Statevertaling – Bybelstigting

Titus 2

Hoe Titus ou manne, vroue, jong manne en diensknegte moet vermaan. Hy self moet ’n voorbeeld vir almal wees.

1

MAAR spreek 1jy wat by 2die gesonde leer pas.

2

Die ou manne moet nugter wees, 3waardig, 4ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.

3

Die ou vroue amoet ook in hulle 5gedrag wees soos dit die heiliges betaam, bgeen kwaadspreeksters of 6aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,

4

sodat 7hulle die jong vroue kan leer om 8versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,

5

9ingetoë te wees, kuis, 10huislik, 11goed, caan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God 12nie belaster word nie.

6

Vermaan die jong manne net so om 13ingetoë te wees.

7

dBetoon jou in alles ’n voorbeeld van goeie werke, met 14onvervalstheid 15in die leer, 16waardigheid, opregtheid.

8

17Laat die woord gesond en 18onweerspreeklik wees, esodat 19die teëstanders 20beskaam kan word en niks slegs kan hê om van 21julle 22te sê nie.

9

fDie diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle 23in alles behaag en nie 24teëpraat nie;

10

hulle moet 25niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle 26die leer van God, ons Verlosser, in alles 27kan versier.

Die reddende genade het aan almal verskyn. Wat dit beteken.

11

28WANT 29die reddende genade van God het aan 30alle mense 31verskyn

12

en leer ons gom die goddeloosheid en h32wêreldse begeerlikhede 33te verloën, 34ingetoë en 35regverdig en 36vroom in die teenwoordige 37wêreld te lewe,

13

iterwyl ons 38die salige hoop en 39die verskyning 40van die heerlikheid verwag 41van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,

14

kwat Homself vir ons 42gegee het 43om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy 44eiendom 45te reinig, lywerig in goeie werke.

15

Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle 46erns. mLaat niemand jou verag nie.

1 Naamlik, handel nie soos hierdie verleiers nie, maar soos ’n getroue leraar, terwyl jy sulke fabels, onsinnige praatjies en gebooie van mense vermy, die leer van die evangelie suiwer verkondig.

2 Sien 1 Tim. 1:10 se kanttekening; 1 Tim. 6:3.

3 Of: statig, deftig, eerbaar.

4 Of: versigtig.

a 1 Tim. 2:9. 1 Petr. 3:3.

b 1 Tim. 5:13.

5 Gr. uiterlike voorkoms, naamlik sowel in kleredrag as in hulle hele lewenswyse.

6 Gr. hulle nie tot slavinne van baie wyn maak nie.

7 Naamlik die ou vroue, deur wie die jong vroue beter en met minder opspraak onderrig kan word, as deur mans, naamlik in privaatheid. Want om openlik in die gemeente te leer, is vir vroue verbode, 1 Kor. 14:34. 1 Tim. 2:12.

8 Of: ingetoë, soos in die volgende vers.

c Gén. 3:16. 1 Kor. 14:34. Ef. 5:22. Kol. 3:18. 1 Petr. 3:1. 9 Of: versigtig.

10 Dit is, om nie ledig by die huise rond te gaan nie, soos in 1 Tim. 5:13, maar om by die huis te bly.

11 Dit is, goedertieren en goedaardig.

12 Naamlik soos gewoonlik gedoen word deur die vyande van die waarheid, wat dit wat sondig is in die lewe van diegene wat God se woord aangeneem het, as rede gebruik om die woord self te laster, asof die woord die sondige lewe sou voorstaan, Rom. 2:24.

13 Of: versigtig, soos in verse 2, 4, 5.
d 1 Tim. 4:12. 1 Petr. 5:3. 14 Gr. onverdorwenheid, dit is, sonder om dit te vermeng met enige valse leer of instellings van mense, waardeur die suiwer leer verderf en vervals word.

15 Dit is, in die voorhou en prediking van die evangeliese leer.

16 Of: standvastigheid. Die onvervalstheid gaan die leer self aan, en die waardigheid en opregtheid die manier waarop dit voorgehou moet word.

e 1 Petr. 2:12, 15; 3:16. 17 Sien 1 Tim. 1:10; 6:3. 2 Tim. 1:13; 4:3. Tit. 1:9, 13. Naamlik wat jy in die openbaar sal verkondig, of in privaatheid by die mense sal gebruik.

