Statevertaling – Bybelstigting
Christus ’n voorbeeld van selfverloëning en hulpbetoon.
ENa 1op ons 2wat sterk is, 3rus die verpligting om 4die swakhede te 5dra van 6die wat nie sterk is nie, en nie 7onsself te behaag nie.
Want 8elkeen van ons moet 9die naaste behaag 10met die oog op wat goed is 11tot stigting.
Want ook 12Christus het 13Homself nie behaag nie, 14maar soos geskrywe is: b15Die smaadhede van die wat U smaad, 16het op My geval.
cWant alles wat 17tevore geskrywe is, is tot ons 18lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging 19van die Skrifte 20hoop kan hê.
En mag die God 21van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee dom 22eensgesind onder mekaar te wees 23ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,
sodat julle die God 24en Vader van onse Here Jesus Christus 25eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.
26Neem daarom 27mekaar aan, 28soos Christus ons ook 29aangeneem het, 30tot heerlikheid van God.
31En ek sê dat Jesus Christus 32’n dienaar geword het van die besnydenis 33ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes 34aan die vaders te bevestig;
en dat 35die heidene 36ter wille van sy barmhartigheid God kan 37verheerlik, 38soos geskrywe is: eDaarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing.
En ook sê Hy: fVerbly julle, o nasies, saam met sy volk;
en ook: gLoof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke.
En Jesaja sê ook: hDie wortel van Ísai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop.
En mag die God 39van die hoop julle vervul 40met alle blydskap en vrede 41deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop 42deur die krag van die Heilige Gees!
Apostelskap en planne van Paulus.
43MAAR ek self ook, my broeders, 44is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van 45goedheid is, vervuld met 46alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.
Tog het ek 47ten dele 48taamlik gewaag om aan julle te skrywe, broeders, as een wat julle 49herinner, 50kragtens die genade wat my deur God gegee is
om 51’n dienaar van Jesus Christus 52onder die heidene te wees, 53’n dienaar van die evangelie 54van God, sodat 55die offer van die heidene 56welgevallig kan wees, 57geheilig deur die Heilige Gees.
Ek het dan rede om te 58roem 59in Christus Jesus, in die dinge 60aangaande God.
Want ek sal 61nie waag om iets te sê 62van dinge wat Christus nie deur my gewerk het nie — om die heidene 63tot gehoorsaamheid te bring, met 64woord en 65daad,
deur die krag van tekens en wonders, deur 66die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus 67volbring het van Jerusalem af en 68rondom tot by 69Illírikum;
maar só, dat ek my 70eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar 71Christus alreeds 72bekend was nie — om nie op die fondament 73van ’n ander te bou nie —
maar soos geskrywe is: iHulle aan wie niks van Hom vertel is nie, sal dit sien; en hulle wat nie gehoor het nie, sal dit verstaan.
74Daarom is ek ook elke keer kverhinder om na julle te kom.
Maar nou dat ek 75geen plek meer het in hierdie 76streke nie en al baie jare die lbegeerte het om na julle te kom,
77sal ek na julle kom wanneer ek 78na Spanje reis; want 79ek hoop om julle 80op my deurreis te sien en 81deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers 82’n tyd lank van julle 83geniet het.
mMaar nou 84reis ek na Jerusalem in 85diens van die heiliges.
Want 86Macedónië en Acháje het dit 87goedgevind om 88iets by te dra vir die armes onder 89die heiliges in Jerusalem.
Hulle 90het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook 91hul skuldenaars; nwant as die heidene deel gekry het aan 92hulle geestelike voorregte, is hulle ook 93verskuldig om hulle met 94stoflike goedere te dien.
As ek 95dit volbring het en vir hulle 96hierdie vrug 97veilig oorgebring het, sal ek 98by julle langs na Spanje afreis.
oEn 99ek weet dat as ek na julle kom, ek 100met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom.
Maar 101ek vermaan julle, broeders, 102by onse Here Jesus Christus en by 103die liefde 104van die Gees, pom saam met my 105in die gebede te 106stry vir my by God,
qdat ek verlos mag word 107van die ongehoorsame mense in Judéa en dat 108my diensbetoning 109aan Jerusalem aanneemlik mag wees 110vir die heiliges,
rsodat ek met blydskap 111deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle 112kan verkwik.
