Statevertaling – Bybelstigting

Romeine 3

Voorreg van die Jood. Die geregtigheid van God.

1

WAT is dan 1die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis?

2

Groot, in alle opsigte: a2ten eerste tog seker dat aan hulle 3die woorde van God toevertrou is.

3

Want wat maak dit as 4sommige 5ontrou geword het? Sal b6hulle ontrou miskien 7die getrouheid van God vernietig?

4

Nee, stellig nie! cMaar God 8moet waaragtig wees den elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: eSodat U 9geregverdig kan word in u woorde en 10oorwin as U 11gerig hou.

5

Maar as ons ongeregtigheid die 12geregtigheid van God 13bewys, wat sal ons sê? Is God wat die 14toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek 15menslikerwys.

6

16Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel?

7

Maar as die waarheid van God deur my 17leuen 18oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog 19as sondaar geoordeel?

8

En moet ons nie liewer sê nie, 20soos ons belaster word en soos 21sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? 22Hulle veroordeling is regverdig.

Al die mense is onder die mag van die sonde.

9

WAT dan? Het 23ons enige 24voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het 25tevore al Jode sowel as Grieke 26beskuldig fdat hulle almal onder die sonde is,

10

27soos geskrywe is: gDaar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.

11

Daar is niemand wat 28verstandig is nie, daar is niemand wat 29God soek nie.

12

Hulle het almal afgewyk, saam het hulle 30ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.

13

hHul keel is 31’n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, i32die gif van adders is onder hulle lippe.

14

kHulle mond is vol vervloeking en bitterheid.

15

lHaastig is hulle voete om 33bloed te vergiet.

16

Verwoesting en 34ellende is in hulle paaie,

17

en 35die weg van vrede ken hulle nie.

18

mDaar is geen 36vrees van God voor hulle oë nie.

19

Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit 37sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God 38doemwaardig kan wees;

20

n39aangesien uit die werke van die wet 40geen vlees voor Hom 41geregverdig sal word nie, owant deur die wet is 42die kennis van sonde.

Regverdigmaking deur die geloof in Jesus Christus.

21

MAAR nou is 43pdie geregtigheid van God geopenbaar 44sonder die wet, terwyl 45die wet en die profete daarvan getuig,

22

die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is 46geen onderskeid nie;

23

want almal het gesondig en dit 47ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

24

q48en hulle word deur sy genade 49sonder verdienste geregverdig deur 50die verlossing wat in Christus Jesus is.

25

rHom het God 51voorgestel 52in sy bloed sas ’n 53versoening deur die geloof, 54om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het 55wat tevore gedoen is 56onder die verdraagsaamheid van God —

26

57om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.

27

Waar is dan 58die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur 59die wet van die geloof.

28

tOns neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof 60sonder die werke van die wet.

29

Of 61behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene,

30

aangesien dit inderdaad een God is wat 62die besnedenes sal regverdig uit die geloof en 63die onbesnedenes deur die geloof.

31

Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, 64ons bevestig die wet.

1 Of: die uitnemendheid, naamlik bo die heidene, indien die uitwendige Jodedom en die besnydenis nie as geregtigheid voor God geld nie, soos in die laaste vyf verse in die voorgaande hoofstuk geleer is.
a Ps. 147:19. Rom. 9:4. 2 Dit is, die vernaamste, wat die fondament is van alle ander voordele, wat die apostel breedvoeriger beskryf in Rom. 9:4, 5. Ef. 2:11, 12.

3 Dit is, die instrumente van sy verbond, vervat in die geskrifte van Moses en die profete, Ps. 147:19, 20. Hand. 7:38.

b Núm. 23:19. Rom. 9:6. 2 Tim. 2:13. 4 Dit is, ’n groot deel van hulle, naamlik wat deur hul eie ontrou die voordele, deur God aan hulle verleen, kragteloos maak. Sien Hos. 8:12. Hebr. 3:16-18.