18 Of: onbestraflik, onverwerplik, onveragtelik; wat sowel van die woord as van die persoon van Titus verstaan kan word.

19 Dit is, wat nog vreemd en vyande van die evangeliese leer is.

20 Naamlik in hulle lasteringe teen die leer of leraars van die evangelie.

21 Ander lees ons, naamlik dienaars van die evangelie.

22 Naamlik in waarheid.

f Ef. 6:5. Kol. 3:22. 1 Tim. 6:1, 2. 1 Petr. 2:18. 23 Naamlik wat nie in stryd is met die bevele van die Here Jesus Christus nie. Sien Hand. 4:19; 5:29. Kol. 3:18, 22 se kanttekeninge.

24 Naamlik teen die bevele of bestraffings van hul here.

25 Dit is, ongemerk met listigheid en deur diefstal iets van die goedere van hul here vir hulleself neem. Sien oor hierdie woord Hand. 5:2, 3.

26 Naamlik wat hierdie dinge gebied, en wat hulle aangeneem het en bely.

27 Wat plaasvind as hulle hierdie leer toepas en in alles navolg.

28 Die apostel gee nou die rede waarom Titus allerlei soorte mense, oud en jonk, en selfs ook die slawe of diensknegte, moet vermaan om hulle vroom te gedra.

29 Dit is, die leer van die genade van God wat aan ons deur Christus bewys en in die evangelie vervat is.

30 Dit is, allerlei soorte mense, mans, vroue, oud, jonk, vry en diensbaar, soos uit die voorgaande blyk. Sien dergelike in 1 Tim. 2:1, 2, 4 en die kanttekeninge. Sommige voeg die woorde alle mense by die woord reddende, in hierdie betekenis: die genade van God, reddende alle mense het verskyn.

31 Naamlik as ’n lig in die duisternis van die skaduwees van die Ou Testament en van die onwetendheid van die heidendom, Jes. 42:7, 16. Hand. 26:18. Ef. 5:8. 1 Petr. 2:9. 1 Joh. 2:8.

g Ef. 1:4. Kol. 1:22. 2 Tim. 1:9.

h 1 Joh. 2:16.

32 Dit is, wat in die wêreldse en onwedergebore mense gevind word en heers, en beskryf word in 1 Petr. 4:3. 1 Joh. 2:16.

33 Sien Matt. 16:24 se kanttekening.

34 Naamlik ten opsigte van onsself.

35 Naamlik ten opsigte van ons naaste.

36 Naamlik ten opsigte van God.

37 Gr. eeu.

i 1 Kor. 1:7. Filip. 3:20. 38 Dit is, die saligheid waarop die gelowiges hoop.

39 Naamlik om die lewendes en die dooies te oordeel. Want so word hierdie woord deurgaans gebruik. Sien 2 Thess. 2:8. 1 Tim. 6:14. 2 Tim. 4:1, 8.

40 Want hierdie verskyning sal met groot heerlikheid plaasvind. Sien Matt. 16:27; 19:28; 24:30; 25:31. 1 Petr. 4:13.

41 Dit is, van Jesus Christus, ons grote God en Verlosser; want beide hierdie titels word Jesus Christus hier toegeskryf, soos blyk omdat hier van sy heerlike verskyning om te oordeel gespreek word, en soos die samevoeging van die Griekse woorde ook uitwys. ’n Duidelike bewys van sy Godheid.

k Gal. 1:4; 2:20. Ef. 5:2. Hebr. 9:14.

l Ef. 2:10.

42 Naamlik in die dood.

43 Dit is, nie net om ons met God te versoen deur ’n volkome betaling vir ons sondes deur sy bloed nie, Ef. 1:7. 1 Petr. 1:18. 1 Joh. 1:7. Openb. 5:9, maar ook om ons deur sy Gees van wedergeboorte te verlos van die heerskappy van die sonde en ongeregtigheid, Rom. 6:3, ens. Gal. 5:24. Kol. 2:11, 12. 1 Petr. 4:1, 2.

44 Gr. periousion, waarmee die Griekse vertalers van die Ou Testament die Hebreeuse woord segullah, Ex. 19:5, verklaar. Dit beteken eintlik dit wat as iets besonders, uitnemend en kosbaar weggelê word, om te bewaar.

45 Naamlik deur sy Gees, waardeur, soos deur rein water, die gelowiges van die vuilighede van die sondes gereinig word, en hulle tot ’n volk van God afgesonder word. Sien Eség. 36:25, 26.

m 1 Tim. 4:12. 46 Gr. bevel, gesag. Sien oor hierdie woord Rom. 16:26. 1 Kor. 7:6, 25. 2 Kor. 8:8. Dit is, toon in die gee van onderrig dat jy spreek as ’n gesant van God, wie se bevele jy met erns moet voordra.