Statevertaling – Bybelstigting

Romeine 7

Vrygemaak van die wet, dien ons God in ’n nuwe gees. Die wet het ons geleer om die sonde te ken. Die stryd van die vlees teen die Gees.

1

OF weet julle nie, broeders — want ek spreek met mense wat 1die wet ken — dat die wet 2oor die mens heers 3so lank as hy lewe nie?

2

aWant die 4getroude vrou is deur die wet 5aan die lewende man bgebonde; maar as die man sterwe, is sy 6ontslae 7van die wet van die man.

3

cDaarom dan, as sy ’n 8ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ’n egbreekster 9genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ’n egbreekster is as sy ’n ander man s’n word nie.

4

So, my broeders, dis julle dan ook ten opsigte 10van die wet dood 11deur die liggaam van Christus, om 12aan ’n ander te behoort, naamlik aan 13Hom wat uit die dode opgewek is, 14sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.

5

Want toe ons 15in die vlees was, het die sondige hartstogte wat 16deur die wet kom, 17in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.

6

Maar nou is ons 18ontslae van die wet 19waardeur ons gebonde was, 20aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons 21dien 22ein die nuwigheid van die Gees en nie 23in die oudheid van die letter nie.

7

Wat sal ons dan sê? 24Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, f25ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die 26begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: gJy mag nie begeer nie.

8

hMaar 27die sonde 28het aanleiding gevind deur die gebod en in my 29allerhande begeerlikheid gewerk; want 30sonder die wet is die sonde 31dood.

9

En sonder die wet 32het ek 33vroeër gelewe, maar 34toe die gebod kom, het die sonde weer 35opgelewe en 36ek het gesterwe.

10

En die gebod 37wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk 38die dood te wees.

11

Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my 39verlei en daardeur gedood.

12

iDus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.

13

Het die goeie dan vir my 40die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde 41deur die gebod uitermate sondig kon word.

14

42Want ons weet dat die wet 43geestelik is, maar 44ek is vleeslik, k45verkoop onder die sonde.

15

Want wat ek 46doen, 47weet ek nie; lwant 48wat ek wil, dit 49doen ek nie, maar 50wat ek haat, dit doen ek.

16

En as ek doen wat ek nie wil nie, 51dan stem ek die wet toe dat dit goed is.

17

Maar nou is dit nie meer 52ek wat dit doen nie, maar die 53sonde wat in my woon.

18

mWant ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, 54is by my aanwesig, maar 55om goed te doen, dit vind ek nie.

19

Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

20

Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.

21

Ek 56vind dus 57hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my 58aanwesig.

22

nWant ek verlustig my in die wet van God 59na die innerlike mens;

23

omaar ek sien ’n ander wet 60in my lede wat stryd voer teen 61die wet van my gemoed en my 62gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.

24

Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos 63van die liggaam van hierdie dood?

25

64Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!

26

65So dien ek self dan wel 66met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.

1 Naamlik deur Moses gegee; wat nie net die Jode nie, maar ook die Christene verplig is om te verstaan.

2 Dit is, die mens daartoe verbind om dit te gehoorsaam.

3 Naamlik aan wie die wet gegee is; want die wet gebied eintlik nie die dooies nie, maar die lewendes.

a 1 Kor. 7:39.

b 1 Kor. 7:2, 10.

4 Gr. onder die man, naamlik, deur die huweliksband.

5 Naamlik om aan hom getrou en gehoorsaam te wees, solank hy leef. Want hoewel die man in die Ou Testament toegelaat was om aan die vrou ’n skeibrief te gee, was dit nogtans nooit deur God goedgekeur nie. Sien Matt. 19:8.

6 Gr. vrygemaak, dit is, losgemaak.

7 Dit is, van die verbintenis waarmee die wet haar aan die man verbind.

c Matt. 5:32. 8 Dit is, met ’n ander man trou en sy vrou word, soos ook in die einde van hierdie vers.

