Statevertaling – Bybelstigting
Toewyding aan God. Ootmoed en getrouheid in die gebruik van sy gawes.
EK1 vermaan julle dan, broeders, 2by die ontferminge van God, adat julle 3jul liggame b4stel as 5’n lewende, 6heilige en 7aan God welgevallige offer — dit is julle 8redelike godsdiens.
cEn word nie aan 9hierdie wêreld 10gelykvormig nie, maar 11word verander deur die vernuwing van julle 12gemoed, dsodat julle kan 13beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte 14wil van God is.
Want deur 15die genade ewat aan my gegee is, 16sê ek vir 17elkeen wat onder julle is, fdat hy nie van homself 18meer moet dink as wat ’n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet 19dink om 20besadig te wees 21gna die maat van geloof soos 22God dit 23aan elkeen 24toebedeel het.
25Want hsoos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,
iso is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
En ons 26besit 27genadegawes wat kverskil volgens die genade wat aan ons gegee is:
28is dit 29lprofesie, na 30die maat van die geloof; mof 31bediening, in die werk van bediening; of 32wie leer, in die lering;
of 33wie vermaan, in die vermaning; 34wie uitdeel, n35in opregtheid; 36wie ’n voorganger is, met ywer; 37wie barmhartigheid bewys, o38met blymoedigheid.
Liefde, vurigheid, nederigheid, weldadigheid.
LAAT 39die liefde 40ongeveins wees; p41verafsku wat sleg is; 42hang die goeie aan;
qwees 43hartlik teenoor mekaar met 44broederlike liefde; rdie een moet die ander 45voorgaan in eerbetoning;
wees nie 46traag 47in die ywer nie; 48wees vurig van gees; 49dien die Here;
s50verbly julle 51in die hoop; twees geduldig in die verdrukking; vvolhard in die gebed.
x52Maak voorsiening in die behoeftes 53van die heiliges; y54streef na gasvryheid;
zseën die wat julle vervolg, 55seën en moenie 56vervloek nie;
57wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;
awees 58eensgesind onder mekaar; bmoenie na 59hoë dinge streef nie, 60maar voeg julle 61by die nederige; 62moenie eiewys wees nie;
c63vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; d64bedink wat goed is 65voor alle mense;
eas dit 66moontlik is, 67sover as dit van julle afhang, leef in vrede met 68alle mense.
fMoenie julle wreek nie, geliefdes, maar 69gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: gAan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
hAs 70jou vyand dan 71honger het, 72gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof 73vurige kole ophoop.
Laat jou nie 74deur die kwaad 75oorwin nie, maar 76oorwin die kwaad 77deur die goeie.
| a 1 Petr. 2:5.
b Rom. 6:13, 16. |
1 Of: Ek roep julle op.
2 Dit is, omdat God ons sodanige veelvoudige barmhartigheid in Christus betoon het, soos in die voorgaande geleer is en waarna die woordjie dan verwys. 3 Dit is, julself, geheel en al. ’n Hebreeuse manier van spreek, waardeur ’n deel vir die geheel geneem word; soos dit in 1 Thess. 5:23 en die kanttekening verklaar word. 4 Dit is, offer; soos die offers vir die Here aangebied, voor Hom daargestel en sodoende aan Hom toegeken word. 5 Dit is, nie liggaamlik deur slagting doodgemaak nie, maar geestelik, deur doding van die begeerlikhede geslag te wees, om vir God te lewe, Rom. 6:11. 2 Kor. 5:15. Kol. 3:3, 5. 6 Dit is, soos die diere wat in die Ou Testament geoffer was, sonder vlek of gebrek moes wees, Ex. 12:5. Lev. 1:10. Deut. 15:21, dat ons ons net so moet afsonder van alle onheilighede. 7 Dit is, wat voortkom uit ’n opregte en verslae hart wat deur die geloof gereinig is, waarsonder geen offer God behaag nie, Jes. 1:11; 66:3. Jer. 6:20; 7:20 of 29. Hos. 6:6. Hebr. 11:4, 6. 8 Dit is, ’n godsdiens wat nie bestaan uit die uiterlike offer van redelose diere, soos in die Ou Testament nie, maar uit die geestelike offer van redelike mense, dit is, van julleself, Hebr. 13:15. 1 Petr. 2:5. |
| c 1 Joh. 2:15.