En 113die God van vrede sy met julle almal! Amen.
| a 1 Kor. 9:22. Gal. 6:1. | 1 Die apostel sluit homself hierby in, sodat die vermaning nog kragtiger kan wees.
2 Naamlik in die geloof en die kennis van die Christelike leer, vernaamlik van die Christelike vryheid. 3 Of: is verplig, word daaraan gehou, naamlik vir die redes wat Paulus hierna sal verklaar. 4 Dit is, die onkunde en dwalings wat uit swakheid nog by hulle is, vernaamlik in hierdie gedeelte van die leer. 5 Dit is, verdra, soos ’n las van hulle afneem, en hulle help dra. Sien Gal. 6:1, 2. 6 Dit is, die swakkes. Sien Rom. 14:1. 7 Dit is, ons begeertes volg, of ons gemak en voordeel soek, aan onsself toegee. |
| 8 Naamlik wie hy ook al is. Niemand word hier uitgesonder nie.
9 Des te meer dan sy swak broeder. 10 Dit is, tot die goeie, voordeel en saligheid van die naaste. Of: in goeie dinge, dit is, in sake wat nie verkeerd is nie. 11 Sien Rom. 14:19. |
| b Ps. 69:10. Jes. 53:4, 5. | 12 Die voorbeeld van Christus behoort sterk te geld by die Christene; as ’n reël waarvolgens hulle hul lewe moet inrig, Joh. 13:15, 34. Filip. 2:5. Dit sou vir hulle ’n groot skande wees as hulle anders sou optree as wat Hy vir hulle gewys en geleer het.
13 Dit is, het nie sy eie gerief, eer of voordeel gesoek nie, Matt. 20:28. 14 Naamlik Hy het Hom so gedra soos geskrywe is; of: dit het met Hom gebeur soos geskrywe is. 15 Dit is, die sondes, waardeur die mense God smaadheid aandoen, of allerlei veragting en onreg van die goddeloses. 16 Dit is, het Ek op My geneem, of: is My opgelê, om daarvoor te betaal. Dawid spreek hier as ’n voorbeeld van die Messías; en hy profeteer oor Hom, wat ons sondes op Hom geneem het om daarvoor te betaal, Jes. 53:4, 5. 2 Kor. 5:21. Daaruit blyk dan dat Christus nie sy eie gerief en voordeel gesoek het nie, maar ons s’n. Omdat Hy soveel ter wille van ons gedoen het, behoort ons net so die beste vir ons naaste te soek, en alles te doen wat tot sy saligheid diensbaar is. Sien Filip. 2:5-8. 1 Joh. 3:16. |
| c Rom. 4:23, 24. | 17 Naamlik in die Skrifte van die Ou Testament; wat nou ook gesê kan word van die Skrifte van die Nuwe Testament.
18 Of: onderwysing, naamlik in sake wat ons ewige saligheid aangaan. Sien Joh. 5:39. 2 Tim. 3:15, 16. 19 Dit is, wat uit die lees, aanhoor en oordenking van die Skrifte verkry word. 20 Naamlik om sekerlik die saligheid deur Christus te verkry. |
| d Rom. 12:16. 1 Kor. 1:10. Filip. 2:2; 3:16. 1 Petr. 3:8. | 21 Wat dit in ons werk, deur die middel van die Heilige Skrif, vers 4.
22 Naamlik in oortuiging aangaande die regte leer, en in goeie geneentheid van die hart teenoor mekaar. Sien Rom. 12:16. 23 Dit is, ooreenkomstig die regsinnige leer van Christus. Of: ooreenkomstig Christus Jesus se voorbeeld. |
| 24 Dit is, God, wat die Vader is van onse Here Jesus Christus, Ef. 1:3, 17.
25 Gr. met een gemoed, dit is, een van hart en siel, Hand. 4:32. |
| 26 Sien Rom. 14:1, 3.
27 Dit is, sowel die sterkes die swakkes, as die swakkes die sterkes; deur mekaar as broeders te beskou, en mekaar broederlik in liefde en vrede te bejeën. 28 Dit is, volgens die voorbeeld van Christus. 29 Naamlik só, dat Hy vir ons ook die dood gesterf het. 30 Dit is, om ons die heerlikheid van God deelagtig te maak. Of: sodat die heerlikheid van God daardeur verklaar sou word. |
| 31 Hier verklaar hy breedvoeriger hoe Christus sowel die Jode as die heidene aangeneem het, om daardeur beide te vermaan dat hulle mekaar ook so moet aanneem.
