Statevertaling – Bybelstigting

2 Johannes

DIE TWEEDE BRIEF VAN DIE

APOSTEL JOHANNES

Spring na die lys van die boek name

INHOUD VAN HIERDIE BRIEF.

HIERDIE brief, en ook die volgende, is nie algemeen nie (hoewel hulle onder die algemene briewe gestel word), maar is aan spesifieke persone geskryf, soos uit die opskrifte blyk. Daarom het sommige vroeër getwyfel of hulle ook deur die apostel Johannes geskryf is, sien Eusebius, Kerklike Geskiedenisse, maar ten onregte, aangesien die styl en inhoud geheel en al ooreenkom met die eerste brief van Johannes. Ná die opskrif en groet, vermaan hy ’n opreg gelowige dame en haar kinders, 5 Tot standvastigheid in die liefde en nakoming van die gebooie van God, 7 En waarsku hulle teen die verleiers, 8 Deur hulle te vermaan om op hulle hoede te wees vir hulle, om nie verlei te word nie, 10 En dat hulle daarom geen gemeenskap met hulle moet hê nie, sodat hulle nie aan hul sondes deelagtig sou word nie. 12 Sluit uiteindelik af met ’n verklaring waarom hy nie breedvoeriger aan hulle skryf nie, omdat hy gehoop het om self na hulle toe te kom, 13 En groet hierdie dame namens die kinders van haar suster.