Statevertaling – Bybelstigting

Romeine 8

Die nuwe lewe onder die genade. Die Gees van heiligheid en aanneming as kinders.

1

DAAR is 1dan nou geen 2veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir 3die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

2

aWant 4die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van 5die wet van die sonde en die dood.

3

b6Want God het — 7wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit 8kragteloos was deur die vlees — deur sy eie Seun 9in die gelykheid 10van die sondige vlees te stuur, en dit 11ter wille van die sonde, cdie sonde 12veroordeel 13in die vlees,

4

sodat 14die reg van die wet vervul kon word in ons 15wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

5

dWant 16die wat vleeslik is, 17bedink vleeslike dinge, maar 18die wat geestelik is, 19geestelike dinge.

6

Want wat die vlees bedink, 20is die dood, maar wat die Gees bedink, 21is lewe en vrede,

7

omdat wat die vlees bedink, 22vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want 23dit kan ook nie.

8

En die wat in die vlees is, 24kan God nie behaag nie;

9

25julle is egter nie 26in die vlees nie, maar 27in die Gees, 28as naamlik die Gees van God ein 29julle woon. Maar as iemand 30die Gees van Christus nie het nie, 31dié behoort nie aan Hom nie.

10

Maar as Christus in julle is, dan is 32die liggaam dood 33vanweë die sonde, maar 34die gees 35is lewe 36vanweë die geregtigheid.

11

En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, fdan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame 37lewend maak 38deur sy Gees wat in julle woon.

12

Daarom dan, broeders, is ons 39skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;

13

want as julle na die vlees lewe, 40sal julle sterwe, maar as julle 41deur die Gees 42die werke van die liggaam 43doodmaak, sal julle lewe.

14

gWant almal wat deur die Gees van God 44gelei word, 45dié is kinders van God.

15

hWant julle het nie ontvang 46’n gees van slawerny om weer te vrees nie, imaar julle het ontvang 47die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: 48Abba, Vader!

16

kDie Gees self 49getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

17

en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van 50God en 51mede-erfgename van Christus, las ons naamlik saam 52met Hom ly, sodat ons ook saam 53met Hom verheerlik kan word.

Die eerstelinge van die Gees.

18

mWANT ek reken dat die lyding 54van die teenwoordige tyd 55nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

19

56Want 57die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

20

Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe — 58nie gewillig nie, maar 59ter wille van hom wat dit onderwerp het —

21

60in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

22

Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

23

En nie alleen dit nie, maar ons self ook 61wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook 62in onsself in afwagting van 63die aanneming tot kinders, naamlik n64die verlossing van ons liggaam.

24

Want ons is gered in hoop; maar die hoop 65wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit 66nog?

25

Maar as ons hoop wat ons 67nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

26

En net so 68kom ook die Gees 69ons swakhede te hulp, owant 70ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self 71tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

27

En 72Hy wat die harte deursoek, weet wat die 73bedoeling van die Gees is, omdat Hy 74ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

28

75En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, 76alles ten goede meewerk, vir hulle wat 77na sy voorneme 78geroep is.

29

Want die wat Hy 79vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan 80die beeld van sy Seun, sodat Hy pdie eersgeborene kan wees onder baie broeders;

30

en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook 81geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook 82geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook 83verheerlik.

Oorwinningslied: God vir ons – wie sal teen ons wees?

31

84WAT sal ons dan 85van hierdie dinge sê? qAs God 86vír ons is, wie kan 87teen ons wees?

32

Hy wat selfs rsy eie Seun 88nie gespaar het nie, maar Hom vir 89ons almal 90oorgegee het, hoe sal Hy nie saam 91met Hom ons ook 92alles 93genadiglik skenk nie?

33

Wie sal 94beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van sGod? God is dit wat 95regverdig maak.

34

Wie is dit 96wat veroordeel? Christus is dit 97wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook 98opgewek is, wat ook aan 99die regterhand van God is, t100wat ook vir ons intree.

