Statevertaling – Bybelstigting

1 Timótheüs 6

Die pligte van diensknegte.

1

ALMALa wat diensknegte is onder 1’n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer 2nie belaster mag word nie.

2

En die wat gelowige here het, moet hulle nie verag omdat hulle broeders is nie, maar moet hulle des te meer dien, omdat hulle wat 3die weldade ontvang, gelowiges en geliefdes is. Leer hierdie dinge en wek daartoe op.

Vermaning en algemene raadgewinge.

3

AS iemand 4iets anders leer en 5nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,

4

dié is verwaand en 6verstaan niks nie, maar 7het ’n sieklike sug na twisvrae en woordestryd bwaaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,

5

c8nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid 9winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.

6

dMaar die godsaligheid 10saam met vergenoegdheid 11is ’n groot wins.

7

eWant ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.

8

fMaar as ons voedsel en klere het, gmoet ons daarmee 12vergenoeg wees.

9

hMaar die 13wat ryk wil word, val in versoeking en 14strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.

10

iWant die 15geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal 16van die geloof en hulleself 17met baie smarte deurboor.

11

kMaar jy, 18man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

12

lStry die goeie 19stryd van die geloof, 20gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en 21die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.

13

mEk gebied jou voor die aangesig van God nwat aan alle dinge 22die lewe gee, en van Christus Jesus o23wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,

14

dat jy 24die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus

15

wat op sy eie tyd 25vertoon sal word deur pdie salige en 26enigste Heerser, qdie Koning van die konings en Here van die here,

16

wat alleen onsterflikheid besit en 27’n ontoeganklike lig bewoon, rwat geen mens 28gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.

17

Beveel die rykes in die teenwoordige 29wêreld om nie hoogmoedig te wees nie sen ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons 30alles ryklik verleen 31om te geniet;

18

dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, 32mededeelsaam,

19

ten vir hulle ’n skat weglê, 33’n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.

20

o Timótheüs, bewaar 34jou pand en vvermy 35die onheilige, onsinnige praatjies en 36teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis,

21

waarvan sommige belydenis gedoen het en, 37wat die geloof betref, 38op ’n dwaalweg geraak het. 39Mag die genade met jou wees! Amen.

a Ef. 6:5. Kol. 3:22. Tit. 2:9. 1 Petr. 2:18. 1 Dit is, slawerny of diensbaarheid, wat ’n juk genoem word as gevolg van die swaarte en die las daarvan in daardie tyd.

2 Naamlik asof die Christelike godsdiens die diensknegte of slawe, onder die dekmantel van die Christelike vryheid, hulle aan hul here onttrek het, of van hul gehoorsaamheid aan die wil van hul here losgemaak het.

3 Gr. weldaad. Naamlik van die verlossing deur Christus verwerf. Ander verstaan dit as die weldade wat die diensknegte van hul here op hul beurt kan verwag, wat, wanneer hulle gelowig is, nie sal nalaat om die diensknegte se troue diens met dergelike sorg en weldade te beloon nie; en vertaal dit aldus: wat die weldoen weer sal aanneem of vergeld. Nog ander vertaal: wat hierdie weldaad mededeelagtig is.
4 Naamlik as wat ek geleer het.

5 Gr. nie kom tot, dit is, nie daaraan vashou nie.

b 1 Tim. 1:4. 2 Tim. 2:23. Tit. 3:9. 6 Naamlik hoewel hy hom wys hou, of graag as wys gehou sou word.

7 Gr. is siek, of krank, naamlik van sinne of verstand, soos dwaalgeeste en bedrieglike leraars gewoonlik doen, wat die eenvoudige leer van die godsaligheid te gering ag, en daarom met hoëre spitsvondighede of nuwe leringe voor die gemeente probeer pronk, vir wie die apostel ongesond van verstand verklaar, omdat hulle die gesonde leer verwerp of verbygaan.

c 1 Kor. 11:16. 8 Of: voortdurende wrywing, twiste, waarmee hulle hul en ander se verstand as ’t ware verslyt, sonder dat uit sulke twiste of geskille enige ware nut tot ’n opregte geloof en die opregte godsaligheid voorkom.

9 Dit is, slegs dien om wêreldse eer of wins daardeur te soek, soos die bedrieglike leraars gewoonlik onder hul dissipels doen, waar die een met nuwe gevoelens, spitsvondighede en twiste die dissipels van die ander na homself probeer trek.

d Spr. 15:16. Hebr. 13:5. 10 Dit is, met ’n gemoed wat genoeg het en tevrede is met dit wat die Here hom verleen, welke vergenoegdheid ook self uit die godsaligheid spruit. Want wie Christus het, het alles met Hom.

11 Dit is, in die godsaligheid self is die grootste wins geleë, aangesien dit die belofte het van die teenwoordige en die toekomende lewe, soos hy in 1 Tim. 4:8 spreek.

e Job 1:21; 27:19. Ps. 49:18.
f Spr. 27:26.

g Ps. 55:23. Matt. 6:25. 1 Petr. 5:7.

12 Naamlik sonder om ander rykdomme te begeer.
h Spr. 11:28. Matt. 13:22. Jak. 5:1. 13 Dit is, hul sinne daarmee te veel bekommer, of met al te groot begeerte poog om ryk te word.

14 Naamlik van die duiwel, wat hulle deur hierdie begeerte om ryk te word tot baie onbehoorlike dinge versoek, en as ’t ware met strikke in die wêreld vashou. Sien Matt. 6:24.

i Ex. 23:8. Deut. 16:19. Spr. 15:16. 15 Gr. liefde van geld.

