Statevertaling – Bybelstigting

Romeine 14

Verdraagsaamheid teenoor die wat swak is in die geloof.
1

EN neem hom 1aan 2wat swak is in die geloof, nie om oor sy 3gevoelens te 4oordeel nie.

2

5Die een glo dat ’n mens 6alles mag eet, maar hy wat 7swak is, 8eet groente.

3

a9Hy wat eet, moet hom wat 10nie eet, 11nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie 12oordeel nie, want God het 13hom aangeneem.

4

b14Wie is jy wat die huiskneg van ’n 15ander 16oordeel? Hy 17staan of 18val met betrekking tot 19sy eie heer; maar hy sal 20staande bly, want God is 21magtig om hom staande te hou.

5

c22Die een 23ag die een dag bo die ander, 24die ander 25ag al die dae gelyk. 26Laat elkeen 27in sy eie gemoed 28ten volle oortuig wees.

6

Hy wat 29die dag waarneem, neem dit waar 30tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en 31wie eet, eet tot eer van die Here, dwant 32hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en 33hy dank God.

7

eWant niemand 34van ons 35leef vir homself nie en niemand 36sterf vir homself nie.

8

Want as ons lewe, 37leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, 38sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, 39ons behoort aan die Here.

9

40Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor 41dode sowel as lewende te heers.

10

Maar 42jy, waarom 43oordeel jy 44jou broeder? Of 45jy ook, waarom 46verag jy 47jou broeder? fWant ons sal almal 48voor die regterstoel van Christus gestel word.

11

Want daar is geskrywe: g49So waaragtig as Ek leef, 50sê die Here, 51voor My sal elke 52knie buig, en 53elke tong sal God 54bely.

12

hSo sal 55elkeen van ons dan 56vir homself aan 57God 58rekenskap gee.

Vryheid en liefde.

13

LAAT ons dan mekaar nie meer 59oordeel nie, maar 60besluit dít liewer, iom nie 61die broeder ’n 62hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

14

k63Ek weet en is oortuig 64in die Here Jesus dat 65niks 66op sigself 67onrein is nie, maar 68hy wat reken dat iets onrein is, 69vir hom is dit onrein.

15

Maar as 70jou broeder 71deur voedsel 72gegrief word, dan wandel jy nie meer 73volgens die liefde nie. lMoenie 74deur jou voedsel hom 75te gronde rig 76vir wie Christus gesterf het nie.

16

Laat dan van die 77goeie wat aan julle behoort, nie 78kwaad gespreek word nie.

17

mWant 79die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar 80geregtigheid en 81vrede en 82blydskap 83in die Heilige Gees.

18

Want hy wat Christus 84hierin 85dien, is aan God welgevallig en by 86die mense 87geag.

19

Laat ons dan 88najaag 89wat tot vrede en 90onderlinge 91stigting dien.

20

Moenie 92ter wille van voedsel 93die werk van God 94afbreek nie. n95Alles is wel rein, maar dit is 96verkeerd vir ’n mens om te eet as dit 97tot aanstoot is.

21

o98Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur 99jou broeder 100aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.

22

101Het jy geloof? 102Behou dit vir jouself 103voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie 104oordeel 105in wat hy vir geoorloof ag nie.

23

Maar 106hy wat twyfel 107as hy eet, 108is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; pen alles wat 109nie uit die geloof is nie, is sonde.

1 Naamlik as ’n broeder, met alle vriendelikheid, terwyl jy hom in sy swakheid verdra. Sien Fil. verse 12, 17.

2 Dit is, wat uit swakheid die gedeelte oor die vervulling van die seremonies van die Ou Testament nog nie goed verstaan nie; soos baie Jode toentertyd was wat tot die Christelike godsdiens bekeer was. Hulle kon egter toe nog nie glo dat die seremonies, wat deur God self ingestel is, en waarin hulle opgevoed was, nagelaat kon of behoort te word nie. Daarom het hulle aanstoot geneem as die gelowiges uit die heidene dit nie onderhou het nie. Hy spreek hier dus nie oor diegene wat hardnekkig daarby gestaan en geleer het dat die onderhouding van die seremonies tot saligheid nog noodsaaklik was nie; daarteen handel hy in die brief aan die Galásiërs.