d Ef. 5:17. 1 Thess. 4:3. |
9 Gr. aioon, dit is, hierdie eeu; naamlik wat in die mag van die Bose lê, 1 Joh. 5:19 en die kanttekening.
10 Dit is, moenie die vorm of die gedaante van hierdie bose wêreld aanneem nie. Hoedanig hierdie vorm was, beskryf die apostel in Rom. 13:13. Ef. 4:18, 19, Petrus in 1 Petr. 4:3, en Johannes in 1 Joh. 2:16. 11 Gr. metamorfose, dit is, in vorm of gedaante verander, herstel; nie na die liggaam nie, soos die digters in hul fabelagtige digwerk geskryf het dat dit soms gebeur het, maar na die siel en die kragte daarvan, naamlik na die verstand, na die wil en die neigings. 12 Of: verstand. Sien Ef. 1:18; 2:3; 4:23. Kol. 1:21. 13 Dit is, onderskei; of: ’n bewys gee deur jul godsalige lewe, dat julle verstaan wat die goeie wil van God is. 14 Naamlik waarvolgens ons, as die enigste en volmaakte reël, ons lewe moet inrig; wat Hy volkome in sy Woord aan ons geopenbaar het. |
| e Rom. 1:5.
f Ef. 4:7. g 1 Kor. 12:11. Ef. 4:7. |
15 Dit is, volgens die amp van die apostelskap, wat my uit genade toevertrou is, en volgens die gesag wat deur God aan my as ’n apostel en gesant van Hom gegee is.
16 Dit is, ek beveel. 17 Naamlik wat enige openbare bediening of besondere gawe het, Deut. 29:29. Spr. 25:27. Pred. 7:16. 18 Gr. te wys wees; naamlik bo sy begrip of roeping. Of: hom nie verbeel dat daar by hom oorvloediger wysheid is as by ander nie. 19 Gr. wys wees. Naamlik in goddelike sake; want dit mag en moet ook deur ons met eerbied en aandagtige noukeurigheid ondersoek word. 20 Naamlik van die verstand of van die wetenskap, soos die Griekse woord meebring, terwyl hy hom tevrede hou met die kennis van die dinge wat vir die saligheid nodig of diensbaar is. 21 Dit is, na die deel wat deur God aan elkeen van die gelowiges uitgedeel is. Want daar is niemand wat ’n volmaakte kennis van alles het nie, maar die een het minder, die ander meer, 1 Kor. 7:7; 13:9. Ef. 4:7. 22 Dit is, gedagtig daaraan dat dit God is wat die kennis wat julle het, aan julle gegee het, 1 Kor. 7:17, en dat julle jul daarom nie daaroor met hovaardigheid moet verhef nie. 23 Dit is, gedagtig ook daaraan dat nie net julle die kennis het nie, maar dat dit, en dikwels ook nog meer, aan ander uitgedeel is. 24 Naamlik soos ’n vader wat elkeen van sy gesinslede sy deel gee, die een ’n bietjie meer, die ander ’n bietjie minder, vir die een dit, vir die ander iets anders. |
| h 1 Kor. 12:27. Ef. 1:23; 4:16; 5:23. Kol. 1:24. | 25 Hy verklaar dit met die beeld van ’n liggaam en die ledemate daarvan; waarmee hy bewys dat al die dienste en gawes, wat die een of die ander lidmaat van die gemeente het, volgens die gemeenskap van die heiliges, tot algemene stigting van die hele liggaam van die gemeente aangewend moet word. Sien oor hierdie beeld ook 1 Kor. 10:17; 12:12, ens. Ef. 4:12, 16, 25; 5:30. Kol. 2:19; 3:15. |
| i 1 Kor. 12:4. 2 Kor. 10:13. 1 Petr. 4:10. |
| k 1 Kor. 12:4. | 26 Naamlik sommige buitengewoon, waaroor die apostel in 1 Korinthiërs 12 en 14 handel, sommige gewoon, waarvan hier vernaamlik gespreek word; wat ook ’n verskeidenheid is, soos hierna verklaar word.
