hy die saligheid tot sy meeste eer sou teweegbring. Niemand anders naamlik as Hy self nie, ooreenkomstig sy oneindige wysheid.

t Job 41:2. 157 Of: tevore gegee; dit is, eers iets goeds gehad of gedoen tot eer van God, waardeur God aan hom verplig sou wees.

158 Naamlik na verdienste; naamlik, indien daar iemand is wat aan God eers iets gegee het. Waarmee hy wil aantoon dat, aangesien God aan niemand verskuldig is om enige vergelding te gee nie, die saligheid dus nie uit verdienste nie, maar uit genade deur Hom gegee word, Ps. 16:2.

v Spr. 16:4. 1 Kor. 8:6. 159 Naamlik as die eerste oorsaak, wat alles ooreenkomstig sy wyse raad skik en ordineer.

160 Naamlik as die Een wat alles werk wat vir die mens tot saligheid nodig is, en dit wat volgens sy wyse raad geordineer is, kragtig uitvoer.

161 Naamlik as tot die uiterste einde, tot wie se eer alles moet strek en gebring word, Spr. 16:4.

162 Naamlik wat nie net die skepping, onderhouding en regering van alle skepsele aangaan nie, maar vernaamlik die saligmaking van mense, waaroor hier in die besonder gehandel word.

163 Sien oor hierdie woord Matt. 6:13 se kanttekening.