3 Dit is, dat jy met hom nie te veel en te heftig oor sy gevoelens redeneer, met hom redetwis en hom verwar, en hom sodoende tot meer twyfel bring nie; of dat hy om jou ontwil dinge doen wat teen sy gewete ingaan.

4 Gr. tot onderskeiding van oorwegings; naamlik dat jy nie daartoe aanleiding gee nie.

5 Naamlik wat die Christelike vryheid reg verstaan.

6 Dit is, allerlei eetbare voedsel, sonder om te onderskei tussen rein en onrein, soos dit in die Ou Testament wel was, Lev. 11:4. Deut. 14:7.

7 Naamlik in die geloof, vers 1.

8 Naamlik hy eet liewer groente as dat hy die wet hierin nie sou onderhou nie; dit is, hy is tevrede met ’n eenvoudige ete wat in die wet toegelaat was, en weerhou hom van die vleis van varke, hase, dassies en ander diere wat in die wet verbied word, Lev. 11:5, ens.

a Kol. 2:16. 9 Dit is, wat glo dat ’n mens allerlei voedsel mag eet, en dit ook doen.

10 Naamlik allerlei voedsel, omdat hy meen dat dit nie geoorloof is nie.

11 Gr. nie as niks ag nie. Sien oor hierdie woord Mark. 9:12. Luk. 23:11.

12 Dit is, veroordeel, naamlik dat hy daardeur sou sondig; of dat hy daarom ’n ongodsdienstige mens of ’n veragter van die wet sou wees.

13 Dit is, sowel die een as die ander tot die geloof gebring en tot een van sy kinders in die gemeenskap van sy kerk aangeneem; en behoort daarom nie deur die mense verag of veroordeel te word nie.

b Jak. 4:12. 14 Hy bestraf sowel die swakkes as die sterkes dat hulle mekaar verag en veroordeel het.

15 Dit is, jou broeder, wat nie joune nie, maar God se dienskneg is. Waarmee hy toon dat so ’n veroordeling selfs teen die reg van die natuur stry, waarvolgens niemand ’n ander se dienskneg, oor wie hy geen reg het nie, mag veroordeel nie.

16 Dit is, veroordeel, vers 3.

17 Dit is, as hy goed doen.

18 Dit is, as hy sondig.

19 Naamlik aan wie hy behoort, en wat alleen die reg het om hom te oordeel; as hy hom dan nie veroordeel nie, behoort sy mededienskneg hom ook nie te veroordeel nie.

20 Dit is, meer en meer in die geloof toeneem en bevestig word.

21 Dit is, het nie net die wil om hom staande te hou nie, want Hy het hom aangeneem, vers 3, maar ook die mag om hom in die geloof te versterk, sodat jy nie baie met hom daaroor hoef te stry of te twis nie.

c Gal. 4:10. Kol. 2:16. 22 Naamlik die gelowige Jood wat die Christelike vryheid nog nie reg verstaan nie.

23 Gr. oordeel, dit is, meen dat die feesdae van die Ou Testament nog onderhou moet word, en dat die een dag daarom heiliger is as die ander.

24 Naamlik die gelowige heiden, wat die Christelike vryheid verstaan.

25 Gr. elke dag, of: ’n ieder en elke dag, dit is, hou daaraan vas dat die onderskeid tussen die dae nou ophou, en dat ons nou nie meer aan die feesdae van die Ou Testament verbind is nie.

26 Naamlik of hy eet of nie eet nie, die dae onderskei of nie onderskei nie.

27 Of: in sy eie verstand.

28 Naamlik dat hy, as hy dit doen, nie sondig nie en nie beplan om God te vertoorn deur doelbewus teen sy wil te handel nie; en dat hy gevolglik ook naarstiglik sal ondersoek watter een van beide die Here behaag.

d 1 Kor. 10:31. 1 Tim. 4:3. 29 Dit is, die feesdae van die Ou Testament, wat die swakkes uit die Jode gemeen het ook in die Nuwe Testament onderhou moet word.

30 Dit is, het geen ander voorneme nie, as om daardeur aan die Here diens en eer te bewys. Sodat hulle, sowel die swakkes as die sterkes, dieselfde doel en oogmerk voor oë het, en mekaar daarom nie moet veroordeel nie.