32 Dit is, van die Jode, wat besny is, Rom. 4:12, aan wie Hy, as die Here oor almal, soos ’n dienaar, die weg van die saligheid verkondig het, en onder hulle alleen sy bediening uitgeoefen het, Matt. 15:24; 20:28. 33 Naamlik sodat dit nie gekrenk sou word nie; maar sodat God waaragtig bevind sou word in sy beloftes. 34 Dit is, wat vroeër aan die vaders in die Ou Testament gemaak is. Sien 2 Kor. 1:20. |
| e 2 Sam. 22:50. Ps. 18:50. | 35 Hier bewys hy die tweede deel, naamlik dat Christus ook die heidene aangeneem het; volgens die beloftes en toesegginge van God in die Ou Testament.
36 Of: oor die barmhartigheid, naamlik wat slegs uit genade ook aan hulle betoon is, soos ook met die Jode gebeur het, Deut. 7:7, 8. 37 Dit is, nadat hulle tot die kennis van die ware God en tot die geloof gebring is, Hom sou dank, eer en dien, en uiteindelik sy heerlikheid mededeelagtig sal word. 38 In hierdie vers en die verse wat volg, wat hier uit die Ou Testament as bewys voorgelê word, moet vernaamlik op die woord nasies gelet word. Sien elke vers en sy kanttekening vir die verklaring. |
| f Deut. 32:43. |
| g Ps. 117:1. |
| h Jes. 11:10. Openb. 5:5; 22:16. |
| 39 Dit is, op wie ’n mens moet hoop, 1 Tim. 6:17, en wat die hoop in ons werk deur sy beloftes en Gees, 1 Petr. 1:3.
40 Dit is, met ’n ware en voortdurende geestelike blydskap, Filip. 4:4. 41 Dit is, terwyl jy glo tydens hierdie lewe. Of: saam met jou geloof, wat altyd met blydskap en vrede gepaardgaan. 42 Gr. in die krag van die Heilige Gees, wat nou hierdie geestelike gawes en deugde deur sy krag in die mense werk, 1 Kor. 12:6, 11. |
| 43 Hier begin die apostel om die brief af te sluit, deur hom te verontskuldig dat hy so breedvoerig en so vrymoedig aan hulle geskryf het, en belowe dat hy self na hulle toe sou kom.
44 Dit is, ek vertrou of is vas oortuig, volgens die oordeel van die liefde, wat alles glo, 1 Kor. 13:7, omdat ek weet dat julle dit met dade betoon. 45 En dat die onenigheid, wat onder julle ontstaan het oor die gebruik van die middelmatige dinge, daarom nie uit boosheid of haat teenoor mekaar nie, maar uit swakheid voortkom. 46 Dit is, allerlei kennis, naamlik van geestelike sake wat vir die saligheid nodig is. Want hoewel daar onder hulle baie swakkes en onverstandiges was, was daar ook baie godsaliges, verstandiges en goed geoefendes in die Christelike leer; ten opsigte van wie hy dit sê. Sien dergelike in 1 Kor. 1:5. |
| 47 Dit is, enigsins; of: gedeeltelik.
48 Naamlik om hier en daar jul gebreke vrymoedig aan te wys en te bestraf. 49 Dit is, sodat julle oor hierdie dinge, wat julle self wel weet, maar nie goed uitvoer nie, met erns sou dink en dit betrag. 50 Naamlik van die apostelskap, Rom. 1:5, dit is, omdat ek deur God daarvoor aangestel en geroep is, en ek my in my amp getrou moet kwyt. Sien die volgende vers. Of: deur die genade. |
| 51 Gr. leitourgos. Sien oor hierdie woord Hand. 13:2 en Rom. 13:6 se kanttekeninge. Hebr. 8:2.
52 Sien Hand. 9:15; 13:2. Rom. 11:13. 53 Gr. offerende. Dit is, om heilige dienswerk te verrig; soos die werk van die priesters was. 54 Dit is, wat God aan my toevertrou het, en my dit opgelê het om te leer deur te preek en te skryf. 55 Dit is, nie wat die heidene sal offer nie, soos in Rom. 12:1, maar die heidene, wat deur my diens tot God bekeer is, op hierdie wyse aan God geoffer word. Sien dergelike in Mal. 1:11. 56 Sien Rom. 12:1. 57 Sien Rom. 12:1. |
| 58 Naamlik omrede ek soveel heidene deur my diens tot die geloof gebring het.