27 Gr. garismata; so word die bedieninge en die gawes wat daarvoor nodig is genoem, omdat hulle deur God uit genade aan die mense geskenk word. |
| l 1 Kor. 12:10.
m 1 Petr. 4:10, 11. |
28 Ander vul die sin aldus aan: laat ons die genadegawes só aanwend: is dit profesie, laat ons dan wys wees na die maat van die geloof, ens.
29 Dit is, die gawe of roeping om te profeteer. Hierdeur word nie soseer verstaan die gawe om toekomende dinge vooruit aan te kondig nie, soos die profete van die Ou Testament gehad het, en in die Nuwe Testament Ágabus, Paulus, Petrus, Johannes en ander, soos hierdie woord gebruik word in 1 Kor. 12:28. Ef. 4:11, maar wel die uitlê van die ware betekenis van die Heilige Skrif, en om dit tot vertroosting en vermaning op die gemeente toe te pas, sien 1 Kor. 14:1, 3. 30 Gr. analogian; waardeur verstaan word óf die mate van kennis wat deur God aan iemand gegee is, soos in vers 3. Ef. 4:7, óf die gelykmatigheid en ooreenkoms van die hoofsake van die Christelike leer, soos dit duidelik in God se Woord en in die artikels van die geloof beskryf word, wat soos ’n reël is waarvolgens alle verklarings van die Heilige Skrif gedoen moet word. 31 Gr. diakonian. Die woord word hier in die algemeen gebruik vir die bedieninge wat hierna in besondere soorte verdeel word. Sien Hand. 1:17. 1 Kor. 12:5. 32 Dit is, wat geroep is om ’n leraar te wees. Omdat hierdie leraars hier onderskei word van diegene wat vermaan, meen sommige dat hierdeur in die besonder diegene verstaan word wat vernaamlik geroep is om die Christelike leer te verklaar, en dit teen die valse leraars en teësprekers te verdedig. |
| n Matt. 6:1-3.
o Deut. 15:7. 2 Kor. 9:7. |
33 Of: wie vertroos; waardeur die leraars verstaan kan word wat vernaamlik geroep is om die Christelike leer aan die gemeente toe te pas tot vermaning en vertroosting; hulle word andersins herders genoem, Jer. 3:15; 23:4. Sag. 10:2. Ef. 4:11. 1 Petr. 5:2, 4.
34 Dit is, wat geroep is om die aalmoese en kollektes van die gemeente bymekaar te maak, en aan die armes volgens hul nood uit te deel. Hulle word in die besonder diakens genoem. Sien oor hulle Handelinge 6. 35 Naamlik van die hart, deur nie streng of hoogmoedig teenoor die armes te wees nie, ook nie uit voorkeur of nyd te gee nie; maar met ’n medelydende en opregte hart hul nood aan te sien, en hulle daarin getrou by te staan. 36 Of: wat oor ander gestel is. Waardeur die ouderlinge verstaan kan word, wat nie in die Woord arbei nie, 1 Tim. 5:17, maar saam met die herders sorg dra vir die gemeente, om haar te regeer en in Christelike vrede en dissipline te bewaar. Hulle word anders regeringe genoem, 1 Kor. 12:28 en die kanttekening. 37 Daardeur kan ’n sekere soort diakens en diakonesse verstaan word, wat besondere sorg en bediening gehad het oor die siekes, ballinge en vreemdelinge, 1 Tim. 5:9, 10 en die kanttekening, wat een van die mees besondere werke van barmhartigheid is. 38 Dit is, met ’n gewillige en toegeneë hart, sonder dat hierdie moeilike diens jou ontmoedig, of om nors teenoor die arme te wees. |
| p Ps. 97:10. Amos 5:15. | 39 Onder die Christelike deugde word hierdie deug eerste gestel, omdat alle ander deugde daarin vervat is, en daarmee gepaard moet gaan, Rom. 13:8-10. 1 Kor. 13:2. 1 Tim. 1:5.