5 Gr. ongeloof. So ook hierna.

6 Dit is, sulke ontrou.

7 Dit is, die trou en waarheid van God, wat onder daardie volk, nieteenstaande die ondankbaarheid van vele, altyd die wat aan Hom behoort wou behou, en nog behou, waarop die beloftes van God in die besonder dui, en hulle kragte het, Rom. 9:8, 27; 11:1, ens.

c Joh. 3:33.

d Ps. 116:11.

e Ps. 51:6.

8 Naamlik in die onderhouding van sy verbond en die volvoering van sy beloftes, al is dit dat die mense dit onwaardig is.

9 Dit is, as regverdig en trou erken.

10 Dit is, in u oordele suiwer en sonder blaam bevind word. Dawid breek uit in hierdie bekentenis, by nadenke oor sy sonde teen God begaan, en oor die belofte van vergewing deur Natan aan hom verkondig.

11 Of: gerig word; want die Griekse woord kan albei hierdie vertalings toelaat; maar die Hebreeuse teks vereis gerig hou, wat ook die beste met Paulus se bedoeling ooreenkom, naamlik om te bewys dat God altyd suiwer en regverdig bly, of oorwin, wanneer Hy gerig hou, dit is, wanneer Hy die sondes van die mense in die kinders van ongehoorsaamheid na verdienste straf, of wanneer Hy, volgens sy beloftes, Hom ontferm oor die sondes van sy kinders, wat ook deur God se oordeel, alhoewel in sy barmhartigheid, plaasvind, Matt. 12:18, 20. Die waarheid van God in die nakom van sy beloftes word in die Skrif ook die geregtigheid van God genoem, Ps. 143:11. 1 Joh. 1:9.

12 Dit is, trou en waarheid, soos tevore.

13 Of: aanbeveel, dit is, lofwaardig en onmiskenbaar maak, Rom. 5:8.

14 Dit is, straf oor sommige, soos dit in die eintlike sin van die woord beteken, of ook vaderlike kastydinge oor die wat aan Hom behoort, Ps. 6:2.

15 Dit is, volgens menslike denke of oordeel, wat sou meen dat God nie dit wat sy eer bevorder behoort te straf nie.

16 Gr. Laat dit nie gebeur nie, naamlik dat God, al doen Hy dit, daarom onregverdig sou wees nie, omdat Hy ’n regter van die hele wêreld is, wat alles altyd wyslik en regverdiglik doen, ook al kan die mense dit nie altyd verstaan nie. Sien Gén. 18:25. Mal. 2:17.
17 Dit is, troueloosheid, ongehoorsaamheid; en dit word hier gestel teenoor die waarheid of getrouheid van God in die vervulling van sy beloftes.

18 Dit is, openbaarder, duideliker.

19 Dit is, gereken en gestraf, vers 5.

20 Dit is, soos sulke gevolge uit dit wat ons van God se genade en regverdigheid leer, ons lasterlik ten laste gelê word.

21 Naamlik verkeerde mense, wat ons leer verdraai.

22 In hierdie woorde is ’n kort weerlegging van dit wat in verse 7, 8 teen die leer van Paulus ingebring is, naamlik dat dit só ver van die waarheid is, dat hy sulke gevolge sou toestem en dat hy selfs diegene wat dit sê, met God se oordeel dreig.

f Gal. 3:22. 23 Naamlik Jode.

24 Dit is, is ons in onsself beter, regverdiger, naamlik as die heidene?

25 Naamlik in die eerste twee hoofstukke.

26 Dit is, met grondige redes bewys of oortuig. Die Griekse woord beteken dikwels om iemand regtens te beskuldig en met goeie bewyse te oortuig.

g Ps. 14:3; 53:4. 27 Op al hierdie plekke bewys die apostel dat nie net die heidene nie, maar ook die Jode in hulleself onregverdig is voor God.
28 Naamlik om God reg te ken nie.

29 Naamlik om Hom reg te dien nie.

30 Dit is, onbekwaam om goed te doen, soos vrot en stinkende goed wat ’n mens weggooi.
h Ps. 5:10.

i Ps. 140:4.

