Statevertaling – Bybelstigting

Romeine 6

Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan.

1

WAT1 sal ons dan sê? Sal ons 2in die sonde bly, dat die genade 3meer kan word?

2

4Nee, stellig nie! Ons 5wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog 6daarin lewe?

3

Of weet julle nie dat aons almal wat 7in Christus Jesus gedoop is, 8in sy dood gedoop is nie?

4

bOns is dus 9saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die cdode opgewek is 10deur die heerlikheid van die Vader, 11ons ook so din ’n nuwe lewe kan wandel.

5

eWant as ons met Hom 12saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;

6

aangesien ons dit weet dat 13ons oue mens f14saam gekruisig is, sodat 15die liggaam van die sonde 16tot niet gemaak sou word en ons 17nie meer die sonde sou dien nie.

7

gWant 18hy wat gesterf het, is 19geregverdig van die sonde.

8

hAs ons dan 20saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook 21saam met Hom sal lewe,

9

iomdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood 22heers oor Hom nie meer nie.

10

kWant die dood wat Hy gesterf het, het Hy 23vir die sonde 24eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy 25vir God.

11

So moet julle ook reken dat julle wel 26vir die sonde dood is, maar lewend is 27vir God in Christus Jesus, onse Here.

12

Laat die 28sonde 29dan in julle 30sterflike liggaam nie 31heers dat julle aan sy begeerlikhede 32gehoorsaam sou wees nie.

13

En moenie julle lede stel 33tot beskikking van die sonde as 34werktuie van ongeregtigheid nie, lmaar stel julleself 35tot beskikking van God as mense wat 36uit die dode lewend geword het, en 37julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

14

Want 38die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie 39onder die wet nie, 40maar onder die genade.

15

41Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

16

Weet julle nie mdat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel 42om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf 43van die sonde tot die dood, òf 44van die gehoorsaamheid 45tot geregtigheid?

17

Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde 46was, maar van harte gehoorsaam geword het aan 47die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,

18

nen, vrygemaak 48van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.

19

Ek spreek 49menslikerwys 50ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het 51aan die onreinheid en 52wetteloosheid 53om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid 54tot heiligmaking.

20

oWant toe julle diensknegte was van die sonde, was julle 55vry van die geregtigheid.

21

Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul 56nou 57skaam? Want die uiteinde daarvan 58is die dood.

22

Maar nou dat julle vrygemaak is 59van die sonde en 60diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug 61tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

23

pWant 62die loon van die sonde is 63die dood, qmaar 64die genadegawe van God 65is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

1 Hierdie teëwerping spruit uit dit wat Paulus in die laaste twee verse van die voorgaande hoofstuk gesê het.

2 Dit is, onder die heerskappy van die verdorwenheid, wat nog in ons oor is, Rom. 7:14 en die kanttekening. Of: in allerlei sondes wat in die wêreld die oorhand het.

3 Naamlik soos skynbaar in die laaste twee verse van die voorgaande hoofstuk getuig is; wat daar verklaar is.

4 Met hierdie woorde verwerp die apostel so ’n gevolgtrekking, wat nie ’n antwoord werd is nie. Hy bewys die teendeel, dat ons nie in die sonde moet bly nie.

5 Dit is, ons wat deur Christus se Gees van die heersende mag van die inwonende sonde verlos is, verse 6, 7. Want om die sonde af te sterf, beteken in die Skrif van die Nuwe Testament om nie die sonde in ons te laat leef nie, dit is, om nie te lewe onder die mag en heerskappy van die sonde nie.

6 Dit is, die sonde toelaat om sy lewe en krag te behou, en in ons die oorhand te hê.

a Gal. 3:27. 7 Naamlik om ons gemeenskap wat ons deur die geloof met Christus het, te betuig.

8 Dit is, deur die doop verseker word dat ons gemeenskap het aan sy dood, waardeur nie net ons sondes voor God versoen is nie, maar ook die Heilige Gees verwerf is, deur wie se werking die verdorwenheid wat in ons is, sy lewe of heersende krag ontneem is, wat die eerste stap van ons wedergeboorte is, Tit. 3:5, 6. Dit wil voorkom of die apostel hier verwys na die manier van doop wat in die warm Oosterse lande baie gebruiklik was, waar die mense heeltemal in die water ondergedompel was, ’n kort tydjie onder die water gebly, en daarna uit die water opgekom het. Daarmee toon hy aan dat hierdie onderdompeling en onder die water bly ’n afbeelding van Christus se dood en begrafnis is, en die opkom uit die water, van sy opstanding. Dit kan ook op ons manier van doop deur besprinkeling toegepas word.

b Kol. 2:12.

c Rom. 8:11. Filip. 3:10, 11.

d Ef. 4:23. Kol. 3:10. Hebr. 12:1. 1 Petr. 2:2.

9 Dit is die tweede stap van ons wedergeboorte, wat vir ons deur die doop verseël word, naamlik die toeneming en volharding in die doodmaak van die sonde in ons, soos die begrafnis ’n volharding was van die dood van Christus, vers 6.

