Statevertaling – Bybelstigting

Titus 1

Opskrif en seëngroet.

1

PAULUS, 1’n dienskneg van God en ’n apostel van Jesus Christus, 2volgens die geloof van die uitverkorenes van God en 3die kennis van die waarheid 4wat na die godsaligheid is,

2

5in die hoop van die ewige lewe 6wat God, awat nie kan lieg nie, b7van ewigheid af beloof het,

3

en op die 8regte tyd 9sy woord 10bekend gemaak het 11deur die prediking cwat aan my toevertrou is, 12ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser — aan dTitus, 13my ware kind volgens 14die gemeenskaplike geloof:

4

eGenade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!

Titus word belas met die bestuur van die gemeente van Kreta en met die bestryding van die valse leraars.

5

OM hierdie rede het ek jou in 15Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou 16regmaak 17wat oorgebly het, fen van stad tot stad 18ouderlinge sou aanstel 19soos ek jou 20beveel het —

6

gas iemand 21onberispelik is, die man van 22een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.

7

Want ’n 23opsiener moet has ’n rentmeester van God onberispelik wees, 24nie eiesinnig, nie oplopend, igeen drinker, geen vegter, kgeen vuilgewinsoeker nie;

8

maar lgasvry, een wat 25die goeie liefhet, 26ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;

9

een wat vashou aan 27die betroubare woord wat 28volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers 29te weerlê.

10

mWant daar is baie wat 30tugteloos is, 31wat onsin praat en verleiers is, veral die 32wat uit die besnydenis is;

11

hulle 33mond moet gestop word. Hulle keer hele n34huise 35onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.

12

36Een uit hulle, hul eie 37profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, 38lui buike.

13

Hierdie getuienis 39is waar. 40Daarom moet jy hulle 41skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,

14

oen hulle nie besig hou met 42Joodse fabels en gebooie van mense 43wat van die waarheid afwyk nie.

15

p44Alle dinge is 45rein 46vir die reines; q47vir die besoedeldes en ongelowiges egter is 48niks rein nie, maar hulle 49verstand sowel as hulle gewete is besoedel.

16

50Hulle 51bely 52dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom 53deur die werke, omdat hulle 54gruwelik en 55ongehoorsaam is en 56ongeskik vir elke goeie werk.

1 Sien Rom. 1:1. Filip. 1:1. Jak. 1:1. 2 Petr. 1:1. Jud. vers 1. Openb. 1:1.

2 Dit is, verkondig dieselfde leer wat die uitverkorenes van God van alle tye geglo het. Of: verkondig die evangelie waardeur slegs die uitverkorenes van God tot die saligmakende geloof gebring word; soos in Rom. 1:5. 2 Tim. 1:1. Sien ook Hand. 13:48. Rom. 8:30.

3 So word die geloof genoem, omdat daar sonder kennis van die waarheid van die evangelie geen saligmakende geloof kan wees nie. Sien Jes. 53:11. Joh. 17:3. Kol. 1:9, 10. 1 Tim. 2:4. Hebr. 10:26. 1 Joh. 4:16.

4 Dit is, kennis wat sodanig is dat dit nie net geken word nie, maar ook deur die beoefening van ware godsaligheid in praktyk gebring moet word, en wat die ware godsaligheid voorskryf, eis, en die mens daartoe opwek en bring. Sien 1 Tim. 6:3.

a Núm. 23:19. 2 Tim. 2:13.

b Rom. 16:25. Ef. 1:9; 3:9. Kol. 1:26. 1 Petr. 1:20.

5 Of: tot die hoop, op die hoop; wat deur hierdie leer in die harte van die gelowiges gewerk en bevestig word, Rom. 5:4, 5.

6 Naamlik hierdie waarheid.

7 Gr. voor die ewige tye, dit is, van die begin van die wêreld af, voordat mense begin het om die eeue te tel. Sien Gén. 3:15. Rom. 16:25, 26.

c Hand. 20:24. Gal. 1:1.

d 2 Kor. 2:12; 7:14; 8:6, 16. Gal. 2:3.

8 Dit is, in die volheid van die tyd, Gal. 4:4, naamlik wat God bestem het om sy Seun in die wêreld te stuur.

9 Naamlik van die evangelie, waarvan die prediking aan my toevertrou is.

10 Naamlik duidelik, sonder bedekking van skaduwees en voorbeelde, en onder alle volke. Ander voeg hierdie woorde by die vorige vers en vertaal dit soos volg: maar bekend gemaak het op die regte tyd, naamlik sy woord, deur die prediking, ens.

11 Gr. in die prediking.

12 Sien 1 Tim. 1:1.

13 Sien hieroor ook 1 Tim. 1:2.

14 Dit is, wat ons albei en alle uitverkorenes gemeenskaplik het; waarmee hy te kenne gee dat hy nie sy natuurlike nie, maar sy geestelike kind is. Sien 1 Tim. 1:2 se kanttekening.

e Ef. 1:2. Kol. 1:2. 2 Tim. 1:2. 1 Petr. 1:2.
f 2 Tim. 2:2. 15 Dit is ’n eiland in die Middellandse See. Sien oor hierdie eiland Hand. 2:11; 27:7, 12. ’n Groot eiland wat destyds honderd stede gehad het.

16 Dit is, nie dit wat verkeerd gedoen was verbeter nie, soos sommige uitlê, maar verder vervul wat tot opbou van die gemeente nodig is, maar nog nie gedoen is nie.

17 Gr. wat ontbreek het, agterweë gelaat is, naamlik wat nog nie gedoen is nie.

18 Naamlik wat in die woord arbei, dit is, leraars, 1 Tim. 5:17, wat in vers 7 ook biskoppe of opsieners genoem word; waaruit blyk dat deur ouderlinge en opsieners hier na dieselfde bediening verwys word. Sien Hand. 20:17, 28. Filip. 1:1. 1 Tim. 5:17. 1 Petr. 5:1, 2.