35

101Wie sal ons skei 102van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

36

Soos geskrywe is: vOm U ontwil word ons 103die hele dag 104gedood, ons is gereken as slagskape.

37

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur 105Hom wat ons liefgehad het.

38

Want 106ek is versekerd dat geen dood of lewe of 107engele 108of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge

39

of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van 109die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

1 Die woordjie dan verwys na dit wat tot hiertoe in hierdie brief deur die apostel geleer is, naamlik dat die mens nie uit die wet nie, maar deur die geloof in Christus regverdig is; en dat hy deur die Gees van Christus van die heerskappy van die sonde verlos is, al is daar nog stryd in hom aanwesig.

2 Naamlik, tot die verdoemenis. Hy sê nie: niks doemwaardig nie, want die sonde is op sigself altyd doemwaardig, Rom. 3:19, maar dit word die gelowiges nie tot veroordeling gereken nie, omdat die sonde van die gelowiges om Christus wil vergewe word, en daarom voeg hy by vir die wat in Christus Jesus is, dit is, wat deur die ware geloof met Hom verenig is, Ef. 3:17.

3 Dit is, wat nie die begeerlikhede van die vlees volg, of nie daarvolgens lewe nie. Dit stel die apostel teenoor die mondchristene, as ’n kenmerk van diegene wat deur die geloof met Christus waarlik verenig, en gevolglik van alle veroordeling verlos is, Joh. 15:2, 3.

a Joh. 8:36. Rom. 6:18, 22. Gal. 5:1. 4 Dit is, die lewendmakende Gees, wat in Christus Jesus is.

5 Dit is, die krag van die sonde wat tevore in ons geheers het. Dit is ook ’n kragtige bewys van die laaste deel van die eerste vers, dat die gelowiges nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

b Hand. 13:39. Rom. 3:28. Gal. 2:16. Hebr. 7:18.

c 2 Kor. 5:21. Gal. 3:13.

6 In hierdie twee verse bewys hy die eerste deel van die eerste vers, naamlik dat daar geen veroordeling vir die gelowiges is nie.

7 Gr. die onmoontlike van die wet, dit is, omdat dit vir die wet onmoontlik was om die sonde tot niet te maak, of om die mens voor God te regverdig.

8 Of: onmagtig, naamlik deur die verdorwenheid van ons natuur, om ons te regverdig en die lewe te skenk.

9 Christus se mensheid was ’n ware menslike natuur, egter geen sondige natuur nie, maar was slegs aan die sondige natuur gelyk, omdat Hy al ons swakhede gedra het waarin ons deur die sonde was, Filip. 2:7.

10 Gr. van die vlees van die sonde.

11 Dit is, as ’n offer vir die sonde, Hebr. 10:6. Of: tot versoening en vernietiging van die sonde, Rom. 4:25. 1 Kor. 15:3.

12 Dit is, gestraf, gedood en die sonde die krag van beskuldiging ontneem.

13 Naamlik van Christus, dit is, deur die offer van Christus, wat in die vlees vir ons gely het.

14 Dit is, dit wat die wet geëis het, wat die lewe beloof aan diegene wat die wet volkome onderhou het, welke eis Christus vir ons vervul het, Gal. 3:13, 14; 4:4, 5.

15 Dit herhaal die apostel uit die eerste vers, nie as ’n oorsaak van die regverdigmaking nie, wat hy selfs van Abraham en Dawid ontken het, hfst. 4, maar as ’n kenmerk, waaraan die gelowiges van die waarheid van hul geloof, en gevolglik van hul regverdigmaking, geken en verseker kan wees. Hy stel hierdie kenmerk as grond om die vermaning wat volg daarop te bou.

d 1 Kor. 2:14. 16 Dit is, in wie die natuurlike verdorwenheid nog sy volle krag het, soos tevore.