9 Dit is, inderdaad wees, en met reg so genoem word, soos hierdie Griekse woord grematizein ook gebruik word in Hand. 11:26.

d Gal. 2:19. 1 Petr. 4:1. 10 Dit wil voorkom of die teëstelling vereis dat die apostel sou sê: die wet is vir julle dood, of het gesterf, omdat die heersende mag van die sonde deur die wet, of die wet self, hier as die man gestel word, wat oor ons heers deur sy dreigemente teen die sonde, en aanprikkeling tot die sonde vanweë die swakheid van ons vlees, soos hy in vers 8 sal verklaar. Die apostel het dit hier egter liewer omgekeer, omdat dit vreemd sou voorkom, as hy gesê het dat die wet deur Christus dood was, terwyl hy net bedoel dat die heersende mag van die wet dood is; wat deur hierdie spreekwyse, ons is ten opsigte van die wet dood, (dit is, die wet het nie meer hierdie dreigende en aanprikkelende mag oor ons nie, omdat ons vir die wet dood is) goed verstaan kan word.

11 Dit is, deur die offer van die liggaam van Christus aan die kruis volbring, waardeur Hy die vloek van die wet en die mag van die sonde onder die wet tot niet gemaak en ons daarvan verlos het; soos in die voorgaande hoofstuk breedvoeriger verklaar is. Sien ook 1 Kor. 15:56, 57.

12 Naamlik aan Christus Jesus.

13 Naamlik nie net om self te leef nie, maar om ons ook met Hom te laat leef en met Hom te verenig.

14 Naamlik die vrugte van hierdie geestelike huwelik met Christus, wat die vrugte van heiligheid en regverdigheid is, waardeur God deur ons geëer en geprys word, Joh. 15:8.

15 Dit is, in die verdorwenheid van ons natuur en heerskappy daarvan. Sien Rom. 8:5 en verder.

16 Dit is, wat deur die wet ontdek en geprikkel word, soos deur die son die giftige dampe wat in die aarde verborge is, blootgelê en vrygestel word. Vgl. vers 8.

17 Dit is, die verdorwenheid wat vernaamlik in die siel gesetel was, het deur die sondige hartstogte deur al die lede versprei, en daardeur hierdie slegte vrugte voortgebring, waarvan die einde die dood is. Sien Matt. 15:18, 19. Jak. 1:14, 15.

e Rom. 2:29. 2 Kor. 3:6. 18 Vgl. vers 4 se kanttekening.

19 Gr. waarin.

20 Dit is, aangesien die heersende mag van die wet en die sonde deur Christus se dood en Gees in ons tot niet gemaak is. Anders: aangesien dit afgesterf het, naamlik die wet, ten opsigte van sy dwingende, verdoemende en aanprikkelende krag.

21 Naamlik God.

22 Dit is, in ware heiligheid, waartoe ons deur die Heilige Gees vernuwe is deur die verkondiging van die evangelie, wat ’n bediening van regverdigheid en van die Gees genoem word, 2 Kor. 3:8, 9.

23 Dit is, in die ou verdorwenheid, wat deur die uitwendige letter van die wet meer en meer aangeprikkel word tot die sonde; omdat die wet die sondaar wel verdoem, maar die krag nie meebring om die sonde na te laat nie. Daarom word die wet ’n letter wat doodmaak en ’n bediening van die dood genoem, 2 Kor. 3:6, 7.

f Rom. 3:20. Hebr. 7:18.

g Ex. 20:17. Deut. 5:21.

24 Dit is, oorsaak van die sonde; hierdie teëwerping volg uit dit wat die apostel in vers 5 gesê het, dat die sonde deur die wet kragtig was in ons; daarom verklaar hy in die volgende sewe verse hoe dit verstaan moet word.

25 Naamlik ten volle en soos ek dit behoort te ken. Want andersins leer ook die natuur ’n onderskeid tussen goed en kwaad in baie dinge, Rom. 2:15.

26 Hier word die begeerlikheid geneem as die oorsprong van alle kwade begeertes en as die eerste aanleiding daarvan. Want die heidene het ook geweet dat die begeerlikheid waartoe ons inwillig sonde was; maar hierdie eerste aanleiding tot die kwaad het hulle nie as sonde beskou nie, net soos die Fariseërs, van wie Paulus voor sy bekering deel was. Sien Matt. 5:20, 22, 28; 23:25, ens.

h Joh. 15:22. Rom. 4:15; 5:20. Gal. 3:19. 27 Dit is, die verdorwenheid, wat in ons is.