40 Dit is, dit bestaan nie net in woorde en uiterlike gebare nie, maar vernaamlik in ’n opregte toegeneentheid van die hart, 1 Joh. 3:18. 1 Petr. 1:22. 41 Hy vermaan nie net om die kwaad te ontvlug nie, maar ook om dit as ’n gruwelike saak te haat, Ps. 139:22. 42 Gr. kleef aan, of: word aangekleef, naamlik asof met gom, deur aan die goeie vas te hou, sonder om daarvan afgetrek te word, 1 Kor. 6:16, 17. In hierdie twee dele bestaan die ganse bekering van die mens, Ps. 34:15. Jes. 1:16, 17. |
| q Ef. 4:2. Hebr. 13:1. 1 Petr. 1:22; 2:17.
r Filip. 2:3. 1 Petr. 5:5. |
43 Die Griekse woord beteken so ’n liefde waarmee ouers hul kinders van nature liefhet, wat die grootste en vurigste liefde is.
44 Dit is, so ’n liefde soos diegene betaam wat nie net van een vlees is nie, Jes. 58:7, maar wat ook deur die geloof broeders van een Vader in die hemele is, 1 Thess. 4:9. Hebr. 13:1. 1 Petr. 1:22; 2:17. 45 Dit is, bejeën mekaar met alle burgerlike eerbied en beleefdheid volgens elkeen se staat, sonder om te verwag dat jy eers deur jou broeder só bejeën word. |
| 46 Of: lui.
47 Gr. in die beywering, dit is, in vlytige waarneming van die werke van jou roeping. 48 Dit is, ywerig, nie lou nie, Openb. 3:16. 49 Dit is, julle moet as diensknegte van die Here alles wat tot sy diens en eer vereis word, vlytig betrag, Ps. 2:11. Ef. 6:7. Ander lees in die Grieks in plaas van Kurio, dit is, die Here, kairo, dit is, die tyd; in so ’n betekenis soos in Ef. 5:16. Kol. 4:5. |
| s Rom. 15:13. 1 Thess. 5:16.
t Hebr. 10:36; 12:1. Jak. 5:7. v Luk. 18:1. Ef. 6:18. Kol. 4:2. 1 Thess. 5:17. |
50 In hierdie vers word drie remedies aangewys om te gebruik in tyd van kruis en teëspoed.
51 Naamlik van die verlossing en van die saligheid. |
| x 1 Kor. 16:1.
y Hebr. 13:2. 1 Petr. 4:9. |
52 Dit is, neem self ook deel in die gee van gawes tot onderhoud van die armes. Of: Hê gemeenskap aan die nood van die heiliges.
53 Dit is, van die arm, gebreklydende Christene. 54 Gr. Volg of vervolg die gasvryheid, jaag dit na; soos Abraham en Lot gedoen het, Gén. 18:1, 2; 19:1, 2. |
| z Matt. 5:44. 1 Kor. 4:12. | 55 Hy herhaal hierdie woord, om aan te toon hoe nodig hierdie vermaning is.