17 Of: versin, begryp, dit is, met hulle verstand en al hul sinne na vleeslike sake streef, waarvan die vrugte breedvoerig beskryf word in Gal. 5:19-21.

18 Dit is, die wat deur die Gees van God wedergebore is.

19 Dit is, begewe hulle en streef na geestelike sake, wat deur die apostel ook breedvoerig beskryf word in Gal. 5:22.

20 Dit is, lei en bring die mens tot die dood.

21 Dit is, is die weg tot die ewige lewe en tot die ewige vrede, Rom. 2:10.

22 Dit is, vyandelik gesind teenoor God; nie dat die vleeslike mens hom altyd voorneem om God te haat as ’n vyand nie, maar omdat dit waarin hy ’n behae het, vir God vyandig en haatlik is, en hy homself daardeur haatlik maak voor God, Deut. 5:9. Rom. 1:28-30.

23 Naamlik hom aan die wet van God onderwerp en dit van harte gehoorsaam, naamlik vanweë die verdorwenheid en verkeerdheid wat in die vlees en in die wêreld is, waarin dit ’n behae het, 1 Joh. 2:15, 16.

24 Naamlik solank hulle deur die Gees van Christus nie daaruit verlos is nie.
e 1 Kor. 3:16. 25 Naamlik wat in Christus geglo het, want hy skryf eintlik aan hulle, Rom. 1:7.

26 Dit is, vleeslik, soos in vers 5 verklaar word.

27 Dit is, geestelik, vers 5.

28 Of: omdat, aangesien, as inderdaad. So ook in vers 17.

29 Naamlik deur sy genadige werkinge, soos verligting van die verstand, versterking van die geloof, versekering van die saligheid, opwekking tot die gebed, beweging tot geestelike begeertes, vertroosting in kruis en aanvegting, ens. Want ’n mens se gesag is daar waar hy as heer woon, en daar verrig hy sy gewone werk, Joh. 14:16, 17. 1 Kor. 3:16.

30 Dit is, dieselfde Gees wat in die voorgaande die Gees van God, naamlik van die Vader, genoem word, word hier ook die Gees van Christus genoem, omdat Hy ook van Christus uitgaan, en vir ons deur Christus verwerf is, Joh. 14:26; 16:7. Gal. 4:6.

31 Naamlik as ’n ware lid van sy liggaam, wat slegs deur hierdie Gees leef en sy geestelike beweging het.

32 Dit is, nog sterflik, of aan die liggaamlike dood onderworpe, soos in vers 11 verklaar word.

33 Dit is, vanweë die oorblyfsels van die sonde, wat nog in julle is, 1 Kor. 15:56.

34 Dit is, julle siel wat deur die Gees van God vernuwe is, soos blyk uit die teëstelling van die liggaam.

35 Dit is, is die ewige lewe deelagtig, en sal altyd in heerlikheid by God wees, al is dit dat die liggaam vir ’n tyd afgelê moet word, 2 Kor. 5:1, 8.

36 Naamlik waardeur julle geregverdig is, en waarop ook die heiligmaking volg, wat Christus hier in ons begin en hiernamaals in ons sal volbring, omdat Hy die werk wat Hy begin het, nie sal laat vaar nie.

f Rom. 6:4, 5. 1 Kor. 6:14. 2 Kor. 4:14. Ef. 2:5. Kol. 2:13. 37 Dit is, weer opwek tot ’n ewige lewe waar geen sonde of dood meer ’n plek sal hê nie.

38 Want soos die Vader die dode opwek, so wek ook die Seun die dode op, Joh. 5:21, en hier ook die Heilige Gees as derde persoon van die goddelike Drie-eenheid met dieselfde krag.