31 Naamlik waarin niks anders as onreinheid is, en waaruit niks anders as stank kom nie.

32 Dit is, die dodelike gif van kwaadspreek.

k Ps. 10:7.
l Spr. 1:16. Jes. 59:7. 33 Dit is, allerlei wreedheid en geweld te doen.
34 Naamlik wat hulle ander aandoen.
35 Naamlik om self in vrede te leef, en ander in vrede te laat.
m Ps. 36:2. 36 Naamlik wat die grond en oorsprong is van alle ander deugde; waarmee die apostel tot die slotsom kom, nie dat al hierdie ondeugde in alle natuurlike mense altyd ewe kragtig uitbreek nie, maar omdat die slegte oorsprong van dit alles in hulle is, en dat iets daarvan altyd in hul lewe openbaar is.
37 Die apostel voeg hierdie rede daarby om te toon dat hy dit tereg op die Jode toepas, omdat God in sy Woord deur sy profete tot die Jode spreek.

38 Dit is, tot die verdoemenis, of aan die regverdige oordeel van God, skuldig.

n Gal. 2:16.

o Rom. 7:7. Hebr. 7:18.

39 Hier kom Paulus, uit die hele voorgaande bewys van Rom. 1:17 tot hiertoe, tot die slotsom dat die mens deur sy werke nie voor God geregverdig sal word nie.

40 Dit is, geen lewende mens nie, Ps. 143:2. Gal. 2:16.

41 Dit beteken nie regverdigheid of heiligheid instort nie. Dit sou hier naamlik die verkeerde betekenis wees om te sê: geen vlees kan die regverdigheid voor God ingestort word nie. Dit beteken wel om voor God se oordeel van die verdoemenis vrygespreek, en as regverdig gehou te word. Sien Job 9:2, 3. Ps. 143:2. Rom. 8:33, 34. Gal. 2:16, 17, ens.

42 Naamlik wanneer die wet aan die mens voorhou wat God gebied en verbied; en die gewete van die mens hom oortuig dat hy met gedagtes, begeertes, woorde en werke daarteen gesondig het, Rom. 7:7. Gal. 3:19, 22.

p Rom. 1:17. Filip. 3:9. 43 Dit is, wat voor God geld, en wat God skenk.

44 Dit is, nie deur die wet, wat volkome gehoorsaamheid van die mens self eis nie, maar deur die evangelie, wat ons op Christus se gehoorsaamheid wys, Rom. 1:16, 17.

45 Dit is, die geskrifte van Moses, wat van God se regverdigheid deur Christus getuig, soos ook die profete. Sien Joh. 5:46. Hand. 15:11; 26:22, ens.

46 Naamlik tussen Jode en Grieke nie, solank hulle maar glo.
47 Gr. husterountai. Dit beteken eintlik om agter te raak of kort te kom in die verkryging van enige sake, in die besonder in die wedloop om die prys; en dit daarom moet ontbeer. Soos alle mense te kort kom wat probeer om deur hulle werke die heerlikheid van God, dit is, die ewige lewe, te verkry.
q Jes. 53:5. 48 Van hier verder beskryf die apostel al die oorsake en eienskappe van die regverdigmaking deur die geloof, wat aan ons in die evangelie geopenbaar is. Die belangrikste oorsaak is die onverdiende genade van God, die bewegende en verdienende oorsaak is die versoening en verlossing wat deur Christus geskied het; die middel, waardeur dit ons toegereken word, is die geloof in die bloed van Christus; die einde is die betoning van God se geregtigheid en die vergewing van sondes. Die eienskap is dat alle roem van mense voor God hierdeur uitgesluit word, en dat dit alles nie net aan die Jode nie, maar ook aan die heidene geopenbaar is.

49 Gr. verniet, dit is, slegs as geskenk, sonder enige verdienste.

50 Gr. apolutrosis. Hoewel dit soms in ’n breër sin verstaan word as allerlei verlossing, beteken dit hier nogtans eintlik ’n verlossing wat plaasvind deur die lewering of betaling van ’n losprys, soos Christus self spreek in Matt. 20:28. Sien ook 1 Kor. 7:23. 1 Petr. 1:18.

r 2 Kor. 5:19. Kol. 1:20. Hebr. 4:16. 1 Joh. 4:10.

s Ex. 25:17.

