Statevertaling – Bybelstigting

Romeine 16

Aanbevelinge, groete, wense.

1

EK 1beveel by julle aan ons 2suster Fébé, wat 3’n dienares is van die gemeente in 4Kenchréë,

2

dat julle haar 5ontvang 6in die Here, 7soos dit die heiliges betaam, en haar 8bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie ’n 9beskermster en ook vir my.

3

aGroet 10Priscílla en 11Áquila, my 12medewerkers in Christus Jesus,

4

wat vir 13my 14hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook 15al die gemeentes van die heidene.

5

Groet ook 16die gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my 17geliefde, wat 18die eersteling 19van Acháje is vir Christus.

6

Groet Maria wat baie vir 20ons 21gearbei het.

7

Groet Andronícus en Júnias, 22my stamgenote en my 23medegevangenes, wat in aansien is onder 24die apostels en reeds 25voor my 26in Christus gewees het.

8

Groet Ámplias, my geliefde 27in die Here.

9

Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.

10

Groet Apélles, die 28beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van 29Aristobúlus is.

11

Groet Heródion, 30my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die 31wat in die Here is.

12

Groet Triféna en Trifósa, vroue 32wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.

13

Groet Rufus, 33die uitverkorene in die Here, en 34sy moeder en 35myne.

14

Groet Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is.

15

Groet Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en al die heiliges wat saam met hulle is.

16

bGroet mekaar 36met ’n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle.

17

cEn ek vermaan julle, broeders, hou 37hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, den vermy hulle.

18

38Want sulke mense 39dien nie onse Here Jesus nie, emaar 40hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde fdie harte 41van die eenvoudiges.

19

Want 42julle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, gen ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is.

20

En 43die God van vrede sal 44die Satan 45spoedig 46onder julle voete verbrysel. 47Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.

21

hTimótheüs, my medewerker, groet julle, en iLúcius en kJason en lSosípater, my stamgenote.

22

Ek, Tértius, 48wat die brief geskryf het, groet julle in die Here.

23

49Gajus, my 50gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. mErástus, die 51penningmeester 52van die stad, en die broeder Quartus groet julle.

24

53Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

25

nAan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens 54my evangelie 55en die prediking van Jesus Christus, oooreenkomstig die openbaring 56van die verborgenheid wat 57eeue lank 58verswyg is,

26

maar 59nou geopenbaar is en deur 60die profetiese Skrifte 61bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die 62bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof —

27

63aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.

1 Dit is, prys aan.

2 Naamlik in Christus.

3 Naamlik nie in die diens van prediking nie; want dit word die vroue verbied, 1 Kor. 14:34. 1 Tim. 2:12; maar óf ’n diakones, wat die siekes versorg het, 1 Tim. 5:9, 10; óf, wat waarskynliker is, iemand wat die gemeente gedien het, deur Christene wat verjaag is te ontvang en te herberg, asook die apostels en leraars, soos blyk uit die volgende vers.

4 ’n Hawe van Korinthe. Sien oor hierdie plek Hand. 18:18 se kanttekening.

5 Dit is, herberg en vriendelik bejeën.

6 Dit is, ter wille van die Here, of: in die Here se Naam.

7 Dit is, soos dit haar, wat ’n heilige en godsalige vrou is, en ook julle, wat vroom Christene is, betaam. Gr. waardig aan die heiliges.

8 Naamlik met raad en daad, om haar te help om haar sake, wat sy in Rome moet doen, te verrig.

9 Of: herbergier, naamlik wat baie Christene, wat verjaag is, in haar huis ontvang het. Sien 1 Tim. 5:10. Dit wil voorkom of sy ’n welgestelde vrou was.

a Hand. 18:2, 26. 10 Die vrou van Áquila, wat ’n baie verstandige en godsalige vrou was.

11 Die man van Priscílla, ’n tentmaker uit Pontus. Sien oor beide Hand. 18:2, ens. 1 Kor. 16:19. 2 Tim. 4:19. Hulle is tevore deur die gebod van keiser Claudius uit Rome verdryf, en was in Korinthe toe Paulus daar gekom het, Hand. 18:2. Hier blyk dit dat hulle nou weer in Rome was, dus wil dit voorkom of die apostel twee maal in Korinthe was; want hierdie brief is in Korinthe geskryf.