39 Dit is, gehou en verplig deur die weldade wat ons reeds ontvang het, en nog verwag.
40 Naamlik die ewige dood, teenoor die ewige lewe wat hierna belowe word. Dit sê die apostel nie om die gelowiges aan hul saligheid te laat twyfel nie, want hy sal die teendeel kragtig bewys vanaf die volgende vers tot aan die einde van die hoofstuk, maar hy sê dit om hulle des te meer teen die vlees te wapen, en om die ware gelowiges te onderskei van diegene wat hulle as gelowiges voordoen en dit in werklikheid nie is nie, omdat hulle deur hul lewe betuig dat hulle nog nie deur die Gees van God wedergebore is nie. Hy wil hulle, deur hierdie ernstige dreigement, tot nadenke en bekering bring.

41 Naamlik wat in julle woon, en julle reeds daartoe krag gegee het, as julle dit maar deur gebede en ander oefeninge van die godsaligheid behoorlik aanwakker, 1 Kor. 15:10. 2 Tim. 1:6.

42 Dit is, die begeerlikhede en bewegings van die sonde, wat nog in julle aanwesig is.

43 Dit is, weerstaan, ten onder bring, sodat dit nie in julle lewe of heers nie.

g Gal. 5:18. 44 Of: gedryf, dit is, in hul verstand verlig, en in hul wil en geneigdhede geregeer en gestuur word om te doen wat God behaag.

45 Dit is, dié het die sekere kenmerke dat hulle deur die geloof in Christus deur God tot kinders aangeneem is, Joh. 1:12. Ef. 1:13. Die apostel bewys dit ook in die volgende twee verse, deur te verwys na die eie werkinge van die Gees wat die gelowiges ontvang.

h 1 Kor. 2:12. 2 Tim. 1:7.

i Jes. 56:5. Gal. 3:26; 4:5, 6.

46 So noem hy die werking van die Gees van God deur die wet, wat die harte van die mense, deur die dreigemente teen die oortreders, verslaan en bevrees maak. Hiervan is ’n duidelike voorbeeld in die Israeliete, toe God die wet van die tien gebooie voor hulle uitgespreek het van die berg af, Ex. 20:19; waarna die apostel hier verwys, asook in Hebr. 12:18, 19.

47 Hierdeur word die genadige werking van die Heilige Gees deur die verkondiging van die heilige evangelie verstaan, wat die harte van die gelowiges verkwik, en van hul aanneming tot kinders verseker; waartoe die werkinge wat volg ook dien. Sien Gal. 4:6. Ef. 4:30.

48 Dit is, ons Hom vrymoediglik durf aanroep as ons Vader. Die woord Abba beteken in die Aramese taal Vader, wat die apostel hier behou het, omdat dit ’n woord vol liefde is, wat jong kinders in byna alle tale gebruik. Hy voeg die woord Vader daarby, nie net om dit te verklaar nie, maar ook om die beweging en besondere liefde van die gelowiges in hierdie roep tot God beter uit te druk; soos Christus ook hierdie verdubbeling van die woord Vader tot hierdie doel gebruik het in sy diepste benoudheid, Mark. 14:36, en aan die kruis die verdubbeling van die woorde My God, my God, Mark. 15:34. Sien hierna vers 26.

k 2 Kor. 1:22; 5:5. Ef. 1:13; 4:30. 49 Dit is, wat ook saam met ons getuig deur die kenmerke van die kindskap van God op te merk, wat ons gees deur God se Gees in sigself bevind. Hoewel hierdie getuienis nie altyd ewe kragtig is in die gelowiges nie, word dit nogtans menigmaal geopenbaar in hul diepste vernedering en benoudheid. Of: getuig saam tot ons gees, dit is, die Heilige Gees beweeg ons nie net om God as ons Vader aan te roep nie, maar getuig ook inwendig tot ons gees dat ons God se kinders is.
l 2 Tim. 2:11, 12. 50 Naamlik as ons Vader, wat ons met Hom laat deel in sy hemelse goedere.

51 Naamlik as ons eersgebore Broeder, aan wie die erfenis van nature toekom, en dit ons ook deelagtig maak uit genade. Sien vers 29. Luk. 22:29. Hebr. 1:2.