28 Of: is in beweging gebring. Want die wet ontdek en verdoem nie net die sonde, soos in die voorgaande vers betuig is nie, maar die verdorwenheid wat in die mens is, word deur hierdie kennis opgewek en in beweging gebring teen die gebod, wanneer God se Gees dit nie belet nie.

29 Dit is, allerlei soorte werklike begeertes.

30 Dit is, sonder die regte kennis van die wet.

31 Dit is, toon nie sy krag so sterk nie.

32 Of: was ek lewend, dit is, ek het gemeen dat ek regverdig was, en het daarop gerus. Sien ’n soortgelyke voorbeeld in die jongman, Matt. 19:16-18, ens., en in die Fariseërs in die algemeen, Matt. 23:28.

33 Naamlik toe ek nog ’n Fariseër was.

34 Naamlik tot my regte kennis, en toe ek verstaan het dat ook die inwendige begeertes teen die wet sonde is.

35 Dit is, ek het die menigte sondes, wat in my wakker geword het, lewendig gevoel.

36 Dit is, ek is in my gemoed oortuig dat ek midde-in die dood gelê het, en het die moed verloor om deur die gehoorsaamheid van die wet gered te kan word, Rom. 4:15. 2 Kor. 3:6, 7, 9.

37 Naamlik vir diegene wat die wet volkome sou onderhou, Rom. 10:5. Gal. 3:12, ens., wat vir die mens onmoontlik is, Rom. 8:3.

38 Naamlik deur my verdorwenheid en oortreding.

39 Sien vers 8 se kanttekening.
i 1 Tim. 1:8.
40 Dit is, ’n oorsaak van die dood, soos in vers 7.

41 Naamlik soos in vers 8 se kanttekening verklaar is.

k Jes. 52:3. 42 Tot hiertoe het die apostel gespreek van die mag van die wet en van die sonde in die verdorwe en onwedergebore mens, wat hy ook self vroeër ervaar het, toe hy nog in so ’n staat was, vers 9. Maar nou kom hy en spreek van homself, soos hy was toe hy dit geskryf het, en hy verklaar watter mag die oorblyfsels van die sondige vlees nog steeds in hom het, nadat hy nou van die heerskappy van die sonde verlos is. Daarom spreek hy in al sy redes wat volg, in die teenwoordige, en nie in die verlede tyd nie.

43 Dit is, wat nie net ’n uitwendige nie, maar ook ’n inwendige gehoorsaamheid van die hart vereis, en die volmaakte reël van ’n geestelike en heilige lewe voorskryf, soos Christus die hoofsaak daarvan verklaar, Matt. 22:37.

44 Naamlik nog ten dele, ten opsigte van die oorblyfsels van die vlees wat nog in my is, soos hy verklaar in verse 18, 23. Want dat ook die wedergeborenes, ten opsigte van enige gebreke wat nog in hulle is, vleeslik genoem kan word, blyk uit 1 Kor. 3:1.

45 Naamlik, nie soos ’n gewillige slaaf, wat die begeerte van die sonde in alles sou volg nie, soos van Agab gesê word in 1 Kon. 21:20, maar soos een wat teen sy wil en dank nog aan die begeerte en aanvalle van die sonde onderworpe is, sonder dat hy hom nog ten ene male daarvan kan losmaak, hoewel hy dit ernstig weerstaan en merendeels deur die Gees van God, wat in hom is, oorwin. Sien soortgelyk in Gal. 5:17, 18.

l Gal. 5:17. 46 Gr. werk, of: volbring. Die apostel gebruik hier die woord doen, soos ook in dit wat volg, nie altyd van die uitwendige daad nie; want die wedergeborenes wandel nie na die vlees nie, maar na die Gees, Rom. 8:1, hoewel hulle hul gebreke het, wat hulle met leedwese bekla, Job 9:2, 3. Ps. 130:3. Hier spreek hy egter vernaamlik van die inwendige beweging van die sonde, wat hy haat en wat die verdorwe natuur menigmaal in hom laat opstaan teen sy wil, soos hy ook spreek van die begeerlikheid van die vlees, Gal. 5:17, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie; terwyl hy nogtans daar in vers 16 gesê het: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.

