Statevertaling – Bybelstigting
Abraham is geregverdig deur die geloof.
WAT sal ons dan sê, ahet Abraham, ons vader 1na die vlees, 2verkry?
Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy 3iets om op te roem, 4maar nie teenoor God nie.
Want wat sê die Skrif? bAbraham het in God 5geglo, en 6dit is hom tot geregtigheid gereken.
Maar aan hom 7wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar 8na verdienste;
aan hom egter 9wat nie werk nie, maar 10glo in Hom wat 11die goddelose regverdig, word 12sy geloof tot geregtigheid 13gereken.
Soos Dawid ook 14die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke:
c15Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.
Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.
Hierdie 16saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.
Hoe is dit dan toegereken — 17toe hy besnede of 18onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.
dEn hy het 19die teken van die besnydenis ontvang as ’n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy 20die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;
en ook ’n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.
Want die belofte dat hy 21erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie 22deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
eWant as hulle 23wat uit die wet is, 24erfgename is, dan het die geloof 25waardeloos geword en die belofte 26tot niet geraak.
Want die wet 27werk toorn; fmaar waar 28geen wet is nie, daar is ook 29geen oortreding nie.
Daarom is 30dit 31uit die geloof, sodat dit 32volgens genade kan wees en die belofte kan 33vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat 34uit die wet is nie, maar ook vir die wat 35uit die geloof van Abraham is, gdie vader 36van ons almal —
soos geskrywe is: hEk het jou 37’n vader van baie nasies gemaak — 38voor die aangesig van God in wie hy geglo het, 39wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, 40roep asof hulle bestaan.
41Hy het 42teen hoop 43op hoop 44geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: i45So sal jou nageslag wees.
En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, 46nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op 47die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie.
kEn hy het nie deur ongeloof 48aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en 49het aan God die eer gegee
len was ten volle oortuig dat Hy ook die 50mag het om te doen wat Hy beloof het.
Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.
m51Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie,
maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat 52glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,
wat 53oorgelewer is 54ter wille van ons misdade en opgewek is 55ter wille van ons regverdigmaking.
| a Jes. 51:2. | 1 Sommige verstaan die woord vlees as die staat van ’n onwedergebore mens. Maar dit kan hier nie die geval wees nie, omdat Abraham al lank tevore wedergebore was, en God gedien het, voordat hierdie getuienis in Gén. 15:6 van hom gegee is. Maar die woord kan ook bekwaam verstaan word as na die werke wat ’n mens uiterlik sien en prysenswaardig ag, soos die volgende vers dit ook verklaar, en die woord vlees ook so gebruik word in Filip. 3:3, 4.
2 Gr. gevind. |
| 3 Dit is, rede om te roem.
4 Naamlik: nie teenoor God het hy rede om te roem nie. Waaruit dan noodwendig volg dat hy uit die werke nie voor God geregverdig is nie; wat hy hierna breedvoeriger bewys. |
| b Gén. 15:6. Gal. 3:6. Jak. 2:23. | 5 Dit is, die beloftes van God om vir hom ’n skild en groot loon te wees, vir hom ’n erfgenaam te gee, en sy nageslag te vermenigvuldig, Gén. 15:1, 4-6, waardeur nie net ’n vleeslike nageslag nie, maar in die besonder Christus verstaan word, die Seun van Abraham, in wie alle geslagte van die aarde geseën sou word, sien hierna verse 11-13, soos ook Paulus verklaar in Gal. 3:16. Sien ook Joh. 8:56.
6 Die Hebreeuse teks in Gén. 15:6 sê: en Hy, naamlik God, het hom dit tot geregtigheid gereken. Maar dit is dieselfde betekenis, waardeur verstaan word dat God aan hom die geregtigheid, wat hy in homself nie gehad het nie, deur die geloof in die beloofde saad uit genade geskenk het. |
| 7 Naamlik met daardie bedoeling om deur sy werk die geregtigheid te verkry of te verdien.
8 Naamlik word na verdienste gegee; want om na verdienste te gee en na guns toe te reken, word hier teenoor mekaar gestel as teenstrydig met mekaar. |
| 9 Dit is, wat sulke werke van verdienste nie kan of durf te voorskyn bring nie.