52 Dit is, gewillig wees om te ly, en daarin lydsaam te wees, as dit God behaag om ons daartoe te roep, Hand. 5:41. 2 Tim. 2:12. Hier begin die apostel die tweede deel van hierdie hoofstuk, deur verskillende grondige redes van troos voor te stel, om die gelowiges in hierdie lyding te versterk, en van die uiteindelike oorwinning te verseker, volgens sy eie voorbeeld.

53 Naamlik met Christus, Filip. 3:20, 21.

m Matt. 5:12. 2 Kor. 4:10, 17. Filip. 3:20. 1 Petr. 4:13. 1 Joh. 3:1, 2. 54 Gr. van die tyd van nou.

55 Of: die heerlikheid nie waardig is nie, dit is, geen gelykheid in waarde het met die heerlikheid nie, naamlik sowel ten opsigte van die grootheid van hierdie heerlikheid, as ten opsigte van die ewigheid daarvan; omdat die lyding hier kort is, en ons dit nie bo ons vermoë opgelê word nie, 2 Kor. 4:17. Dit is die eerste rede om ons tot lydsaamheid te beweeg.

56 Gr. Want die verlange of verwagting van die skepping wag met opgehefde hoof, ens. Sien ook Filip. 1:20.

57 Naamlik van hemel en aarde, wat teenstrydig met die bedoeling van God in die skepping, dus ná die sondeval, nou aan die nietigheid onderworpe is, dit is, die slegte mense moet dien, en ook grotendeels aan die verdorwenheid vanweë die mens onderworpe is, vers 21, waarvan dit op die laaste dag weer verlos sal word, Hand. 3:21. 2 Petr. 3:12, 13. Dat sommige deur die skepping die mense verstaan, soos in Mark. 16:15, is nie moontlik nie, omdat die goddeloses nie daarna verlang nie, en van die gelowiges in vers 23 in die besonder gehandel sal word. Hierdie voorbeeld is die tweede rede om die gelowiges tot lydsaamheid te beweeg.

58 Dit is, nie vanself, of volgens die orde wat God in die skepping gestel het nie; want geen skepsel soek sy eie verderf nie. Sien ook verse 38, 39.

59 Dit is, vanweë die sonde van die mens, waardeur die vloek ook volgens God se regverdige oordeel oor die aarde gekom het, Gén. 3:17, en oor alle ander skepsele, wat die mens moet dien in hierdie verdorwenheid, Matt. 5:45, en aan die misbruik van die mens onderworpe is.

60 Hy het dit tevore verwagting genoem; want hoop is ’n lydsame verwagting van enige saak. Dit word hier so genoem, omdat God hierdie algemene verlossing van die skepping van die verderf en misbruik van die mens beloof het, waarna die engele en heilige siele verlang, Openb. 6:10, en waarna die skepping skynbaar ’n natuurlike geneigdheid het, wat in die volgende vers met ’n beeld van sug en barensnood beskryf word, waarop die verlossing verwag word. Sommige voeg hierdie woorde in die hoop by die voorgaande vers, en begin hierdie vers soos volg: want ook die skepping self sal vrygemaak word, ens.
n Luk. 21:28. 61 So noem hy die wedergeborenes, omdat hulle die eerste gawes van die Heilige Gees ontvang het, en verwag dat ook die oorblywende gawes wat aan ons beloof is, sal volg. Soos die eerste vrugte, wat vir God geoffer is, die hele oes geheilig het, Rom. 11:16.