12 Naamlik in die verspreiding van die evangeliese leer, waarin hulle ooreenkomstig hul geleentheid en roeping hul bes gedoen het.

13 Gr. my siel of lewe. Sien Matt. 2:20 se kanttekening.

14 Gr. hulle hals ondergeskik gestel het, dit is, hulle lewe gewaag het. Dit het gebeur óf tydens die oproer teen Paulus in Korinthe, Hand. 18:12, óf tydens die oproer in Éfese, Hand. 19:23, waar hulle toe saam met Paulus was, Hand. 18:18.

15 Omdat hulle daardeur die weldaad, dat ek nog in die lewe gebly het om hulle te leer en te versterk, ontvang het.

16 Dit is, die gelowiges wat óf tot hul huisgesin behoort het, óf wat in hul huis byeengekom het. Sien Kol. 4:15. Fil. vers 2.

17 Naamlik vanweë sy besondere godsaligheid.

18 Dit is, wat een van die eerstes is wat deur my prediking tot die geloof gebring is. Sien Rom. 11:16. 1 Kor. 15:20; 16:15.

19 Dit is, van al die gelowiges wat in Acháje is.

20 Dit is, die gelowiges, en vernaamlik die leraars.

21 Naamlik deur hulle te herberg, en ander dienste te betoon.

22 Dit is, Jode van my stamverband.

23 Dit is, wat ook soos ek ter wille van die evangelie gevange geneem was, Kol. 4:10. Fil. vers 23.

24 Dit is, onder diegene wat die evangelie hier en daar verkondig. Want hierdie woord word nie net aan die twaalf apostels in die besonder toegeskryf nie, maar ook soms aan ander leraars. Sien 2 Kor. 8:23 se kanttekening. Of: welbekend by die apostels.

25 Dit is, voordat ek tot bekering gekom het.

26 Dit is, tot die Christelike godsdiens bekeer is.

27 Dit is, omdat hy ook in die Here glo.
28 Dit is, wat deur baie gevare en swarighede geoefen en opreg bevind is.

29 Dit wil voorkom of hierdie Aristobúlus self nog nie ’n Christen was nie, omdat die apostel hom nie laat groet nie; maar dit blyk ewenwel dat hy ’n beskeie man was, wat die Christene in sy huis verdra het.

30 Sien vers 7.

31 Dit is, wat Christene is. Want hulle wat nog heidene in daardie huis was, groet hy nie.

32 Sien vers 6.
33 Dit is, wat ’n voortreflike en besondere man is.

34 Naamlik na die vlees.

35 Naamlik in liefde en geneentheid. Sien 1 Tim. 5:2.

b 1 Kor. 16:20. 2 Kor. 13:12. 1 Thess. 5:26. 1 Petr. 5:14. 36 Dit is, met ’n kus van vrede en broederskap, waarmee die gelowiges, volgens die gebruik van die lande en tye, mekaar gewoonlik gegroet het. Dit word heilig genoem, omdat dit nie uit vleeslike nie, maar geestelike liefde en sonder geveinsdheid gegee word, Gén. 29:11.
c Kol. 2:8. Tit. 3:10. 2 Joh. vers 10.

d Matt. 18:17. 2 Thess. 3:6. 2 Tim. 3:5.

37 Hy verstaan deur hulle ander ketters as diegene wat, terwyl hulle die Christelike godsdiens aangeneem het, steeds geleer het dat die seremonies van die wet nog noodsaaklik tot saligheid onderhou moes word. Sien Gal. 1:7. Filip. 3:2. 1 Tim. 4:1. 2 Tim. 3:1, ens. Tit. 3:10.
e Filip. 3:19.

f Eség. 13:18.