10 Dit is, stel sy vertroue op die genade van God in Christus, verse 24, 25. 11 Dit is, wat in homself nog onrein en met sondes besmet is, soos alle mense, selfs ook die wedergeborenes, voor God is, volgens die getuienis van Dawid in die volgende verse. 12 Nie dat die geloof, in die sin dat dit ’n werk is, dit verdien, of op sigself waardig is nie, soos sommige verkeerdelik meen; want dit het Paulus pas tevore alle werke, en daarom ook die geloof as ’n werk, ontneem; maar omdat God die geregtigheid slegs uit genade aan die gelowiges beloof het, en omdat die geloof soos ’n instrument is wat die geregtigheid van Christus aanneem, en dit tussen God se oordeel en sy eie misdade stel. Sien Rom. 5:9. 2 Kor. 5:19. Filip. 3:9. 13 Die woord reken of toereken word geneem van ’n beeld van diegene wat iets op iemand se rekening sit, Fil. vers 18. So word van God gesê om iemand die sonde toe te reken, as Hy wil dat sy sonde deur hom deur straf voldoen word; en nie toe te reken nie, as Hy die sonde vergewe en die straf kwytskeld, vers 8. So ook dat Hy die geloof tot geregtigheid reken as Hy die gelowiges die geregtigheid van Christus skenk, toeskryf en toereken, wat hulle deur die geloof aanneem. God beskou, deur hierdie genadige toerekening, asof dit hul eie geregtigheid was. Daarom word hier ook gesê dat die geregtigheid hulle toegereken word. |
| 14 Gr. die saligspreking van die mens sê. |
| c Ps. 32:1. | 15 Naamlik in die begin van Psalm 32, wat Paulus hier as onweerspreeklike bewys aanhaal. Want wie uit sy werke geregverdig is, het geen vergewing van sondes nodig om geluksalig te wees nie; en wie bid dat God hom sy sondes nie toereken nie, bid ook dat God hom die geregtigheid van Jesus Christus toereken, omdat hierdie twee dinge in God se oordeel nie geskei kan word nie. Sien Rom. 3:24; 5:19. Ef. 1:7, ens. |
| 16 Of: saligmaking, waaruit blyk dat die woord salig spreek, of salig maak, hier deur Dawid gebruik word in dieselfde betekenis as wat die Skrif in Gén. 15:6 aangaande Abraham die toerekening van die geregtigheid noem. Die rede is omdat die grond van ons saligheid in die vergewing van die sondes en die toerekening van die geregtigheid van Christus geleë is. |
| 17 Dit is, is dit hom toegereken toe hy reeds besny was?
18 Dit is, toe hy nog nie besny was nie. Want hierdie belofte, waarop die geloof van Abraham gesien het, is reeds veertien jaar tevore gemaak, voordat Abraham besny is; en Abraham nog geen hoop op kinders gehad het toe hierdie belofte gemaak is nie, Gén. 15:2, en Ismael dertien jaar oud was toe Abraham op negen-en-negentig jaar besny is, Gén. 17:24, 25. |
| d Gén. 17:11. | 19 Dit is, die besnydenis as ’n teken en seël, dit wil sê, verseëling en versterking daarvan dat hy deur die geloof geregverdig was. In hierdie woorde word die natuur en eienskap van alle sakramente kortliks aangewys, soos ook in Gén. 17:11. Ex. 12:13. Eség. 20:12. Naamlik dat hulle dien om die geloof nie eers te werk nie, maar te verseël en te versterk, en daarom nie blote tekens is nie, maar ook seëls.
20 Naamlik volgens wie se voorbeeld of voetstappe God wil, dat sowel heidene as Jode deur die geloof geregverdig sou word. |
| 21 Hier word verwys óf na die belofte aan Abraham gemaak, op dieselfde tyd wat hierdie getuienis van sy geregtigheid deur die geloof gegee is, Gén. 15:6-8, naamlik van die besitting van die land Kanaän, wat ’n voorbeeld was van die ewige rus van die gelowiges in die hemel, waaroor die apostel hier spreek en in Hebr. 4:3; 11:9, 10; óf hier word na ’n ander belofte verwys, wat in Gén. 22:17, 18 staan, nadat hy bereid was om sy seun te offer, naamlik dat alle geslagte van die aarde in sy nageslag (Christus) geseën sal word. Want Abraham, as ’n vader van alle gelowiges, is deur God in die erfenis van die geestelike wêreld gestel, waarvan al sy geestelike kinders, die gelowiges, ook hul deel deur Christus, die beloofde saad, sal ontvang, Ps. 2:8. Hebr. 2:5.
22 Dit is, deur die onderhouding van die wet. Hier voer Paulus nog ’n ander rede aan om te bewys dat Abraham nie uit die werke geregverdig is nie; want anders sou die belofte wat aan Abraham gemaak is, naamlik dat hy met sy nageslag ’n erfgenaam van die wêreld sou wees, tevergeefs gegee wees. Want die wet werk toorn, en gee nie die erfenis nie, omdat dit deur die vlees kragteloos gemaak is, Rom. 8:3. |
| e Gal. 3:18. | 23 Dit is, wat deur die werke of onderhouding van die wet geregverdig wil word.