62 Dit is, in die binneste van ons harte. Sien Rom. 7:24.

63 Dit is, die volle besit van die erfenis, wat aan ons in hierdie aanneming beloof is.

64 Naamlik van die verderf en die nietigheid, 1 Kor. 15:43, 44, en dit is die derde rede van ons troos in die kruis.

65 Dit is, waar die saak waarop gehoop word teenwoordig is, of reeds besit word.

66 Of: ook.

67 Dit is, nog nie ten volle besit nie, hoewel God dit aan ons beloof het, en dit op die regte tyd sal volg. Dit behoort ook by die derde fondament van ons troos.
o Matt. 20:22. Jak. 4:3. 68 Die Griekse woord sunantilambanetai beteken eintlik so ’n vorm van hulp, wanneer iemand wat sterk is, ’n las van iemand wat te swak is opneem, en sy skouer teen die van die ander persoon sit, om die las te verlig en die skouer van die ander persoon te ondersteun.

69 Naamlik waaraan ons in kruis en lyding nog onderworpe is, sowel in ons gees, wat menigmaal daaroor mor, soos in Job en Dawid te sien is, as in ons liggaam, wat broos en swak is.

70 Naamlik van onsself, as ons in benoudheid verkeer en geen ander toevlug het nie, behalwe tot God deur die gebed.

71 Die Griekse woord beteken om vir iemand te bid, en word van Christus gesê in vers 34, wat ons Voorspraak by die Vader is, en as Middelaar vir ons bid, 1 Joh. 2:1. Dit kan op so ’n manier nie aan die Heilige Gees toegeskryf word nie, omdat Hy in wese nie ons Middelaar is nie, maar dit beteken hier dat die Heilige Gees ons opwek om te bid met onuitspreeklike sugtinge, en ons as ’t ware voorsê, hoe ons in alle swarighede moet bid, Luk. 12:11, 12. Joh. 16:13. Gal. 4:6.

72 Dit is, God, wat alleen die harte van die mense ken, 1 Kon. 8:39. Openb. 2:23.

73 Of: bedenking, betragting, naamlik van die gebed wat die Gees in ons werk.

74 Dit is, aangesien die Heilige Gees weet wat God ons wil oplê tot ons saligheid, hoe lank Hy wil dat dit wat Hy ons oplê sal duur, hoe Hy ons daarvan wil verlos, en of Hy deur ons lewe of deur ons dood verheerlik wil wees, ens. Dit is die vierde fondament van ons troos.

75 Hier begin die laaste rede van vertroosting, wat die gelowiges in al hul swarighede stel teen alle aanvegtinge en verdrukkinge, geneem van God se ewige raad of vaste voorneme om ons dwarsdeur alle swarighede deur die volgende middele tot die saligheid te bring.

76 Dit is, alle swarighede en verdrukkinge, waarvan hy tot nou toe gespreek het.

77 Naamlik dat Hy in Homself voorgeneem het, om die mense uit genade deur Christus salig te maak. Sien Ef. 1:9, 11, ens.

78 Naamlik tot die ware geloof, wat deur die liefde kragtig is, nie net deur ’n uiterlike nie, maar ook deur ’n innerlike en kragtige roeping, waarop die gehoorsaamheid sekerlik volg, Joh. 6:44, 65. 1 Kor. 1:24, 26.

p Kol. 1:18. 79 Naamlik as sy eie, soos in Joh. 10:14, 27. Dit is, die wat Hy van ewigheid af in Christus verkies het tot die ewige lewe, vers 33. Rom. 11:2. Ef. 1:4. 1 Petr. 1:2.

80 Naamlik nie net in lyding nie, maar ook in die besonder in die heiligmaking en verheerliking wat daarna sal volg, 1 Kor. 13:12; 15:48. 2 Kor. 3:18.

81 Naamlik tot die geloof en die gehoorsaamheid van die geloof deur ’n kragtige roeping, vers 28.

82 Naamlik vir Hom, deur die geloof; soos die woord in hierdie hele brief met hierdie betekenis gebruik word, en die oogmerk van die apostel meebring. Want hierdie regverdigmaking is die volgende trap tot die verheerliking.