19 Dit is, nie uit jou eie gesag en goeddunke alleen nie, maar volgens die orde wat ek jou voorgeskryf en self nagekom het. Sien oor hierdie orde Hand. 14:23. 1 Tim. 4:14.

20 Gr. verordineer het.

g 1 Tim. 3:2. 21 Gr. onbeskuldigbaar, onbestrafbaar. Sien 1 Tim. 3:10 en die kanttekening.

22 Sien hieroor 1 Tim. 3:2 se kanttekening.

h Matt. 24:45. 1 Kor. 4:1. 1 Tim. 3:15.

i Lev. 10:9. Ef. 5:18.

k 1 Tim. 3:3. 1 Petr. 5:2.

23 Gr. episkopos, sien oor hierdie woord Hand. 20:28; Filip. 1:1; 1 Tim. 3:1 en die kanttekeninge.

24 Of: nie selfbehaaglik nie, dit is, wat net sy eie kop wil volg en hardkoppig die mening van ander verwerp en wat vir niemand wil wyk nie.

l 1 Tim. 3:2. 25 Of: die goeie mense.

26 Of: versigtig.

27 Of: die woord wat geloofwaardig is, en met geloof aangeneem word.

28 Dit is, volgens die suiwer leer van die heilige evangelie. Sien Joh. 7:17. Rom. 16:17.

29 Dit is, met bondige redes uit die Skrif te oortuig van hul dwalinge.

m Hand. 15:1. 30 Dit is, wat hulle aan geen orde wil onderwerp nie. Sien 1 Tim. 1:9. Tit. 1:6.

31 Sien hieroor 1 Tim. 1:6.

32 Dit is, wat Jode is, Hand. 11:2. Rom. 3:30. Gal. 2:12. Kol. 4:11, wat baie sterk op die onderhouding van die wet aangedring het en dit met die evangelie vermeng het. Dat daar op Kreta baie Jode was, blyk uit Hand. 2:11.

n Matt. 23:14. 2 Tim. 3:6. 33 Naamlik deur weerlegging van hul valse leringe en lasteringe. Sien vers 9. Matt. 22:34.

34 Dit is, huisgesinne, soos in Luk. 10:5. Hand. 16:15; 18:8. 1 Kor. 1:16. 1 Tim. 3:4; 5:4. 2 Tim. 1:16.

35 Dit is, keer hulle van die regte geloof af en bring hulle in die verderf.

36 Dit is, een uit die Kretense wat op Kreta gebore is, naamlik Epimenides. Die eerste deel van hierdie aanhaling kan ’n mens ook lees by Callimachus.

37 Dit is, digter. Want die heidene het byna dieselfde agting gehad vir hul digters, as die Jode vir hul profete, en het geglo, hoewel verkeerdelik, dat hierdie digters enige goddelike ingewings ontvang het. Daarom was hulle ook vates, dit is, profete genoem. Elders noem hy sulke mense ook digters, Hand. 17:28.

38 Dit is, vraatsugtige en lui mense.

39 Naamlik van die grootste gedeelte van die Kretense wat sodanige mense is.

40 Gr. Om hierdie rede.

41 Of: streng. Gr. afsnydend, soos in Rom. 11:22. 2 Kor. 13:10. ’n Beeld geneem van dokters, wat die dooie weefsel uitsny.

o Jes. 29:13. Matt. 15:9. Kol. 2:22. 1 Tim. 1:4; 4:7; 6:20. 42 Sien hieroor 1 Tim. 1:4 en 4:7 se kanttekeninge.

43 Of: wat hulle van die waarheid afkeer.

p Matt. 15:11. Hand. 10:15. Rom. 14:20.

q Matt. 23:25. Rom. 14:23.

44 Dit is, allerlei voedsel. Want die Jode het daarop aangedring dat ’n mens in die Nuwe Testament die onderskeid van voedsel, soos in die Ou Testament beveel is, nog steeds moes onderhou, Levítikus 11.

45 Dit is, geoorloof om te eet. Sien 1 Tim. 4:3.

46 Dit is, die gelowiges, wie se harte deur die geloof gereinig is, Hand. 15:9.

47 Dit is, wie se harte nog nie deur die geloof gereinig is nie, soos die volgende woord ongelowiges nader verklaar.

48 Dit is, gebruik geen voedsel in reinheid, soos dit behoort, nie. Of: geen onthouding van enige voedsel kan hulle rein maak nie.

49 Dit is, die onreinheid is nie geleë in die uiterlike onthouding van enige voedsel nie, maar is inwendig in die siel van die mens en in die kragte daarvan, wat in die ongelowiges almal onrein en met sonde besmet is, hoeseer hulle hul ook van enige voedsel sou weerhou. Sien Matt. 15:11, 18.

50 Naamlik hierdie verleiers en drywers van die onderskeid van voedsel.

51 Naamlik met die mond en uiterlike skyn.

52 Dit is, dat hulle die ware religie en godsdiens beoefen.

53 Naamlik wat kwaad en met die ware godsdiens in stryd is, soos hierna verklaar word.

54 Dit is, nie net geringe nie, maar ook lelike en gruwelike sondes bedryf. Sien Job 15:16. Ps. 14:3.

55 Dit is, wat die waarheid geen plek wil gee nie, of wat hulle nie wil laat oortuig om die waarheid te glo en aan te neem nie.

56 Gr. verwerplik, of: afgekeur, dit is, wat, omdat hulle geen goeie werke voortbring nie, met reg afgekeur word, dat hulle nie opregte gelowiges is nie, maar verwerplik.