51 Naamlik eers in sy ewige raad, daarna deur die uitvoering daarvan in die volheid van die tyd, en eindelik deur die verkondiging van die evangelie, 2 Tim. 1:9-11. 1 Petr. 1:20-22.

52 Dit is, in of deur sy bloedige lyding en sterwe. Hierdie woorde kan óf by die woord versoening gevoeg word, dat Christus ons deur sy bloed met God versoen het; óf by die woord geloof, omdat die geloof, waardeur ons geregverdig word, vernaamlik op die gehoorsaamheid van Christus tot die dood van die kruis toe, dui, steun en vertrou; dit wil voorkom of dit die beste met die apostel se bedoeling ooreenkom. Sien ook 2 Kor. 5:19-21. Gal. 2:20.

53 Gr. hilasterion, dit is, om ’n versoener te wees, naamlik van sondaars. Die apostel wys hier op die genadestoel of versoendeksel van suiwer goud, wat die verbondsark, waarin die tafels van die wet gelê het, bedek het. Dit is ook hilasterion genoem, Hebr. 9:5, en was ’n voorbeeld dat Christus deur sy suiwerheid en gehoorsaamheid ons oortredings van die wet voor God se aangesig sou bedek, en ons met God versoen.

54 Dit is, om sy trou en waarheid in die nakom van sy beloftes te betoon, Luk. 1:69, 70, of ook om te bewys dat Hy regverdig is, omdat Hy selfs in Christus die sondes straf; wat Hy in die Ou Testament vergeef het, op grond van hierdie versoening wat sou plaasvind, en in die Nuwe Testament die gelowiges daagliks vergewe op grond van dieselfde voldoening wat nou plaasgevind het. Dit wil voorkom of dit ook in die volgende woorde opgesluit lê.

55 Naamlik onder die Ou Testament, wat God eers in Christus in die volheid van die tyd gestraf het; tot op daardie tyd het Hy die sondes oorgesien, Hebr. 9:15. Of: wat die mense gedoen het voordat hulle deur die geloof geregverdig word. Hoewel ook die sondes wat ná die bekering gedoen word, op geen ander manier vergewe kan word as op grond van die voldoening van Christus nie, Filip. 3:9. Hebr. 10:14. 1 Joh. 1:7; 2:2.

56 Gr. in. Hierdie woorde word deur sommige by die volgende vers gevoeg, maar dit pas beter by die voorgaande.

57 Sien die verklaring hiervan in die voorgaande vers.
58 Naamlik waaroor enige mens in sy regverdigmaking voor God sou mag roem.

59 Dit is, die voorskrif of die leer van die geloof, wat hy deur ’n Hebreeuse spreekwyse, deur middel van ’n beeld, ’n wet noem, soos in Jes. 2:3.

t Hand. 13:38. Rom. 8:3. Gal. 2:16. Hebr. 7:25. 60 Naamlik wat nie net vóór die bekering plaasvind nie, maar ook ná die bekering, soos deur die apostel in die volgende hoofstuk met die voorbeeld van Abraham en Dawid duidelik bewys sal word.
61 Naamlik in die Nuwe Testament, noudat die onderskeid tussen Jode en heidene weggeneem is, Ef. 2:16-18.
62 Dit is, die Jode.

63 Dit is, die mense van heidense afkoms.

64 Naamlik omdat die leer van die evangelie verklaar dat Christus die wet tot ons regverdigmaking vir ons volbring het; en dat Hy diegene wat geregverdig word, ook deur sy Gees sodanig vernuwe dat hulle probeer om hul lewe ooreenkomstig al God se gebooie te rig, Rom. 8:1-3. Nie om daardeur voor God geregverdig te word nie, maar om God vir hierdie weldaad van Hom behoorlike dankbaarheid te bewys, hulle naaste te stig, en van hulle eie regverdigmaking voor God al meer en meer verseker te word; soos Paulus hierna in hfst. 6-8 breedvoeriger sal verklaar.