59 Wat my diens geseën het, en wat as die enigste Bewerker van hulle bekering deur my as sy instrument gewerk het. 60 Gr. wat aan God, as die enigste Bewerker van die seën en die bevordering van my diens, behoort. |
| 61 Dit is, nie met ’n goeie gewete iets kan uiter nie.
62 Dit is, wat Christus nie deur my of deur een van die ander apostels kragtig gewerk het nie, Gal. 2:8. 63 Dit is, om die heidene, wie se apostel ek vernaamlik is, tot die gehoorsaamheid van die geloof en van die evangelie te bring. 64 Dit is, met die verkondiging van die evangelie. 65 Dit is, met baie arbeid, swarigheid en moeite. Of: met wonderwerke en wonders; soos in die volgende vers verklaar word. |
| 66 Dit is, die kragtige werkinge van die Heilige Gees in die harte van die mense.
67 Of: vervul het. Dit is, al die lande met die verkondiging en kennis van die evangelie van Christus vervul het. 68 Dit is, in die omliggende lande, soos naamlik in Arabië, Gal. 1:17, in Damaskus, Gal. 1:17, in Antiochíë, Hand. 13:1, in Seleúcië, Hand. 13:4, in Ciprus, Hand. 13:4, in Pamfílië, Hand. 13:13, in Pisídië, Hand. 13:14, in Likaónië, Hand. 14:6, in Cilícië, Hand. 15:41, in Frígië, Hand. 16:6, in Galásië, Hand. 16:6, in Troas, Hand. 16:8, in Athéne, Hand. 17:15, in Éfese, Hand. 19:1, in Acháje, Hand. 18:27, in Macedónië, Hand. 16:10, en ander. Of: in die rondte; ek het van die een land na die ander gereis, herwaarts en derwaarts. 69 ’n Land geleë aan die Adriatiese See, wat grens aan Macedónië, vandag Slawonië genoem. |
| 70 Naamlik met ’n heilige en loflike eergierigheid, terwyl ek my meer as ander daarvoor beywer het om oral eerste te preek.
71 Dit is, die kennis en leer van Christus. 72 Dit is, verkondig. 73 Dit is, wat eers deur iemand anders daar gelê was. Sien 1 Kor. 3:10. |
| i Jes. 52:15. |
| k Rom. 1:13. 1 Thess. 2:18. | 74 Naamlik om die evangelie in die lande, waar dit nog nie verkondig was nie, te versprei en om daar nuwe kerke te stig. Sien Rom. 1:13. |
| l vers 32. Rom. 1:10. 1 Thess. 3:10. 2 Tim. 1:4. | 75 Naamlik waar die evangelie vir die eerste keer verkondig hoef te word nie.
76 Naamlik van Sírië, Griekeland en Asië. Gr. klimasi, waarmee landstreke wat op verskillende hoogtes lê bedoel word. |
| 77 Naamlik deur die wil van God, of indien dit God sal behaag, vers 32. Rom. 1:10.
78 Naamlik wat ek voorgeneem het om te doen, omdat daar die evangelie nog nie verkondig was nie. 79 Dit is, ek is nog nie deur enige openbaring daarvan verseker nie, maar ek hoop ewenwel daarop, soos blyk uit Rom. 1:10. 80 Dit is, my reis sodanig te beplan, dat ek oor Italië en deur Rome sal gaan. Want dit is andersins nie die kortste en beste roete om uit Sírië of ook uit Griekeland via Italië na Spanje te reis nie, maar tussen Afrika en Sisilië deur, met Sisilië en Italië aan die regterkant. 81 Dit is, deur sommige van julle gemeente, om my te vergesel en ook in die diens by te staan. 82 Gr. ten dele. Dit is, ’n kort tyd, soos in vers 15. 83 Gr. vervul. |
| m Hand. 19:21; 24:17. | 84 Dit is, die rede hoekom ek nie dadelik op reis kan gaan om by julle uit te kom nie, is omdat ek eers noodsaaklik van hier af na Jerusalem moet reis.
85 Dit is, om aan die arm en verdrukte gelowiges in Jerusalem die liefdegawes te bring wat vir hulle ingesamel is; soos in die volgende vers verklaar word. |
| 86 Dit is, die gemeentes aldaar.