24 Naamlik van hierdie geestelike wêreld, vers 13. 25 Dit is, onnodig, tevergeefs. 26 Dit is, sonder krag of vrug. |
| f Joh. 15:22. Rom. 5:20; 7:8. Gal. 3:19. | 27 Dit is, openbaar God se toorn teen die oortreding van die wet deur die dreigemente van strawwe daarvan; en vermeerder die sonde deur die verkeerdheid van die natuur van die mense, Rom. 7:8.
28 Naamlik nie in die natuur ingeskryf nie, of nie deur God gegee nie, soos tevore bewys is. 29 Naamlik wat erken en gestraf kan word nie. |
| g Jes. 51:2. | 30 Naamlik die belofte van hierdie erfenis.
31 Dit is, op voorwaarde van die geloof deur God gemaak of gegee. 32 Want geloof en genade gaan altyd saam, en die geloof steun op die onveranderlike genade van God, nie op die werke of op homself nie, vers 5. Ef. 2:8. 33 Want ons kan slegs deur die geloof verseker wees van die erfenis, en nie deur die werke van die wet nie, omdat niemand die wet onderhou nie, soos tevore bewys is. Sien ook Gal. 3:16, 18. 34 Dit is, uit die Jode, aan wie die wet gegee is. Want dat niemand uit die werke van die wet ’n erfgenaam kan word nie, is in vers 14 geleer. 35 Dit is, wat die geloof van Abraham navolg, al het hulle nie na die vlees uit Abraham voortgekom nie. 36 Naamlik wat glo. |
| h Gén. 17:4. | 37 Naamlik nie net van diegene wat na die vlees uit hom sou voortkom nie, maar ook van diegene wat deur die geloof uit alle ander volke in sy geestelike familie ingelyf en aangeneem sou word.
38 Van hier af tot by vers 22 word die geloof van Abraham met al sy steunpunte en eienskappe beskryf. Van daar af verder word aangetoon dat dit vir ons as ’n voorbeeld voorgehou word. 39 Dit is die eerste steunpunt van die geloof, naamlik God se almag. Abraham se geloof het dit nodig gehad om vas te glo dat hy in sy ouderdom, as ’t ware verstorwe, krag sou kry om ’n vader van baie volke te word. 40 Of: noem, dit is, deur sy woord laat bestaan en hul wese het, Ps. 33:9. 2 Kor. 4:6. |
| i Gén. 15:5. Hebr. 11:12. | 41 Naamlik Abraham.
42 Naamlik wat die mens uit sy eie vernuf of denke sou kon skep. 43 Naamlik van God se waarheid en mag. 44 Dit is, vertrou. 45 Naamlik soos die sterre aan die hemel. |
| 46 Naamlik om in sy vertroue verswak te word deur te let op sy swakheid. Want andersins het hy God selfs sy ouderdom en die ouderdom van Sara voorgehou, Gén. 17:17.
47 Gr. die verstorwenheid van die baarmoeder van Sara. |
| k Joh. 8:56. Hebr. 11:11, 18. | 48 Dit is die ander steunpunt van Abraham se geloof, naamlik die sekerheid wat hy gehad het van God se trou en standvastigheid in sy beloftes, Hebr. 6:17, 18.
49 Dit is, hiermee het hy betoon dat hy geglo het dat God kon en sou doen wat Hy beloof het; en het so sy seël daarop gesit dat God waaragtig is, Joh. 3:33. |
| l Ps. 115:3. | 50 Naamlik al het dit voorgekom of dit teen alle menslike rede ingaan. |
| m Rom. 15:4. | 51 Hier sluit die apostel die verklaring van hierdie hoofstuk af, en betuig dat alle gelowiges ook so geregverdig sal word, soos Abraham geregverdig is. |
| 52 Dit is, op Hom vertrou, want dit is ook waarop ons geloof steun, volgens die voorbeeld van Abraham se geloof, naamlik eerstens God se mag en trou, wat Hy volgens sy belofte getoon het in die opwekking van Christus uit die dode; en ten tweede die dood en opstanding van Jesus Christus, aangesien ons deur die dood met God versoen, en deur die opstanding hierdie versoening deelagtig word. |
| 53 Naamlik deur God, sy Vader, Rom. 8:32.
54 Naamlik om dit te versoen en tot niet te maak, 1 Joh. 1:7; 2:2. 55 Naamlik omdat God deur hierdie opwekking betoon het dat Hy die dood van sy Seun as ’n genoegsame betaling vir ons sondes aangeneem het, en sy volkome gehoorsaamheid wil aanneem tot geregtigheid vir almal wat in Hom glo. Want as Christus in die dood gebly het, sou sy voldoening nie volkome gewees het nie, en sou Hy die krag daarvan nie aan ons kon toepas nie. |