56 Naamlik soos die vleeslike mense gewoonlik doen, 1 Kor. 4:12. 1 Petr. 2:23. |
| 57 Dit is, as dit met jou naaste goed gaan, dat hy rede het om daaroor bly te wees, verbly jou ook oor sy voorspoed; en as hy daarenteen in ellende en teëspoed is, en daaroor bedroef is, neem jy dan ook sy ellende ter harte asof dit jou aangaan, 1 Kor. 12:26. Hebr. 13:3. |
| a Rom. 15:5. 1 Kor. 1:10. Filip. 2:2; 3:16. 1 Petr. 3:8.
b Spr. 3:7. Jes. 5:21. |
58 Hier word nie net die eensgesindheid van gevoel en verstand in die hoofsake van die Christelike leer verstaan nie, maar ook vernaamlik die eensgesindheid van die gemoedere en geneentheid tot mekaar.
59 Naamlik wat jul begrip, kragte of roeping te bowe gaan; of: bedink nie, naamlik vanuit julself, groot dinge nie. 60 Die Griekse woord beteken dat jy jou deur iemand laat lei, dit is, jou na iemand voeg of skik. 61 Naamlik dinge of sake, dit is, dinge wat op nederigheid dui, soos hy tevore na hoë dinge verwys het. 62 Sien vers 3. |
| c Spr. 20:22. Matt. 5:39. 1 Kor. 6:7. 1 Thess. 5:15.
d 2 Kor. 8:21. 1 Petr. 2:12. |
63 Dit leer Christus ook in Matt. 5:39.
64 Dit is, lê jou daarop toe om dit sorgvuldig te betrag. 65 Dit is, nie net in teenwoordigheid voor God nie, maar ook voor allerlei mense, sowel voor die ongelowiges as voor die gelowiges, 2 Kor. 8:21. |
| e Mark. 9:50. Hebr. 12:14. | 66 Naamlik dat dit met ’n goeie gewete gedoen kan word; of: tensy die boosheid van die mense so groot is, dat dit onmoontlik is om met hulle in vrede te leef.
67 Dit is, dat julle geen oorsaak vir onvrede gee nie, en dat julle van jul kant alles doen wat dienstig is om die vrede te bewaar of te bewerk. 68 Naamlik nie net met die gelowiges nie, waartoe hy ons vermaan in vers 16, maar ook met die ongelowiges wat buite is. |
| f Matt. 5:39. Luk. 6:29.
g Deut. 32:35. Hebr. 10:30. |
69 Sommige verstaan dit as die toorn van die mens, naamlik óf van diegene wat veronreg is, dat hy vir sy toorn oor die onreg wat hom aangedoen is, ruimte, dit is, tyd gee om te bedaar; óf van diegene wat onreg doen, dat ’n mens so iemand nie teëstaan, om hom nog meer te verbitter nie, maar voor sy toorn wyk en so vir hom ruimte gee om te bedaar. Dit wil egter voorkom of dit wat hierna volg vereis dat dit verstaan moet word as die toorn, dit is, as die wraak van God, wat Hy sal uitoefen oor diegene wat onreg doen, vir daardie wraak gee ’n mens ruimte as ’n mens die wraak en vergelding aan God oorlaat, Hebr. 10:30. |
| h Spr. 25:21. Matt. 5:44. | 70 Dit is, wat hom vyandelik teenoor jou gedra, nie die persoon wat jy haat of wat jou vyand is nie, want dit betaam die Christene nie.
71 Dit is, in enige nood is, en daarin jou hulp nodig het. 72 Dit is, bewys aan hom alle dienste van liefde in sy nood. 73 Dit is, jy sal hom daardeur opwek om sy verkeerdheid te erken, hom daarvan te bekeer, en op te hou om meer kwaad aan jou te doen, soos iemand op wie se hoof vurige kole opgehoop word, dit onmiddellik voel en afskud, omdat hy dit nie kan verdra nie. |
| 74 Dit is, deur die onreg wat jou aangedoen word.
75 Naamlik om daardeur tot wraakgierigheid gebring te word. 76 Dit is, neem weg, verbreek, versag. 77 Dit is, met lankmoedigheid en weldadigheid. |