31 Naamlik allerlei voedsel, en glo dat dit geoorloof is, vers 2.

32 Naamlik die sterke vir hierdie vryheid, en vir die voedsel, wat hy met ’n goeie gewete eet.

33 Naamlik die swakke, hoewel hy meen dat sommige voedsel verbode is, dat God ewenwel aan hom skenk waarmee hy met ’n goeie gewete gevoed kan word, 1 Tim. 4:5.

e 2 Kor. 5:15. Gal. 2:20. 1 Thess. 5:10. 1 Petr. 4:2. 34 Naamlik gelowige Christene, hetsy sterke of swakke.

35 Dit is, hy moet sy lewe nie inrig volgens sy eie begeerte of profyt, of soos hy wil nie, omdat hy nie aan homself behoort nie. Hy staan egter onder ’n Ander, naamlik die Here, volgens wie se bevel en tot wie se diens hy sy lewe moet rig.

36 Naamlik asof dit met sy dood ten ene male met hom gedaan was.

37 Dit is, staan ons onder die gesag van die Here Jesus Christus, as sy eie diensknegte, deur sy bloed gekoop, en daarom moet ons ons lewe tot sy diens en eer deurbring.

38 Dit is, ons moet bereid wees om tot diens en tot eer van ons Here ons lewe af te lê, as dit Hom behaag, en ons sal ná ons dood van ons dade rekenskap gee.

39 Dit is, ons is Christus se eiendom en diensknegte, wat onder Hom staan, en volgens sy bevel moet lewe en sterwe.

40 Hier bewys hy dat Christus ons Here is, en dat Hy hierdie reg van heerskappy deur sy dood en opstanding oor ons verkry het, 1 Kor. 6:20. 1 Petr. 1:18.

41 Dit is, oor alle gelowiges, sowel die wat nog lewe as die wat in die Here gesterwe het en weer deur Hom opgewek sal word.

f Matt. 25:31. 2 Kor. 5:10. 42 Naamlik swakke.

43 Dit is, veroordeel, sien vers 3.

44 Dit is, die gelowige Christene, wat die Christelike vryheid verstaan en gebruik.

45 Naamlik sterke in die geloof.

46 Sien vers 3.

47 Naamlik wat die Christelike vryheid nog nie verstaan, en ook nie durf gebruik nie, ter wille van hierdie swakheid.

48 Dit is, voor die oordeel van God, wat Christus as Regter sal uitspreek, 2 Kor. 5:10, aan wie alleen dit ook toekom om oor die gewetens te oordeel; en aan wie ons rekenskap moet gee oor al ons doen en late, vers 12.

g Jes. 45:23. Filip. 2:10. 49 Dit is ’n manier van eedswering, wat die Here dikwels gebruik, Núm. 14:21, 28. Jes. 49:18. Jer. 22:24. Eség. 5:11; 14:16, 18; 20:3.

50 Dit wat van JEHOVA, die ware God, deur die profeet gesê is, word hier aan Christus toegeskryf, om te toon dat Hy ook die waaragtige God is.

51 Naamlik voor Christus, die Seun van God, en Saligmaker. Sien Ef. 1:20, 22. Filip. 2:10.

52 Dit is, eerbied en gehoorsaamheid aan Hom as hul Here betoon. Sien Filip. 2:10.

53 Dit is, die gelowiges uit alle nasies, sowel sterkes as swakkes, sal met hul tonge en monde bely dat Ek die ware God en hulle Here en Regter is, Rom. 10:9, 10.

54 Of: loof, dank.

h Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6. 1 Kor. 3:8. 2 Kor. 5:10. Gal. 6:5. Openb. 2:23; 22:12. 55 Wie hy ook is, groot of klein, swak of sterk.

56 Dit is, van sy eie doen en late, en nie van iemand anders s’n nie.

57 Dit is, aan die Here Christus, wat waaragtig God is, en God se gerig sal hou.

58 Naamlik oor hoe ons ons in hierdie lewe gedra het. Sien Matthéüs 25. 2 Kor. 5:10.

i 1 Kor. 10:32. 2 Kor. 6:3. 59 Dit is, veroordeel, verse 4, 10. Naamlik omdat die oordeel die Here Christus toekom.