87 Naamlik uit eie en vrywillige beweging en medelye. 88 Gr. ’n sekere gemeenskap, of mededeling. 89 Dit is, gelowiges, vers 25. |
| n 1 Kor. 9:11. Gal. 6:6. | 90 Hy beskryf dit weer om hierdie vrywilligheid van hulle te prys, en die Romeine daardeur stilswyend te vermaan dat hulle hul voorbeeld behoort na te volg, aangesien hulle nie minder in goeie voorspoed geleef het as die gelowiges van Macedónië en Acháje nie.
91 Dit is, is verplig om aan hulle bystand te verleen. Hy sê dit nie om hulle vrywilligheid te laat verflou nie, maar om die Romeine daarmee ernstig te vermaan dat hulle ook daartoe verplig is vir dieselfde rede wat volg. 92 Dit is, die leer van die evangelie van Christus, waarin alle skatte van die geestelike voorregte verborge is; dit word die voorregte van die Jode of van die gemeente te Jerusalem genoem, omdat Christus vernaamlik aan die Jode beloof is, en omdat die evangelie uit die gemeente van Jerusalem deur die hele wêreld onder die heidene versprei is, Jes. 2:3. Hand. 1:4, 8. 93 Dit is, verplig deur die groot weldaad van hulle ontvang, om daardie weldaad enigsins te vergeld. Sien 1 Kor. 9:11. Gal. 6:6. 94 Gr. vleeslike; dit is, nodig tot onderhoud van die vlees, dit is, van die liggaam. |
| 95 Dit is, hierdie reis en hierdie diens.
96 Naamlik van die geloof en van die liefde, wat die genoemde gemeentes voortgebring het. So word hul milddadigheid genoem, omdat die ware geloof sulke vrugte moet voortbring, en deur die werke van die liefde werksaam is, Gal. 5:6, 22. 97 Dit is, getrou oorgebring het, aangesien dit in my hande gelaat en asof verseël is, soos ’n skat in ’n kis verseël word, sodat niks daarvan weggeneem word nie. 98 Gr. deur julle, dit is, deur julle huis, of deur julle stad. |
| o Rom. 1:11. | 99 Sien hieroor vers 24.
100 Gr. in die volheid van die seën, dit is, ek sal ’n volle of oorvloedige geestelike seëning met my saambring, om julle deur my prediking van die Christelike leer te versterk, waardeur die ewige seëning van God aan ons verkondig word. |
| p 2 Kor. 1:11. | 101 Of: ek smeek.
102 Dit is, so lief soos julle die Here Jesus Christus het; of: moet dit nie soseer of slegs om my ontwil doen nie, maar vernaamlik om Christus wil. 103 Naamlik óf waarmee God julle liefhet, Rom. 5:5; óf waarmee julle God en jul naaste liefhet. 104 Dit is, wat die Heilige Gees in ons harte werk en ontsteek. Of: waarmee Hy ons liefhet. 105 Naamlik wat die wapens is waarmee die gelowiges hul vyande bestry. 106 Dit is, ernstig, heftig en gedurig aanhou; soos diegene doen, wat mekaar bystaan en met die stryd aanhou, totdat hulle die oorwinning behaal. Sien Gén. 32:26. |
| q 2 Thess. 3:2. | 107 Naamlik wat die leer van die evangelie verwerp en teëstaan, en my daaroor haat. Hierdie mense het probeer om die apostel in Jerusalem dood te maak, maar hy is uit hul hande verlos. Sien Hand. 21:27, 33. Paulus het vooraf geweet dat dit met hom sou gebeur, Hand. 20:22. Sien 2 Thess. 3:2.
108 Naamlik om die ingesamelde liefdegawes getrou oor te bring. 109 Dit is, aan die arm gelowiges in Jerusalem. 110 Sien verse 25, 26. |
| r vers 23. Rom. 1:10. | 111 Dit is, as dit God se wil sal wees. Sien Rom. 1:10. Jak. 4:13-15.
112 Gr. rus mag neem. Sien Matt. 11:28. Naamlik deur ons onderlinge teenwoordigheid en samesprekings. |
| 113 Dit is, wat die Bewerker is van alle seën, goed en voorspoed; en wat wil hê dat onder sy kinders altyd vrede gehou word, Rom. 16:20. 1 Kor. 14:33. 2 Kor. 13:11, 13. Filip. 4:9. 1 Thess. 5:23. 2 Thess. 3:16. Hebr. 13:20. |