83 Naamlik hier in die beginsels deur die heiligmaking en aanneming tot kinders, en hiernamaals deur die volle besit van hierdie heerlikheid, verse 17, 21. 2 Kor. 3:18.

q Núm. 14:8. 84 Hier sluit die apostel die bespreking van die voorgaande leer van hierdie brief tot hiertoe af, met ’n heilige trots en roem in Christus teenoor alle beskuldiginge en verdrukkinge wat die duiwel en die wêreld hulle sou kan aandoen.

85 Naamlik wat tot dusver in die voorgaande gedeelte geleer en verklaar is.

86 Dit is, met ons deur Christus versoen is, ons verkies, geroep, geregverdig het, en ons sal verheerlik, verse 29, 30.

87 Naamlik wat ons sou kon beskuldig of leed aandoen, Ps. 56:12; 118:6.

r Gén. 22:12. Jes. 53:5. Joh. 3:16. 88 Naamlik, en daarmee as ’n ontwyfelbare getuienis getoon het dat Hy met ons is, Rom. 5:8.

89 Naamlik wat in Hom glo, wat Hom liefhet, en na sy voorneme geroep is.

90 Naamlik in die dood, Rom. 4:25.

91 Naamlik met Christus Jesus, wat die allerkosbaarste gawe is, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is, Kol. 2:3, sodat die wat Hom het, alles het wat vir hom tot saligheid nodig is.

92 Dit is, alles wat vir ons tot ons ewige saligheid nodig is.

93 Dit word gestel teenoor al die verdienste van die mens.

s Jes. 50:8. 94 Naamlik van sonde, of skuld van die sonde. Want dit is die beskuldiging waarmee ons deur die wet, Joh. 5:45, deur ons eie gewete, Rom. 2:15, of ook deur die Satan, Openb. 12:10, voor God beskuldig sou kon word.

95 Dit is, wat ons van die sonde en straf van die sonde vryspreek, en daarom die beskuldiginge deur sy vrystelling voorkom.

t Hebr. 7:25. 96 Dit is, wat die vloek en die straf van die sonde teen ons sou uitvoer.

97 Naamlik om ons van die vloek en die straf van die sonde te bevry, Gal. 3:13.

98 Naamlik om ons die regverdigheid toe te pas, Rom. 4:25.

99 Naamlik om ons van alle vyande te verlos, en die Heilige Gees tot versekering hiervan te skenk, Joh. 16:7. Hand. 2:33.

100 Naamlik om ons deur sy voorbidding, sy geregtigheid toe te ken, Joh. 17:20. In hierdie vier sake bestaan ons hele versoening met God.

101 Die voorgaande roem was teen die sonde en die straf van die sonde; hierdie roem is teen die geweld van die vervolginge en verdrukkinge van die wêreld, en alles wat hulle nog sou kon oorkom.

102 Naamlik waarmee Hy ons liefhet, soos in verse 37, 39.

v Ps. 44:23. 1 Kor. 4:9. 2 Kor. 4:11. 103 Dit is, gedurig, sonder ophou.

104 Dit is, tot die dood toe vervolg; of: nou die een dan die ander omgebring.

105 Naamlik Christus; of: God in Christus. Want beide word hier genoem, die een in vers 35, en die ander in vers 39.
106 Of: ek is oortuig, naamlik deur die belofte van die heilige evangelie aan alle gelowiges, Joh. 5:24, en deur die getuienis van die Heilige Gees in die hart, vers 16.

107 Naamlik bose engele; want die goeies probeer nie om ons van Christus te skei nie; tensy ’n mens dit as ’n onmoontlike voorwaarde wil verstaan, soos in Gal. 1:8, 9.

108 Sommige verstaan dit ook as ’n benaming vir engele, soos in Kol. 1:16, hoewel dit hier bekwaamlik as die tiranne en geweldenaars van hierdie wêreld verstaan kan word.

109 Naamlik waarmee Hy ons liefhet, wanneer ons met Christus deur die geloof verenig is, soos in vers 35.