60 Dit is, ag en erken dat dit die beste en betaamlikste is.

61 Naamlik wat nog swak is.

62 Naamlik dat hy deur jou ongeleë gebruik van die Christelike vryheid of onbedagsame veroordeling, nie van die Christelike godsdiens vervreem word nie. Sien 1 Kor. 8:9.

k Matt. 15:11. Hand. 10:15. 1 Kor. 8:4. 1 Tim. 4:4. 63 Dit is, hoewel ek goed weet.

64 Dit is, deur die Here Christus. Sien Hand. 10:15.

65 Dit is, geen voedsel.

66 Of: in of deur sigself, dit is, uit sy eie natuur, Gén. 1:31; 9:2, 3. Hy spreek van eetbare voedsel; hoewel daarna sommige daarvan ten opsigte van die verbod van God vir ’n tyd onrein was; is hulle nou almal rein, omdat daardie skadudiens nou ophou, Kol. 2:16. 1 Tim. 4:3, 4.

67 Gr. gemeenskaplik, alledaags. Sien Hand. 10:14. Naamlik nou, in die Nuwe Testament, ná die koms van Christus.

68 Dit is, hy wat nog nie glo dat die onderskeid in voedsel nou ophou nie, maar meen dat hierdie verbod van God nog nagevolg moet word. Want die middelmatige sake is vir ons sodanig, soos ons dit ag; as dit sonder ergernis gedoen of gelaat kan word.

69 Dit is, hy mag sulke voedsel nie teen sy gewete eet nie; want daardeur sou hy iets doen wat hy self as sonde ag.

l 1 Kor. 8:11. 70 Dit is, die swak medegelowige.

71 Dit is, omdat hy sien dat jy voedsel eet wat hy as verbode ag deur God vir die Christene.

72 Naamlik as hy sien dat jy wat sterk is, voedsel eet wat in die Ou Testament verbode was, en meen dat jy jou daardeur teenoor God besondig; wat die godsalige bedroef. Of sien dat jy hulle daardeur as ’t ware verag en veroordeel.

73 Want dit bedroef of erger niemand nie, maar probeer om die swakkes tegemoet te kom, toe te gee en in die geloof te versterk, 1 Kor. 13:4, ens.

74 Dit is, deur voor hom voedsel te eet, wat hy meen nog verbode is.

75 Naamlik in soverre dit vir jou moontlik is; hom daardeur van die Christelike godsdiens vervreem. Of as hy jou voorbeeld volg, in stryd met sy gewete, dit daardeur skade aandoen; waardeur sy geloof in gevaar gestel word.

76 Naamlik om hom te behou, wat jy, in soverre dit in jou vermoë is, te gronde rig, wat ’n gruwelike sonde is, wat ook teen Christus gedoen word, 1 Kor. 8:12. Andersins moet ’n mens, ooreenkomstig die oordeel van die liefde, almal wat die geloof in Christus bely, ag as sodanige wat deur Christus, deur sy dood, verlos is. Want dat diegene wat waarlik deur die dood van Christus eens verlos is, nie verlore sal gaan nie, word geleer in Matt. 24:24. Joh. 10:28. 1 Petr. 1:5.

77 Dit is, julle Christelike vryheid en die gebruik daarvan.

78 Sowel deur die swakke Christene as deur diegene wat buite is, as hulle sal sien dat die Christene oor sulke geringe sake met mekaar twis.

m 1 Kor. 8:8. 79 Dit is, die koninkryk van heerlikheid of van ewige saligheid word nie deur die eet of nie eet van voedsel verkry nie, en die ryk van genade of die ware godsaligheid word daardeur nie bevorder nie. Sien 1 Kor. 8:8.

80 Naamlik van God of van die geloof, wat tevore beskryf is, Rom. 4:5, gepaardgaande met die heiligheid van die lewe.

81 Naamlik gerustheid in ons harte en gewetens deur die versekering dat ons en ons werke, vir God aangenaam is deur die geloof, Rom. 5:1, en ook uiterlike vrede en enigheid onder die broeders.

82 Dit is, ’n geestelike vreugde in die hart, wat ontstaan uit die vaste hoop op die saligheid, en uit opmerking van die welstand van die gemeente wat in vrede bloei.