10 Gr. dia. Die woord beteken meestal deur, sien 2 Petr. 1:3, maar word ook soms met tot vertaal: tot die heerlikheid van die Vader.

11 Dit is die derde stap van ons wedergeboorte, wat ons deur die krag van die opstanding van Christus ontvang, en vir ons deur die doop beteken en verseël word; naamlik dat ons krag ontvang het om voortaan in ’n nuwe lewe, dit is, in heiligheid en reinheid te wandel, Ef. 5:26, 27.

e Rom. 8:11. Kol. 3:1. 12 Of: saamgeplant is; ’n beeld geneem van ’n ent wat op ’n jong boom geënt word, wat saam met die boom een plant word en die lewensap en vrugbaarheid daaruit trek. Net so, wil hy sê, verkry diegene wat saam met Christus, as die stam, deur die geloof verenig is (waarvan die doop ook ’n teken is, Gal. 3:27), deur die Gees van Christus die krag om nie net die sondes dood te maak en gaandeweg te begrawe nie, maar ook om meer en meer in ’n nuwe lewe op te staan, en tot eer van God heilig te lewe, Joh. 15:1.
f Gal. 2:20; 5:24. Filip. 3:10. 1 Petr. 4:1, 2. 13 So noem hy die aangebore blindheid en verdorwenheid van die mens, wat ons by Adam erf, wat hy elders ook vlees noem, wat gestel word teen die nuwe mens, wat bestaan in kennis, geregtigheid en heiligheid, Ef. 4:22. Kol. 3:9.

14 Omdat Christus ons sondes op Hom geneem het aan die kruis, nie net om dit te versoen nie, maar ook om dit tot niet te maak, soos volg. Sien ook Hebr. 9:14, 26, 28.

15 Dit is, die hele omvang of samevoeging van hierdie verdorwenheid, wat soos ’n onsuiwer liggaam is, wat baie onsuiwer lede het, Kol. 2:11; 3:5.

16 Hierdie liggaam van sonde is wel deur Christus geheel tot niet gemaak, in soverre dit sy verdienste aangaan, en is ook deur sy Gees die krag van heerskappy in die wedergeborenes ontneem, verse 12, 14, maar moet gaandeweg meer en meer in ons vernietig word deur dieselfde Gees, met nadere toe-eiening van die dood van Christus, soos Paulus die wedergeborenes daartoe vermaan, Rom. 8:13; 12:2. Ef. 4:22. Kol. 3:9, totdat dit hiernamaals geheel en al in ons vernietig sal word, Hebr. 4:10.

17 Naamlik soos ons voor ons wedergeboorte gedoen het. Sien oor hierdie diens van die sonde ’n nadere verklaring in verse 16-19.

g 1 Petr. 4:1. 18 Dit is ’n rede geneem van die beeld van ’n dooie mens, wat die werke van lewendes nie meer doen nie, en aan geen dienste meer verbonde is waaraan hy in sy lewe verbonde was nie.

19 Dit is, van sy mag vrygemaak of verlos. Want hier word eintlik nie gespreek van die vergewing van die sondes, soos in die vyf voorgaande hoofstukke nie, maar van die vernietiging van die mag van die sonde. ’n Beeld geneem van ’n mens wat deur die regter geregverdig of vrygespreek is, en dan ook onmiddellik van die bande verlos en vrygelaat word.

h 2 Tim. 2:11. 20 Sien verse 3, 4 se kanttekeninge.

21 Naamlik in hierdie lewe ’n geestelike lewe, en hiernamaals die ewige lewe. Sien Rom. 8:10, 11. Ef. 2:5. Kol. 2:13; 3:1-4.

i Openb. 1:18. 22 Dit is, het geen mag meer oor Hom nie.
k 1 Petr. 2:24. 23 Naamlik tot versoening en vernietiging daarvan.

24 Want deur een offer het Hy vir ewig volmaak die wat geheilig word, Hebr. 10:14.

25 Dit is, by God en tot heerlikheid van God, gestel aan sy regterhand.

26 Dit is, wat die sonde afgesterf het. Sien vers 2 se kanttekening.

27 Dit is, deur die Gees van Christus die krag ontvang het om vir God en tot eer van God te lewe en die sonde meer en meer dood te maak. Daaruit vloei dan die vermaning in die volgende verse. Sien ook Rom. 8:1, ens.

28 Dit is, die oorblyfsels van die verdorwenheid, wat in ons tot ons oefening en vernedering oor is.

29 Dit is, omdat julle wedergebore is en verlos van die mag van die sonde.

30 Dit word gesê, nie omdat die kwade begeerlikhede slegs in die liggaam is, of hul oorsprong slegs uit die liggaam en nie uit die siel het nie; want dit stry teen dit wat Christus sê in Matt. 15:18, 19, en Paulus in Gal. 5:19, 20; maar omdat hierdie kwade begeerlikhede hul die meeste in die liggaam openbaar en deur die liggaam gedoen word.