38 Hy beskryf hulle, sodat hulle herkenbaar kan wees en des te beter vermy kan word.

39 Naamlik hoewel hulle hul vir dienaars van die Here uitgee.

40 Dit is, leer ter wille van vuil wins, en om hulle buik te versadig, 1 Tim. 6:5. Tit. 1:11.

41 Of: van diegene wat nie boos is nie.

g Matt. 10:16. 1 Kor. 14:20. 42 Naamlik wat julle betoon deur die aanneem van die leer van die evangelie, en wat hy geloof noem, Rom. 1:8. Sien 1 Thess. 1:8.
43 Sien Rom. 15:33.

44 Naamlik wat probeer om julle deur sy instrumente te verlei.

45 Wat hier wel begin, maar aan die einde van hierdie wêreld, wat aanstaande is, Openb. 22:12, volkome sal gebeur.

46 Dit is, God sal sorg dat julle hom deur Christus volkome sal oorwin. Dit wil voorkom of die apostel hier verwys na die eerste belofte van die evangelie, Gén. 3:15. Sien ook Openb. 12:11.

47 Die apostel gebruik hierdie wens in al sy briewe. Sien 2 Thess. 3:17.

h Hand. 16:1. Filip. 2:19. Kol. 1:1. 1 Thess. 3:2. 1 Tim. 1:2.

i Hand. 13:1.

k Hand. 17:5.

l Hand. 20:4.

48 Naamlik uit die mond van Paulus.
m Hand. 19:22. 2 Tim. 4:20. 49 Sien oor hom Hand. 20:4. 1 Kor. 1:14.

50 Dit is, wat die apostel en ander gelowiges, wat nie daar woonagtig was nie, in sy huis geherberg het. Sien vers 1.

51 Of: bestuurder, ontvanger. Sien Luk. 16:1.

52 Dit is, van Korinthe, waar die apostel hierdie brief geskryf het.

53 Sien vers 20. Die apostel herhaal hierdie wens, om te toon hoe nodig dit is, en dat hierdie brief uit groot toegeneentheid deur hom geskryf is.
n Ef. 3:20.

o Ef. 1:9; 3:9. Kol. 1:26. 2 Tim. 1:10. Tit. 1:2. 1 Petr. 1:20.

54 Dit is, wat deur my verkondig is. Sien Rom. 2:16.

55 Dit is, die prediking wat die Here Christus self verkondig het, Hebr. 1:1, 2, of die prediking waarvan die Here Christus die inhoud is, 1 Kor. 2:2.

56 Dit is, van die leer van die evangelie van Christus wat nou in die vlees gekom het, wat voorheen nie op so ’n manier bekend was nie, en waarin sodanige wysheid van God geopenbaar word, wat deur die verstand van geen skepsel deurgrond kon word nie, 1 Petr. 1:12.

57 Gr. ewige tye; of: van die tye van die wêreld, dit is, nadat die wêreld geskape was.

58 Dit moenie so verstaan word, dat hulle in die Ou Testament nie van die evangeliese leer geweet het nie; want in die volgende vers word verklaar dat die openbaring van hierdie leer ook plaasgevind het deur die profetiese geskrifte; maar ten opsigte van die duidelike openbaring en verkondiging wat nou in die Nuwe Testament plaasvind, omdat Christus toe nog nie gekom het nie; en die heidene daarvan niks geweet het nie, Ps. 147:20. Ef. 2:12.

59 Naamlik in die tyd van die Nuwe Testament.

60 Naamlik waarin die Messías in al sy omstandighede en weldade beloof en beskryf word, Hand. 26:22. Rom. 1:2; 3:21. 1 Petr. 1:10, wanneer dit vergelyk word met dit wat in die Nuwe Testament beskryf word aangaande die vervulling daarvan in Christus.

61 Naamlik omdat dit tevore onder hulle verswyg was, vers 25.

62 Of: verordening; wat dit goedgevind het om só die saligheid van die mense teweeg te bring; en aan niemand rekenskap daarvan verskuldig is nie.

63 Of: die enige wyse God, of: die alleenwyse God, deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid tot in ewigheid toekom.

Einde van die brief van PAULUS aan die Romeine.