16 Dit is, van die gesonde leer van die geloof.

17 Dit is, hulle siele met angs en sorg baie kwellinge aangedoen om rykdom te vergader, en as dit vergader is, om dit te behou. Daarom vergelyk Christus dit ook met dorings, Matt. 13:22, wat die mense seermaak en die goeie saad verstik.

k 2 Tim. 2:22. 18 So noem die Skrif diegene wat deur God se Gees geregeer word, en in die besonder die getroue profete en leraars. Sien 2 Kon. 1:9, ens. 2 Tim. 3:17.
l 1 Tim. 1:18. 19 Dit is, beywer jou met alle vlytigheid, nie net in die prediking van die woord van die geloof nie, maar ook in die belewing daarvan, 2 Tim. 4:7.

20 ’n Beeld geneem van diegene wat vir ’n prys hardloop, en soos hulle hardloop hul hande uitsteek om te gryp sodra hulle by die wenpaal kom. Sien 1 Kor. 9:24. Filip. 3:13, 14.

21 Naamlik om Christus getrou te dien, toe jy deur my tot ’n evangelis in die teenwoordigheid van die ouderlinge verkies was. Sien 1 Tim. 4:14.

m 1 Tim. 5:21.

n Deut. 32:39. 1 Sam. 2:6.

o Matt. 27:11. Joh. 18:37.

22 Dit is, onderhou en aan alles die lewe gee wat lewe het, Hand. 17:25, ja, ook tot die lewe verwek wat reeds gesterf het; wat Paulus hierby voeg om Timótheüs teen alle gevare van die dood te versterk.

23 Sien hieroor Joh. 18:37, ens.

24 Dit is, hierdie bevele, wat ek jou tot hiertoe gegee het, self onderhou en ander beveel om dit te onderhou.
p 1 Tim. 1:17.

q Openb. 17:14; 19:16.

25 Dit is, te voorskyn gebring sal word uit die hemel om die lewende en die dode te oordeel.

26 Of: alleen Heerser. So word God die Vader alleen wys, 1 Tim. 1:17, en alleen goed genoem, Matt. 19:17, en in die volgende vers word gesê dat Hy alleen onsterflikheid besit, omdat Hy dit alleen in Homself en volmaak het. Die apostel spreek hier só, nie om Christus hier uit te sluit nie, aan wie hierdie titels ook gegee word, Openb. 1:8; 19:16 en elders, maar om God só van alle skepsele te onderskei, en om aan te toon dat ons geen mag wat in die wêreld teen ons is hoef te vrees wanneer ons ons roeping getrou uitvoer nie, en gevolglik God vir ons het, wat deur Christus eenmaal alles sal oordeel. Sien ook Joh. 17:3.

r Ex. 33:20. Deut. 4:12. 1 Joh. 4:12. 27 Dit is, ’n volmaaktheid en heerlikheid in Homself besit, wat niemand kan begryp nie, soos die woord lig ook gebruik word, 1 Joh. 1:5, ens.

28 Naamlik met die liggaamlike oog, aangesien Hy ’n geestelike wese is, soos Hy daarom ook onsienlik genoem word, 1 Tim. 1:17. Sien ook Joh. 1:18. 1 Joh. 4:20.

s Mark. 4:18. Luk. 8:14. 29 Gr. eeu.

30 Selfs dan ook die rykdomme.

31 Gr. tot genieting, naamlik met dankbaarheid en matigheid. Sien Deut. 8:10, ens.

32 Gr. gemeensaam. Hierdie deug van mededeelsaamheid word gestel teenoor die trots en die teruggetrokkenheid van sommige rykes, wat die kleines en armes verag, en selfs nie te woord wil staan nie. Ander verstaan dit as ’n mededeelsaamheid om ander alle goeie vriendskap en hulp te bewys, soos die vrygewigheid, wat voorafgaan, slegs die goedere aangaan. Sien Gal. 6:6. Hebr. 13:16.
t Matt. 6:20. Luk. 12:33; 16:9. 33 Naamlik van hoop; nie dat die weldadigheid van die rykes so iets verdien nie, maar omdat dit ’n vrug is van die geloof, en dat God belowe het om dit uit genade om Christus wil te beloon. Sien Hebr. 13:21. 1 Petr. 2:5.
v 1 Tim. 1:4; 4:7. 2 Tim. 2:16. Tit. 1:14; 3:9. 34 Dit is, die gesonde leer van die geloof, wat vir jou as pand tot bewaring gegee is, om dit goed aan te wend en ook vir ander tot bewaring te gee.

35 Gr. onheilige ydele uitroepe; waardeur die apostel weer die spitsvondige twiste van bedrieglike leraars verstaan, wat deur hulle met groot hewigheid en uitroepe sonder stigting gevoer word.

36 Naamlik sowel teen die gesonde leer, as selfs teen mekaar in sake waarvan die saligheid nie afhang nie, soos die bedrieglike leraars gewoonlik doen deur van die een ydele saak na die ander te verval.

37 Dit is, van die gesonde leer van die geloof, soos in vers 10.

38 Of: gemis, soos iemand wat die doel mis waarna hy oënskynlik skiet. Want dit kom sulke mense dikwels oor, dat hulle deur hul spitsvondigheid en ydele wysheid van die ware wysheid afdwaal. Sien 2 Tim. 2:18.

39 Sien hieroor die slot van die ander briewe.

Einde van die eerste brief van PAULUS aan Timótheüs.