83 Of: deur die Heilige Gees, dit is, wat deur die Heilige Gees gewerk en ontsteek word; dit is ’n geestelike blydskap, nie ’n wêreldse blydskap nie.

84 Dit is, wat sy geregtigheid deur die geloof in Christus soek, na ware heiligheid streef, en in homself die vrede en blydskap van die Heilige Gees ervaar, en altyd na vrede streef.

85 Dit is, betoon aan Christus die gehoorsaamheid en die godsdiens wat Hy van ons eis.

86 Naamlik wat reg oordeel.

87 Gr. beproef, dit is, as goed en godsalig bevind en gehou.

88 Gr. volg, of: vervolg, dit is, op alle maniere soek. Sien dergelike in Ps. 34:15.

89 Dit is, laat ons alle middele aanwend om vrede onder die gelowiges te bewaar; en wegvlug van alles wat die vrede sou kon verbreek of verhinder.

90 Dit is, aan weerskante, terwyl elkeen toevoeg wat tot die stigting van die gemeente diensbaar is; die swakkes deur toename in die kennis van die Christelike vryheid, en om die ander nie te veroordeel nie; die sterkes deur die aanneming van die swakkes, vermyding van ergernis en die swakkes nie te verag nie.

91 ’n Beeld geneem van die opbou van ’n huis of tempel. Dit is, laat ons streef na dit waardeur die kerk van God, wat die huis van die lewende God is, 1 Tim. 3:15. Hebr. 3:6, opgebou en gestig mag word, Matt. 16:18. 1 Kor. 3:9. 2 Kor. 13:10. Ef. 4:12. 1 Tim. 1:4.

n Tit. 1:15. 92 Dit is, vir so ’n geringe saak, soos om hierdie of daardie voedsel te eet.

93 Dit is, die geloof van die swakke broeder, wat God tot sy saligheid in hom begin werk het; want dit is ’n groot sonde om dit wat God bou, af te breek.

94 Gr. ontbind nie, of: losmaak nie, naamlik in soverre dit in jou vermoë is, deur ontydige gebruik van Christelike vryheid, veragting en aanstoot nie; dit word gestel teenoor opbou of stigting.

95 Dit is, ek erken wel dat dit vir die Christene nou geoorloof is om allerlei voedsel te eet. Sien vers 14.

96 Dit is, sondig en skadelik.

97 Naamlik van die swakkes.

o 1 Kor. 8:13. 98 Dit is, diensbaar tot stigting van die swakkes in die gemeente.

99 Naamlik wat nog swak is in die geloof.

100 Dit is, wanneer daardie voedsel of drank, ens., die swakke aanstoot gee. Sodat die onthouding van sulke voedsel of drank goed is om aanstoot te vermy. Sien 1 Kor. 8:13.

101 Naamlik waardeur jy weet en oortuig is dat die Christene die vryheid het om allerlei voedsel te eet. Sien verse 2, 14. 1 Kor. 8:1.

102 Naamlik in jou eie gewete, sonder om dit te wys en om sodoende ergernis vir die swakke broeders te verwek.

103 Naamlik God, wat ewenwel weet dat jy daardie geloof het, al wys jy dit nie op so ’n manier nie. Of: Behou dit só, dat die gebruik daarvan God mag behaag, aan wie ons rekenskap sal gee en wie ons nie moet vertoorn nie.

104 Dit is, veroordeel, naamlik deur die vryheid te misbruik deur aanstoot te gee, dat hy daardeur verdien om deur die broeders bestraf en deur God geoordeel te word.

105 Dit is, dit wat hy verstaan en ag om geoorloof te wees, as dit sonder om aanstoot te gee gebeur. Gr. in wat hy beproef.

p Tit. 1:15. 106 Dit is, wat nog nie volkome oortuig is dat allerlei voedsel nou rein en geoorloof is nie.

107 Naamlik alle voedsel wat in die Ou Testament verbied is.

108 Dit is, kwets sy gewete en maak hom skuldig aan die verdoemenis.

109 Dit is, gedoen word sonder om oortuig te wees dat die werk wat ons doen, God behaag in Christus. Of: wat nie voortkom uit ’n gelowige hart nie, waarsonder nóg ons werke, nóg ons persoon God kan behaag, Hebr. 11:6.