Statevertaling – Bybelstigting

Romeine 2

Onboetvaardigheid van die Jode. Geregtigheid van God.

1

DAAROM1 is jy, o mens wat 2oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; awant waarin jy ’n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, 3doen dieselfde dinge.

2

En 4ons weet dat die oordeel van God 5na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.

3

En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en 6dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4

Of verag jy 7die rykdom van sy 8goedertierenheid en 9verdraagsaamheid en b10lankmoedigheid, comdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou 11tot bekering wil lei nie?

5

Maar ooreenkomstig jou 12verhardheid en onbekeerlike hart d13vergader jy vir jou toorn as ’n skat 14in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

6

ewat elkeen sal 15vergeld na sy werke:

7

aan die wat deur 16volharding 17in goeie werke heerlikheid, eer en 18onverganklikheid soek — die ewige lewe;

8

fmaar aan die wat 19eiesinnig en aan 20die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is — grimmigheid en 21toorn;

9

22verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

10

maar 23heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

11

gWant daar is geen aanneming 24van die persoon by God nie.

12

Want almal wat 25sonder wet gesondig het, sal ook 26sonder wet verlore gaan; en almal wat 27onder die wet gesondig het, sal 28deur die wet geoordeel word;

13

homdat 29nie 30die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar 31die daders van die wet 32geregverdig sal word.

14

Want wanneer die heidene, wat geen 33wet het nie, van nature 34die dinge van die wet doen, 35is hulle vir hulleself ’n wet, al het hulle geen wet nie;

15

omdat hulle 36toon dat 37die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling 38beskuldig of ook 39verontskuldig,

16

i40in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, 41volgens my evangelie.

Die Jode het geen verontskuldiging nie. Die ware besnydenis.

17

KYK, 42jy 43dra die naam van Jood k44en steun op die wet en 45beroem jou op God,

18

en jy ken sy wil en onderskei die dinge 46waar dit op aankom, omdat jy uit die wet 47onderrig word,

19

en jy is oortuig dat jy ’n leidsman is van blindes, ’n lig vir die wat in duisternis is,

20

’n opvoeder van onverstandiges, ’n leermeester 48van onervarenes, omdat jy 49die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het —

21

jy dan, wat ’n ander leer, 50leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ’n mens nie mag steel nie, 51steel jy?

22

Jy wat sê dat ’n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat ’n afsku van die afgode het, 52pleeg jy tempelroof?

23

Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?

24

Want, lsoos geskrywe is, die Naam van God word 53om julle ontwil onder die heidene gelaster.

25

Want die besnydenis is wel nuttig 54as jy die wet onderhou; maar as jy ’n oortreder van die wet is, het jou besnydenis 55onbesnedenheid geword.

26

As die onbesnedene dan die 56verordeninge van die wet onderhou, sal 57sy onbesnedenheid dan nie 58as besnydenis gereken word nie?

27

En sal hy wat van nature onbesnede is 59en die wet volbring, 60jou nie oordeel wat ondanks 61letter en besnydenis ’n oortreder van die wet is nie?

28

mWant nie hý 62is ’n Jood wat dit 63in die openbaar is nie, en nie dít is 64besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;

29

maar hy is 65’n Jood wat dit in die verborgene is, en n66besnydenis is dié van die hart, 67in die gees, nie 68na die letter nie. 69Sy lof is 70nie uit mense nie, 71maar uit God.

a 2 Sam. 12:5. Matt. 7:1. 1 Kor. 4:5. 1 Naamlik omdat jy God se verordening ken, Rom. 1:32.

2 Dit is, berispe, bestraf, of ook straf. Hierdeur verstaan die apostel dié heidene, wat regters onder hulle was, of wat ’n meer ingetoë lewe gelei het, soos sommige filosowe, en daarmee die optrede van ander skynbaar veroordeel het; aangesien hulle nogtans inwendig vol was van haat, nyd, hoogmoed, ens., en in die geheim dieselfde sondes bedryf het, wanneer hulle dit vir die mense kon wegsteek, soos ook die Fariseërs onder die Jode gedoen het.