47 Naamlik ken ek nie as goed nie, dit is, ek stem nie daartoe in nie, wat hy hierna verklaar. Sien Ps. 1:6. Matt. 7:23.

48 Dit is, die goeie wat ek wil, soos in vers 19.

49 Naamlik in sulke volmaaktheid soos ek wel wou, soos in vers 18.

50 Dit is, die kwaad waarvan ek ’n afkeer het, en wat ek nie wil nie; soos in vers 19.

51 Naamlik omdat ek nie wil, en ook nie as goed beskou, die begeerlikheid wat dit verbied nie.
52 Naamlik na die innerlike mens; soos hy verklaar in vers 22.

53 Dit is, die oorblyfsels van die verdorwenheid wat nog in my is; soos hy verklaar in verse 18, 20.

m Gén. 6:5; 8:21. 54 Gr. lê by my, naamlik deur die genade van God, wat dit in my werk, Filip. 2:13.

55 Naamlik in sy volmaaktheid. Vgl. Filip. 3:12-14.

56 Dit is, bevind.

57 Die apostel noem hier, soos ook in vers 23 as vergelyking, die oorgeblewe verdorwenheid in die gelowige so, omdat soos ’n wet die mens deur sy gebod en verbod vermaan en verplig tot gehoorsaamheid daaraan, so dryf ook die inwonende sonde die gelowiges daartoe deur sy begeertes en aanprikkeling. Sien vers 23.

58 Dit is, die kwaad kleef of hang my aan, naamlik deur die oorblyfsels van die verdorwe natuur.

n Ef. 3:16. 59 Hierdeur word nie die natuurlike rede van die mens bedoel nie, wat ook soms wel stry vir die burgerlike deug; want die Skrif getuig deurlopend dat die rede van die natuurlike mens in geestelike sake blind en verkeerd is, dit as dwaasheid beskou, 1 Kor. 2:14, vyandskap teen God is, en hom nie aan die wet van God onderwerp nie, ja, ook nie kan nie, Rom. 8:7. Dit word egter verstaan van die mens vir soveel hy inwendig deur die Gees van God verlig en wedergebore is, Rom. 2:29. 2 Kor. 4:16. Ef. 3:16, welke innerlike mens in die wet van God, wat geestelik is, vers 14, sy behae het, Ps. 1:2. Rom. 8:5.
o Gal. 5:17. 60 Dit is, in my vlees, verse 5, 18.

61 Of: die wet van my verstand, dit is, teen die voorskrif en die beweging van die innerlike en nuwe mens; soos voorheen verklaar is.

62 Dit is, my nog steeds teen my wil aankleef, vers 14.

63 Of: van hierdie liggaam van die dood. Hierdeur kan verstaan word óf die oorblyfsels van die sonde en van die ou mens, wat die liggaam van die sonde genoem word, Rom. 6:6, óf die liggaam van die mens, wat hier sterflik, en vanweë die sonde aan die dood onderworpe is, Rom. 8:10 en die kanttekening. Want ons sal van hierdie oorblyfsels van die sonde en van hierdie gevangenis nie ten volle verlos word, voordat ons hierdie sterflike liggaam afgelê het nie.
64 Naamlik dat Hy my reeds sover deur Christus verlos het van die heerskappy van die sonde, dat ek nou, hoewel die sonde my nog aankleef, nogtans geen gewillige slaaf meer daarvan is nie, maar daarteen stry, en dit deur Christus se Gees kan oorwin; soos die afsluiting wat volg, en die begin van die volgende hoofstuk meebring. Sien 1 Kor. 15:55-57.
65 Dit is die afsluiting van hierdie hele stryd.

66 Dit is, na die innerlike mens, vers 22, wat die apostel nou erken dat hy dit self is, of dat dit eie aan hom is, omdat die vlees ná die wedergeboorte slegs ’n vreemde aanhangsel is, wat gaandeweg verweer en weggegooi moet word.