31 Dit is, die oorhand hê, naamlik oor die krag en werking van die Gees in julle. Sien Rom. 8:13, 14. Gal. 5:16-18.

32 Dit is, te volg, of te doen, waartoe die sonde ons deur verskillende begeerlikhede verlok, Jak. 1:14.

l Luk. 1:74. Rom. 12:1. Gal. 2:20. Hebr. 9:14. 1 Petr. 4:2. 33 Dit is, tot diens van die sonde wat nog in julle is.

34 Dit is, instrumente, uitvoerders van die ongeregtigheid, soos ’n soldaat met sy wapens uitvoer wat sy owerste hom beveel.

35 Dit is, tot diens van God.

36 Dit is, uit die dood en die mag van die sonde verlos, en met die lewe van die geregtigheid deur Christus begiftig.

37 Naamlik omdat hulle instrumente is van die siel om uit te voer wat die siel wil of begeer.

38 In vers 12 was dit ’n vermaning, hier is dit egter ’n belofte, dat die sonde nie in ons sal heers nie, as ons maar behoorlik daarteen stry. Die rede daarvoor word in die volgende woorde gegee.

39 Naamlik wat wel beveel wat ons moet doen, maar dit gee nie die mag om te doen wat dit beveel nie; dit verskrik ons wel deur die dreigemente van die wet, maar verkwik en wek ons nie op om die sonde te oorwin nie, omdat ons deur die wet meer en meer van die sonde oortuig word, Romeine 7. 2 Korinthiërs 3.

40 Naamlik van Jesus Christus, wat ons nie net van die skuld nie, maar ook van die mag van die sonde verlos het, en ons deur sy Gees die krag gee om die sonde met sy begeertes teen te staan en te oorwin. Sien Rom. 8:1-3, 13. 2 Tim. 1:7. 1 Joh. 5:4.

41 Hierdie teëwerping spruit daaruit voort, dat iemand die woorde, nie onder die wet is nie, verkeerd sou kon verstaan; naamlik asof hy dit verstaan het as die gehoorsaamheid aan die wet, of as die reël van die geregtigheid wat in die wet begrepe is, en die woord genade as ’n toelating of vryheid van lewe soos elkeen dit goeddink. Die apostel verwerp hierdie gedagte in die einde van hierdie vers; en in die volgende verse weerlê hy dit kragtig.
m Joh. 8:34. 2 Petr. 2:19. 42 Dit is, tot gehoorsaamheid en om jouself aan hom te onderwerp.

43 Dit is, van die heersende sonde, soos tevore.

44 Naamlik wat julle aan God vir jul verlossing verskuldig is.

45 Naamlik om geregtigheid te beoefen.

46 Naamlik voordat julle in Christus geglo het.

47 Naamlik van die evangelie, wat ’n leer van die godsaligheid en geregtigheid is, en soos ’n voorbeeld wat sodanige indruk ook laat op diegene wat dit aanneem, sodat hulle deur die krag van God se Gees hulself tot navolging van daardie leer ook oorgee.

n Joh. 8:32. Gal. 5:1. 1 Petr. 2:16. 48 Dit is, van die slawerny van die sonde.
49 Dit is, deur vergelyking van sake wat onder die mense bekend is.

50 Dit is, sodat julle, vanweë die swakheid van jul verstand in geestelike sake, dit des te beter mag begryp, Joh. 3:12.

51 Dit is, van die vleeslike luste.

52 Dit is, van die begeerlikhede wat strek tot onderdrukking van jul naaste.

53 Dit is, tot volvoering van sulke kwade luste en begeerlikhede.

54 Naamlik van jul handel en wandel voor God en die mense, soos in vers 22.

o Joh. 8:34. 55 Dit is, ontbloot van alle ware geregtigheid; of: nie aan die geregtigheid onderworpe nie, soos ’n vry mens, wat onder niemand se gesag staan nie.
56 Naamlik nadat julle tot kennis gekom het.

57 Dit is, leedwese en skaamte het oor die skandelikheid waarin julle voorheen behae gehad het.

58 Naamlik tensy ons daarvan geregverdig en geheilig is deur die bloed en die Gees van Christus, 1 Kor. 6:11.

59 Dit is, van die slawerny van die sonde, soos tevore.

60 Dit is, bekwaam en gewillig om God te dien.

61 Naamlik in hierdie lewe, soos in vers 19. Sien 1 Thess. 4:3.

p Gén. 2:17. Rom. 5:12. 1 Kor. 15:21. Jak. 1:15.

q 1 Petr. 1:3.

62 Gr. lone. ’n Beeld geneem van die soldate, wat aan die einde van hul diens hul betaling of soldy ontvang.

63 Naamlik nie net die tydelike nie, maar ook die ewige dood, soos blyk uit dit wat volg.

64 Naamlik wat ons deur Christus verkry, ook in ons heiligmaking, waarvan hy hier spreek.

65 Dit is, het as uiteinde die ewige lewe, soos in vers 22 vermeld word. Nie dat die genadegawe dit verdien nie (want dan sou dit nie ’n genadegawe wees nie), maar omdat Christus dit vir ons verdien het en uit genade sal skenk, soos die volgende woorde, in Christus Jesus, onse Here, bewys.