3 Naamlik inwendig of in die geheim.

4 Naamlik, dit is duidelik waarneembaar, selfs volgens die algemene gevoel van alle mense.

5 Dit is, opreg, nie volgens die uitwendige skyn nie, maar volgens hoe die saak inderdaad is.

6 Naamlik al doen jy dit in die geheim, of nie so skaamteloos soos ander nie.
b 2 Petr. 3:15.

c Jes. 30:18.

7 Dit is, die grootheid en menigvuldigheid. Hier weerlê hy diegene wat gemeen het dat hulle sake by God nie sleg gestaan het nie, omdat God aan hulle goed gedoen en hulle geseën het met aardse seëninge, soos Hy aan die Romeine in daardie tyd in die besonder gedoen het.

8 Dit is ’n eienskap van God, waardeur Hy seën en weldoen, ook selfs aan diegene wat sleg is, Matt. 5:45.

9 Naamlik waardeur Hy die sondes van die mense as ’t ware oogluikend vir ’n tyd lank oorsien, of hulle hul nog sou bekeer, Luk. 3:7, 8.

10 Naamlik waardeur Hy die straf wat hulle verdien, uitstel, totdat die maat daarvan vol geword het, Rom. 9:22.

11 Dit is, tyd en redes gee om te bekeer.

d Rom. 9:22. 12 Dit is, verharding in jou sondes.

13 Dit is, verwek meer en meer die toorn en straf van God, soos ’n skat waaraan ’n mens daagliks altyd meer toevoeg.

14 Dit is, op die laaste dag, wanneer God die sondes van die mense, selfs die geheime sondes, voor elkeen openbaar sal maak en sal straf, vers 16. 2 Thess. 1:7. Openb. 20:12, 13.

e Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 14:12. 1 Kor. 3:8. 2 Kor. 5:10. Gal. 6:5. Openb. 2:23; 22:12. 15 Hy spreek hier van die vergelding ooreenkomstig die beloftes en dreigemente van die wet, wat vir die heidene ook uit die natuur bekend was, vers 15, want hy begin eers in Rom. 3:21 te spreek van die regverdigmaking deur die geloof. Hoewel dit ook goed toegepas kan word op die vergelding ooreenkomstig die beloftes en dreigemente van die evangelie, soos dit in 2 Kor. 5:10 in die algemeen gesê word; omdat ook die goeie werke as vrugte van die geloof, uit genade, om Christus wil, vergeld sal word.
16 Die Griekse woord beteken ook geduldigheid; maar hier word dit beter met volharding of volstandigheid vertaal, soos in Matt. 10:22. Luk. 8:15.

17 Gr. van die goeie werk.

18 Dit is, die salige onsterflikheid.

f 2 Thess. 1:8. 19 Gr. uit eie sin, dit is, twisgierig of strydlustig; soos in Rom. 3:26 uit die geloof, gelowiges beteken, en soos in Rom. 4:12 uit die besnydenis, besnedenes beteken.

20 Naamlik wat aan hulle deur God in die natuur geopenbaar is, Rom. 1:19.

21 Naamlik van God, wat regverdiglik oor die sonde tot straf ontsteek is.

22 Dit is, helse pyne en smarte, wat hulle deur God se regverdige toorn toegestuur sal word.
23 Dit is, die ewige saligheid, wat hulle in hul lewe gesoek het, sal aan hulle gegee word, verse 7, 27.
g Deut. 10:17. 2 Kron. 19:7. Job 34:19. Hand. 10:34. Gal. 2:6. Ef. 6:9. Kol. 3:25. 1 Petr. 1:17. 24 Gr. van die aangesig. Sien oor hierdie spreekwyse breedvoeriger Matt. 22:16 en Hand. 10:34 se kanttekeninge.
25 Dit is, die heidene, wat die geskrewe wet van Moses nie gehad het nie.

26 Dit is, veroordeel word deur die getuienis van hul eie gewete, vers 15.

27 Dit is, die Jode, aan wie die wet deur Moses gegee was. Gr. in die wet.

28 Dit is, sal ooreenkomstig die dreigemente van die wet geoordeel, dit is, veroordeel word.

h Matt. 7:21. Jak. 1:22. 1 Joh. 3:7. 29 Dit is, word nie in God se oordeel as regverdiges erken nie, en ook nie as regverdiges verklaar nie, Ps. 143:2. Matt. 12:37. Rom. 8:33.

30 Dit is, wat die wet slegs ken, en daarop roem.

31 Dit is, wat die wet volbring, Gal. 3:10. Jak. 2:10.

32 Naamlik deur die wet, of ooreenkomstig die beloftes van die wet, Rom. 10:5. Maar aangesien niemand die wet volkome onderhou nie, vanweë die verdorwenheid wat in die mens is, Rom. 8:3. Gal. 3:10, so word niemand deur die wet of deur sy werke geregverdig nie, maar slegs deur die geregtigheid van Christus, deur die geloof ons toegereken, Rom. 3:20-22.

33 Naamlik die geskrewe wet.

34 Dit is, enige dinge voorskryf en volg wat God in sy wet beveel het.

35 Naamlik in die gebied of verbied van dit wat God se wet gebied of verbied, of ook in enige aspekte van hulle lewe.

36 Naamlik deur hul wette, en ook soms deur ’n uitwendige onderhouding daarvan.

37 Dit is, ’n deel van die inhoud van die wet van God.

38 Naamlik wanneer hulle teen hulle beterwete doen wat kwaad is.

39 Naamlik wanneer hulle volgens hulle gewete doen wat goed is.

i Matt. 25:31. 40 Hierdie woorde moet met vers 12 verbind word; maar kan ook op vers 15 volg, as ’n mens dit vertaal met teen die dag, want dan sal die getuienisse van die mense se gewetens, ook oor hulle verborge sondes, dien om die oordeel van Christus voor die hele wêreld te regverdig, ook selfs voor diegene aan wie die evangelie nooit verkondig is nie, Openb. 20:12.

41 Naamlik wat getuig dat Christus hierna ’n regter sal wees oor alle mense, ook oor diegene aan wie die evangelie nie verkondig is nie, vers 12.

k Rom. 9:4. 42 Van hier af verder handel hy in die besonder teen die Jode, wat op hulle afkoms, op die kennis van God se wet, op die besnydenis en ander uiterlike voordele geroem en hulle daarop verlaat het. Hy bewys dat hulle daardeur nie méér regverdig voor God sal wees as wat die heidene deur die wet van die natuur sal wees nie.

43 Gr. word ’n Jood genoem, naamlik vanweë jou afkoms uit Israel en Juda, waaruit die Messías moes voortkom, Openb. 2:9, waarom die Jode ook graag na hom (Juda) genoem was.

44 Dit is, verlaat jou op die wet, wat deur Moses aan jou gegee is, as die tafels van die verbond van God.

45 Dit is, beroem jou daarop dat God jou God is, en dat jy God se volk is, Joh. 8:33, 41.

46 Gr. wat uitnemend is, wat verskil. Want die Griekse woord beteken beide, Matt. 12:12. Filip. 1:10.

47 Gr. gekatkiseer, dit is, van jongs af aan en noukeurig van mond tot mond onderrig, Hand. 18:25. 1 Kor. 14:19.

48 Gr. van onmondige kinders, dit is, wat min kennis het, soos kinders, Matt. 11:25. 1 Kor. 13:11.

49 Gr. morfosin, dit is, ’n vasgestelde wyse of gestalte van kennis; of: ’n skyn, en nie ’n waaragtige wese daarvan nie. Sien 2 Tim. 3:5.

50 Naamlik om gehoorsaam te wees en te doen wat jy ’n ander leer, soos blyk uit die volgende.

51 Dit is, neem jy die goed van ’n ander op slinkse maniere en met bose liste tot jou? Soos die Jode hiervoor altyd baie berug was en steeds is, Matt. 23:14.

52 Naamlik deur God sy eer te ontneem; of Hom in sy tempel van dit te weerhou wat Hy aan Hom geheilig of geoffer wil hê. Sien hieroor Mal. 1:6.
l Jes. 52:5. Eség. 36:23. 53 Dit is, ter wille van jou en jou voorvaders se sondes.
54 Hy spreek die Jode aan, wat hulle regverdigheid gesoek het in die onderhouding van die besnydenis en ander seremonies; mense wat dit doen moet die hele wet onderhou, anders kan die besnydenis hulle nie help nie, Gal. 5:3. Hoewel dit ook in die algemeen verstaan kan word, dat die uiterlike diens aan God nie kan bydra tot saligheid nie, as dit nie vergesel is van ’n ware godsalige lewe nie, Jes. 1:11, 12, ens. Jer. 6:20, ens.

55 Dit is, so is jy, hoewel jy besny is, in dieselfde staat as ’n ongelowige onbesnedene.

56 Of: regverdigmakings, naamlik dit wat die wet tot regverdigmaking vereis.

57 Dit is, die staat van die onbesnede mens.

58 Dit is, so beskou word asof hy besny was, soos in Abraham te sien is voordat hy besny was, wat nogtans nie deur die wet nie, maar deur die geloof geregverdig is, Rom. 4:10, waarmee Paulus die besnydenis nie heeltemal verwerp nie, omdat dit toe nog nie afgeskaf was nie, maar hy handel hier met die Jode wat die leer van die Fariseërs gevolg, en hul geregtigheid gestel het in die onderhouding van die uiterlike godsdiens. Anders was die besnydenis op sigself ’n teken en seël van die regverdigmaking van die geloof, Rom. 4:11, en is saam met die ander seremonies en skaduwees deur Christus vervul en afgeskaf, Kol. 2:17.

59 Nie dat daar iemand is wat die wet in alles volbring het nie, Rom. 3:9, maar hy sê dit om die Jode te oortuig, dat sowel hulle as die heidene hul geregtigheid buite hulleself in Christus, wat alleen die wet volbring het, moet soek, Hand. 13:38, 39, ens.

60 Naamlik met sy voorbeeld, soos in Matt. 12:41, 42.

61 Dit is, die uitwendige en letterlike besnydenis; of: wat slegs volgens die uitwendige letter van die gebod plaasvind, 2 Kor. 3:6, 7.

m Joh. 8:39. Rom. 9:7. 62 Dit is, ’n regte of ware Jood, wat erfgenaam is van die beloftes van die verbond, wat aan die vaders gemaak is.

63 Dit is, van afkoms uit Abraham deur Juda, en wat die uitwendige belydenis van die Jodedom doen.

64 Dit is, die regte of ware besnydenis, wat God in sy Woord vernaamlik eis, en wat vir Hom tot saligheid aangenaam is.

n Deut. 10:16. Jer. 4:4. Filip. 3:2, 3. Kol. 2:11. 65 Dit is, ’n regte en ware Jood, soos tevore.

66 Dit is, die ware bekering en vernuwing van die hart, Kol. 2:11.

67 Dit is, in die hart en gemoed; of: deur die Heilige Gees, wat alleen die harte besny. Dit kom met die volgende woord letter die beste ooreen.

68 Daardeur verstaan Paulus slegs die uitwendige gebooie van die wet; soos deur in die gees die inwendige werking van die Heilige Gees in die verkondiging van die heilige evangelie verstaan word. Sien 2 Kor. 3:6.

69 Naamlik lof van die Jood, nie waardeur hy roem nie, maar waarmee hy tereg geroem en geprys word.

70 Dit is, dit het sy oorsprong nie uit die mens se kragte of werke nie.

71 Naamlik wat dit deur sy Gees in hom gewerk het, Rom. 9:16. 1 Kor. 3:7. 2 Kor. 4:6.